Nuuskommentaar: Doodskis en ras in die regspraak

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die sogenaamde doodskis-saak beklemtoon net weer hoe gevaarlik dit is om dinge aan te vang wat na rassisme ruik, maar dit wys ook uit hoe polarisasie kan ontbrand as die owerheid onewehandig optree, en die regbank die saak so hanteer dat dit na rasbevooroordeeldheid kan lyk.

Die oorvloedige leserskommentaar onderaan die berigte dat die twee beskuldigdes in die sogenaamde doodskis-saak borgtog geweier is, dui op erge wantroue in die regspraak as ras ter sprake is.

Dit is baie moeilik om hieroor kommentaar te lewer omdat die politieke korrektheid rakende die regspraak nog baie sterk is. Maar kom ons pak die bul by die horings en probeer ’n objektiewe vertolking neerpen.

Ongelukkig staan die huidige saak nie in isolasie nie. In die sogenaamde leeukampsaak is onder appèl bevind die wit beskuldigde kon nie aan moord skuldig wees nie, omdat die patoloog bevind het die oorledene was reeds dood toe die wit persoon op die toneel verskyn het. Die patoloog se bevinding was reeds tydens die aanvanklike verhoor bekend.

In die saak van die Reitz-vier het dit onder appèl aan die lig gekom die verhoorlanddros (nogal die hooflanddros) het die vier onder meer gevonnis vir aspekte waarvoor hulle nie eens aangekla was nie.

’n Mens kan maar net hoop dat dit die hoë uitsondering is.

Die Reitz-saak verskaf egter ook perspektiewe, soos dat van die regters wat die appèl hanteer het, ook swart was. Voorts het ’n swart uitstellanddros vroeër in die saak ’n beroep op die media en die politici gedoen om nie ’n skuldigbevinding vooruit te loop nie. Dié beroep is skandelik in die wind geslaan, soos ’n brief in ʼn groot Afrikaanse koerant waarin na die vier as boewe verwys is, en ’n senior redaksielid van ’n ander wat geskryf het die video is met versteekte kameras opgeneem, terwyl die getraumatiseerde werkers in werklikheid vrywillig meegedoen het, en selfs vriende gaan roep het om saam na die voltooide produk te kyk.

Betogers Donderdag (8 Desember 2016) buite die hof. Foto: Phillip Bruwer

Betogers Donderdag (8 Desember 2016) buite die hof. Foto: Phillip Bruwer

Wat baie lesers in die doodskis-saak ontstel en hul simpatie laat swaai, is die blatante rassistiese optrede van mense buite die hofsaal wat onder meer wit babapoppe in die gesig slaan. Dit geskied weer teen die agtergrond van ’n skynbaar goed gemotiveerde persepsie dat erg onewehandig teen mense opgetree word wat hulle aan rassisme en haatspraak skuldig maak.

Die één plek wat nie kan bekostig om onder verdenking te kom nie, is die howe.

’n Nuwe peiling in die VSA toon dat 45% van die wit Amerikaners vertroue in die Amerikaanse regstelsel het, maar dat net 19% swart Amerikaners dieselfde voel. Net 26% van die swart mense voel die regstelsel is regverdig teenoor swart mense.

Altesaam 64% van die wit Amerikaners meen die meeste Amerikaners is inherent nie rassisties nie, maar net 35% swart Amerikaners stem hiermee saam.

Dit sal dus nie vreemd wees as die persepsies oor die regverdigheid van die howe in Suid-Afrika ook erg uiteenloop nie, en dit sal bitter jammer wees.

In die ou Suid-Afrika was dit verswarend as misdaad oor die rassegrense heen gepleeg is omdat dit rasseharmonie versteur, en dit het na alle kante gegeld. Dit is inderdaad so dat misdaad oor rassegrense heen rassespanning verhoog, soos plaasaanvalle waar ’n baie groot meerderheid sulke aanvalle oor rassegrense heen plaasvind. Gister is juis twee swart mans skuldig bevind aan moord ná ’n plaasaanval by Rouxville.

