Nuuskommentaar: Eis teen Jansen

Jonathan Jansen. Foto: www.ufs.ac.za

Jonathan Jansen. Foto: www.ufs.ac.za

Die nuus dat AfriForum Jeug twee studente in hul eis teen die Kovsie-rektor, prof. Jonathan Jansen, en die Universiteit van die Vrystaat (UV) bystaan, het dadelik tot ’n groot wedstryd weg van die speelveld gelei. Die trofee op die spel is dat die vraag nou uiteindelik beantwoord word – kan iemand ’n rassis wees al is hy nie wit nie?

Daar is egter ander belangrike kwessies op die spel. Universiteite is ten eerste akademiese instellings wat studente op ’n voorbeeldige wyse vir verskillende beroepe moet voorberei. Kovsies het ’n sterk regsfakulteit in die skaduwee van die appèlhof in die stad ontwikkel.

Vanuit die staanspoor is die indruk egter uit mediaberigte, die UV se eie nuusverklarings en ander bronne van inligting geskep dat sekere regsbeginsels hier vertrap is. Dit was byvoorbeeld nooit duidelik of die studente aan ’n behoorlike regsproses onderwerp is voor hulle nie net geskors is nie, maar heeltemal aan die ban gedoen is, en “soos misdadigers aan die polisie oorhandig is”. Een van die kernelemente in ewewigtige regspraak, en wat ook in die Grondwet verskans is, is die audi altaram partem-reël. Volgens berigte moes die afleiding gemaak word dat hiervoor ook nie voorsiening gemaak is nie: Toe die studente die rektor wou spreek om hul kant van die saak te stel, is hulle onverrigter sake deur die sekerheidsbeamptes verwyder.

Iets soortgelyks staan breed geskryf oor die skorsing van die voorsitter van die Potchefstroomse kampus van die Noordwes-universiteit se studenteraad uit die Institusionele Studenteraad – die liggaam waar die drie kampusse se studenterade verteenwoordig is. Monica van Schalkwyk is in haar amp herstel nadat sy die universiteit met regstappe gedreig het.

By Kovsies het die gebeure boonop saamgeval met die optrede teen die destydse viserektor, prof. Driekie Hay. As deel van ’n skikking is geen formele besonderhede bekend gemaak nie, maar dit is ’n ope geheim dat sy erg verkwalik is omdat sy medianavrae beantwoord het. Dit was in ’n laer pos by die Sentrale Universiteit van Tegnologie een van die dinge wat prof. Hay gereeld gedoen het. Dit duisel die verstand oor hoe ’n viserektor nie die bevoegdheid kon hê om medianavrae te beantwoord nie, en wek die indruk van ’n instelling waar die ontwerpers van die snoerwet (wat nog op pres. Jacob Zuma se handtekening wag) kon gaan les neem oor hoe om selektief met inligting om te gaan. Trouens, die universiteit het Volksblad by die Persombudsman verkla, waarop die ombudsman bevind het die UV was deels vir die berigte se strekking verantwoordelik deur inligting te weerhou.

Universiteite is ook die een plek waar diktatoriale optrede en die bou van eie koninkrykies so onvanpas is soos ’n varkslagtery in Israel.

As hoër onderwysinstelling het universiteite ’n groot taak om afgeronde jong mense aan die samelewing te lewer wat waarde toevoeg. So ’n lysie van eienskappe sou insluit om voorbeeldige mensgerigte bestuurders te wees wat deelnemende bestuurstyle volg. Dit word immers oor en oor bewys dat dié benadering beter werk as ’n diktatoriale bestuurstyl.

Sulke jong mense moet dan ’n omvattende begrip hê van wat die term, demokrasie, als behels. Studente het op die aarde niks geleer as hulle die samelewing betree met die konsep dat demokrasie gewoon ’n diktatuur van die meerderheid behels, of nog erger, ’n ontplooide kader is nie. ’n Ware demokrasie bevat elemente van ’n oop samelewing waar alles nie geheim gehou word nie en elke stem op ’n manier gehoor word, asook persvryheid, vryheid van uitdrukking, die erkenning van menseregte wat minderheidsregte insluit, regte soos ander se waardigheid (en ander regte), en ’n verantwoordelikheid om sake nie in anargie te laat verval nie – dus haatspraak uitgesluit.

