Nuuskommentaar: Fasade van beeldbou-aksie vir Zuma afgeruk

Pres. Jacob Zuma en speaker Baleka Mbete op 12 Februarie 2015 by die parlement in Kaapstad Foto: Elmond Jiyane, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma en speaker Baleka Mbete op 12 Februarie 2015 by die parlement in Kaapstad Foto: Elmond Jiyane, departement van kommunikasie

In die “ou dae” het die vyande van die destydse bedeling graag gesê apartheid kan nie hervorm word nie, net vernietig word. Daarmee is die knaende “mandaat vir hervorming” waarop die regering aanspraak gemaak het, se pogings erg in die wiele gery.

Die SAKP-gedrewe beeldpoetsaksie om van pres. Jacob Zuma ’n presidensiële aanskyn te gee laat ’n mens baie hieraan dink. Alles in die boek word ingespan om te lap en stop aan Zuma se beeld wat wêreldwyd aan flarde lê.

Hierin speel die SAUK-TV ’n enorme rol, soos onder meer geblyk het uit die sensor van die Zuma-uitjouery tydens oud-pres. Nelson Mandela se gedenkdiens in Soweto. Maar dit lyk nie of enige poging goed genoeg is om Zuma presidensieel te laat vertoon nie, hoofsaaklik danksy Zuma se eie bydraes met die tong wat nie perke ken nie.

ʼn Paar syfers toon gou hoekom die Zuma-aanhangers so ’n hoë premie op die TV plaas, en skynbaar min begaan is oor wat die radio, en selfs die SAUK se radiostasies in besprekingsprogramme oor Zuma te sê het. Hierdie syfers is Amerikaanse syfers, en sake in Suid-Afrika sal effe anders daaruit sien.

In ’n vorige Rasmussen-peiling, wat in Oktober verlede jaar bekend gemaak is, het 44% van die Amerikaners verkies om hul politieke nuus via die TV te verkry, terwyl 30% die internet gebruik. In Maart van dieselfde jaar het 59% nog die TV as vernaamste nuusbron beskou, en net 28% het die internet hiervoor ingespan. Te veel kan egter nie van ’n vergelyking gemaak word nie omdat dit appels met pere vergelyk. Tog meld die latere peilings dat die gaping tussen die internet en TV kleiner word.

Net 9% het in die Oktober-peiling aangedui dat hulle hul politieke nuus hoofsaaklik uit koerante en tydskrifte verkry, 7% span die radio hoofsaaklik hiervoor in, en 5% gebruik die sosiale media hiervoor.

Al hoe minder Amerikaners gebruik die TV as vernaamste nuusbron, maar nog minder beskou die nuus as akkuraat. Net 7% van die Amerikaners meen die nuus wat aan hulle opgedis word is absoluut akkuraat, hoewel 60% meen dat daar darem ’n mate van waarheid in die nuus steek. Die Maart-peiling het die persepsie van die betroubaarheid van alle nuus gemeet, en die Oktober-peiling net die persepsie oor die betroubaarheid van politieke nuus.

Die jongste Rasmussen-peiling toon ook dat  38% meen die nuus is die ene kluitjies en kan glad nie as geloofwaardig beskou word nie.

In Suid-Afrika, waar internettoegang nog nie so omvangryk as in die VSA is nie, en boonop nog duur en stadig, sal die TV-aandeel sterker wees en nog ’n rukkie so bly. Ook die koerant- en radio-aandeel sal groter wees, en daarom is dit ook nie vreemd dat die regering die ANC-gesinde Gupta New Age buitenproporsioneel vol advertensies prop nie, en skynbaar ’n stewige beergreep op die Independent-groep gekry het.

Gisteraand met die staatsrede is boonop met spesiale toerusting gesorg dat kommunikasieseine versteur word. Dieselfde aand het Verslaggewers Sonder Grense sy nuutste persvryheidsindeks vrygestel waarop Suid-Afrika se posisie aansienlik verbeter het (en VSG nog heelwat van sy eie geloofwaardigheid ingeboet het), maar ’n mens sidder om te dink wat sou met Suid-Afrika op die indeks gebeur het as die seinversteuring vroeër plaasgevind het en dit nog in die indeks verreken kon word.

