Nuuskommentaar: Doodskis en ras in die regspraak

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die sogenaamde doodskis-saak beklemtoon net weer hoe gevaarlik dit is om dinge aan te vang wat na rassisme ruik, maar dit wys ook uit hoe polarisasie kan ontbrand as die owerheid onewehandig optree, en die regbank die saak so hanteer dat dit na rasbevooroordeeldheid kan lyk.

Die oorvloedige leserskommentaar onderaan die berigte dat die twee beskuldigdes in die sogenaamde doodskis-saak borgtog geweier is, dui op erge wantroue in die regspraak as ras ter sprake is.

Dit is baie moeilik om hieroor kommentaar te lewer omdat die politieke korrektheid rakende die regspraak nog baie sterk is. Maar kom ons pak die bul by die horings en probeer ’n objektiewe vertolking neerpen.

Ongelukkig staan die huidige saak nie in isolasie nie. In die sogenaamde leeukampsaak is onder appèl bevind die wit beskuldigde kon nie aan moord skuldig wees nie, omdat die patoloog bevind het die oorledene was reeds dood toe die wit persoon op die toneel verskyn het. Die patoloog se bevinding was reeds tydens die aanvanklike verhoor bekend.

In die saak van die Reitz-vier het dit onder appèl aan die lig gekom die verhoorlanddros (nogal die hooflanddros) het die vier onder meer gevonnis vir aspekte waarvoor hulle nie eens aangekla was nie.

’n Mens kan maar net hoop dat dit die hoë uitsondering is.

Die Reitz-saak verskaf egter ook perspektiewe, soos dat van die regters wat die appèl hanteer het, ook swart was. Voorts het ’n swart uitstellanddros vroeër in die saak ’n beroep op die media en die politici gedoen om nie ’n skuldigbevinding vooruit te loop nie. Dié beroep is skandelik in die wind geslaan, soos ’n brief in ʼn groot Afrikaanse koerant waarin na die vier as boewe verwys is, en ’n senior redaksielid van ’n ander wat geskryf het die video is met versteekte kameras opgeneem, terwyl die getraumatiseerde werkers in werklikheid vrywillig meegedoen het, en selfs vriende gaan roep het om saam na die voltooide produk te kyk.

Betogers Donderdag (8 Desember 2016) buite die hof. Foto: Phillip Bruwer

Betogers Donderdag (8 Desember 2016) buite die hof. Foto: Phillip Bruwer

Wat baie lesers in die doodskis-saak ontstel en hul simpatie laat swaai, is die blatante rassistiese optrede van mense buite die hofsaal wat onder meer wit babapoppe in die gesig slaan. Dit geskied weer teen die agtergrond van ’n skynbaar goed gemotiveerde persepsie dat erg onewehandig teen mense opgetree word wat hulle aan rassisme en haatspraak skuldig maak.

Die één plek wat nie kan bekostig om onder verdenking te kom nie, is die howe.

’n Nuwe peiling in die VSA toon dat 45% van die wit Amerikaners vertroue in die Amerikaanse regstelsel het, maar dat net 19% swart Amerikaners dieselfde voel. Net 26% van die swart mense voel die regstelsel is regverdig teenoor swart mense.

Altesaam 64% van die wit Amerikaners meen die meeste Amerikaners is inherent nie rassisties nie, maar net 35% swart Amerikaners stem hiermee saam.

Dit sal dus nie vreemd wees as die persepsies oor die regverdigheid van die howe in Suid-Afrika ook erg uiteenloop nie, en dit sal bitter jammer wees.

In die ou Suid-Afrika was dit verswarend as misdaad oor die rassegrense heen gepleeg is omdat dit rasseharmonie versteur, en dit het na alle kante gegeld. Dit is inderdaad so dat misdaad oor rassegrense heen rassespanning verhoog, soos plaasaanvalle waar ’n baie groot meerderheid sulke aanvalle oor rassegrense heen plaasvind. Gister is juis twee swart mans skuldig bevind aan moord ná ’n plaasaanval by Rouxville.

Die eerste prys is om te verseker dat die howe, en veral die voorsittende beamptes, nie rasbevooroordeeld is nie.

Maar uiteindelik bly die belangrikste les: Afgesien daarvan dat dit teen die Grondwet en verkeerd is, is dit pleinweg onnosel om jou aan rassistiese en haatspraak-optredes skuldig te maak. Maar dan MOET die owerheid en die regspraak, wat die Menseregtekommissie en die gelykheidshof insluit, sigbaar ewehandig optree.

Dit kan eenvoudig nie gebeur dat ’n vrou van Houtbaai wat op Facebook geskryf het swart mense is diere wat vasgemaak behoort te word (en gedink het sy word deur vryheid van spraak beskerm), haar werk verloor het en allerlei vervolging in die gesig staar, terwyl die jeugdige leier van ’n politieke party ’n gewoonte daarvan maak om oproepe en uitlatings te maak wat op die oog af op haatspraak neerkom, en nog net een keer skuldig bevind is (met ’n rits wit akademici en apologete wat gemeen het die regter het fouteer) nie.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

34 Kommentare

jongste oudste gewildste
Reet

Sit daardie foto langs een van plaasmoord op die sosiale media. Vergelyk die twee. Watter een is ergste. Dreigement of werklike daad??????

AL

Ek stem saam dat die ou Suid-Afrika streng was met moorde oor kleurgrense heen. Daar is egter nou erge rasse diskriminasie teen wit rassisme as teen oorswart rassisme. Wat my vies maak is dat wit mense dink die sosiale media ruimte is n soort vertrouensplek waar hul uitsprake en video’s ens die lugruimte. Hul speel direk in die hande vd swart rassiste wat wittes met n valkoog dophou!

snoefie

dit is Nig n groot motivering vir die anc om die internnationale straf hof weg te beweeg. behalwe die berig , gaan daar verder niks gedoen word aan die regter en ander wie net so rasbevoordelend was en is nie. was buite die hof gebeur us enige dag neer rassisties as die saak wat binne die hof verhoor word. tog wil die sapd nie sake teen die mense open nie. weer n keer rasbevoordelend. mense dreio op fb en ander sosiale media om blankes te vermoor en op te kap. on vroue te verkragting, om babas in oonde te druk… Lees meer »

JC

Dankie vir jou kommentaar Reet. Wat is die ergste?
Ek glo nie ek hoef vir ONS BOERE te se dat hul paraat moet wees nie!!
Dit is nie die ideaal om heeldag op jou plaas rond te loop met ‘n rewolwer aan jou sy nie, maar watter ander keuse het die boere? Ek is self nie ‘n boer nie. Ongelukkig is dit so, en moet daar dienooreenkomstig ‘n kopskuif gemaak word, dat ons in Afrika, woon waar geweld skynbaar alledaags is.

janneman

Herman, ek dink jy slaan die spyker op die kop. Wat my egter ontstel, is dat die swart bevolking hulle mense se sake absoluut ondersteun, reg of verkeerd, maar ons blankes staan apaties teenoor elke aangeklaagde, want ons wil nie per ongeluk ge assosieer word met dit wat polities verkeerd is of was nie. Die blankes het dus reeds die oortreders skuldig bevind en gevonnis, anders sou hulle sekerlik ondersteuning gehad het. Dieselfde gaan vir politieke partye en organisasies wat hulle beywer vir die herstel en ophef van blankes se regte . Hulle skitter ook in hul afwesigheid, in plaas… Lees meer »