Nuuskommentaar: Gaan dice met Brexit Skotte lat hystoe kom?

brexit2Die Skotte se reaksie op die Brexit-stem dui aan hoe maklik die lot van selfs ’n selfregerende minderheid in ’n numeriese meerderheidskonteks ondergeploeg kan word. Is hieruit iets vir Suid-Afrikaanse minderhede te leer.

Namate die implikasies van Brexit duideliker begin word en miljoene Britte ’n petisie geteken het dat ’n nuwe referendum oor Brexit gehou word, is daar ’n magdom fasette besig om te ontvou waaraan baie ontleders nie eens gedink het nie. Dit lyk in elk geval of die meeste met hul broeke op die knieë gevang is en dat daarom nie na alle implikasies gekyk is nie.

Een van die interessantste aspekte is dat die Skotse eerste minister, Nicola Sturgeon, ’n belangrike rolspeler geword het. Aan die een kant praat sy van ’n nuwe referendum oor Skotse onafhanklikheid (62 % van die Skotte het gestem om in die EU te bly), en sy dreig ook om die Brexit-wetgewing deur die Skotse parlement te probeer veto.

Die Skotse verwikkelinge demonstreer op verskeie vlakke dat sekere oorhoofse aannames onder groot druk is. Die eerste is dat selfbeskikking vir volke noodwendig ’n regse / konserwatiewe verskynsel is. Die Skotse Nasionale Party is baie sosialisties, en kom in beleid veel meer met die Britse Arbeidersparty ooreen as met dié van die Konserwatiewe Party. Trouens, die Konserwatiewe Party was die vernaamste rolspeler in die veldtog teen Skotse onafhanklikheid. Ook elders in Europa, soos byvoorbeeld Katalonië, word die onafhanklikheidsgedagte vanuit links-sosialistiese oord gedryf.

Wat hierby aansluit is dat dit ’n simplistiese siening is om die teenkanting teen globalisering as ’n regse aksie te beskou. Dié persepsie is wel aangeblaas deur Donald Trump se uitgesproke voorspraak vir Brexit. Die regse UKIP het hom openlik vir Brexit beywer. Binne die Arbeidersparty is daar groot onvrede met die partyleier omdat hy gedurende die veldtog oor Brexit nooit duidelik laat blyk het hoe sy eie vlag oor Brexit waai nie, en daarom wyd afgelei is dat hy Brexit steun.

Wat egter duidelik is, is dat die Europese Unie onder druk is. Verskeie ontleders skryf dat ’n verenigde Europa (byvoorbeeld ’n federasie) se skip reeds vertrek het, en dat nou na ingrypende aanpassings gekyk moet word om die Unie te laat oorleef.

Tog is dit wat nou in Skotland gebeur, nie onverwags nie. Politieke wetenskaplikes het baie gou ná veral die ontstaan van die Europese Parlement opgelet dat die bestaan van so ’n parlement die opkoms van verskillende uitings van nasionalisme binne lidlande laat ontwikkel. Die belangrikste voorbeeld wat destyds gebruik was, is die desentralisasie van België tot ’n federale staat, waar al hoe meer beduidende magte van die federale regering na die regerings van Vlaandere, Wallonië en die Duitssprekende deel gaan, en Brussel self aangepas is om beter neerslag aan hierdie federale bedeling te gee.

’n Volgende stap sou wees dat byvoorbeeld die Vlaminge kan vra wat die doel tog is om nog ’n federale regering in Brussel te hê as die Vlaamse regering in Antwerpen in wese alles behartig, en daar in elk geval nog ’n Europese parlement ook is? Kan Antwerpen nie maar regstreeks onder die Europese parlement sorteer, soos die Nederlandse regering nie? Die ontwikkeling van hierdie sentimente geskied egter selde in ’n reguit lyn.

