Nuuskommentaar: Drie belangrike naweeknuusgebeure

Dit gebeur nie elke naweek dat daar soveel nuusgebeure is waarvan alle burgers behoort kennis te dra nie, en boonop aandag te skenk aan die ontleding daarvan. Hulle dui op tegelyk losstaande en onderling verbande kwessies. Vanuit ’n Suid-Afrikaanse oogpunt lyk die hooflysie só:

  • Grondonteiening sonder vergoeding
  • Die AfriForum-debat wat steeds woed tesame met Akademici se petisie teen Ernst Roets
  • Die Ashwin Willemse-debakel

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto; David Ritchie/ANA)

Grondonteiening sonder vergoeding

Die naweek het die ANC sy “huishoudelike” konferensie oor die aanpak van die beleid van grondonteiening sonder vergoeding gehou. Dit is duidelik dat van die sprekers onthuts is oor die tekens dat die buiteland Suid-Afrika hieroor erg verkwalik, en allerlei metodes word aangewend om die kras bewoording te versag.

Ander sprekers beweeg baie na-aan die EFF se beleid en gee skynbaar nie ’n snars om dat baie mense en lande ontevrede hieroor kan wees nie.

Een van die “versagtingselemente” is om dit as ’n juridiese feit te vestig dat grondonteiening sonder vergoeding ingevolge die bestaande Grondwet, en in weerwil van die duidelike verbod van artikel 25, lank reeds wettig sou wees. Of juridies akrobatiese tegnieke voldoende sal wees om die uitwerking van internasionale verdrae wat Suid-Afrika onderteken en geratifiseer het, weg te veeg, is lank nie so eenvoudig nie. Suid-Afrika se verwikkelde proses om uit die jurisdiksie van die internasionale strafhof te tree oor die weiering van die uitlewering van Omar al-Basjir behoort as duidelike riglyn te dien.

Vanaf die president se kant word die indruk gewek dat nou eers ’n soort konsensus oor die belangrikheid van grondhervorming gevorm word. Terselfdertyd was daar ’n vroeë voorteken dat hy ’n element van soberheid probeer vestig. Soos gebruiklik het hy die voordele en gewaande voordele gelys, maar in plaas van die gebruiklike beklemtoning van die skepping van welvaart, het hy nou na die belangrikheid van voedselproduksie verwys.

Net te veel sprekers het genoem dat baie van die aandrang op grond niks met doeltreffende boerdery te make het nie, maar ’n stukkie grond om op te woon, en daarop te bak en brou.

Of die beraad die ANC enigsins vorentoe stuur, sal nog gesien moet word.

AfriForum-VSA-01

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, en Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum tydens hulle veldtog in die VSA. Foto: Ernst Roets/Twitter.

Die AfriForum-debat wat steeds woed tesame met Akademici se petisie teen Ernst Roets

Die woordestryd teen AfriForum het die kenmerk begin aanneem van ’n woordestryd tussen AfriForum en sekere akademici, maar nog heelwat “gewone” burgery neem deel. Dit bevat verskeie onverkwiklikhede soos sito-sito-stellings oor AfriForum wat onwaar is, wat by herhaling ontken is, maar om net so op te diep. Om die oneerlike akademici daarvoor voor die bors te gryp, gaan in sekere kringe baie sleg af.

Die naweek het prof. Amanda Gouws van die US met ’n petisie begin teen ’n video wat Roets, onderleier van AfriForum, oor die NWU se medeprofessor, Elmien du Plessis, gemaak het. Gouws beskryf Roets se video as haatspraak. (Lees hier.)

’n Blote stukkie ironie word hier as interval ingesluit omdat dit ook op die verdere besprekingspunt betrekking het. Sowat 40 jaar gelede is verskeie universiteite, waaronder Kovsies, sterk beheer deur akademici wat ’n leerstelling afgedwing het van die destyds “Christelike” beleid van apartheid versus die humanistiese beleid van gelykstelling. Studente wat openlik verskil het, was onder enorme druk al was hulle verseker dat hulle kon verskil mits hulle behoorlik kon aandui hoekom hulle verskil.

