Nuuskommentaar: FAK gaan Steve vereer

Steve Hofmeyr (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Terwyl die Ghoema-storm om die kop van Steve Hofmeyr steeds woed en in talle skynbaar net vaagweg verwante rigtings uitkring (dit word môre teen die agtergrond van die komende verkiesing in die nuuskommentaar onder die loep geneem), het die FAK nou aangekondig dat hy Steve later vanjaar gaan vereer vir sy 30 jaar lange reusebydrae tot Afrikaanse musiek. Die FAK meen ’n sanger se persoonlike standpunte is nie rede om hom nie die nodige erkenning te gee nie.

Soos met die Ghoema-sage en die Afrikaans is Groot-tameletjie kan sonder profetiese vermoëns voorspel word dat dié prestige-toekenning polities groot opslae gaan maak.

Die tydsberekening van die aankondiging gaan boonop deur baie vertolk word as ’n stywe middelvinger wat vir ’n wye spektrum kritici, soos politici, borge, politiek korrektes en, en ja, baie seergemaaktes ook uitgedeel word.

Uit leserskommentare en ander terugvoer het dit duidelik geword baie Afrikaners het die afgelope ruk weer seergekry, en selfs verdere verdieping van vervreemding in hul eie land ervaar. Die post-Ramaforiese trauma het ook baie hiertoe bygedra. Die vieslikste vitrioel wat soms (ongelukkig te dikwels) gebruik is om dié boodskap tuis te bring het ongelukkig ook baie skade aan minderheidsregte en opvattings daaroor in die land aangerig.

Laat daar geen twyfel wees nie. Steve is ’n uitsonderlik goeie kunstenaar, boonop met ’n ongewoon veelsydige musiekstem. Politieke korrektheid is, soos dit vir ʼn ware kunstenaar hoort, nie deel van sy repertoire nie – nie in sy jong dae toe hy skynbaar na die linkerkant geneig het nie, en nie in sy meer volwasse lewe toe hy, wel, allesbehalwe linkse neigings openbaar het.

Hy het sy gewildheid skop gegee deur die sing van Die Stem, ’n lied wat in die FAK-sangbundel opgeneem is en geen verbode lied is nie. Ja, dis politiek sensitief, en nie net oor die “verbintenis” met die verlede nie … dis ook ’n politieke vasvat van ’n gereelde gebeurtenis dat die Stem-gedeelte weggelaat word by geleenthede wat deur die meer linkse politieke gemeenskappe aangebied word. EFF-lede wat gereeld bly sit wanneer die Stem-gedeelte gespeel word, krap aan die gekneusde gemoed van diegene wat nog hunker na die veronderstelde gevolge van die nasionale vredesverdrag. Die afloop hiervan, en die invloed op veral die Afrikaner is al by herhaling in hierdie rubriek onder die loep geneem.

Natuurlik is daar ook baie wit mense en Afrikaners wat dit nie eens is met Steve se optrede nie. Baie beskou dit as onnodig uitdagend en skoorsoekery.

As kunstenaar, dus deel van die gewete van die volk, en ook volgens die digter/skrywer Barend J. Toerien, die voorspraak vir die “underdog”, is dit nie net Steve se reg om hom oor onregte uit te laat nie, dit kan in sekere sin as sy kunstenaarsplig beskou word.

Uiteraard is daar baie wat reken dit wat so baie Afrikaners en wit mense pla, bestaan nie werklik nie. En waar die bestaan daarvan erken word, word dit gemeet teen die konsep dat versoening (en vergifnis) nie kan plaasvind sonder gepaste restitusie nie.

Dit is onlangs in ’n radioprogram juis na die Zoeloe-kultuur teruggevoer. Ook die verskil in opvattings is lank reeds in hierdie rubriek as toekomstige probleme uitgewys, soos die konsep onder sowat 80% van die swart mense dat wit mense hul grond bekom het deur dit van swart mense te steel. Nou het dit reeds ’n erg verdelende invloed.