Heelwat soortgelyke sentimente is uit Skotland gehoor. Die webwerf van die Skotse parlement het al baie lankal die Britse en Europese parlemente aangedui asof hulle op dieselfde vlak is. Die Skotse referendum oor onafhanklikheid waarin die meeste Skotte aangedui het dat hulle deel van Brittanje wil bly, het egter nie die aspirasies vir onafhanklikheid gesmoor nie. Trouens, om die Skotte te oortuig om nié weg te breek nie, het die Britse regering omvangryke beloftes gemaak van nog meer Skotse selfregering. (Die destydse Skotse eerste minister het egter kort hierna gesê die Britse regering het in die “Command Paper” grootliks beloftes hieroor verbreek en dat die Skotte “wraak” op Britse politieke partye kan neem).

Vir die Skotte en Noord-Iere beteken lidmaatskap van die Europese Unie iets gans anders as vir die Engelse en Walliesers. Vir hulle beteken die EU ’n manier om politiek onafhankliker te wees van Brittanje, maar nie ekonomies vir die wolwe gegooi te word nie. Vir die Engelse, soos verwoord deur UKIP, beteken Brexit onafhanklikheidswording (van die EU).

Die EU het ook ’n ander rol gespeel om hierdie manifestasies van nasionalisme te laat blom. Om ’n lidland van die EU te kan wees moet die lande aan minderhede ’n vorm van beduidende selfregering toestaan. Spanje moes dus aan die Baske en die Kataloniërs selfbeskikking toestaan, en Brittanje aan die Skotte, aan Wallis, en selfs die selfbestuur van Cornwallis uitbrei. Teen dié agtergrond was dit amper vreemd dat die EU nie entoesiasties oor moontlike Skotse onafhanklikheid was nie, en dat koue water gestort is oor Skotse planne, wat baie sterk uitgedruk is, om ’n lidland van die EU te wees.

Adam Small en sy vrou, Rosalie. Foto: NB Uitgewers via Facebook

Adam Small en sy vrou, Rosalie. Foto: NB Uitgewers via Facebook

Met die afsterwe van die digter Adam Small is sy baie bekende gedig oor die Here wat “gaskommel” het, en die “dice” wat verkeerd geval het vir die bruin mense, dikwels weer in herinnering geroep.

So is die “dice” laat val oor Brexit, maar ongeag dat 62 % Skotte vir behoud van die EU-bande gestem het, het die “dice” steeds vir hulle “verkeerd” geval.

In die Skotse geval is die laaste woord klaarblyklik nog nie gespreek nie, maar dit onderstreep nietemin die dilemma waarmee minderhede dikwels binne groter staatsverband te kampe het.

Hoewel Spanje beduidende selfregering aan die Kataloniërs en Baske toegeken het, is dit steeds byna onmoontlik gemaak dat dié gebiede onafhanklik kan word. Ingevolge die Spaanse grondwet moet die meerderheid Spanjaarde, en nie Kataloniërs of Baske nie hoewel as “Spanjaarde” ingesluit, vir onafhanklikheid stem. En hoekom sal Spanje stem dat twee van hul mees ekonomies welvarende gebiede onafhanklik word? Spanje het intussen weer ’n algemene verkiesing gehou, en ’n mens lees vrugteloos deur die berigte daaroor om te sien hoe dit die lot van die Kataloniërs of Baske raak … dit lyk gewoon of dit irrelevant is. Hul uiteindelike lot word deur ander bepaal wat die “dice” skommel. Trouens, na die Desember-verkiesing kon die Sosiaal-Demokrate ’n koalisieregering saam met die Katalaanse onafhanklikheidspartye vorm, maar die Sosialiste het die aanbod van die hand gewys en geweier om saam met separatiste te werk.

Small se lewe en werke word ten nouste in verband gebring met die lot van bruin mense, en die status wat Kaaps binne Afrikaanse geledere verwerf het.

Met sy afsterwe kan gevra word of die nuwe Suid-Afrika die “dice” nou vir die bruin mense reg laat val het? Menings gaan hieroor verskil, maar die verbetenheid waarmee die regering die Solidariteit – DKD-saak dryf verklap dat die bruin mense tot ’n groot mate ’n demografiese lastigheid is. Juis daarom is dit miskien pikant dat sommige van diegene wat hulde aan Small gebring het, na hom as ’n “swart” skrywer en digter verwys – al is dit in sommige kringe ook die politiek-korrekte manier van aanwysing teen die Suid-Afrikaanse werklikhede waar die ANC onderskei tussen etniese Afrikane, of African Africans soos met sportkwotas, is dit gewoon bog om na bruin mense en ander mense van kleur as “swart” te verwys.