Die akademici wat nou Roets se bloed soek, sou veral nou met hul destydse kollegas heftig verskil, maar net so min is daar aanduidings dat Roets, sou hy oud genoeg gewees het, simpatiek daarteenoor wees. AfriForum het immers onlangs ’n eenheid teen rassediskriminasie geskep.

Kortom, daar skort iets as akademici (onder andere) eenvoudig volhou om strooipoppe op te stel, en daarna te skiet en breedsprakig te kenne probeer gee daar word eintlik op AfriForum aangelê.  (Lees hier.)

En in die proses word die eintlike kwessies, die omvang van plaasaanvalle en grondonteiening, van die tafel af baklei.

‘n Skermskoot uit die video.

Die Ashwin Willemse-debakel

Die kwessie met sommige bitter lang wortels het so skielik toegeslaan dat ontleders uiteraard traag is om dit nou al te probeer ontrafel. Politici is nie so omsigtig nie, en veroordelings, en selfs aandrang op strafmaatreëls vlieg nou al rond. Willemse self het gesê sy mede-aanbieders op SuperSport, Naas Botha en Nick Mallet, was “neerhalend” teenoor hom, en hy het die ateljee toe verlaat.

Die minister van sport, Toko Xasa, het aangedring dat Mallet en Botha geskors word. Die DA-leier het in sy reaksie iets bygevoeg, naamlik dat te veel swart mense nog ervaar wat Willemse ervaar het.

Tot tyd en wyl die kwessie beter belig is, word bloot vir bietjie historiese perspektief en moontlike afloop gekyk – die era van “oorvleueling”. Dit verwys na ’n destydse newe-effek van die kwotabeleid. Wit rugbybase was skugter om nie-wit spelers in ander posisies as vleuel te kies (waar hulle min skade kan aanrig – in weerwil van spelers soos Errol Tobias wat ook maar dikwels na senter moes uitskuif). Daar was dus ’n “oorvoorsiening” van vleuels en toe die briljante Vrystaatse vleuel en toekomstige Springbok Friedrich Lombard senter toe moes verskuif, het dit nie gelyk of jong wit spelers sommer weer behoorlik kans op vleuel sou kry nie.

Die afgelope Saterdag was daar weer tekens van “oorvleueling” toe die drieëkoning, Makazole Mapimpi, as plaasvervanger vir die Haaie gekies is. Ruan Combrink het ook die speelveld vir die Leeus vanaf die reserwebank betree. Let wel, hier word geen waarde-oordeel gevel nie, maar gekyk hoe baie ondersteuners dit kan ervaar. Die feit dat swart en bruin spelers deesdae in enige posisie uitblink, skiet in elk geval gate in die idee dat spelers weens hul velkleur as nie geskik vir “ingewikkelde” posisies, soos onder meer losskakel, beskou moet word nie.

Slot

Hoe lank die aanslag uit sekere akademiese kringe teen AfriForum gaan voortduur, hang ongelukkig nie net van een van die twee partye af nie, maar ook van ander mense en groepe wie se ore uitgeleen was, en verkies om te klou aan vooropgesette idees.

