Nuuskommentaar: Gaan Afrikanerbond sy eeufees oorleef?

Afrikaner

Argieffoto: Adéle Changuion.

Die AB loop met sy eeufeesviering erg deur vanuit verskillende oorde, en min lede of selfs ander Afrikaners tree vir die organisasie in die bresse. Is die kritiek van so ’n aard dat dit die voortbestaan van die AB gaan bedreig, of sal sy leuse, “Wees sterk”, die storm kan oorleef?

Afrikanerorganisasies en mense in die algemeen loop gereeld onder kritiek van ander Afrikaners deur. Onlangs het AfriForum erg onder politici en akademici deurgeloop, en die inspan van wolhaarstories deur selfs gerespekteerde mense was aan die orde van die dag. Die sosiale media en leserskommentare het strome kritiek opgelewer, maar ook baie ondersteuning, sodat AfriForum waarskynlik ’n netto wins aan lede getoon het.

Ter wille van eenvoud word na “Afrikaners” en “Afrikaner-organisasies” verwys, al sluit van hulle ook mense in wat normaalweg nie as Afrikaners beskou word nie, en dikwels ook nie as sodanig bekend wil staan nie.

Die strome der strome kritiek wat die Afrikanerbond egter met sy eeufeesviering gekry het, was op die oog af veel erger, en met veel minder mense wat vir die AB in die bresse getree het. Dit het soms herinner aan die styl van kritiek wat oudpres. FW de Klerk telkemale ontlok wanneer hy in die nuus is.

Die volgende is ’n tipiese kommentaar op Facebook: “Ek dink die Broederbond was ’n bose spul. Baantjies vir boeties. Sogenaamd Christelik maar doen dinge in die donker.” Die skrywer hiervan kan as geleerd beskou word, en is ’n opgeleide argivaris.

Onder die meer positiewe kommentare tel dié een:

Leon Basson “Die debat gaan nog baie sentimente ontlok. Hier onttrek ek myself met die vlge woorde op rekord. Dankie aan my voorsate, trots op wat jul vermag het, uit niks uit nie. Dankie dat jul op daardie stadium vir ons ’n toekoms geskep het. Ons het nie gestaak, geboikot, afgebrand, gemoor, gesteel, bedrog gepleeg en geplunder nie. Amen …”

Op die logo van die AB op die klanktoestel wat pres. Cyril Ramaphosa gebruik het toe hy die AB se hoofraad toegespreek het, kom die woorde voor: “Wees sterk.”

Kan ’n organisasie in elke opsig sterk wees as hy soveel kritiek kry? Dit hang af hoe suksesvol die AB gaan wees om sy beeld te poets.

Dit lyk of dit nodig gaan wees dat elke lid ander sal moet oortuig dat hulle goeie mense is, en hulle nie sal ophou met die onheilighede waarvan die organisasie so mildelik beskuldig word nie.

Die Afrikanergemeenskap sal die vraag moet vra of ’n volk wat soveel druk ervaar, en om elke hoek en draai gemarginaliseer word, dit kan bekostig om soveel pro-Afrikanerorganisasies te verguis. AfriForum en die AB is reeds genoem, maar as die internet geraadpleeg word, is dit duidelik dat die Dagbreektrust goed deurloop, en so ook gereeld die ATKV en die Afrikaanse Taalraad.

Die lewe is eenvoudig bitterlik kompleks. Die kerk was nog altyd ’n veilige hawe vir die Afrikaner (hoewel dit ook nie altyd so rustig gegaan het nie). Nou steek ’n nuwe verskynsel sy kop uit, bekend as die sekulêre Christene, wat byvoorbeeld ’n sterk metaforiese siening van die Bybel het. Hulle staan lynreg teenoor die fundamentaliste. Ook dit lei dikwels tot oor en weer slegsê-sessies.

’n Finale nuuskommentaar oor die AB se eeufees sal dié diskoers afsluit sodra die nuwe boek oor die AB se eeufeesherdenking, wat al ’n ruk gelede bestel is, ontvang is.

Intussen wys die voorval waarby Theo Venter met Carl Niehaus betrokke was presies hoe belangrik dit is om vriende te hê. Kenners stem saam dat dit wat Venter gesê het oor die knapheid van Zuma geen rassisme bevat het nie. Tog gaan hy sy hande vol hê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Vergruisde instansie ·

Nog n belangrike Afrikaner groep wat n sekere mediagroep erg probeer vergruis is die NG kerk, en die stok wat gebruik word deur daardie media groep is die gay onderwerp.

