Nuuskommentaar: Fees terwyl Rome (Oudtshoorn) brand

Die KKNK. Foto: KKNK/Facebook

Die KKNK. Foto: KKNK/Facebook

Op 25 Mei, so dreig Eskom, gaan hy Oudtshoorn se kragtoevoer weens agterstallige rekeninge van byna R10 miljoen afsny.

Van 3 tot 11 April vind die jaarlikse KKNK in Oudtshoorn plaas, en behalwe vir moontlike beurtkrag en “gewone” kragonderbrekings sal die fees dus nog ongehinderd kan plaasvind.

Die fees is egter reeds in omstredenheid gedompel toe die organiseerders gesê het Hofmeyr, wat nie ’n voorlegging gedoen het vir deelname nie, sou in elk geval nie welkom wees nie. Politiekery lê aan die wortel hiervan, en boonop selektiewe politiekery.

As die KKNK rede wou soek vir politieke besluite, hoef hy nie ver te soek nie. Die dorpsraad is sedert April 2013 disfunksioneel, aldus RSG. Die DA het na ’n tussenverkiesing die sterkste party in die raad geword, maar die ANC, in koalisie met ICOSA en die New People’s Party, klou egter verbete aan die bewind, ongeag verskeie hofsake. Die afgelope 14 maande was daar boonop geen raadsvergaderings nie.

’n Meestersverhandeling kan geskryf word oor die hoeveelheid wette wat nie nagekom word nie. Dit strek die regering nie tot eer dat nog nooit behoorlik en beslissend opgetree is nie, terwyl die ANC self sy kop in skaamte moet laat sak dat halsstarrige lede nie herroep (herontplooi) is nie. Die dorp en sy omgewing betaal die prys en die inwoners staan min of meer magteloos oor die gebeure.

Dis hierdie ANC wat die KKNK se ringkoppe ter wille probeer wees. Ja, dis nie so eenvoudig nie, maar in breë trekke kom dit daarop neer dat minstens elemente binne die ANC die een kunstefees na die ander in ’n beergreep beet kry en allerlei dreigemente slinger om steun, soos munisipale borgskappe, te onttrek tensy die banvloek nie ekspressief oor Hofmeyr uitgespreek word nie.

Dit het reeds blatant by onder meer Vredendal en Nelspruit (Mbombela) gebeur.

Het Suid-Afrika se kunstenaars agter die res van die wêreld geraak? Die werklike kunstenaars is veronderstel om die gewete van die volk te wees. Hulle is veronderstel om hul kunstenaarsvryheid te gebruik om onregte genadeloos aan die kaak te stel. Onregte soos plaasmoorde. Onregte soos die rooftog, helder oordag, van die land se demokrasie en vryhede.

Maar die een wat dit waag (al was dit plek-plek bietjie lomp gedoen) is genadeloos met die banvloek getref. In Oudtshoorn is skynbaar agteroorgebuig om ’n disfunksionele raad wat min of meer deur ’n staatsgreep regeer, ter wille te wees.

Vanoggend berig RSG die ANC in die Wes-Kaap wil Oudtshoorn se burgemeester, Gordon April, herroep. Hulle wil dat die minister, Pravin Gordhan, moet ingryp, en dat dit dalk nodig sal wees om die raad te ontbind. Ook AfriForum vra dat die munisipaliteit onder administrasie geplaas moet word.

Is dit nie laat in die dag as die ANC, wat buitengewoon buigsaam oor sy onbevoegde ontplooide kaders is, nou self wil ingryp, en die gewete van die volk steeds volstruispolitiek speel nie?

Om bloot die fees na ’n ander dorp te geskuif het (en daar is ander wat sou toustaan), sou waarskynlik diegene wat dit die minste verdien die hardste straf. Min van die sakelui op die dorp, wat jaarliks ’n ietsie uit die KKNK skep, het waarskynlik vir die ANC of sy alliansievennote gestem. Min van diegene wat hul bestaan maak deur met hul stalletjies van die een fees na die ander saam te trek, het waarskynlik vir die ANC gestem.

