Nuuskommentaar: Eensaam en depressief weens Covid-19 se isolasie?

Foto: Nik Shuliahin/Unsplash

Die isolasie waarin baie mense hulle kan en gaan bevind om die verspreiding van Covid-19 te beperk, kan depressie en eensaamheid veroorsaak. Dit kan religieus verwerk word deur te onthou die Here is altyd by Sy kinders, maar daar is ook sosiologiese wenke waarop mense kan fokus. Daar is reeds meer as twee miljoen Google-trefslae hieroor wat die belangrikheid daarvan onderstreep.

In Psalm 23 verse 4 en 6, lees ons die volgende:

Ook wanneer ek
deur ’n diep en donker vallei moet loop,
dan sal ek nie bang wees nie,
want U, Here, is by my.
U beskerm my
soos ’n herder sy skape beskerm
met sy stok en met sy kierie.

U is goed vir my,
en U doen wat U belowe het,
U doen dit oral waar ek gaan,
so lank soos ek lewe.

(Uit die Bybel vir almal)

In baie lande is die afgelope paar dae strawwe maatreëls aangekondig in ’n poging om die verspreiding van Covid-19 so ver as moontlik te probeer hokslaan. Die ekonomiese, politieke, staatkundige en religieuse uitwerking van die nuwe siekte en die bekampingsmaatreëls word bestudeer. Ook die sosiale en sosiologiese aspekte wat ontstaan weens isolasie, veral langdurige gedwonge isolasie, word deur kundiges onder die loep geneem.

Iets wat gelukkig ook onder die vergrootglas bekyk word, is geleenthede wat moontlik benut kan word om nie net die eensaamheid te bowe te kan kom nie, maar om ’n inkomste te kan verdien – soms selfs as plaasvervangende beroep te kan benut omdat die nuwe maatreëls sommige bestaande beroepe nou onder te veel druk plaas. Omdat die nuwe maatreëls samekomste van meer as 100 mense die ban oplê, kom selfs kerkdienste en sportbyeenkomste onder druk. Om eredienste te vervang word na baie e‑opsies gekyk. Baie hiervan behels die ontwikkeling van ander aspekte as net die eredienste, want kerkwees behels immers veel meer as net eredienste (hoewel dit soms lyk of hierdie nuus vir baie lidmate heeltemal nuwe nuus gaan wees – veral lidmate van sogenaamde dominee-gemeentes). Bygesê, baie van die bekampingsmaatreëls strem baie ander aspekte van kerkwees, soos hospitaalbesoek, die benutting van selgroepe of wyksbyeenkomste, die versorging van armes, bejaardes en siekes, en vele meer. Sending- en evangelisasiewerk ly ook daaronder.

Dit is ook bekend dat selfdood dikwels oor Kerstyd toeneem omdat vereensaamdes juis dan, te midde van groot vreugde om hulle, eensaamheid nie net meer akuut aanvoel nie, maar dit self beleef.  Die Psalmdigter van Psalm 23 verkondig dat hy nie alleenheid sal beleef nie, want die Here is by hom, maar meer nog, terwyl die Here by hom is oral waar hy gaan, kom die Here sy beloftes na. Die Here is goed vir hom solank hy lewe.

Maar hoe kan ons, te midde van maatreëls wat groot beperkings op sosialisering plaas, as instrumente van die Here optree om ons vereensaamde medemens se hand te vat?

Maggie Villiger, redakteur wetenskap en tegnologie van The Conversation stel die ondermaanse terme opsommend en inleidend soos volg:

“Over the past few days, the severity of the spreading coronavirus pandemic in the U.S. has started to hit home. Across the country, schools and businesses have closed, sporting events and concerts have been canceled, and people are being urged to avoid gathering in bars and restaurants. It may finally be sinking in that some degree of social isolation is likely in the immediate future for most of us – whether we get sick or not.

“Psychology researchers Jonathan Kanter and Adam Kuczynski agree 100% with public health officials’ recommendations to stay home and maintain space if you must go out. But at the same time, they worry about the psychological effects of prolonged isolation. Human beings are social creatures, after all, and connectedness is an important ingredient for our well-being. Kanter and Kuczynski suggest ways to stay connected even if you’re physically all alone.”