Oor hoe die “dice” vir die Afrikaner in die nuwe Suid-Afrika geval het, is al baie geskryf. Die jongste verwikkelinge rondom Afrikaans aan verskeie Suid-Afrikaanse universiteite is paslike voorbeelde, en sny wyer as net Afrikanerbelange.

In dié stadium kan ’n mens bloot bespiegel oor hoe die “dice” fyngetrap sou wees as dit nie vir burgerlike instellings soos die Solidariteit Beweging was wat op verskeie maniere walgooi dat die Afrikaner gewoon as stemlose entiteit in die vergetelheid verdwyn nie.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

35 Kommentare

Tokkie ·

Hein

As jy op Praag gaan lees blyk dit dat die petisie waarvan jy melding maak, blykbaar miljoene vals handtekeninge bevat

Herman Toerien ·

Dankie Tokkie. Ek het toe gaan Google om die jongste te probeer vasstel. Op die oomblik lyk dit of die petiese so 3 mijoen handtekeninge het, en dat ongeveer 77 000 verwyder is nadat dit as vals name deur “hackers” op die petisie geplaas is.

Victor ·

Ek is redelik seker dat indien hul wel ‘n tweede referendum sou hou, die “leave” groep nie weer sou wen nie.

Ook, die referendum forseer nie die Britse parlement om uit die EU te gaan nie, die parlement kan kies om dit te ignoreer.

DewaldS ·

Ja Victor – die linkses se demokrasie kom mos met fynskrif. Maar dit behoort redelik skouspelagtig te wees as die parlement besluit hulle gaan teen die bevolking se referendum-keuse – hahaha!

Ek sal die popcorn koop.

Victor ·

Dis “fynskrif” van enige referendum in die VK – en vir jou inligting, beide Labour en die Tories het gedruk vir “remain”

Dewalds ·

O – regtig? Gee aan die datum en die bron van verwysing dat so ‘n stemmery plaasgevind het en dat die tories en labour partye met geen uitsondering vir die ‘remain’ gestem het.

DewaldS ·

Ons wag, geduldig, Victor. Vir die datum van die stemery waarna jy verwys. Of is dit soos enige ander ‘feit’ van die linkses?

Victor ·

http://www.theguardian.com/politics/2016/jun/23/eu-referendum-legally-binding-brexit-lisbon-cameron-sovereign-parliament

“The simple answer to the question as to whether the EU referendum is legally binding is “no”. In theory, in the event of a vote to leave the EU, David Cameron, who opposes Brexit, could decide to ignore the will of the people and put the question to MPs banking on a majority deciding to remain.

This is because parliament is sovereign and referendums are generally not binding in the UK”

Parlement sal dit aanvaar – ek is oortuig daarvan, maar jou begrip van die feit dat die VK se parlement soewerein is is duidelik gebrekkig

DewaldS ·

David Cameron het reeds bedank – dog ek sê jou net.

So – wat was die punt wat jy oorspronklik probeer maak het met ‘die parlement kan kies om dit te ignoreer’? Die parlement kan dalk kies om dit te ignoreer, maar dieselfde mense sal nie lank in die parlement wees nie – dit is hoe demokrasie werk en die mense van al die moderne lande is gatvol dat politici besluite maak wat nie in hulle belang is nie.

Victor ·

My kommentaar word of gerapporteer, of die moderator kies om dit nie te plaas nie. Dit maak dit baie moeilik om debat met jou te voer.

My punt is – die parlement is soewerein – dis niks met ‘n linkse “fynskrif” te doen nie. Al het Cameron bedank, dit verander nie aan die feit nie.

Die parlement is die parlement – en of beide Cameron en Corbin bedank dit verander nie aan die parlement se soewereine status nie.