Die eerste prys is om te verseker dat die howe, en veral die voorsittende beamptes, nie rasbevooroordeeld is nie.

Maar uiteindelik bly die belangrikste les: Afgesien daarvan dat dit teen die Grondwet en verkeerd is, is dit pleinweg onnosel om jou aan rassistiese en haatspraak-optredes skuldig te maak. Maar dan MOET die owerheid en die regspraak, wat die Menseregtekommissie en die gelykheidshof insluit, sigbaar ewehandig optree.

Dit kan eenvoudig nie gebeur dat ’n vrou van Houtbaai wat op Facebook geskryf het swart mense is diere wat vasgemaak behoort te word (en gedink het sy word deur vryheid van spraak beskerm), haar werk verloor het en allerlei vervolging in die gesig staar, terwyl die jeugdige leier van ’n politieke party ’n gewoonte daarvan maak om oproepe en uitlatings te maak wat op die oog af op haatspraak neerkom, en nog net een keer skuldig bevind is (met ’n rits wit akademici en apologete wat gemeen het die regter het fouteer) nie.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Reet ·

Sit daardie foto langs een van plaasmoord op die sosiale media. Vergelyk die twee. Watter een is ergste. Dreigement of werklike daad??????

Frik ·

Presies. Party mense moet miskien net n bietjie groot word nê

AL ·

Ek stem saam dat die ou Suid-Afrika streng was met moorde oor kleurgrense heen. Daar is egter nou erge rasse diskriminasie teen wit rassisme as teen oorswart rassisme. Wat my vies maak is dat wit mense dink die sosiale media ruimte is n soort vertrouensplek waar hul uitsprake en video’s ens die lugruimte. Hul speel direk in die hande vd swart rassiste wat wittes met n valkoog dophou!

snoefie ·

dit is Nig n groot motivering vir die anc om die internnationale straf hof weg te beweeg. behalwe die berig , gaan daar verder niks gedoen word aan die regter en ander wie net so rasbevoordelend was en is nie. was buite die hof gebeur us enige dag neer rassisties as die saak wat binne die hof verhoor word. tog wil die sapd nie sake teen die mense open nie. weer n keer rasbevoordelend. mense dreio op fb en ander sosiale media om blankes te vermoor en op te kap. on vroue te verkragting, om babas in oonde te druk en die oonde aan te sit. noem blankes BOER BASTARDS maar hulle kom skotvry weg. was daar nie n bloemfonteinse munisipale bestuurder wie ook erg rassisties ook fb was wat net die aanstootlike orente mies verwyder en n verskoning opsit nie? maar almal weet wat met penny sparrow an ander blankes wie nie bloedvergieting en haat aan blaas nie, gebeur. tree die mrk in? tree die konstitutionele hof in? tree die anc in? NEE! NEE! 1000 MAAL NEE! wat se dit vir ons en die wereld?

JC ·

Dankie vir jou kommentaar Reet. Wat is die ergste?
Ek glo nie ek hoef vir ONS BOERE te se dat hul paraat moet wees nie!!
Dit is nie die ideaal om heeldag op jou plaas rond te loop met ‘n rewolwer aan jou sy nie, maar watter ander keuse het die boere? Ek is self nie ‘n boer nie. Ongelukkig is dit so, en moet daar dienooreenkomstig ‘n kopskuif gemaak word, dat ons in Afrika, woon waar geweld skynbaar alledaags is.

janneman ·

Herman, ek dink jy slaan die spyker op die kop. Wat my egter ontstel, is dat die swart bevolking hulle mense se sake absoluut ondersteun, reg of verkeerd, maar ons blankes staan apaties teenoor elke aangeklaagde, want ons wil nie per ongeluk ge assosieer word met dit wat polities verkeerd is of was nie. Die blankes het dus reeds die oortreders skuldig bevind en gevonnis, anders sou hulle sekerlik ondersteuning gehad het. Dieselfde gaan vir politieke partye en organisasies wat hulle beywer vir die herstel en ophef van blankes se regte . Hulle skitter ook in hul afwesigheid, in plaas daarvan om ook hulle stemme dik te maak, of n bohaai te maak oor die openlike rassistiese aksies en uitsprake buite die howe wanneer blankes vir rassistiese optredes verhoor word. Ek dink dit het tyd geword dat al hierdie groeperings n besluit neem of hulle vir n inklusiewe SA wil staan, of die regte van die blankes in Suid Afrika wil voorstaan.