Maar net so, as Eskom inderdaad sy voorneme kan uitvoer en die dorp se krag afsny, sal dit meestal mense wees wat hul rekeninge betaal het, wat gaan ly. Die blote feit dat die Eskom-rekening agterstallig is, dui aan dat die munisipaliteit nie soos hy veronderstel is om te doen, eers Eskom uit die elektrisiteitsbetalings betaal het nie, maar van die geld wanaangewend het.

Oudtshoorn is inderdaad gelukkig dat die Eskom-skuld so relatief min is. Verskeie Vrystaatse munisipaliteite se Eskom-skuld is astronomies in vergeleke hiermee. Eskom dreig gereeld om munisipaliteite se krag af te sny, en loop hom net so gereeld in hofbevele plaas. Dit druis immers teen elke sin van geregtigheid in dat diegene wat hul rekeninge ten volle vereffen het, saam met diegene wat hul krag steel of nie betaal nie, gestraf word.

In Oudtshoorn is die kanse ook skraal dat die krag werklik afgesny sal word, maar dit is ook baie waarskynlik dat daar ingryping in die een of ander vorm sal wees, met ’n onderneming dat die dorp sy skuld so gou as moontlik sal begin afbetaal.

Maar dit is ook billik om te vra of die KKNK-ringkoppe “namens” kunstenaars kan optree en die blinde oog kan werp op die onregte wat vlak onder hul neus plaasvind? Sou die hele kwessie nie al lankal op die spits gedryf gewees het as die KKNK-bestuur op die een of ander manier heel tydig stem dik gemaak het oor die kwessie nie?

Of is dit net gewoon makliker om ’n enkeling wat wel die onregte aanspreek te probeer boelie?

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

pop ·

Ek het nie die jaar KKNK toe nie. Steve is nie welkom nie, want daar moet gatgekruip word by die ANC. nugter weet hoekom, want hulle gaan niks daarvoor kry nie. Lag in hulle mou vir die wittes se slap houding.

pop ·

Ek gaan nie die jaar KKNK toe nie. Steve is nie welkom nie, want daar moet gatgekruip word by die ANC. nugter weet hoekom, want hulle gaan niks daarvoor kry nie. Lag in hulle mou vir die wittes se slap houding.

Theo ·

Verskoon my pessimisme maar niks het of gaan werklik verander nie, inteendeel, dit gaan vererger. Ek hoop ek is verkeerd.

faith ·

Ek weet van so 50 000 mense wat gese het hulle gaan nie na die kknk toe nie omrede steve nie daar gaan wees nie. ek wonder hoe gaan die mense dan geld maak………….

sim ·

daar gaan jaarliks ongeveer 170 000… die fees sal net voortgaan soos dit altyd het…
mense bly weg, ander gaan in hul plek…

Paul ·

Van wanneer af is kunstenaars “die gewete van die volk”?

Braam ·

Wie koop julle CD’S en DVD’S poepol? Sekerlik nie die ANC nie. Kry bietjie murg in jou pype, jellyvis. Steve en Snette Bridges is vir jou n goeie voorbeeld