Elkeen van die hoofrolspelers kan baat by interne prosesse om behoorlik oor openbare beeld te besin. Dit sou ook akademies eerlik wees. Die Willemse-geval toon hoe ragfyn sommige mense se gevoelens gespan is, en dat daar nog heelwat heelwerk is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

TDW ·

*GOSV sal vir RSA groot skade berokken, want al geskied Cyril dit op klein skaal in die belange van die ekonomie, sal die volgende president ‘n lekker gaping kry as die grondwet gewysig word. Juis agv mense se vooruitsig is ons teen die verandering vd grondwet om GOSV te laat plaasvind.
*Ek was nie bewus van DA se reaksie oor die Ashwin sage nie. Ek het hierdie jaar al besluit om my volgende stem na VF+ te verander, al sal hulle nooit die meerderheid kry nie sal hulle ten minste nog sitplekke in die parlement kry om Afrikaners se belange te steun. DA vry hard na die meerderheid steun en los gebroke witmense in die slagveld. Dit gaan interessant wees om DSTV se aksie plan te sien. Ek sal my kontrak summier kanselleer as Nick of Naas in die pad gesteek word.
*Afriforum kry uiteindelik reaksie en dis wat saak maak, want maak nie saak wat die president sê nie, hulle, sowel as ander het probeer met die regering praat en redeneer, maar hulle is bloot geïgnoreer. Ek bedank Afriforum vir hul moeite en braafheid. Hulle word die vreeslikste goed toegesnou, en tog hou hulle aan met hul bewusmaking om geregtigheid te kry. Ek vrees vir hul lewens wanneer hulle weer Suid-Afrika toe kom. Gaan hulle in hegtenis geneem word? News24 het sensasie soekende opskrif gehad oor Roets wat sê apartheid moet nie as ‘n “crime against humanity” bestempel word nie. Hulle het hul sensasie gekry.

Spike ·

Mnr Toerien. Jy praat van heelwerk wat nog gedoen moet word, maar hulle wil nie heel word nie. Dit is makliker om die martelaar te speel deur die slagoffer mentaliteit wat hulle het en sodoende aandag te vestig. Solank dit so is en ons mekaar nie vertrou nie is daar nie hoop nie.

Willem ·

Jy is sooo reg. Sekere mense sal altyd uitstyg in die lewe, vir andere sal dit nie beskore wees nie. Dit gesê beteken egter nie dat hulle sommer net die kaarte wat hulle gedeel is, moet aanvaar nie, maar ongelukkig is dit die realiteit.

Wat mens aan die lewe hou is hoop, en as dit nie werk nie???

Reis jy dan soos daardie ou van AUS na Switserland?

En die harde werklikheid as jy geignoreer word?

So het ek ook my ervaring in die dae gehad.

Rupert Ashford ·

100% reg. Feit is dit is deesdae “in” om identiteitspolitiek te speel en om die ‘arme, benadeelde, swart” groep te wees eerder as die lot wat aan sg “white privilege” “lei”. Die spul akademici reken hulle sal verwelkom word in die benadeelde groep maar die kommuniste het ‘n naam gahed vir diesulkes.

Nettie ·

@Spike – ek kan nie méér met jou saamstem nie.

Die nie-blankes (swart en bruinmense) wíl nie “heel” nie; hulle wíl nie vergewe nie (ons sê nie daar moet vergéwe word nie ….); hulle wil die blanke man, die mense wat hierdie land ontdek, ontwikkel, bevorder en gebou het, uitwis.

Die nie-blankes trek op baie vlakke voordeel uit dinge wat die blanke man aan hulle bekend gestel het, goed soos stewig-geboude huise, paaie, dorpe, stede, ondergrondse water- en rioolstelsels, elektrisiteit, infrastruktuur (en nog baie meer). Die oomblik, egter, wanneer daar vir hulle daarop gewys word dat die land – sedert swart oorname in 1994 – net agteruitgegaan het, word die blaam op Apartheid en Jan van Riebeeck geplaas.