Waarheid ·

Dis ook asof die RAS vooropgestel word ipv die nog steeds VRYHEID wat eers so verkondig is. As ek so kyk is ONTEVREDENHEID daar omdat die velkleur my KLAS in die mens wat meeste NIE WIL WEES. Nou dis ‘n ? Wiel wat draai na selfvernietiging. Die Verbondsvolk moet keer om nié ten gronde te gaan agv ‘n tekort aan SY KENNIS en WYSHEID nie.

callie ·

Grootstse probleem hier is dat die regter die 2 manne klaar skuldig bevind het aan rassisme en daarom borgtog weier. Borgtog is totaal iets anders as die saak self. Die 2 witmans het vaste adresse, werk en is getroud. Witmense sal nie hul vrou en kinders alles net so los en verdwyn nie. Die regter staan nou totaal onder verdenking want sy uitspraak het alle grense oorskry. Hy is die groot rassis. Ongelukkig is dit wat vir die wittes voorle in die land.

JC ·

Waarom bring hulle dan nie op ‘n dringende grondslag ‘n hersieningsaansoek teen die uitspraak van die “landdros” na die HH nie?
DIT IS HUL REG, daai Swazilandse man by Wits het dan suksesvol appeleer teen weiering van sy borg. Indien hul dit dan net so daar los sal dit baie dom wees.

DUIDELIK was daar vooroordeel en vooroordeel is een van die gronde vir hersiening. Ek ys indien ek moet dink dat hierdie die kaliber voorsittende beamptes is wat tans diens doen in ons LAER HOWE!!! GODDANK NIE IN ONS HH NIE!

Pietser ·

Hierdie daad van die manne ruik nie soos rassisme nie dit IS rassisme. Dit is ook aantassing van die slagoffer se menswaardigheid, heel waarskynlik te weeg gebring deur ‘n meerderwaardigheidsgevoel van die blanke aanvallers want hulle sal beslis nie so iets aan ‘n blanke doen nie. Dit is deel van baie Afrikaners se probleem, ons is so geindoktrineer dat ons meerderwaardig teenoor anderskleuriges is dat ons nie hiedie skokkende aanval wil veroordeel met die minagting wat dit verdien nie. Die Afrikaner het ongelukkig ‘n geskiedenis van rassisme, menseregte vergrepe, vererger deur ‘n skandelike apartheidstelsel. Dit is ons reputasie en jy kan nie anderskleuriges verkwalik dat hulle ons nie vertrou nie. Dit gaan jare neem om hierdie stigma/juk af te skud (of ten minste te verlig). As Afrikaners moet ons elke dag deur ons aksies, woorde en houding teenoor anderkleuriges toon dat ons bereid is om hierdie swak reputasie om te keer.

Sarie ·

Jy woon seker ook op ‘n plaas waar diefstal en moorde aan die orde van die dag is. Waar die polisie niks doen of te onbevoeg is om op te tree. Ek praat nie die mense se optrede goed nie. Die landdros is bevooroordeeld. As jy streng op regs gronde gaan behoort hierdie twee vry te kom. Die doodskis is weg. Die polisie het hul werk swak gedoen. Kon meeste van die vrae nie beantwoord nie. Die voorval was in Augustus en kom nou eers op die lappe. Nie een swarte het nog plaasmoorde veroordeel nie.