Gerald van der merwe ·

NUUS BERIG MAROELA > Bravo Maroela nuus. DIT IS HOE DINGE GEDOEN WORD. WYS JULLE STAAL> UITMUNTENDE BERIG

Herman Toerien ·

Paul, ek dink dit moet al lank wees, want op Google het die Engelse weergawe hiervan meer as 30 miljoen trefslae. As ‘n mens “nation” met “society” vervang, is dit omtrent net soveel. Die digter / skrywer, Barend J. Toerien was ‘n ruk my stiefpa, en ek was altyd bewus van hoe belangrik hy hierdie rol beskou het – na apartheid het hy weer net so lekker onder die nuwe vergrype ingeklim. Ons het ook so in letterkunde op universiteit geleer. Dis deel van my probleem – baie min van die ou sestigers en sewentigers kon werklik die sprong maak om die nuwe vergrype aan te spreek. Breyen Breytenbach het wel erg onder Mandela ingeseil, en is hieroor erg verkwalik. As ‘n mens die ou rol na die nuwe wou deurtrek, sou daar al ‘n enorme digterskat oor plaasaannvalle wees, en waarin die regering verkwalik word omdat hulle nie die probleem as prioriteitsmisdaad wil verklaar nie.

Anton Visser ·

Herman ek stem saam met wat jy se en die feit dat baie sanger/kunstenaars stil bly is omdat hulle bang is vir negatiewe kretiek veral as hulle iets vir die blanke doen! Sou hulle sal mense soos Craukamp/Basson/Daaintjie hulle met afsku haat en as verkramp afmaak!
Ek ky gister aand na die Mej SA Finaliste en wat hulle doen vir liefdadigheid 99% van die swart finaliste werk in hul eie gemeenskappe vir hul eie mense die blanke Finaliste werk onder die diere of agtergebewenes buite haar eie gemeenskap! Sou n blanke onder die blankes werk sou sy verwyder word dit is die problem in ons land!

Grassie ·

Herman – dankie vir ‘n puik bydrae. As die digters nie dig en die sangers nie sing oor hul volk se wel en weë nie sal dit wees asof jy ‘n kombers oor daardie volk se kultuurlewe en volksliefde gooi. Dit sal mettertyd in vergetelheid raak. Dink maar aan die invloed wat mense soos H S van Blerk en Jan F Celliers in ‘n vorige era gehad het. As Steve nie Die Stem daardie dag in Nelspruit gesing het, met die daaropvolgende herrie nie, sou daar baie van ons volk se jeug gewees het wat nie eers geweet het van die lied nie. So iets skep volksbewustheid en trots op jou afkoms. Die ANC en hul wit liberale meelopers is terdeë bewus van hierdie werklikhede, daarom reageer hulle so heftig en met soveel haat.

Leonard van der Dussen ·

Herman se politieke ontleding is geldig dat as die KKNK so begaan is oor wat reg en verkeerd in Suid-Afrika gedoen word, hulle nie konsekwent is nie.

Maar politieke ontleding en selfs optrede alleen is dinge wat op menslike vlak gedoen moet word, maar wys nie ‘n ernstige onderliggende fout in hierdie “kunstefeeste” uit nie, naamlik dat daar baie dinge opgevoer, gesing en gesê word wat nie die lig van die Bybel kan verdra nie, Afrikanerskap sonder ootmoedige Christenskap met God se eer as die hoogste saak, het nutteloos.

Die ANC-regime se verkeerdheid moet uitgewys word. Daar moet egter ook onder onsself as Afrikaners opnuut ‘n bekering en terugkeer wees na ons verbondenheid aan God en Sy Woord.

Leonard van der Dussen ·

Herman se politieke ontleding is geldig dat as die KKNK so begaan is oor wat reg en verkeerd in Suid-Afrika gedoen word, hulle nie konsekwent is nie.

Maar politieke ontleding en selfs optrede alleen is dinge wat op menslike vlak gedoen moet word, maar wys nie ‘n ernstige onderliggende fout in hierdie “kunstefeeste” uit nie, naamlik dat daar baie dinge opgevoer, gesing en gesê word wat nie die lig van die Bybel kan verdra nie, Afrikanerskap sonder ootmoedige Christenskap met God se eer as die hoogste saak, het nutteloos.

Die ANC-regime se verkeerdheid moet uitgewys word. Daar moet egter ook onder onsself as Afrikaners opnuut ‘n bekering en terugkeer wees na ons verbondenheid aan God en Sy Woord.