Sou Steve dan sy kunstenaarsreg/-plig uitvoer, maak dit hom geen unieke mens nie. Dink maar hoe het die sensors in die ou bedeling deurgeloop deur werk van onder andere André P. Brink te verbied (en die verbod later op te hef).

Hoeveel letterkundepryse en vredespryse is nie al deur die Nobel-komitee toegeken aan mense wat in hul eie lande in tronke sit nie? Juis omdat hulle onregte uitwys.

Nog iets wat pla, is dat baie van diegene wat Steve boikot of wil boikot, die rug agteroor buig om kunstenaars en ander ter wille te wees wat self of júis agter die deur staan soos om lid te wees van organisasies wat slegs swart lede toelaat, byvoorbeeld swart kunstenaarsverenigings.

Steve Hofmeyr by Afrikaans is Groot. (Foto: Afrikaans is Groot/Facebook)

Maar …

Hierdie toekenning bied ook aan Steve die geleentheid om van die negatiewe gevoelens wat hy losgemaak het, uit die weg te ruim. Maklik gaan dit nie wees nie, want bykans enige gebaar van sy kant sal in die hande van die minder goedgesindes as teken beskou of daarvoor uitgemaak word dat hy die finansiële knyp van die boikotte voel. Selfs Steve se grootste vyande erken sy intelligensie, en uit sy baie ondersteuners sal hy ook toegang hê tot mense wat hom baie goeie raad kan gee.

Daar sal ’n “uitwegstrategie” wees wat werk. Maar moenie die onbillike van hom verwag nie. As hy pogings aanwend om soos destyds met oudpres. Jacob Zuma, ook ’n vleisie saam met pres. Cyril Ramaphosa te braai, moet daar meer as ’n paar glimlagte, lekker grappies en verder niks van kom nie. Kortom, alles is nie in Steve se hande nie.

Maar tog, dit sal ’n groot oomblik wees as Steve bo die situasie wat nie sy eie maaksel is nie (wel sy reaksie daarop), kan uitstyg en ferm op sy eie mense se regte (wat immers internasionaal erken) word, kan staan en dit uitleef, maar dit tog niekwetsend doen.

Steve sal waarskynlik baie “vriende” verloor as hy sy ondersteuners vra om hulle in leserskommentare en op die sosiale media van vitrioel te weerhou (al word dit uitgelok), maar hy gaan baie vriende wen – ook vir dit waarvoor hy staan. Dit is ook belangrik dat Steve se teenstanders hulle ook weerhou daarvan om hul kuberpenne in vitrioel te doop.

Intussen, baie geluk met die FAK se prestige-toekenning, Steve. Jy verdien dit.

NS: In hierdie nuuskommentaar is vlugtig na Barend J. Toerien verwys. Barend was kortstondig die skrywer van hierdie rubriek se stiefpa, ná sy eie pa, ’n neef van Barend, jonk oorlede is. Barend was ’n bekende sestiger wat saam met ander as anti-apartheidskrywer die land verlaat het. Hy het egter reeds voor 1994 daarop gewys dat die wyse waarop die Afrikaner internasionaal behandel word, besig is om van hom ’n “underdog” te maak.

Barend het na Suid-Afrika teruggekeer, maar was gou ontnugter deur die onregte van die nuwe Suid-Afrika. Dit het veral gestraal uit klein gediggies wat hy aan Die Burger gestuur het. Veral die bruin mense se dice wat weer verkeerd geval het, het hom gegrief. Gebaseer hierop het Herman Toerien dié gediggie geskryf.

(Barend was kort voor sy dood kortstondig ná die afsterwe van Elisabeth Eybers die doyen van Afrikaanse skrywers.)