Jy het gevra hoekom sê ek dat beide Tories en Labour ondersteun het dat die VK moet bly in die EU? Want beide Jeremy Corbin en David Cameron, wat albei partye se leiers is, se offisiele standpunt was so gewees en as leiers van die twee partye is dit die twee partye se offisiele standpunt.

Victor ·

En DewaltS – enigiemand wat die nuus volg weet Cameron het bedank. Jy het gesinspeel dat ek verkeerd is dat die referendum nie die keuse forseer nie – ek het jou beantwoord daaroor.

dirk ·

wat ook al gebeur, die britte is geboelie en die EU leierskap is ‘n vrot kol, ondemokraties en rigtingloos. selfs die skotte sal dit later agterkom. Dom besluite van Merkel, Juncker et al gaan in hul gesigte ontplof

Loeis ·

‘n Paar punte van kommentaar, Herman.

Die Vlaminge dra veel meer tot die Belgiese ekonomie as die Franse deel by, maar die die geld word dan gelyk tussen Vlaandere en Walonie gedeel. Mens wonder hoe die prentjie sou lyk as jy in Suid-Afrika rasse groeppe se bydras tot die ekonomie as persentasie uitdruk en vergelykings tref.

Jy maak ‘n goeie punt dat meerderhede selfs oor selfregerende minderhede se lot besluit. As minderhede egter nie selfregerend is nie, soos wat hier die geval is, word jy regtig vir die wolwe gegooi. Dit is waar ons vandag is, met selfs die oppergesag van die reg wat onder druk kom.

In die geval van Suid-Afrika kom stemme vir ‘n graad van selfregering vanuit regse kringe, en daardie groeppe word gewoonlik deur die media verdag gemaak, of net stilgeswyg.

Minderhede, soos jy terreg uitwys, kan ook groeppe van kleur insluit. VF+ het twee of drie bruin kandidate vir die komende verkiesing en daar was Khoi / San verteenwoordiging by die vrystelling van VF+ se verkiesingsmanifes. Hierdie mense se redenasie is eenvoudig: hulle word ook negatief deur swart bevoordeling geraak, en saam kan ons sterker vir ons regte veg (niemand anders doen dit nie).

Laastens wil ek graag opmerk dat markte nie van verandering hou nie, en dat die hele skommeling met die Britte te verwagte is. Dit is egter ‘n tydelike ding, en nie rede (vir ons) om paniekkerig te raak nie.

Grassie ·

Met verwysing na die “Britte” se petisie lees ek op ‘n ander webblad dat dit ‘n bedrogspul is en dat die meeste ondertekenaars nie eers in Brittanje woon nie. Daar was bv 2735 ondersteuners uit Antarktika terwyl daar net 250 Britte woon. Of dit waar is, weet ek nie maar ek dink dit is waarskynlik want die liberales, geldwolwe en mense wat nie lojaal is aan hul eie land nie is tot enigiets in staat, soos ons ook hier in ons land gesien het.

Sovér die val van die “dice” vir die Afrikanervolk betref is ek maar mismoedig. Dit het nie vir ons geval nie want ‘n dobbelsteen het nie ‘n kant met geen kolletjies op nie. Ons kanse is minder as een uit ses. Ek dink soms dat al die gespook en gespartel van Solidariteit en Afriforum (waarvan ek ‘n lid is en dit ondersteun) bloot die laaste stuiptrekkings is van ‘n sterwende volk wat besig is om selfmoord te pleeg, soos walvisse wat sonder ‘n verklaarbare rede op ‘n strand uitswem en sterf. Ek is ‘n gelowige en weet die Skepper kan ingryp as Hy wil, maar wil Hy?

Frans C ·

Mense verkeer onder die indruk dat God volke se lot sal verander as dinge skeefloop.Daar was net een vebondsvolk en dit was die volk Israel.Maar Israel het sy rug op God gedraai en ander gode in hul volkslewe ingebring ondanks die waarskuwing van talle profete is Israel verslaan en in ballingskap weggevoer en daarna ,na die terugkeer weereens onder die heerskappy van ander volke geplaas.Die les was as jy God verlaat moenie God as paniekknoppie gebruik nie.