Twakkie ·

Twak. Ek hoor niemand verskoning vra dat hulle die land die afgelope 20 jaar vernietig het nie. Ons moet stilbly oor ons ‘n minderheid is maar moet asseblief nie namens my verskoning vra nie. Dit gaan elk geval oor kultuurverskille nie ras nie. Rassistiese geweld van alle kante moet veroordeel word maar die gedoente oor beledigende uitlatings is oordadig.

M ·

Het Jul di oulike swart poppe gesien in di winkels…………..wonder maar net

Grassie ·

Die besluit om borg te weier is reeds rassistiese optrede. In ons regstelsel word borg gewoonlik geweier as daar ‘n moontlikheid is dat die aangeklaagde sal vlug, dat hy die ondersoek sal belemmer of dat hy gedurende sy borgtyd ‘n verdere misdaad sal pleeg. Die aangeklaagde word ook geag onskuldig te wees totdat hy skuldig bevind is. Een van die landdros se hoofredes waarom hy borg geweier het is dat die manne rassiste is, Hy het gesê dat rassisme ‘n virus is wat uitgeroei moet word. Dit beteken dat die manne in werklikheid nou gevangenisstraf uitdien vir rassisme, waarvoor hulle nie aangekla of skuldig bevind is nie. As die aangeklaagdes se regsverteenwoordiger goed is sal hy die hof se bevinding uitmekaar kan trek in ‘n hoër hof.
Sover die poppe betref – dit is blatante haatoptrede en rassisme. Dit is doodsdreigemente teen die manne se kinders. Dit is nog ‘n rede waarom die manne borg moet kry sodat hulle hul gesinne kan beskerm.

Jan ·

JC, dit wat jy sê is reg, dit is ‘n skande en ‘n klad op die regberoep. Ek sê nog steeds, daardie twee mans sou dalk enigeen, maak nie saak die velkleur van die oortreders nie, in die kis gesit het. Hulle het ook maar net so gepomp-pomp aan die ou in die kis, hulle het ook nie juis op die deksel gaan sit en dit toegespyker nie. Die landdros het sommer klaar oordeel gefel en dit as erge rasisme geklasifiseer. Hy hoort nie daar nie. Hy het dit gesê net omdat verskillende rasse betrokke was. Dit opsigself maak ‘n daad nie rasisties nie.

Pietser ·

By toestaan van borg speel die belange van die gemeenskap ‘n groot rol en die meerderheid van Suid-Afrikaners glo nie dat hulle moet borg kry nie. Die meerderheid is inderdaad hoogs ontsteld, daar is mense wat reeds gedreig het om hulle leed aan te doen en dreigende tonele van witpoppe wat aan pale hang, toon hoe ontsteld die mense is oor die daad. Deur hulle nie borg te gee nie, word die meerderheid teverede gestel en die beskuldigdes word beskerm. Die korrekte beslissing onder omstandighede in my opininie.

JC ·

Het die toestaan of nie-toestaan van borgtog in ons strafregstelsel nou ‘n strafmaatreel geword om die massas na wie jy verwys teverde te stel, of is die faktore wat bepaal of dit toegestaan moet word of nie die wat genoem is deur Grassie?

Belaglik ·

Gelukkig is jou mening nie al wat tel nie Pietser, dit is duidelik dat jy die regsberoep verdedig, seker ook maar een van hulle. Die mense is net so ontsteld oor moorde en steeds kry die moordenaars borgtog. Vreemd dat mense so ontsteld is oor die doodskis daad, maar niks voel vir babas wat verkrag en doodgemaak word nie? Daai ouens kry almal borgtog, so die dood en verkragting van ‘n baba is baie minder erg as die ontsteltenis van ‘n groepie aktiviste oor ‘n ou inne kis? Hoekom moet die meerderheid tevrede gestel word? Wie is die publiek nou eintlik? Wonder of een van daai maatjies belasting betaal? As jy die reg geken het soos jy voorgee, sou jy geweet het dat die nie-toestaan van borg nie as strafmaatreel mag dien nie.