Barend J. Toerien nugter ontnugter 

Geliefde, gehate (gewoonlik darem net tydelike) korrelkop
Komplekse woordkunstenaar
van kwasterig verwytend tot smeulend strelend.
Die krapperige korrelkop met sy eie teenstrydighede
was literêr konsekwent en eerlik.
Sy groot stewels wat vasskop
En nog ’n bergwand wat oorwin word
Die uitbundige gees
van die groep geroep deur die natuur
Maar hy hou sy donker bui vir die “perfekte” moment
as ’n woeste woordvulkaan hom laat uitbars
Dan wanneer geliefdes koes
Meet en pas sy ragfyn siel
Alreeds die woorde wat
sy hartstog vir geliefdes stort.
As kampvegter teen apartheid het sy pen later
frustrasie gespoeg – teleurgesteld oor
nuwe hande wat ook integriteit verloor
en van die selfbeligte Barendbaan ontspoor.
Op sy oudag, kort voor sy tikmasjien stil sou word
Peins hy oor sy kinderdae … op Steenwerp
En hoe die onregte van toe tot hom spreek –
net so skerp.
Dieselfde soort onregte wat hy
as ou man weer sou beleef
Die goue draad wat deur sy oortuigings verweef
was ook die tou wat hom kon verstrik
Vir die konsekwente kampvegter
En vrederegter
Vir die underdog

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Esta ·

Baie dankie aan die FAK. Daar sal altyd iemand wees wat kritiek sal lewer.

Boesman ·

Multichoice het pas besluit om enige materiaal wat iets van Steve bevat van sy platform te verwyder.

Sarel ·

Die wenner is Afrikaans. Moet aan. nie weer Politieke kommentaar lewer nie Afrikaans is groter as dit. Geluk aan Steve Hofmeyer, ‘n toekenning wat jy waardig is.

mitz ·

Met GROTE dank aan die FAK wat hul ook nie laat boelie nie. Steve verdien hierdie 100%, hy is enig in sy soort en sal so bly. Doen so voort Steve, ons staan bankvas agter jou.

Wildeman ·

Verblydend om te sien FAK staan op vir Afrikaans en gee erkenning vir n uiters verdienstelike bydrae tot ons taal en kultuur.

Wie gaan opstaan vir ons ou vlag en ware geskiedenis?

Anni ·

Mooi so FAK, niemand het daai stupid ghoemas nodig ni. So ook ni MTN en Toyota. Vir my gaan dit oor sang ni ou dam beeldjies, en Wie dit borg ni. Maar ANC wil oral oor een!!!!!!!!!! Ons het ni n probleem met Refentse ni, hy sing mooi, sien ni Sy kleur raak ni.

Therese van Schalkwyk ·

‘n Pragtige gedig! Herman Toerien, man van vele talente.
“Vrederegter vir die underdog” – hou daarvan.

Hennie ·

Ek is allermins ‘n Steve aanhanger, as iemand hierdie prys verdien is dit hy. Dis wat hy vir Afrikaans gedoen het en het niks te doen met sy [soms omstrede] politieke uitsprake. Geluk aan die FAK en Steve.

Erika ·

Steve staan vir Afrikaans, maak nie saak watter kleur of geur jy is nie….
Dankie aan FAK dat julle Afrikaans ondersteun…
Lefusi moet hom liewer bepaal by sy werk waar die pap op die grond val en sy neus uit goed hou wat hom nie aangaan nie…

Nel ·

Dis soos die voormalige Amerikaanse politikus Donald Rumsfeld gesê het “As jy nie gekritiseer word nie, doen jy waarskynlik nie veel nie, en moet jy maar liefs iewers in ‘n gat gaan wegkruip waar niemand van jou bestaan weet nie”
Steve het in elk geval ‘n sterk en gesonde persoonlikheid en sal hom nie laat onderkry deur ‘n bietjie kritiek nie. Doet so voort Steve jy verdien die FAK se erkenning.

Andreas ·

Herman, ons sien mos die afgelope jare hoe sekere mense soos Steve se uitsprake aaneenlopend geteiken word om die Afrikaner die vark in die verhaal te maak. Die realiteit is die volgende:

Ek haal Die Citizen van gisteroggend aan: “Former public protector Thuli Madonsela wrote an opinion piece for City Press for Freedom Day weekend strongly suggesting that the poor in South Africa may be coming to realise that, 25 years into democracy, the continued pervasiveness of poverty may have more to do with the failures of the democratic state than the legacy challenges caused by colonialism and apartheid.”