Bowenal, in die sekulêre Suid-Afrikaanse samelewing, behels dit ’n optrede en styl wat versoenbaar is met die Grondwet – die hele Grondwet. Vanoggend herinner twee Afrikaanse dagblaaie adjunkpresident Cyril Ramaphosa aan sy eie woorde tot die strekking – dat ’n mens die Grondwet nie maar kan aan- en afskakel soos dit ’n mens pas nie. Tog is dit moeilik om tot enige ander gevolgtrekking te kom dat daar ander verwagtinge van uiversiteitshoofde is. In ’n artikel in Beeld, wat deur ’n selfgeskrewe weergawe opgevolg is, verwys prof. Adam Habib van Wits na “die opdrag”. Uit die konteks is hierdie “opdrag” rasgedrewe transformasie. Habib verwyt selfs diegene wat die Grondwet “misbruik” om sekere uitkomste af te dwing. Hierdeur impliseer hy dat minstens sekere elemente van “die opdrag” ongrondwetlik moet wees.

Jansen self het by meer as een geleentheid ná die afsterwe van prof. Russel Botman (vorige rektor van Maties) diegene wat teen transformasie gekant sou wees, geroskam en onder meer gesê Botman “het nie vanself dood neergeslaan nie”. Botman was baie sieklik.

Dit lyk dus nie of dit nou by minstens sommige universiteite in hoofsaak gaan oor grondwetlikheid soos dit hoort nie, maar oor ’n ideologiese agenda waar ras ’n sentrale rol speel, en waar sommige rasse meer gelyk as ander is.

’n Interessante verwikkeling is dat Volksblad se hoofvoorblad-berig Donderdag, wat oor strominge by die Noordwes-universiteit handel, glad nie in Die Burger of Beeld opgeneem is nie. Trouens, dit blyk uit die argief van Netwerk 24 dat die berig ook nie dié digitale platform gehaal het nie. Hoewel die berig na stemme van ongelukkigheid met die rektor, prof. Dan Kgwadi, verwys, word die universiteit se kant van die saak (die audi altaram partem-reël) behoorlik toegepas. Dit lyk of iets anders as nuuswaardigheid – Potchefstroom val immers buite Volksblad se lesersgebied en binne Beeld s’n (Beeld en Netwerk 24 deel ’n hoofredakteur) – die gebruik van die berig bepaal het.

’n Vrye media is al by herhaling as die vierde, weliswaar nieamptelike, been van die demokrasie beskryf, verwysend na die skeiding van wetgewende, uitvoerende en die regterlike gesag. Binne die breë demokratiese begrip is daar egter geen sprake van nieamptelikheid nie – daar speel die media ’n integrale rol in die demokrasie, wat insluit die weergee van ’n land se politieke diversiteit, as waghond teen magsvergrype en korrupsie optree en vele meer.

Baie geluk aan Volksblad wat bereid is om ook hier, soos met plaasaanvalle, die werklikheid eerder as ideologiese doelwitte te dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Deon ·

Omtrent hoog tyd dat Jansen se lyf betaal vir die anti-Afrikaner anti-wit twak wat sy mond besig. Ek hou die hoogste verwagting daarin dat hierdie twee studente suksesvol sal wees in hul eis. Daarna moet hulle vir Naspes takel alhoewel ek sterk twyfel of Afriforum hulle daarin sal bystaan

Gabriel ·

Rassisme en narcisisme het die vermoë om hand aan hand te stap. Ek hoop en vertrou dat die studente hul dag Iin die hof sal hê.

chris ·

Dit is die gevolg van gedwonge integrasie.Hoekom leer die mense nie?Dit is nou maar so dat mense hulle eie soort soek en bevoordeel.Jansen is geen uitsondering nie,al verskul is hy wil die Afrikaner instansies vernietig soos die res ook maar.Hy sal slegs voorkom as neutraal maar het ‘n weersin in alles wat blank is.Hierdie dien as voorbeeld.As bewys dink net of hy dieselfde sou reageer as die rolle omgekeerd was.
Ons moet ons eie weer begin van vooraf,Jansen is ‘n bewys van sy eie mislukte reenboog!

kovsies ·

Het enige iemand wat reeds hier kommentaar gelewer het kinders op Kovsies? Want n gebrek aan kennis is duidelik…

Herman Toerien ·

Bedoel jy studente wat by Kovsies studeer het ‘n tekort aan kennis? Of bedoel jy die mense wat kommentaar lewer het te min kennis? Vir die nuuskommentaar is slegs inligting in die openbare domein ingespan. As jy met van die feite verskil, stel dit asseblief – verkieslik onder die eie naam. Dis nie lekker om met ‘n skuilnaam te stoei nie.
Terloops, ek het beide grade en bykomende kwalifikasies, soos ‘n sertifikaat in arbeidsreg (met lof) aan Kvsies behaal. Ek kom self minstens een keer per week op die kampus, en is elders deurlopend met dosente en studente in kommunikasie. As dit tot ‘n gebrek aan kennis lei, vra ek om verskoning.

chris ·

Vertel ons asb waar die kennis ontbreek.Die studente is geskors dws skuldig aan rassisme ,volgens Jansen ,wat hulle kant nie eens wou aanhoor nie.Nou is hulle onskuldig bevind.Nou wat nou?
Die rassis hier is Jansen.Hy sou verseker nie ‘n swart student in dieselfde situasie verban het nie of dink kovsies hy sou?