Ek wonder hoe voel die kleurlingmense van die Kaap, bruinmense en Indiërs om almal oor een kam geskeer te word: daar word na hulle as “swartmense” verwys, wat hulle nie is nie!

thinus ·

1) Ja ek wil ook graag ‘n erfie verniet kry sodat ek nie meer huur hoef te betaal nie! MAAR ek wil geen boer se plaas (of deel) verniet he nie, al is ek hoe lief vir boerdery – was lank self boer, want dit is eenvoudig te gevaarlik deesdae.
Dit is net vreemd dat Ramaphosa aan die een kant eienaarskap uitdeel, en aan die anderkant wil vat. Is dit regstellende aksie of diefstal, ek is bietjie verward?
2) Akademici is baie slim: so slim dat hul argumenteer dat alle tale moet gelyke kans kry en bevorder word, daarom moet alle tersiere instellings Engels as enigste taal aanbied!
En as jy verskil is jy rassisties en verkramp. punt stop!
Net so mag ander groepe organiseer, eksklusief opereer, se wat hulle wil en hulself promoveer, maar as dit Afrikaans of wit is mag jy dit nie doen nie.
3) Die waarheid het ongelukkig nie ‘n speelkans in die NSA politiese rasse spel nie!

Robert ·

Maar al die reels en regulasies soos kwota spelers , bee, aa en vele meer is dan deur die anc regering daar gestel. Wat is die probleem dan?

Willie ·

Ons moet Supersoprt mooi dophou… ek dink hulle moet Ge-Spur word…

Eish ·

Wat interressant is van dié nuusgebeure, is dat al drie negatief impakteer op veral Afrikaansprekende Kaukasiërs.
Gisteraand na n TV program oor die onderhandelende skikking gekyk en die enigste afleiding wat gemaak kan word is dat die skrif reeds toe aan die muur was. Wat tans plaasvind, was reeds verdiskonteer tydens onderhandelings. Die onbeholpenheid van die FW span blyk in retrospeksie duidelik en baie klem is gelê veral op beskerming van finansiële belange soos pensioene, wat myns insiens ten koste van minderheidsregte verkoop is.
Die momentum is dan ook besig om op te bou na n restitusie scenario wat vir Kaukasiërs gaan geld. Die nuusgebeure soos in die artikel bespreek is slegs aanduidend van die onderstrominge, en pas duidelik in by die aksies wat gaan kom.
Synde restitusie nog nie plaasgevind het volgens die meerderheid nie, word Afriforum as rassisties beskou, synde behoudende belange te verdedig. Liberale akademici se aanvalle op die burgerregtegroeperings stem uit gewortelde liberalisme. n Mens kan ook aanvaar dat waar hul werk op die spel is, pro status quo uitlatings gemaak sal word.
Grondgryp gaan kom, dit is net n kwessie van tyd.
Hoe vlak die wraak en haat in werklikheid in ons gemeenskap lê, is behoorlik onderstreep met die Willemse episode.
Die rowwe deel van ons bestaansbedreigende, mariginaliserende bestaan lê nog voor.
Die Hemelse Vader behoed ons.

Boerseun ·

Kan ons n teen petiesie begin rakende Amanda Gouws se petiesie? Sy kan nie eers die omvang van die kastige haatspraak verduidelik nie.

Jerry ·

Die beraad oor grondonteiening gaan sonder twyfel die ANC vorentoe stuur. Weereens maak CR se goedbedoelde intensies en toekomsvisie die daadwerklike verskil. Wat die Willemse debakel betref is dit wag en kyk wat die uitslag van die ondersoek gaan wees. Die petisie teen Ernst deur “oneerlike” akademici is nie omrede hulle alleenlik van Ernst verskil nie, maar omrede hy wat Ernst is homself onpopuler maak wanneer hy reageer deur dreigend, minagtend en beledigend standpunt in te neem teenoor diegene wat van hom verskil. Daar is maniere en maniere van dinge doen en dit bepaal of jy vriende of vyande maak. Ernst is duidellik daarop uit om vyande te maak en net hy sal vir ons kan se, hoekom?

Willem ·

Nee, hy veg net vir die behoud van wat reg is, ongeag jou velkleur. Dit is die regering wat nie die reenboog raak sien nie, die induviduele kleure gelyk aan mekaar gestel het, maar nou herskryf hulle die geskiedenis en sonder wit as die sondebok uit.