In Suid Afrika is die Bybel netjies eenkant toegeskuif toe onderhandellaars om die tafel gaan sit het om te onderhandel met kommuniste en terroriste, mense wat die bestaan van God ontken en Jesus sien as ‘n vroeë vryheidsvegter en wat hul sal laat regeer totdat Hy terugkom.

Die Afrikanervolk het God verlaat nieteenstaande al die vroom preke eers voor en daarna
teen apartheid.In die omstandighede is dit mi vermetel om te verwag dat God moet ingryp
in die haglike posisie van ‘n volk. Nee dit sal nie gebeur nie nie by Jood of Afrikaner nie.

Merkur ·

@ Grassie
Selfs as die Skepper wil ingryp of reeds ingryp, sal ons nog steeds ons bydra moet lewer. Geregtigheid is iets waarvoor mense altyd sal moet veg om te kry en veg om te behou. Aan hierdie bekende sienswyse glo ek.

Grassie ·

Merkur – ek stem saam met jou en ek lewer my beskeie bydrae waar moontlik. Die probleem is – sal die Skepper ‘n wederstrewige volk, waarvan die meeste burgers Hom net met lippediens dien en nie met hart en siel nie, red uit hierdie ballingskap in ons eie land wat ons oor onsself gebring het. Miskien as ons ons verootmoedig sal Hy vir ons ‘n rigter stuur, soos wat Hy gewoonlik doen maar tot dan gaan ons klippe kou.

Frans C ·

Beste Grassie

Die Blankes van hierdie land het min of meer soos volg gestem vir verdere onderhandeling.
+-50% “Ja” +- 25% ‘Nee’ en +- 25 % het buite stemming gebly. In enige demokrasie werk dinge eenvoudig so, dat as jy buite stemming bly of ‘n minderheid stem uitbring gaan die meerderheid besluit wat gaan gebeur of jy daarvan hou of nie

Om nou vingers te wys en te verwag dat God dinge moet verander is bloot wensdenkery.
Onthou dat talle Apostels en duisende daarna en nog vandag hul lewe verloor het terwille van die Evangelie.

Dit is verkeerd om die lot van ‘n volk aan God te knoop.Ons moet net bid dat ons nie in hierdie benarde omstandighede ons geloof verloor nie want ‘n volk se bestaan is ‘n tydelike bestaan teenoor ewige bestaan van die Koninkryk van God en dit is waar elke gelowige se toekoms lê.

Merkur ·

Grassie – miskien is jy reg. Dit gaan defnitief harde werk wees.

Frans C – van ’n onderhandeling destyds, dink ek, kan ’n mens nie praat nie. Eerder van ’n oorrompeling en uitverkope aan mondelingse beloftes.

JC ·

Mense, luister!! Artikel 235 van die Grondwet gee ons die reg op selfbeskikking, en daar is niks wat eksplisiet uitspel dat die meerderheid inspraak moet he oor ons strewe na selfbeskikking en/of daarvoor moet stem en dit dus moet goedkeur nie. Hierdie is ons kans! (geografiese gebied-die Kaap- saam met ons kleurling broers en susters)
Met ander woorde, ons as minderheid kan self ‘n referendum hou en daaroor beslis! Miskien kan iemand my laat weet of ek reg is, maar dit is hoe ek artikel 235 v/d GW vetstaan.

Theuns ·

JC. ek stem saam met jou! Maar die vraag is sal die Afrikaner saamstaan en en Bruinmense omhels om dit wat jy voorstel te laat gebeur? Jy weet die dag toe Stavendas vir DR VERWOERD in die Parlement doodgesteek het was hy op die punt om ‘n baie belangrike aankondiging te doen. Ek vermoed dit was om dit wat jy voorstel aantekondig behalwe vir die grondgebied wat onder blanke bestuur was sou dan saam bestuur word! Dit sou dan al die volke in die land hulle eie grondgebied gegee het.

Nico K ·

‘n Interessante punt die van dat nie alle Konserwatiewes en Liberales dieslfde is nie. In die Afrikaner se stryd teen Brittanje was dit die Liberale Party wat die Boere gesteun het en die Konserwatiewe Party wat ons wou annekseer.