Nienie ·

Goed gestel mnr Toerien Ek is sooo onthuts oor “kovsie” se kommentaar. Prof Jansen het gedink hy is `n cowboy. Nou moet hy maar sy rassisme en onverdraagsaamheid aan die hof gaan verduidelik.

John Smith ·

Daar word die ou volkie weer wol voor die oge gespan. So makilk word ñ feitlike saak gebruik om mekaar af te breek en op te sweep. Bly by die feite. Dit is nie “rocket sience” om te sien dat hier erge bevooroordeeldheid en sommer erge rasisme aan die orde van die dag is nie. Beide die manne is vrygespreek in ñ hof. Vrygespreek van alle klagtes teen hulle. Nie deur ñ man op straat nie maar deur ñ hof. Nou word dit elkeen se siening is meer korrek as die volgende persoon. Elkeen se vertolking is korrek en myne is die mees korrekste.

Andries Erwee ·

N ander vraag is wat van Prof Hay geword het. Flip Buys het glo oor haar afdanking bedank uit Kovsies se raad, maar verder weet ons niks.

Andries Erwee ·

N ander vraag is wat van Prof Hay geword het. Flip Buys het glo oor haar afdanking bedank uit Kovsies se raad, maar verder weet ons niks.

Andries Erwee ·

N ander vraag is wat van Prof Hay geword het. Flip Buys het glo oor haar afdanking bedank uit Kovsies se raad, maar verder weet ons niks.

Liani Heine ·

Prof. Jansen is my mentor vir die volgende paar jaar terwyl ek my Meesters en Doktorale graad klaar maak. Vir meer as ‘n jaar is hy altyd beskikbaar om met my te praat. Ons het die mees insigewende gesprekke van politiek tot krieket en verhoudings. Meneer Toerien en Maroela Media soek sensasie en nie die waarheid nie. En julle wat die man so kruisig en rassisme skree ek wens ek was jy met oordeelsdag want jy is duidelik wit en sonder sonde….

Henry ·

My jitte Liani Heine
Sterkte met jou pogings om al die pampiere (‘skies papiere) in die hande te kry jong!
Nogal onder die lyding (‘skies leiding) van die oompie wat so blitsvinnig met sy subjektiewe teerkwas laat waai.
Weet nie of jou pampiere (‘skies papiere) van veel nut gaan wees nie. Sal maar moet loop sien en als…
:-)

Herman Toerien ·

Lilani en Lindi – dit is jammer as mense later aan boord kom en dan uitltings maak op ‘n greep. Natuurlik het prof. Jansen goeie kwaliteite waarvoor hy ook op Maroela aangeprys was, soos sy hantering van die Reitz-4-geval, sy facebook-inskrywing dat hy sy “kinders” aanraai om op amptelike vorms by ras in te vul dat hulle mense is, en vele meer. Ek meen Maroela was dalk die enigste media wat die nuus gedra het dat prof. Jansen enkele jare gelede deur die Nederlandse koerant Trouw as die versoeningsopvolger van Nelson Mandela beskryf is – juis oor die hantering van die Reitz-4.
Aan die ander kant, as dit my doel was om die prof hier swart te smeer kon ek dinge genoem het soos sy gereelde openbare swetsery, die feit dat hy die Skepper uit die universiteit se logo gehaal het, ek kon meer oor die Driekie Hay-geval gesê het, ek kon na nog insidente verwys het oor dinge wat hy ‘n vroulike mediese student toegesnou het toe sy ‘n vraag gevra het, oor dosente se (vreesbevange) houding oor hom, die verbod om AfriForum toe te laat om ‘n referendum op die kampus te hou om die geldigheid van sekere aansprake te toets, en so kan ek aangaan.
Ek kan voorbeelde noem waar die prof. my beïndruk het, soos toe ek ‘n artikel oor sekere sake vir ‘n ander koerant moes skryf en deur die regte kanale aansoek gedoen het om inligting. Die skakelburo het die navraag na prof. Jansen verwys, en hy het my self gekontak. Ek het verduidelik dat hy kan aanvaar ek sal dit met integriteit hanteer. Hy het sy instruksie aan me Loader om die inligting aan my beskikbaar te stel vir my ge-CC, maar ek wag ‘n paar jaar later steeds daarop. Ongelukkig verloor ek my humeur as ek oor die skakelburo praat na ‘n reeks insidente, en daarom laat ek die kwessie daar.
Ten spyte van my persoonlike ervarings steun ek my seun se inisiatiewe om die UV, en hy beplan om prof. Jansen persoonlik te betrek, by die skool waar hy die plaasbestuurder is. Dis ‘n behoeftige skool.
Ongeukkig is die lewe komplekser as om algemene oordele oor mense met enkele blootstellings te vorm. Dink maar aan hoeveel gemeentes verpletter was toe dit geblyk het hul wonderlike predikante was pedofiele wat met jong seuns gelol het. Ek weet dis ‘n ekstreme voorbeeld, maar ek beplan nie om hier ‘n verhandeling met detail te skryf nie.
Met jul kritiek op my stuk het julle nie ‘n enkele weerlegging geopper nie.