Donald ·

As jy vyande maak deur om vir jouself en jou mense op te staan dan het jy nooit regtig vriende gehad nie.
“dreigend, minagtend en beledigend”
Ek het al Ernst se vdieos en stellings gevolg selfs die debat tussen hom en Elmien na die hang debakel en sy het gevou nie Ernst Roets nie. Wys my waar hy “dreigend, minagtend en beledigend” was asb

Judge Dredd ·

Dis natuurlik nadat Amanda Gouws en Adam Hadib neerhalende uitsprake teenoor Afriforum gemaak het, verdag dat jy nie hulle eerstens uitsonder nie.

V ·

Die 3 nuusgebeure het ‘n ongeskrewe ondertoon wat deur die vêr linkse media gedryf word van “toksiese wit manlikheid”. Daar word ‘n verwronge denkbeeldige idee van’n individu of ‘n groep geopper, wat gebasseer is op politieke korreltheid of “gekrenkte gevoelens”. Hulle benadering sou heel relevant wees as ons nie in ‘n sameleweing van inklusiwiteit lewe nie. Ons lewe egter in ‘n land wat deur ‘n grondwet onderskryf word, wat deur ander lande beny word. Die wit gemeenskap gaan uit hulle pad om akkomodeerend en inklusief te wees, meer nog, beskou hulle hulle self as ‘n intergrale deel van ‘n nuwe SA. Dit is egter jammer dat ‘n mens na ‘n wit gemeenskap moet verwys, maar aangesien ras so deur die media en regering gedryf word, moet ‘n mens dit beklemtoon.

Wat vêr linkses nie besef nie is dat: wit manlikheid gaan nêrens heen nie. Ek gaan beslis nie myself ontman en my vel aftrek elke slag as iemand se gevoelens seer gemaak word nie. Hoekom nie? Want daar is meganismes in ons samelewing wat enige wandaad/ delik, aanspreek wat iemand se waardigheid aantas. Ek hoef en sal dus nie skuldig voel omdat ek ‘n man is of omdat ek wit is nie. Dit opper die vrae: Watse agenda dryf die vêr linkses en wat is hulle uitkomste?

Hier kom Zille ·

Ek sien ‘n tipe aksie om verdeeldheid binne die opposisie politiek te saai, grootliks daarop gemik om die DA aan bande te lê. Klem word op ras geplaas om groter verdeeldheid te saai. Ek sien ook tekens in dat dit gedoen word om die De Lille vertrek uit die DA makliker te maak en die Willemse optrede is maar een van die paaie wat gebaan word. Die ANC sal dan hoop dat “ontnugterde” kiesers na hul terug stroom, of weer na die stembus sal keer.

Oom Kalahari ·

Die linkse patroniste en Akademici soos Amanda Gouws, Elmien du Plessis, Max du Preez, Habib en vele ander sal elke taktiek probeer om die blanke se ondergang te bewerkstellig. Dialoog is deurentyd bewys dat dit ‘n eenrigting straat met doodloop is. Gedurig word klippe gegooi oor velkleur, taal, geskiedenis, godsdiens, optredes, werke aansoeke en vele ander uitbuiting en vertrappings veldtogte. Wat maak ander meer uniek? Ernst Roets en Kallie Kriel het ‘n mandaat wat uitgevoer word gebasseer op feite leggings wat die linkse liberale nie kan/wil aanvaar wat hul op ‘n negatiewe platform gaan plaas nie.
Die optrede van AW was oorbodig en onvanpas vir ‘n professionele sport persoon wat as ‘n leier gesien wil word. Selfbeskikking is die beste en enigste uitweg.