Gisteraand was duidelik geoormerk om dié geleentheid te wees waar Zuma as die hoogtepunt van die beeldbou-aksie sy volwaardige hertoetrede as president sou maak, en hy nie meer eintlik net as simboliese staatshoof wêreldwyd rondgeskuif is en toesprake voorgelees het wat vir hom voorberei is nie.

Die strategie het egter die bemarkbaarheid van hul produk, Zuma, erg oorskat en skouspelagtig geboemerang. Elke “skietgee”-stap in die strategie het byna vir seker ʼn katastrofe afgegee, soos sy onlangse Jan van Riebeeck-opmerking.

En dan is daar nog die EFF ook wat weet hoe om duike in die strategie te slaan.

Terwyl suiwer Afrikaans so swaar onder sy eie sprekers kry, kan ’n mens dit maar netsowel so stel: “Zuma kan nie reg gepênnelbeat word nie, hy kan net geraaitof word.”

Hierdie harde realiteit het hom gisteraand hard op die stratege en beeldpoetsers gewreek. Sommer ’n ABC-lessie (waar hulle by oud-pres. Thabo Mbeki ’n blaadjie kon leen) is dat die mense wat so ’n strategie bedryf uiters professioneel en knap moet wees. Dis geen plek waar met ’n imbizo besluit kan word watter kaders die joppie kry nie.

Met die afruk van die fasade was daar buitelandse verteenwoordigers in die parlement teenwoordig. Baie media (geblok of nie) het sake gadegeslaan. Ironies het die sosiale media ’n enorme rol gespeel om die sirkus onder die aandag van die bevolking te bring. Baie Suid-Afrikaners was nie van plan om na die verrigtinge te kyk nie, maar skaars het die sports begin, of van die mense wat wel voor die TV’s gesit het, begin ander met SMS’e en ander vorme van blitskommunikasie in te lig oor wat aan die gebeur is. In kuierplekke en eetplekke het mense voor die TV’s begin saamdrom om in ongeloof te kyk hoe sake ontvou – of liewer – vou.

Danksy nuusmedia soos Reuters en die BBC is die chaos in ’n ommesientjie wêreldwyd versprei. Gelukkig vir Suid-Afrika was die nuus te laat om die koerante van baie lande se saktyd te haal. Buitendien was die oë van die wêreld op die skietstilstand plus bietjie-ooreenkoms wat vir Oekraïne gesluit is. Nogtans het die chaos vanoggend reeds meer as ’n 1.7 miljoen Google-trefslae opgelewer.

En ja, terloops, Zuma het sy staatsrede gelewer. Hy het die bo-perk van 12 000 Ha per boer aangekondig, waarteen georganiseerde landbou en die sakesektor die regering baie dringend gewaarsku het, en die gevaar inhou dat daar op sekere van die droër dele van die land nie meer lewensvatbaar geboer kan word nie, en boonop die gevaar inhou dat banke op ’n streep soos domino’s inmekaar kan stort.

Hy het ook ʼn verbod geplaas op buitelanders om grond te besit, wat buitelandse beleggers nog taaier in die bek sal maak om die land se spartelende ekonomie te hulp te snel.

Hoewel daar nou noodwendig binne die ANC in minstens sommige kringe opnuut besin sal word oor die volhoubaarheid van Zuma se presidentskap en die enorme prys wat die land en sy mense daarvoor betaal, is dit geen uitgemaakte saak dat Zuma se presidensiële dae getel is nie. Dit is amper sekerder dat sy kroonprinses, Baleka Mbete, se presidensiële aspirasies finaal soos haar vervalste rybewys in die stof gebyt het. Die SAKP sal waarskynlik agter Zuma konsolideer, want die kanse dat nog ’n president die ekonomiese werklikhede so sal uitdaag deur buitenproporsioneel baie kommuniste in die kabinet in te sluit, en boonop in hoofsaaklik ekonomiese portefeuljes, is baie skraal.

Ook ander het ingebedde belange in Zuma se voortgesette presidentskap.