Cheers ·

En al ou PIETSER se politiek korrekte gebrabbel en LINKSE gekerm word toegelaat maar die antwoorde daarop word gesensor? Mooi man, kry vir julle, op die ou einde gaan julle ook maar julle kommentaar kolomme moet sluit omdat net sekere ouens soos Pietser se (politieke korrekte) mening en bashing van Afrikaners toegelaat word. Die ander se stemme gaan nie meer gehoor word nie, net mense wat nogsteeds kerm oor ‘apartheid’.

Pietser ·

Ag hou tog op met julle ou jammergat houding. Genade maar julle kan darem tantrums gooi. Die beskuldigdes se vrylating is ‘n potensiele gevaar vir die veiligheid van ander (veral blankes) ASOOK die veiligheid van hierdie belhamels. Dit kan ook tot chaos lei. Hulle gaan elk geval tronkstraf kry so hierdie tydjie in die tronk sal in berekening gebring word.

Boer boetie ·

Borgtog kan slegs geweier word wanneer beskuldigdes ‘n vlug risiko is, of as daar bewyse is dat hulle kan inmeng met saak of iemand seermaak.

Hierdie manne se video is wereldwyd versprei, onder andere deur die BBC. Hulle wil nou alles behalwe nog publisiteit hê.

Hulle kinders spandeer kersfees sonder hulle pa’s, omdat hulle wit is.

Maak maar vrede met die feite.

Theresa ·

Die man wat eerstens op ‘n ander persoon se grond was waar hy nie gehoort het nie, leef. Die mensdom het mal geword en kerm voortdurend oor iets wat nou al vergete kon gewees het. Melodrama omdat daar mense is wat hulself bejammer en dit vir altyd so sal uitbuit. Die oortreder op grond – is hy daarvoor aangekla? Hy leef – kan hy nou ophou aandag trek? Die hele affêre is irriterend verby.

Jaycee ·

Rassistiese optredes strook nie met die demokratiese doelstellings wat ons in gedagte het vir S.A. nie maar die ware sondebokke wat hierdie euwel lewendig hou en eintlik veroorsaak dat dit buite verband in mense se gedagtes vasgepen word, is die kwaadwillige nuusmedia en behepte politici wat allewig redes soek om net blankes as rassiste voor te hou. Die prentjie wat geskilder word is dat S.A. ‘n ENORME rasse probleem het en dat blankes die skuld daarvoor moet dra. Deel van ‘n breinspoelingsveldtog?

Lithop ·

Jissie Herman maar jy praat darem nou ‘n klomp twak. Elke saak moet inderdaad as ‘n aparte saak hanteer word want elke saak is anders. In hierdie geval het ons te dien met twee jong mans (ongeag kleur) wat ‘n ander jong man op die mees grusame manier van sy menswaardigheid ontneem het. Dis verkeerd en dis onwettig.

Die slanery van die wit poppe het niks met die basiese feite uit te waai nie. Die feit is dat hierdie twee kriminele daarin geslaag het om weereens tweedrag te saai. Uit die kommentaar op hierdie webwerf sien ek net blinde rassisme. Pleks die lesers eerder hulself vergewis van die feite wat hierdie vieslike daad omring. Dis nie twee wit mense wat ‘n swart man verneder, aangerand en gedreig het nie. Dis twee kriminele wat ‘n onskuldige slagoffer verneder, aangerand en gedreig het. As ons alle sake in hierdie lig beskou sal die rassespanning ook bietjie verlig.

Hierdie kriminele hoort agter tralies vir ‘n baie lang tyd.

Boer Boetie ·

Gestel die sogenaamde “krimenele” was swart en hulle het ‘n wit man in ‘n kis gedruk en bietjie gelag daaroor. Sou die swart regter verseker het dat die swart manne se kinders sonder hulle pa’s kersfees deurbring? Ek glo amper nie.

