Nuuskommentaar: Gaan haatspraakwet krap of heel?

ras-regstellende-aksie-race

Argieffoto.

Parlementariërs gaan nou konsepwetgewing oor haatspraak bestudeer om te bepaal of dit nodig is. ’n Oortreder is immers reeds daarsonder tronkstraf opgelê. Gaan die wetgewing nie eerder gesindhede versteur as ruimte skep vir die bevordering van goeie gesindhede nie?

Meer kwaad as goed?

As na die leserskommentare van ’n berig oor die voorgenome wet teen haatmisdaad en haatspraak gekyk word, blyk dit dat daar groot skeptisisme is. Vicky Momberg is immers sonder dié wetgewing vir dié oortreding tot tronkstraf gevonnis. Penny Sparrow is deur ’n verskeidenheid instellings swaar beboet, sodat vrae oor die regsbeginsel van “double jeopardy” ontstaan (om meer as een keer vir dieselfde oortreding skuldig bevind en gestraf te word).

Dit is asof die moontlikheid van spesifieke wetgewing, wat bedoel is om die regsproses aan te help, net wonde oopkrap. Baie lesers meen dit gaan weer onewehandig toegepas word, iets waarin die Menseregtekommissie tot dusver “uitblink” en wat al tot bitter woorde van ’n woordvoerder van die kommissie op AfriForum se kritiek hierop gelei het.

Suid-Afrika is nie al land wat met die kwessie spook nie. Ook in Nederland, wat wel oor soortgelyke wetgewing beskik, is daar ’n koppestampery oor waar die grense van toepassing getrek moet word. Spraakvryheid word onder meer in Nederland baie hoog op prys gestel.

Die voorgestelde wetgewing

Die voorgestelde wetgewing maak dan ook voorsiening vir uitsonderings soos mediavryheid en akademiese vryheid. In die lig daarvan dat die wetsontwerp ten doel het om sekere menseregte, en bepaald die reg op waardigheid, te beskerm, sal mooi getrap moet word oor hoe die uitsluitings toegepas kan word. Daar moet aanvaar word dat dit nie absoluut kan wees nie. Die reg op waardigheid is een van die regte wat die Grondwet lys wat nie beperk mag word nie, iets wat nie die reg op meningsvryheid beskore is nie.

Die interessantheid is dat die beoogde wetgewing nie net ras as grondslag gaan gebruik nie, maar kwessie soos seksuele oriëntasie, gestremdheid en selfs ouderdom.

Dit laat (teoreties) die vraag of daar nie in die diskoers rakende die ANC se voorneme betreffende die onteiening van grond sonder vergoeding talle voorbeelde van vervolgbare haatmisdaad en haatspraak in terme van die nuwe (en selfs bestaande) wetgewing opgelewer word nie?

Raak dit nie die beoogde wetgewing oor onteiening sonder vergoeding nie?

Die reg om eiendom te besit (en vergoeding by onteiening te kry) is immers nie net deel van die Grondwet nie, maar ook die Handves van Menseregte. Onteiening in terme van die Grondwet is al lank onder bespreking, soos in AJ van der Walt se The Constitutional Clause van 1997. Dié werk wat ook na aspekte soos die internasionale reg en verdrae kyk, is bykans 200 bladsye lank en gee ’n idee van hoe omvattend die regte ten opsigte hiervan is. Hoewel artikel 25 (8) as ’n moontlike agterdeur vir onteiening sonder vergoeding beskou word, bepaal die subartikel self dat dit in ooreenstemming met die beperkings van artikel 36 moet wees. Die belangrike aspek hiervan is dat die beperkings wat op ’n mensereg aangebring word, nie sodanig mag wees dat dit die oorspronklike reg tot niet maak nie. Boonop wys Van der Walt uit dat die internasionale reg teen die rigting van onteiening sonder vergoeding beweeg.

Ons dink onder meer aan uitsprake soos “wit mense het die grond by swart mense gesteel” as voorbeeld. Nie alleen word die waardigheid van boere aangetas wat hul grond wettig bekom het nie, maar sulke uitsprake skep ’n klimaat gunstiger vir plaasaanvalle. Nog ’n kluitjie is dat swart mense die droër en onvrugbaarder deel van die land gekry het, aldus die destydse president, Jacob Zuma.

Kan onuitgesproke denke haatspraak wees?

Volgens die ANC sal die wetsontwerp met tevredenheid ontvang word in die lig van toenemende onverdraagsaamheid wat die land onlangs beleef het.

Hieruit kan afgelei word dat mense wat soortgelyke optredes soos Sparrow en Momberg pleeg, geen genade kan verwag nie. Of daar ras-ewehandigheid sal wees, sal gesien moet word, want daarsonder misluk die wetgewing reeds voor sy goedkeuring. Dit plaas nietemin ’n groot onus op die individu om in woord en daad baie omsigtig te wees om nié aanstoot te gee nie. So het die konstitusionele hof onlangs bevind dat die ontslag van ’n wit werknemer geregverdig was in die konteks waar hy na ’n swart man as swart man verwys het. Selfs ’n mens se onuitgesproke bedoeling, of vermeende bedoeling, is dus nou ingesluit in ons regspraak.