DIT is nou ironies, nie ‘n piep van die linkses nie. Ek sou nou nogal Helen Zille se twiet in reaksie daarop wou sien, EN die ANC, Julius en die BLF, die DA en veral, Musi Maimene, ook die ander wat gedurig saam in die koor sing.

Het ALMAL dit dan gemis, of word daar net nie op reageer nie omdat ‘n swart mens dit ge-uiter het, en dit nogal Thuli Madonsela?

Wat ook baie interessant is, geen koerant hang dit aan die grootklok nie.

Dit sal nogal interessant wees om te sien of daar enige party is, selfs die VF Plus wat op hierdie berig hier bo van die week gaan reageer.

Sann ·

Andreas, jy slaan die spyker op die kop. Hulle durf nie reageer, totdat iemand nie met die een of ander valse beskuldiging vir Thuli M kan ontwapen nie. Sy is 100 % reg. Respek vir haar gebalanseerde waarnemings

Gerhard Burger ·

Baie geluk Herman! Netjiese artikel waarmee ek my 100% vereenselwig. Baie geluk ook aan die ATKV oor die besluit. Hoop net julle druk daarmee deur. Die rasgedrewe en soms banala rassisme deur sommige swart mense, het die toondoofheid daarvan deur onder andere Multichoice en Toyota deur klokhelder stilswye demonstreer. So ‘n groot vertoning van eensydigheid word nie aldag gesien nie. In my oorweging vind ek die besluit, gegewe die pakket van feite, afwysend. Dit laat mens met kommer en frustrasie nadink oor waarom dit eintlik in die geval van Steve Hofmeyr gegaan het? In die Ghoema-geval het die onttrekking van borgskap besliste vrae gelaat. Wie is die persoon wat die voorstel gemaak het en wie het uiteindelik die besluit geneem? Was daar werklik ‘n algmene instemming (nie dat dit ‘n verskil aan die ooglopende onbillikheid of my frustrasie sou maak nie), of ‘n arbitrêre besluit? Was die oorweging daarvoor behoorlik, en gegrond? Is daar ‘n politieke verbintenis van enige aard wat die besluit gerig het? Was die besluit insigself nie maar eintlik ras- of minderheidsgroepgedrewe nie? Les bes, wat was eintlik die uiteindelike bedoeling met die besluit?

Koos de Meyer. ·

Mooi so FAK. Wys die ander hensoppers dat julle julle nie laat voorskryf deur politiek of sogenaamde borge nie. Trots Afrikaans. Doen so voort.

Hans Richardt ·

Steve is nou Lank in die tand. As “oom en oupa” behoort hy nou mos meer besadig op te tree!

Diana ·

Dit is juis die punt. Black choice en kie hou sy uitlatings van 4 jaar terug steeds teen hom terwyl malema en blf se onlangse uiters rassistiese uitlatings maar ok is!

Dorita ·

Go FAK go !!!!! wel gedaan. Jy verdien dit dubble en dwars Steve. Elkeen wil net ‘n plek in die son hê, self on Afrikaners. gee ons ook son om ons identiteit en waardes uit te leef, sonder om verdruk te word.

Andreas ·

PARTY MENSE ONDERDRUK DIE KOOKPOT, net soos die regering met regulasies, meeste van ons eie wat als reguleer.

Gogga ·

Baie geluk Steve en baie dankie DAN vir dit waarvoor jul staan en Steve gaan vereer. Al sing Steve die Bloubul, ek is getroue Cheetah ondersteuner, maar staan 100% agter Steve! Doen so voort Steve, ons is trots op jou!!

Dries du Toit ·

Mooi gestel Herman en dankie daarvoor. Mag jou stem nog baie lank gehoor word. Steve baie geluk en mag jou sangstem sowel as jou Afrikaner hart ook nog lank gehoor word. Weet net een ding verseker. Helde verkies om liewer op die ashoop saam met sy volk te wees as op die skitterende verhoë van die vyand. Vind ons daar

barend ·

as hulle die inkosie soek n huisie sing op tv druk ek die MUTE knoppie ek laat dit nie in my huis toe nie ,ek ken dit nie ,ek wil dit nie ken nie ,en ek sal dit nie ken nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.