Wat het terloops geword van die EFF maters wat ‘n wit meisie op Wits deur die gesig geslaan het en geskop het terwyl sy lê. Die BBC het dit nie uitgesaai nie, maar daar is video materiaal daarvan. Verdien die wit “kriminele” meisie dit?

A.Z. ·

Lidhop “onskuldige slagoffer”jy laat my lag wat soek hy op ‘n ander man se grond sonder toestemming.

dr hanno visagie ·

Dis hoog, hoog tyd dat ook RSG-Monitor en veral Praat Saam se volhardende antichristelike, anti-wit, anti-Afrikaner en anti-manlike humanisme en propaganda aan die kaak gestel word.

Twakkie ·

Die liberale narratief maak nou al meer as 40 jaar wit mans, heteroseksuele, Christene en diegene wat hulle eie land/kultuur ens. beskerm, die vyand en oefen beheer uit deur skelname soos rassis, seksis, homofoob en xenofoob. Tog bly hierdie “vyande” se ruimtes gesog en wil die “ander” dit altyd binnedring en oorneem. Voel hulle 40+ jaar later steeds minderwaardig of is hulle? Dit is waaroor die wereldwye ommekeer in die Westerse wereld tans gaan. Nugter weet wat dit vir Afrika beteken. Maar die liberale narratief is steeds oorweldigend sterk in ons Afrikaanse hoofstroommedia.

Roeloff ·

Lithop, jy praat TWAK. Daardie onskuldige slagoffer het oortree op grond waar hy eerstens nie mag wees nie! So asb verduidelik vir my hoe werk dit?? Gaan jy heel gelukkig wees as ek net besluit om op jou erf of grond rond teloop? So daardie onskuldige “slagoffer” is n KRIMINEEL want hy het eerste oortree. Maar wat my meer bekommer is ek lees al hierdie kommentaar oor hoe ongelukkig almal is…oor als, die plaasmoorde, die geweld, verkragting en verkleinering van wit mense maar dis net praat. Almal wil net hulle se se maar ek sien niks gebeur nie! Waar is almal nou? Dis ons grootste probleem…almal wil kla en praat mar niks word daaran gedoen nie. Die witmense in hierdie land moet ruggraat kry en iets begin doen voordat ons almal vermoor word.

Loslip ·

Nou laat waai Roeloff!
Vertel vir ons hoe jy en jou ruggraat die ding doen.

Jan ·

Ek het die afgelope twee jaar ‘n ongekende haat ontwikkel, veral en toenemend die afgelope jaar.

Ekook ·

Jan ek stem saam, ek voel presies dieselfde. Maar weet jy wat kry my nog meer onder en stook my haat, is wanneer ons eie mense, die belhamels of wat ons hulle ookal mag noem, bevoordeel in die werkplek bo ander werkers en ja dit het seker niks met die artikel te doen nie, maar dit speel ‘n rol. In die privaat sektor word alle werkers nie dieselfde hanteer nie, sjame want hulle kry sooo swaar en sjame dit en sjame dat. Maar vannaand kom hulle na my huis en vermoor my familie?? Dis dubbel standaarde en ek vertrou nie een nie

Johannes Meintjes ·

Die onewehandige hantering van rassisme blyk al duideliker aan Jan Publiek, en veral aan blankes. Tog sukkel ons skynbaar om te besgryp hoe en waar die gemanipuleerde onewehandigheid vandaan kom en doelbewus aangehits word. Die stemme vir geregtigheid behoort na mening baie duideliker vanuit blanke geledere en die kerke op te kom. Maar belangriker nog, behoort alle leiers op alle terreine in SA beter en doelgerigde leiding te verskaf op morele en ekonomiese terrein, en nie in die mou lag vir die burgers wie mekaar o.a. deur rassisme, – moontlik ‘n gevolg van uiterste sosio-ekonomiese frustrasie, – aan die keel te gryp en daardeur onkonstruktief iets te publiseer aan die agenda-gedrewe en liberale media verskaf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.