Intussen is die sirkustent wat die land moet oorspan nog in China op “back order”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Willem ·

Ramaphosa is ook nie die antwoord nie, al het hy opdrag gegee dat die Selfone se seine herstel moet word, was hy deel van die Zuma-plot.

Jip, en wat maak die markte?

O’ja en dan gaan die olieprys komende maand begin styg. So, die buffer van die inflasie teen die Rand/Dollar gaan ook sy dinges sien.

Buiten swaar politiese tye vorentoe, gaan ons nog vele beproewinge ekonomies ervaar, ook met die hulp van Zuma se onbesonne rede gisteraand.

Dit is nou die helfte van maand twee – Februarie 2015. Die jaar is nog jonk en maand een het ook soos ‘n roller coaster afgeskop.

Mmm, dan het Mes Nsemande na die tyd gisteraand beduie hulle moes vir Julius ‘n les leer. Zuma sê weer daar moes nog baie sterker teen die rooi span opgetree gewees het. Hy het nie ‘n saak of hulle in die parlement, of ‘n troue of ‘n straatgeveg is nie.

BlondebewegingSA ·

Ja. Van wanneer af gaan mens SONA jou integriteit na ‘n opperklas fancy dress? Die parallax uitsending van SABC 2 het my ook ‘n fronsie laat uitpak. Ons is baie vredeliewend tot ons onderskat word.

Riaan ·

Wil Mandela se beeld (agter Zooma op die foto) nie maar vir Zooma met n vuis teen die kop neuk nie?

jakoos ·

Maar Herman, Zuma het toe sy toespraak in groot kalmte voltooi – en is staande deur die ANC toegejuig. Waar kom jy daaraan dat sy einde in die ANC naby is?

Zuma het gisteraand se “geveg” gewen – dis die EFF en natuurlik die DA wat sleg lyk.

En eintlik het “demokrasie” ook gisteraand gewen. Poging van ‘n spul politkieke boewe om parlementere verrigtinge te ontwrig, het misluk – al moes hardhandigheid gebruik word om hulle uit die saal te verwyder. Die DA het toe sommer vanself gevlug!

En volgende week sal LPs kans kry om Zuma behoorlik aan te vat – in parlementere debat! Lyk half reg, of hoe?

Ansie Coetzee ·

Goeie skrywe, dankie Herman maar ek moet – teen wil en dank – hier saam met Jakoos stem. ‘Prime Evil’ is nie weg te wens nie en gaan hy nog lank met ons wees – solank sy gesondheid hou.

Herman Toerien ·

Hi Ansie, ek het darem nie bedoel dat Zumaa nou ontslaaan gaan word nie. Die probleem is dat dit nou baie moeiliker as tot dusver sal wees om hom deur watter aksie ook al as nie-skadelik vir die land voor te hou. Onthou, die wêrelddmening is baie groter as Jakoos se ANC. Ek het vanoggend bietjie “geblaai” en ja, SA is nou ‘n sirkus. Met die huidige koukusstelsel in SA sal ‘n parlementslid dit nie waag om ‘n teken van afvalligheid te toon nie al skaam hy hom ook mosrsdood vir Zuma. Hierrdie koukusstelsel geld natuurlik al die partye, en rysmier die ontwikkeling van demokrasie erg. Dit gaan ‘n tydsame opstaand verg, soortgelyk aan Zuma se opstand teen Mbeki. Zuma was toe reeds as adjunk-president ontslaan en ook nie lid vd parlement nie (dus werkloos). Het sy Polokwane-aanslag misluk was hy moontlik nou in die tronk. Zuma se werkllikheidsvreemdheid blyk vir my daaruit dat hy gisteraand skynbaar as ‘n persoonlike triomf ervaar, en kort-kort ekker he,he,he – terwyl verantwoordelike SA’ners nog wonder waar hulle hul koppe oral van skaamte kan gaan insteek.

jakoos ·

Het jy Harding van die BBC se artikel geleees op hulle webblad. Lyk nie vir my na ‘n sterk anti-ANC, anti-Zuma houding nie.