Andreas Meyer ·

Nou ja, hulle staan ook bekend as die eN Gee Kerk. As jy eers begin om toegewings te maak, gaan mense probeer om jou te laat aanhou gee. Gee, ook is dit nie eers joune nie om te gee. Die beleid, die land, die Volk se toekoms. Daar is nie ‘n mandaat van oorgawe, maar probleme het natuurlik redes ook.

Jakkalas ·

Afrikaners kan/kon nog nie saamstaan en sterk wees nie. Totdat hy niks meer het om te verloor nie en in ‘n hoek vedruk word. Dan hy net sy Skepper het waarnatoe hy kan draai. Dan is dit ‘n ander nasie wat jy nie moet onderskat nie. Sterk staan en ken jou God.

Arak ·

Ek sou beswaarlik die AB en Afriforum onder dieselfde kam skeer. Die AB het veral in die laaste aantal jare slegs gegaan oor die verryking van enkelinge ten koste van hul eie mense. Dan wil mens nie eers praat van die manipulasie van die menigtes deur veral die kansels in die kerke te misbruik vir politiese redes nie. Hoeveel maal is die predikant se preek nie dikteer deur die AB nie? Nee wat, hou gouer hierdie organisasie ten gronde gaan, hoe gouer is daar vir ons hoop.

Piet Snot ·

Die AB het só baie goeie werk gedoen, selfs Afrikaners wat hom haat, het voordeel daaruit getrek.
In moeilike tye soos vandag het ons juis organisasies soos die AB nodig.

tamboti ·

AB se standpunt dat hul vir die hele land se burgers en ook die Afrikaner se lot dialoog voer beteken: 1) hulle kan hul naam verander want hulle staan nie meer vir Afrikaner belange nie 2) hulle doen niks maar wil graag dialoog voer. Nuwe SA is in huidige posisie omdat die regte dinge nie geDOEN word nie maar almal wil net praat en verstaan en beplan en kritiseer en ( jammer ek bedoel geen rassisme nie) swart smeer!
So welkom aan die nuwe Afrika ‘mond’ vir die volgende 100 jaar sal Afrikaners hul ding DOEN in ander kultuur en politiese organisasies

DG ·

Ek en die mense in my vriendekring weet nie veel van die AB af nie, wie is hulle, wat doen hulle, waarheen gaan hulle ?
Ek het nog net snedige opmerkings teenoor die AB gehoor, en nog nooit iemand wat werklik weet wat daar aangaan nie.

Heinrich ·

Stem DG, hulle is glad nie sigbaar nie; maar hulle dawerende stilte oor die aanslag op Afrikaans val my juis op (tensy ek nou maar net nie op die regte plek soek nie…)

humor ·

Die Afrikanerbond is n nuwe naam wat hul vir hulself toegeken het vanwee bepaalde redes. Ongelukkig was die Broederbond deurspek met lede wat lede was van die Vrymesselary en hoegenaamd nie die hart en siel van die Afrikaner gedien het nie. Die Broederbond was met n geknoeiery geinfiltreer deur gene wat blindelings die gedagte van n nuwe wereldorde aangehang het ongeag die prysgawe van die siel van die Afrikaner. Die Kodessa – onderhandelaars het geen benul gehad van die gevolge wat die Afrikaner gaan tref met die prysgawe terwille van euforiese Reenboognasie nie. Die hart en siel Afrikaner kan dus nie meer so maklik onvoorwaardelik vertrou nie . Daai tyd is eenvoudig verby.
Tydens die eeufeesvieringe van die Afrikanerbond. Moes iemand opgestaan het en gese het meneer die president ons sal u graag wil ondersteun maar hoe kan ons vertrou? Ons kinders het hul land waaraan hul graag wou bou verlaat. Ons is ver van ons diebares verwyder. Met toelating tot tersiere onderys en op arbeidsterein waar ons onsself as Afrikaner wil verwesenlik hoor ons dikwels ons is te wit. Daar is nie meer een Universiteit wat die Afrikaner kutuur en taal verwesenlik nie. As Afrikaners wil ons graag trots wees op ons dorpe wat menswaardigheid verleen, maar ook dit word ons ontneem omdat dit vuil en vervalle geword het. ens ens ens. Nou hoor ons u wil ook ons eiendomsreg wegneem. Hoe kan ons vertrou??????????????

bloues ·

Vergruisde Instansie. Wanneer daar gekla word oor presidente wat hulself en hul medeloopers verryk het ten koste van ander, moet die broederbond oor dieselfde kam geskeer word. Hul laaste jare het niks met Afrikanerdom te doen gehad nie, maar met beskerming en verryking van hulle lede. Dit ten koste van ander Afrikaners.
Die NG kerk maak homself oop vir kritiek. As jy jou uitgee vir n toffie moet jy verwag jy gaan gelek word.