Almanie ·

Net so aanhaling uit die London Times (die land wat destyds die eerste sanksies teen Suid Afrika ingestel het) – Quote of the week.
“Interesting point of view of Affirmative Action: South Africa is the only Country in the world where affirmative action is in the favour of the majority who has complete political control. The fact that the political majority requires affirmative action to protect them against a 9% minority group is testament to a complete failure on their part to build their own wealth making structures such that their only solution is to take it from others.”
Finally, a word recently coined to describe South Africa’s current political situation.
Ineptocracy (in-ep-toc-ra-cy)

“In a system of government where the least capable to lead are elected by the least capable of producing, and where the members of society least likely to sustain themselves or succeed, are rewarded with goods and services paid for by the confiscated wealth of a diminishing number of proucers.”

Dit som hierdie situasie van die KKNK en Steve wat uitgesluit is so goed op……kom alles op dieselfde neer.

Aan Steve………DANKIE vir wat jy vir Afrikaans, ons Volk en kultuur doen!! Omdat jy nie welkom is by die KKNK nie, het n groot groep van ons wat jaarliks gegaan het, besluit ons stel nie belang in n Fees wat diskrimineer nie. Punt. Voorspoed met wat jy doen Steve…..ons glo in jou en voel dieselfde in ons harte as wat jy voel vir Afrikaans en ons Volk.

Almanie ·

Net so aanhaling uit die London Times (die land wat destyds die eerste sanksies teen Suid Afrika ingestel het) – Quote of the week.
“Interesting point of view of Affirmative Action: South Africa is the only Country in the world where affirmative action is in the favour of the majority who has complete political control. The fact that the political majority requires affirmative action to protect them against a 9% minority group is testament to a complete failure on their part to build their own wealth making structures such that their only solution is to take it from others.”
Finally, a word recently coined to describe South Africa’s current political situation.
Ineptocracy (in-ep-toc-ra-cy)

“In a system of government where the least capable to lead are elected by the least capable of producing, and where the members of society least likely to sustain themselves or succeed, are rewarded with goods and services paid for by the confiscated wealth of a diminishing number of proucers.”

Dit som hierdie situasie van die KKNK en Steve wat uitgesluit is so goed op……kom alles op dieselfde neer.

Aan Steve………DANKIE vir wat jy vir Afrikaans, ons Volk en kultuur doen!! Omdat jy nie welkom is by die KKNK nie, het n groot groep van ons wat jaarliks gegaan het, besluit ons stel nie belang in n Fees wat diskrimineer nie. Punt.

Henry ·

Uitstekende kommentaar Almanie!
Geen twyfel dat meeste Afrikaners die KKNK ‘n koue skouer gaan gee.
Afrikaners is verby …vol vir politiek korrekte (pk) gedoentes.

jaycee ·

Wanneer ek dink aan die “protesskrywers” en “- kunstenaars” van die sestigs en daarna, wonder ek baie maal hoekom hierdie borrelende talent, veral onder Afrikaanses, die afgelope 20 jaar oënskynlik verlore geraak het? Dit is sekerlik onwaar dat daar nie genoeg stof vir die skepping van gehalte produkte is wat op ‘n kritiese manier die knelpunte van die huidige omstandighede in SA kan oordra nie. Ontbreek daar miskien ‘n ondersteuningsbasis en vreesloosheid onder ons skrywers en kunstenaars?

Henry ·

Is deesdae moeilik om ‘n geskikte uitgewer te vind wat bereid is om ‘polities ongeskikte’ werk te publiseer.

jacques ·

Ek sien mos al lankal ons Afr leiers is maar net so corruped soos die Goverment, geld is hulle baas.Ek haal my hoed af vir Steve wat so baie opoffer om iets vir ons te doen,die res van ons sangers wat invloed het om iets te doen is te bang of worry net nie oor ons nie.(nie almal nie).
Sal daar oot eendag vir ons n liggie aangaan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.