Fanie ·

Die geskiedenis van Kolonialisme is opgeteken. Die geskiedenis van Apartheid is opgeteken. Dan is dit reg so dat die ANC ook die geskiedenis skryf, waarvan die toekoms en soos hulle aangaan deel van die geskiedenis raak. Dan kan hulle sien hoe hulle die land en hul eie mense versaak het. Die huidige regering sien hulle as die verlossers, maar sal analiste na die Zuma-era nie die polities-korrekte pad volg nie en die kind by sy naam noem. Die kwaad wat die ANC regering die land berokken het, sal dan in geskiedenislesse aan mense voorgehou word van ‘n voorbeeld hoe dit nié gedoen word nie. Het die ANC na 1994 ooit enige moreel gehad? Hulle het ook geen ekonomiese wysheid.

Kobus ·

Die ANC het die regte idee gehad en vir die regte van alle mense geveg, maar na die land aan hulle oorhandig is, is dit ook waar dit ge-eindig het.

Grassie ·

Die ANC se goed beplande strategie vir die aand het gewerk. Hulle het geweet dat Malema en Kie gaan moles maak. Hulle het genoeg tou gegee totdat daar genoeg rede was om die EFF te laat verwyder. Ek dink hulle het geweet dat die DA sal uitstap as daar polisieoptrede is. Dit het uiteindelik vir ou Zoempas gelaat met ‘n een-ogige gehoor wat elke onsinnigheid wat hy kwytraak met handeklap beantwoord en saam he-he-he wanneer hy he-he-he. Hy kon nie vir beter gevra het nie.
Ek dink die ANC het ongelukkig hierdie “faait” gewen.

Nico ·

Gisteraand se faait ja, maar die oorlog verloor. Hulle het die land onberekenbare skade aangerig. Doen dit al vir baie lank. Dit kom nie van gister af nie. Die oorsprong van die kwaad is nie die EFF of die DA nie. Die oorsprong van die land en die ekonomie se ellende lê by nommer een.

Grassie ·

Nico – ek dink weer die oorsprong van die land se ellende dateer terug na 1992.

jakoos ·

Jammer Grassie, ek verskil van jou. Die land se ellende dateer terug na John Vorster se swakheid om nie sterk teen PW Botha op te tree toe hy ons soldate onwettig in Angola ingevat het nie, Vorster se ongelooflike vertroue in Pik Botha as sy “vriend” en toe PW – en die linkse elemente in die Kaap en die regering – se algehele oorname van die N.P. Dit was die begin van die einde – FW en kie se lamsakkigheid was net die einde van die einde!

malan ·

Genade mense met gewapende polisie in die parlement kan dit n tweede slag van Bloedrivier word! Wel net meer gesofistikeerd, maar bly liewer weg uit die parlement!

Nico ·

Antwoord julle manne hier bo vir my die volgende: Die vraag is na gisteraand ook deel van die geskiedenis geraak het, wat vorentoe? Kyk, ‘n mens kan mos net voorspellings maak volgende op handelinge uit die verlede. So, as die ANC die dag bedreig moet voel dat hy mag gaan afstaan, dit is nou by die stembus, wat kan ons nie net te wagte wees nie, maar wat vertel sy optrede vir ons wat gaan hy doen? En veronderstel hy verloor wel by die stembus?
Die weermag en polisie en die regstelsel het hy mos nou klaar in die sak. Wat dan???
Zuma het mos nou daarvoor in sy twee termyne gesorg.

Grassie ·

Nico – demokrasie is nie deel van die Afrika-tradisie nie. Dit is vir hulle net ‘n Westerse konsep. Dit was nooit deel van Afrika nie – ons het dit hier ingedra. Hulle gebruik dit net wanneer dit hulle pas om aan bewind te kom. Hulle gee nie weer bewind prys nie – kyk maar na Mugabe as voorbeeld. Zoempas het mos gesê hulle sal regeer “tot Jesus kom” en hy bedoel dit. As die ANC by die stembus verloor sal hulle nie mag afgee nie en sal daar groot onstuimigheid wees.

jakoos ·

Ek is bevrees jy’s reg, Grassie. Dit kan selfs gebeur nog lank voor die ANC dalk by die stembus verloor – net omdat ‘n toekomstige leier nie hou van hierdie westerse “demokrasie nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.