Kan wetgewing gesindhede bepaal?

Reeds voor 1994 het verskeie kenners gemaan dat gesindhede nie deur wetgewing bepaal kan word nie. Destyds is in sekere kringe gevoel “alles sal regkom” met gesindhede in die land as die land net ’n ander Grondwet kry. Mathole Motshekga, om maar een te noem, voel duidelik dat dit nie so verwesenlik is nie.

Dit beteken nie dat wetgewing onnodig is nie. Dit is duidelik dat daar mense is wat steeds die k-woord mildelik inspan, en as regsoptrede al manier is om dit hok te slaan, moet dit ongelukkig so wees. Om iemand weens sy vermeende gesindheid te straf, soos in die “swartmanvoorval” skep baie praktiese en gesindheidsprobleme.

Daar is juis ’n gevoel dat die Vredesekretariaat wat as deel van die 1994-oorgang tot stand gebring is, erg voortydig ontbind is. Trouens, daar is ’n saak uit te maak dat so iets ’n permanente deel van so ’n heterogene land soos Suid-Afrika moes wees.

Maar … soos gemeld, dit moet ook ewehandig toegepas word.

Uiteindelik is dit in elkeen se hande om goeie gesindhede te handhaaf – met ’n nie-provokatiewe regering.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Bernard Hellberg ·

Dieselfde paadjie wat die Nazis onder Adolf Hitler gestap het. Spoedig is die grondwet opgehef
en het “Führerbefehl” die wet geword. Wat ons hier sien is die ergste manifestasie van Afro- Fascisme

Nelie van Vuuren ·

Haatspraak is lelik en ni reg ni maar dan moet daar teen alle partye opgetree word. Julius Maleme doen haatspraak in openbaar hy is nog n vry man. Vind eers betekenis van haatspraak uit. Alles word uit verband geruk. Regtig kom ons last reg en getegtigheid geskied teenoor asle mense en vergeet van velkleur

remondo ·

O maar JuJu het mos vryheid van spraak – dis net ons wat moet vasgevat word volgens die wet

Willem ·

En daai man wat gedurig so vir die mense gesing het: “Awuleth’ Umshini Wami”.

Nel ·

Dit gaan krap tot dit bloei. Soos reeds gesien en beleef sal dit net ‘n sekere groep landsburgers wees wat gaan deurloop. Daar is dan alreeds gesê dat rassisme nie vir swartmense geld nie, maw hulle kan nie rassisme pleeg nie. Hoe de drommel daai een werk weet nugter.

Sophia ·

Miskien sal dit goed wees as wetgewing ingestel word daarteen, want dan kan ALMAL aangekla word hetsy watter kleur, taal, identiteit en geslag!! Ook Julius Malema, Jacob Zuma en ander. Kill the Boer, Kill the Farmer sal beslis ook onder hierdie wetgewing strafbaar wees!

Basson ·

As die wrewel weens die ANC se rasse ideologie nie opgebou het nie, sou so iets nie nodig gewees het nie.
Dit (die wrewel) gaan ook nie deur wetgewing gestop word, dit gaan eerde vererger as wette gebruik gaan word om nog verdere tirannie toe te pas op wittes.

En dis eintlik so maklik – dit vat slegs ‘n leier op op te staan en te se ons is almal deel van die land en sy toekoms, maar ongelukkig seevier ANC ideologie bo die bou van ‘n nasie en toekoms.

Willem ·

Dit sal ook ‘n kollosale verskil maak as die ANC net vir ‘n slag die regte dinge reg wil doen, van dienslewering by munisipalieteite af, dorpsrade, provinsiale rade die regering, departemente as iets net ‘n slag wil werk sal dit ook al help. Misdaad. Vat net die frustrasie weg.

Waarom dan so negatief? Maar kom ons stel dan ‘n lysie op om te kyk wat werk. Wie gaan dit waag?

Judge Dredd ·

– “Selfs ‘n mens se onuitgesproke bedoeling, of vermeende bedoeling, is dus nou ingesluit in ons regspraak”

Ja Herman – Hulle probeer “mind control” toepas – van nou as jy iemand skeef aankyk, dan is dit omdat jy ‘n rassis/haatsugtig is en nie omdat die ander persoon swak diens lewer of jou kar gestamp het nie.