Theuns ·

Herman, ek het die naweek n boek” 13 JAAR IN DIE SKADUWEE VAN H F VERWOERD” gelees. Die boek is geskryf deur sy persoonlike sekretaris Fred Barnard. In die boek gee Dr Verwoerd n oorsig oor Aparte Ontwikkeling en die redes daarvoor veral mbt minderhede. En weet jy wat? Dr Verwoerd se verduideliking is presies wat die Britte met Brixit wil bereik. Dit wil voorkom of Dr Verwoerd se toekoms visie nou deur die Britte aanvaar word? Herman ek sal dit waardeer as jy my se hoe jy die vergelyking sien! Ek weet nie of jy die boek gelees het nie?

Herman Toerien ·

Hallo Theuns. Ek het nie die boek gelees nie. Die probleem van afsonderlike ontwikkeling teenoor die internasionale reg oor minderhede was dat afsonderlike ontwikkeling ras as norm gebruik het (maar onder die swart volke onderling wel die gewone definisie van volk). Artikel 235 sluit, ooreenkomstig die internasionale reg, ras uit as norm vir selfbeskikking. Trouens, ras het eintlik net die sg “negatiewe regte,”; dinge wat NIE teen iemand van ‘n ras gedoen mag word nie soos rassisitiese opmerkings, haatspraak ens. Minderheidsregte daarenteen is positiewe regte, maw wat die minderheid mag doen soos bv selfbeskikking opeis – hetsy korporatief of geografies volgens artikel 235.

Armando ·

Herman, met dié dat ras algaande uit ons redenasies verdwyn, en dat ons al meer voel dat bruinmense tóg nader aan ons hoort of anders-om (en dis nie ‘n politieke spel nie maar ‘n eerlike oortuiging), is dit nie tyd dat ons politiek ook nader aan mekaar skuif nie? Ek lees dr Mulder sê die VF+ het kleurling-verteenwoordigers in stadsrade, en ek sê: goed so! Die skeiding is vir niemand ‘n goeie ding nie, en ons het mekaar nodig teen die swart massa wat dreig om ons almal te oorspoel.

Victor ·

A.g.v aparte ontwikkeling het vieslike wette soos die ontug wet in plek gekom – ek twyfel baie sterk dat daar enige vergelykings tussen die Brexit en apartheid / Verwoerd is.

F C Boot ·

Beste Herman

Ras was nie die norm van afsonderlike ontwikkeling nie maar eerder volke.Afsonderlike ontwikkeling was gemik op selfstandige ontwikkeling van die groot verskeidenheid van volke wat Suid Afrika bewoon het in wat tradisioneel beskou is as hul ‘tuislande.’ Daar was allerhande snaakse metodes deur blankes gebruik om te bepaal aan watter volk ‘n mens behoort het.Die maklikste was om die mense self te vra ,almal was met enkele uitdonderinge trosts op hul stamverband. Ek is ‘n ‘Zulu’ ens.

Dit is vandag opmerklik dat die ANC vandag alles in hul vermoë doen om die volke verskeidenheid en verskille uit die weg te ruim en die swart bevolking as ‘n homogene swart bevolking binnelands en buitelands te verkoop. Dit weier konsekwent om volke verkeidenheid en botsende belange wat daaruit voortspruit as ‘n grondslag van onrus te sien.

In die volke was daar verskillende stamme gehuisves. Die doodsteek van die beleid was dat mense hul nie laat voorskryf waar hul mag woon en werk in ‘n geografiese gebied wat hul as hul eie beskou het omdat daar ander faktore is wat hul beweging beïnvloed het.

Daarom was daar ondanks al die bepalings van die Stadsgebiede wet en ander wette geen keer aan die instroming in gebiede wat as ‘blanke gebied’ beskou is wat uiteindelik tot onderhandeling gelei het en die blanke gereduseer het tot ‘n minderheid wat deur ‘n ‘meederheid van minderhede’ regeer en verkleineer word.