Lees gerus ook hier, hier en hier.

Hoewel Kantor en Kuczynski hul voorgestelde stappe en gevolge meesterlik opsom, is dit steeds te veel om volledig binne die lengtebeperking van ’n nuuskommentaar op te neem. Lees hul opsomming gerus hier. Dit sluit in die uitwys van die mense se natuurlike behoefte om te sosialiseer en om gekoester te word. In die proses om dit te wil uitleef, moet steeds onthou word om die regering (van die VSA) se sosiale afstandsriglyne na te kom.

Die skrywers is bekommerd dat die isolasie meer mense depressief kan laat. Spanning binne gesinne kan toeneem weens langdurige, gedwonge saamgebondeldheid, maar ook omdat dit nie vrywillig is nie. Behou die waardesisteem so ver moontlik. Dit kan inspanning vereis omdat almal wat binne die saamgebondelde groep nie noodwendig dieselfde waardes en norme deel nie en dat dit wat juis die fondament vir handhawing voorsien, juis die grootste struikelblok kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johan Venter ·

Herman, jy is 100% reg. Hier by ons het mens al ondervind, en dit is nou maar net die begin, dat selfs klein besighede met so min as 5 personeel wat bv finansiële dienste verrig, van gister af in die dop gekruip het en nou net mense oor die telefoon en internet help. Ander het selfs drastieser stappe geneem.

Mens wat die oues van dae besoek, het hul besoeke aan ouetehuise ingeperk of opgeskort.

Dat mens realisties oor alle aspekte moet wees, is so, ongeag jou geloof, maar ons moet onsself nie so negatief en bevreesd praat, dat ons voortydig sterf nie. As mens eers in erge depressie gegaan het en jy is alleen soos jy jouself afgesonder het, kan jy ook geen lig aan die einde van die ellelange tonnel sien nie, dan is dit EERS ‘n nagmerrie om daaruit te kom.

Johan Venter ·

Een van die dae sal byvoorbeeld die volgende ‘n algemene gesig wees as jy ‘n aflewering ontvang:

“When our drivers arrive at your delivery address, they have been instructed to ring the bell, and stand back at a safe distance.
As a precaution, during this time we will package your order in bags so that you don’t need to handle any delivery containers.
The drivers will place the bags at your door and wait for you to answer.
The driver will then record your name, with the date and time of delivery in front of you, so you won’t need to sign any paperwork.
You then collect your items and head back indoors; the driver will take any delivery containers and head off.”

Johan Venter ·

Nou vra ek, wat dan van die werkers in die supermarkte wat daagliks met die kos en verpakkings in die rakke help, die publiek wat die items hanteer, dan ook daardie persone by die kasregisters?

Anoniem ·

Dit sal vir seker op hoogs sosiale mense ‘n inpak hê, maar daar sal ook diegene wees vir wie dit geensins gaan pla om alleen te wees nie.

Hoe nou? ·

Maar, nou kan niemand meer beweer daar is nie tyd vir fisiese oefening nie. Koop eerder ‘n oefen fiets of “treadmill” isv daai papier. Dit neem 3 weke om ‘n nuwe gewoonte aan te leer… Gesonde liggaam, gesonde gees.

Yster ·

Ek dink dus u goeie tyd om jou Geloof te toets,maar om met iemand te kan gesels oor alles sal ook u paar goed ligter maak.Baie belangrik om mense wat alleen voel by te staan en versekering te gee.Sterkte aan almal van julle en bly positief.

Johan Venter ·

Yster, ek het al dikwels gewens dat van ons hier kan by mekaarkom om te gesels, hierdie platvorm is maar eintlik net vir hier en daar ‘n gedagte, ons word ook gepor om te kuier, maar dit werk ook hier nie so nie. Mens sien nou en dan, dalk meer as nou en dan ‘n geesgenoot raak met wie mens wil gesels, maar dis hoe dit is.

Doof in die pot.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.