Piet Snot ·

Liani, duidelik ken jy die prof beter as ons. Lig ons dus asb in: waar dwaal Toerien en diegene wat Jansen as ‘n rassis beskryf?
Verwys asb direk na sy optrede teenoor die studente oor wie dié berig gaan. Ek stel werklik belang in jou verduideliking.

stiaan ·

Jansen wil teveel in openbare domein beweeg en dan op cowboyagtige wyes uitsprake lewer in belang van sy eie siening en dekmantel van demokrasie. Sy demokrasie is niks anders as di verlenging van regering se eensydige rassitiese optrede & is hy maar net nog n pion deur regeringkaders geplaas in di stoel. n Cowboy kan ook val en sal hy nou maar in openbaar sy verskoning moet aanbied…..of kry jy dan ni swart rassiste nie ?? ooo I love it when a plan comes together

Lindie Lourens ·

Liani Heine, ek stem saam met jou. Ek het hom nog net een keer ontmoet en sal die indruk wat hy op my gemaak het , altyd koester. Hy is ‘n man uit een stuk. Mense maak foute, dalk was dit hierdie keer sy beurt. Ek sê weer:As hy minister van Onderwys was, was ek dalk nog in die onderwys. VIVA ,Prof Jansen!

"hACKER" ·

Liani, vra die prof uit oor die Thuthuka program. Slegs swart studente mag deel wees. Vra hom uit oor die SAICA program waar slegs swart studente mag deelneem. Vra hom uit oor Khayalami, waar die swart studente ook hul werkers ontgroen soos Reitz gedoen het. Vra hom uit oor die studentevervoerprogram, waar die bussiebestuurders vir wit studente uit laat klim, want die bussies is slegs vir swart studente. Vra hom uit oor die No student hungry program, waar wit studente weggewys word. Vra hom uit oor die wit student wat verlede jaar van sy motorfiets af gestamp is deur ‘n swart student, wat daarna die wit student allerhande rassistiese beledigings toegevoeg het. Die swart student is nie geskors nie, maar het ‘n oudiensie met koek en tee by die prof gehad, want hy was getroumatiseer! Gaan kyk bietjie elke oggend hoe staan die rye in Kanseliersweg en wag vir busse Suidkampus toe vir die verlengde program. Weer geen wit studente nie, want word hulle ook nie op die busse toegelaat nie? Die prof is ‘n tweegesig, preek nie-rassigheid en laat rassisme toe op sy kampus met sy goedkeuring. Dan praat ons ook nog nie van UFS101 nie, wat die studente leer dat wit sleg is en swart goed. Wat ‘n mors van tyd.

Piet Snot ·

Liani, ernstig nou, spreek asb die kwessies aan wat hACKER uitlig.
Ek’s oortuig ek’s nie die enigste wat regtig graag jou mening wil hoor nie.

Chris ·

Piet ek dink ons mors ons tyd met die mense soos Lianie en Lianie,Hulle sal nie antwoord nie want hulle kan nie.Jy moet onthou direkte vrae is ‘n tameletjie vir alle liberale denkers(ek gebruik denkers baie breed hier).
As vrae en gebeure hulle nie pas nie swyg hulle dit dood.Die hoofstroommedia sal die Jansen storie nie dra nie ,wag egter net dat dit witmense is ,dan skree en basuin hulle dit van die bergtoppe af.Voorbladnuus dra dit vir weke,volg op .Dink maar aan die Steve storie.
Die dubbele standaarde maak mens naar.

Louise ·

Lindi en Liani, dit is heltemal moontlik dat Jansen goed en gaaf kan wees. Maar soos beide Kant en Arendt gewys het, daar is ‘n verskil tussen ‘n mooi geaardheid en beginselvas wees. Volgens vandag se polities korrekte standaarde sou Chruchill nie ‘nice’ genoeg wees om deur die hoi polloi verkies te word nie. ‘n Samelewing kan egter net suksesvol wees as dit op sterk beginsels gebaseer word. Een van die grootste foute wat ons in Suid -Afrika gemaak het, is om te dink dat ‘n Mandela -styl goeilikheid genoeg is om alles op te los. Dit is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.