Victor ·

M.b.t die petisie – daar is bloot twee vereistes:
– Jy moet ‘n Britse burger wees, of
– Jy moet woon in Brittanje

Die punt is, die skotte het gestem met ‘n meerderheid om te bly in die EU, net soos Noord Ierland. ‘n Jaar van nou af gaan beide van hulle onafhanklik wees van die VK en weer terug wees in die EU vermoed ek. Spanje gaan dalk nog ook Gibraltar terugvat.

Christiaan ·

Noord-Ierland ontvang jaarliks 6 miljard pond van London net om hulle boeke te balanseer. Hulle kan nêrens gaan nie. Skotland se finansies is nie veel beter. Olieprys is laag en hulle “dole- rekening” hoog. Indoien hulle gaan, sal hulle ontdek London is ‘n gawe baas teenoor die dwinglandy van Brussel.

Victor ·

Kyk, ek weet ook nie of Skotland en Noord Ierland op hul eie kan oorleef nie.

Maar die punt is, beide het gestem om in die EU te bly, en die SNP sê, onder andere, dat hulle ‘n nuwe referendum sal voor roep vir Skotse onafhanklikheid as dit nodig is om in die EU te bly.

jcwf ·

Ierland se ekonomie groei met 7% per jaar, hoewel hulle onder die ‘dwingelandy’ van Brussel ly en nie die “benefits of British rule” geniet nie.

Het julle Afrikaners regtig julle eie geskiedenis vergeet dat julle al hulle twak propaganda slik?

Theuns ·

Dankie Herman vir jou antwoord. Ek verstaan nou die konotasie van Apartheid met ras. Dit was n fout en het blykbaar uit jou antwoord die ideal van eie grond verongeluk! Ons moes en moet liewer hande vat en gevat het met mense wat ons “waardes deel” en grond gedeel het op daardie basis. Ras moet nie saak maak nie. Groete.

Frans C ·

Die woord rassisme is afgelei van die woord ras. As jy die bestaan van ras ontken kan jy nie van rassisme praat nie, net soos ‘n mens nie ‘n Suid Afrikaner kan wees as die kontinent Afrika nie bestaan het nie. Rassisme het dus berus op die beginsel dat een ras hulself verhewe bo ‘n ander ras gestel het op grond van sekere eienskappe wat hul gereken het ander rasse nie oor beskik nie en hul dus verhef het oor ‘n ander ras en op grond daarvan in ‘n soort ‘baasskap’ of patriagale posisie geplaas het.

Maar dit was nooit die grondslag van ‘afsonderlike ontwikkeling nie. Die einddoel was om alle volke tot op dieselfde vlak as die Blankes oor ‘n tydperk te bring en later in soort Unie soos die Europese Unie te laat saamwerk. Maar teorie en praktyk het nooit versoenbaar geraak nie en was weens die getalle oorwig nie meer haalbaar nie.

Wat vandag as rassisme beskou word in Suid Afrika is niks meer as nydigheid gepaard met ‘n goeie dosis kwaadwilligheid waarin beskuldigings heen en weer geslinger word tot so’n mate dat selfs Jan van Riebeeck as die vader van alle onheil beskou word en blankes gesien word as gronddiewe en moordenaars wie se taal so gou as wat moontlik oral verwyder moet word.

Jcwf ·

Ja, Frans C, daar is vandag baie ‘nydigheid’ in Suid-Afrika, maar julle het dit self geskep met julle rassistiese apartheidspolitiek en nee dit het hoegenaamd niks met die Europese Gedachte van doen nie. Ek kan dit bewys. Bekyk net hierdie video https://www.theguardian.com/world/video/2016/jun/28/scottish-mep-given-standing-ovation-in-eu-parliament-video

Die Skotte het gevra om deur die Europese familie van nasies aanvaar te word. Kyk na die reaksie van die enigste mense wat demokraties verkies is om ons te verteenwoordig.

Ek vra julle: indien die Afrikaner of selfs die Afrikaanses so in julle parlement sou vra om in die usapho opgeneem te word, sou hierdie reaksie ook so wees? Ek dink en weet dat dit nie so is nie. Ek vra julle: hoekom? Hoekom is julle so gehaat?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.