Akademikus ·

Beslis is nie alle akademici teen wat AfriForum doen nie, inteendeel, dit word wyd erken dat minderheidsregteorganisasies en internasionale bewusmaking soos van wat in SA aangaan baie belangrike rol speel in menseregtebeskerming en ekonomiese groei. Sekere akademici interpreteer ‘bewyse’ net om watookal hulself of hulle befondsers te bevoordeel te probeer staaf, en dit is wat hier gebeur. Ekj bevraagteken die eerbaarheid en ware kundigheid van die groep akademici wat AfriForum kritiseer, en hulle kredietwaardigheid moet miskien weer ondersoek word.

Reguit ·

Mmmmm ja…… en kyk hoe hard moet sekeres nou werk om die wonderlike droom van multi-kulturalisme en ‘diversiteit’ aan die lewe te hou. Omtrent elke maand moet daar kwadraties harder aan gewerk word……. soos om te probeer om twee stukke jellie met Pritt aanmekaar geplak te hou………………..

Herman Fyfer ·

Amanda Gous en Kie moet met net soveel ywer n petisie loods teen die haatspraak van die EFF en ANC.Indien hulle dit nie doen nie hang hulle onderrokke uit.Ons moenie toelaat dat die liberaliste ons hiet en gebied van agter hulle lessenare met hulle polities korrekte wan inligting nie.Daardie tyd is nou verby!
Groete

Thinus Oosthuizen ·

Die eerste twee voorlopige artikels van Immanuel Kant se Perpetual Peace filosofie, wat as riglyn gebruik is vir onderhandeling met die ANC bepaal dat as jy onderhandel om te misluk en jy vat iemand se grond dan hoef die partye dit nie te erken nie. Die Internasionale Vredesorganisasie en VN het in 2008 erken dat ‘n Federalele Republiek nie n oplossing vir n Demokrasie is nie en dat Kant her besoek moet word, dieselfde jaar word die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid, Wet 3 van 2000 sodanig gewysig in terme van Art 10A dat die Administrateur van n Onafhanklike Grondwetlike Tribunaal outomatiese Presidensiele Vrywaring itv Art. 84(2 ) j van die Grondwet geniet. Dat Art. 33 van die Grondwet juis ingeskryf is nadat die Akademici in die vorm van IDASA dialoog van 9 tot 12 Julie 1987 in Dakar vir hulleself vrywaring teen hoogverraad klagtes kan bekom. Die tweede sinsnede in Art 1 van die Grondwet “…the achievement of equality ” dui op die verledetyd en dat geld die regsreël dat indien die doel van n wet bereik is dan verval die wet self. So bepaal Art 9 van die Grondwet dat ons op dieselfde regte en vooregte geregtig as in ENIGE wet, en Art 38 bepaal ons moet dit “Enforce” so die staat moet tans redes verskaf waarom GOSV nie tersyde gestel moet word nie. Aswill lei aan Passiewe Agressiewe Gedragsafweiking, n sosiale ondermynings tegniek wat deur die Akademici geskep is, en kan gaan vir mediese hulp.

Casper Labuschagne ·

Albei die boonste skakels onder die Afriforum afdeling verwys na artikels aan die ander kant van die Media24 betaalmuur en gevolglik weet ek niks meer as bloot die opskrifte van die artikels nie.

En so het die verligte Afrikaners ‘n perfekte positiewe terugvoerkringloop geskep met Media24 se betaalmuur – diegene wat hou van die strekkings van die soort artikels betaal om meer sulke materiaal te kan sien en gelukkig vir hulle verskyn geen stemme wat met hulle verskil binne hul ervaringsveld nie en gevolglik is hulle net nog meer gemotiveerd dat hul eie siening korrek is. Dit is net wanneer iets soos Afriforum se oorsese toer so nuuswaardig is dat dit hul geslote kringloop binnedring. Dit verduidelik dan hoekom sulke persone verkeer in ‘n staat van histerie omdat Afriforum se standpunt lynreg verskil van alles wat op hul geslote terugvoerkringloop ervaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.