Jakalas ·

Daar is nie jong bloed in hulle organisasie nie, wat baie bekommerend is. As hulle nie jong mense in kry nie, gaan hulle nie hulle 2de eeu fees sien nie.

Jerry ·

Jakkalas is reg. AB en Afri-Forum kan nie saamstaan nie en ook nie saam met ander Afrikanerorganisasies nie. Daar is eenvoudig geen verdraagsaamheid teenoor ander wat van opinie verskil.

Casper Labuschagne ·

Eerder as om te vra of die Afrikanerbond sy eeufees sal oorleef wil ek die vraag stel of die Afrikaner die laaste eeu van die Afrikanerbond uiteindelik sal oorleef?

Vir wat dit werd is, vir daardie geleentheid was Ramaphosa was die verkeerde spreker met die verkeerde boodskap na my mening. Maar as jou doel die uiteindelike vernietiging van die Afrikaner is, dan was dit die regte spreker met presies die regte boodskap.

Grassie ·

Ek glo nie ‘n mens moet die AB en Afriforum eers in dieselfde asem noem nie.
In die Bybel lees ons dat ‘n mens se sondes vergewe sal word as jy bely, behalwe vir sekere sondes wat spesifiek deur Christus gespesifiseer word. Net so is daar vir die ouer garde in ons volk sekere optredes gedurende ons stryd net voor oorgawe wat ons nooit, maar nooit sal vergewe nie. Die AB sal van die behoudende Afrikaner se kant nie vergiffenis ontvang nie al probeer hulle hoe hard om nou mooi broodjies te bak.

gatiep ·

Die Genie is uit die bottel hy kan nie weer terug gesit word nie.

Ver links ·

Mr Karl Niehaus and many of the academici is in colleration and do a wider study and purpose of all these so called organisizations and committees that exists from the past and new ones that springs up like mushroom. Let the future predicts how one can take hand and move forward with respect towards each other and in harmony. Be good neighbours and families.

Nel ·

‘colleration’ ??? of moet dit dalk ‘collaboration’ lees???

Deon ·

Die Broerderbonders (nou die Afrikanerbond) het na hulle self verwys as “Super Afrikaners. En ons moet ook onthou dat die destydse Broederbond agter die KODESA samesprekings gesit het waar die Afrikaner uitverkoop is en vir die belange van die Broederbonders geskerm is. Daarom is daar in daardie tyd deur baie Afrikaners gespot en gesê dat KODESA is niks anders as Kits Oorgawe Deur Eertydse Super Afrikaners

Reguit ·

Gatiep hierbo stel dit so mooi: Die genie is uit die bottel en hy kan nie meer terug gesit word nie. Inderdaad.

Geheime organisasies (en ek hoef nie name te noem nie) is van meet af met satanisme (NWO, Liberalisme, Geldmag) verbind. Hoe kan sulke (geheime) organisasies enige “goeie werk” doen? Hoe kan ‘n (geheime) organisasie wat verbind is met linkse organisasies soos die FW de Klerk Stigting enigsins “betroubaar” wees? Hoe kan sulke (geheime) organisasies wat konstant met die vyand heul en onderhandel enigsins “voordelig” wees? Droom maar voort.

Hendrik ·

Sjoe, lanklaas soveel samesweringsteorië op een bladsy gesien. Hier is ‘n hele klompie mense wat blitsig hulle tin-foelie moet opsit!

Reguit ·

Nee wat. Probeer maar weer. Die genie is uit die bottel en hy kan nie meer terug gesit word nie. Jy probeer verniet om jou geheime organisasie se beeldjie te ‘polish’ nadat die lagie vernis afgekom het. Hulle is ontbloot en daar is niks wat hulle (of jy) daaraan kan doen nie – maak nie saak hoeveel keer jy dit as sogenaamde “samesweringsteorieë” wil ‘label’ nie. Om nou allerande ‘labeltjies’ op mense se kommentare plak gaan nie meer werk nie. Inteendeel. Dit ontbloot jou net.

tamboti ·

Mapstieks Reguit – jy slaat die spyker darem dem reguit op sy kop! So dat die Hen ‘n eier drik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.