O liewe aarde ·

Dit help nie hulle wil die media vryheid van spraak gee nie, want dan word dit deur mense soos bv Trevor Noah en andere uitgebuit en so die aanhuts vure aangevuur

Josua Keys ·

Mense verstaan mooi, as hulle wetgewing wil instel om haatspraak hok te slaan gaan dit na alby kante toe, laat hulle wetgewing instel maar ek belowe julle die eerste ou wat jou ‘n Boer, Whitey, Colonialist noem of op plakate sê kill the famer, kill the boer het jy ook nou die reg om daardie mense hof toe te sleep. As die ANC “clan” wil hê ons moet ophou om die K-woord te gebruik kan ons dieselfde verlang van hulle. Ek persoonlik dink Afriforum en Solidariteit wag lankal vir die wet en asb mense ek praat nie namens hulle nie ek dink net hulle gaan dan meer skietgoed hê indien hulle persone sou verteenwoordig in die hof want dan kan hulle die wet wat die ANC instel teen hulle ook gebruik. Blankes het nog nooit ‘n probleem gehad met ons velkleur nie maar dit is duidelik dat hier groepe in SA is wat hul velkleur haat, en dit is nie agv apartheid nie dit was die skepping gewees dit kan nie op apartheid geblameer word nie nou soek hulle n ander rede om iets of iemand te blameer, as jy swart geskape dan is jy swart, as ek wit geskape is dan is ek wit dit geld vir bruin mense ook so aanvaar dit en gaan aan met jul lewe. Weereens hier het die ANC ‘n lat geplik vir hul eie agterente en julle gaan met jul eie lat slae kry. Ek belowe julle dit, slim van sy baas!!!

JSG ·

Nogal waar wat u meld, maar ken jy ‘n kommunis? Plaas dat nasies op die aardbodem mekaar aanvaar en mekaar uitlos. Gaan meer vrede kry dan.

Adam ·

Die howe gaan vir seker besig wees en die effek op beter verhoudings tussen die onderskeie groeperings sal negeerbaar klein wees. Mors van tyd en geld.

Jordaan ·

Ek is in beheer van wat ek skryf en praat, maar ek is nie in beheer van hoe iemand my woorde opvat en of hy/sy aanstoot gaan neem nie. Een persoon se vryheid van spraak is ‘n ander se haatspraak. Hier kom groot gemors!

skerwe ·

dit haatspraakwet gaan eensydig toegepas word. hoe kan dit heel?

Paul ·

Herman, en daar sé die Adjunkhoofregter van die kostitusionele hof vandag dat struggle liedere moet/kan nie as haatspraak geklassifiseer word nie, daar moet begrip wees vir die verlede.

Daar het jy dit!

Paul ·

Vegter, as die Hoofregter so redineer, sy stempel op die res van die regters afdruk, dan vra ek, waar staan ek vandag?

Regslui behoort alle mense oor dieselfde kam te skeer, baie duidelik het regters in hierdie ‘nuwe’ land ook wetgewing nodig om hulle tot orde te roep. Maar dit is nie al nie, dan moet daar gewilliges van hulle wees wat uitvoering aan die wet sal gee.

Oom Kalahari ·

Nader die buitelandse Straf Regters as onafhanklike paneel tot opklaring. Hierdie Adjunk regter se optrede is eensydig en onprakties en mag nie op so basis uitslag deurvoer nie. Hoop hierdie verwysing word ook aan die buiteland se Strafhowe deurgegee vir bestudering van ‘n Demokratiese stel se hof bepalings.

Paul ·

Dan vra ek, wanneer kom die dag dat mens die rubriek van Herman Toerien van 29 Mei letterlik opneem?????

Paul ·

Herman, ek hoop jy neem hierdie Adjunkhoofregter se kommentaar van vandag onder die loep, staan ‘n rubriek daaraan af. Stuur dit aub aan die hele wêreld. Ek neem aan Flip Buys , ook Kallie Kriel het daarvan kennis geneem dat hulle dit met nuwe ywer kan bestuur.

Paul ·

Herman, skuus, maar dit pla my ongelooflik. As regters dan nou ongehoorsaam aan die wet moet wees, wat maak ons ander dan???

Casper Labuschagne ·

Tot nou toe het die wet bepaal wat ons nie mag sê nie. Maar nou is ons op die grensdraad van waar die wet bepaal van wat ons moet sê en dan is nie een van ons meer vry nie.

Vir nou, omseil ek dit deur die teenoorgestelde te sê van wat ek bedoel en dan ‘n vrywaring te plaas dat sou ek die teenoorgestelde gesê het, ek tronkstraf mag kry onder hierdie wet.

Casper Labuschagne ·

Hier is ‘n voorbeeld van hoedat die wet gesindhede eerder sal vertroebel as verbeter.

Om ‘n voorbeeld te gebruik, hierdie wet beskerm beroepslui (professies) teen neerhalende kommentaar. Dus mag ek nie sê dat ek prokureurs haat nie en ek sou hulle ook nie prokerowers mag noem nie. Maar die blote feit dat die boonste terme nie toelaatbaar is teen ‘n spesifieke beroep nie, sal eerder motivering wees vir persone om nog minder te dink van diegene in ‘n spesifieke beroep en mag dalk eerder bestaande denke verhard.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.