Nuuskommentaar: Gaan haatspraakwet krap of heel?

ras-regstellende-aksie-race

Argieffoto.

Parlementariërs gaan nou konsepwetgewing oor haatspraak bestudeer om te bepaal of dit nodig is. ’n Oortreder is immers reeds daarsonder tronkstraf opgelê. Gaan die wetgewing nie eerder gesindhede versteur as ruimte skep vir die bevordering van goeie gesindhede nie?

Meer kwaad as goed?

As na die leserskommentare van ’n berig oor die voorgenome wet teen haatmisdaad en haatspraak gekyk word, blyk dit dat daar groot skeptisisme is. Vicky Momberg is immers sonder dié wetgewing vir dié oortreding tot tronkstraf gevonnis. Penny Sparrow is deur ’n verskeidenheid instellings swaar beboet, sodat vrae oor die regsbeginsel van “double jeopardy” ontstaan (om meer as een keer vir dieselfde oortreding skuldig bevind en gestraf te word).

Dit is asof die moontlikheid van spesifieke wetgewing, wat bedoel is om die regsproses aan te help, net wonde oopkrap. Baie lesers meen dit gaan weer onewehandig toegepas word, iets waarin die Menseregtekommissie tot dusver “uitblink” en wat al tot bitter woorde van ’n woordvoerder van die kommissie op AfriForum se kritiek hierop gelei het.

Suid-Afrika is nie al land wat met die kwessie spook nie. Ook in Nederland, wat wel oor soortgelyke wetgewing beskik, is daar ’n koppestampery oor waar die grense van toepassing getrek moet word. Spraakvryheid word onder meer in Nederland baie hoog op prys gestel.

Die voorgestelde wetgewing

Die voorgestelde wetgewing maak dan ook voorsiening vir uitsonderings soos mediavryheid en akademiese vryheid. In die lig daarvan dat die wetsontwerp ten doel het om sekere menseregte, en bepaald die reg op waardigheid, te beskerm, sal mooi getrap moet word oor hoe die uitsluitings toegepas kan word. Daar moet aanvaar word dat dit nie absoluut kan wees nie. Die reg op waardigheid is een van die regte wat die Grondwet lys wat nie beperk mag word nie, iets wat nie die reg op meningsvryheid beskore is nie.

Die interessantheid is dat die beoogde wetgewing nie net ras as grondslag gaan gebruik nie, maar kwessie soos seksuele oriëntasie, gestremdheid en selfs ouderdom.

Dit laat (teoreties) die vraag of daar nie in die diskoers rakende die ANC se voorneme betreffende die onteiening van grond sonder vergoeding talle voorbeelde van vervolgbare haatmisdaad en haatspraak in terme van die nuwe (en selfs bestaande) wetgewing opgelewer word nie?

Raak dit nie die beoogde wetgewing oor onteiening sonder vergoeding nie?

Die reg om eiendom te besit (en vergoeding by onteiening te kry) is immers nie net deel van die Grondwet nie, maar ook die Handves van Menseregte. Onteiening in terme van die Grondwet is al lank onder bespreking, soos in AJ van der Walt se The Constitutional Clause van 1997. Dié werk wat ook na aspekte soos die internasionale reg en verdrae kyk, is bykans 200 bladsye lank en gee ’n idee van hoe omvattend die regte ten opsigte hiervan is. Hoewel artikel 25 (8) as ’n moontlike agterdeur vir onteiening sonder vergoeding beskou word, bepaal die subartikel self dat dit in ooreenstemming met die beperkings van artikel 36 moet wees. Die belangrike aspek hiervan is dat die beperkings wat op ’n mensereg aangebring word, nie sodanig mag wees dat dit die oorspronklike reg tot niet maak nie. Boonop wys Van der Walt uit dat die internasionale reg teen die rigting van onteiening sonder vergoeding beweeg.

Ons dink onder meer aan uitsprake soos “wit mense het die grond by swart mense gesteel” as voorbeeld. Nie alleen word die waardigheid van boere aangetas wat hul grond wettig bekom het nie, maar sulke uitsprake skep ’n klimaat gunstiger vir plaasaanvalle. Nog ’n kluitjie is dat swart mense die droër en onvrugbaarder deel van die land gekry het, aldus die destydse president, Jacob Zuma.

Kan onuitgesproke denke haatspraak wees?

Volgens die ANC sal die wetsontwerp met tevredenheid ontvang word in die lig van toenemende onverdraagsaamheid wat die land onlangs beleef het.

Hieruit kan afgelei word dat mense wat soortgelyke optredes soos Sparrow en Momberg pleeg, geen genade kan verwag nie. Of daar ras-ewehandigheid sal wees, sal gesien moet word, want daarsonder misluk die wetgewing reeds voor sy goedkeuring. Dit plaas nietemin ’n groot onus op die individu om in woord en daad baie omsigtig te wees om nié aanstoot te gee nie. So het die konstitusionele hof onlangs bevind dat die ontslag van ’n wit werknemer geregverdig was in die konteks waar hy na ’n swart man as swart man verwys het. Selfs ’n mens se onuitgesproke bedoeling, of vermeende bedoeling, is dus nou ingesluit in ons regspraak.

Kan wetgewing gesindhede bepaal?

Reeds voor 1994 het verskeie kenners gemaan dat gesindhede nie deur wetgewing bepaal kan word nie. Destyds is in sekere kringe gevoel “alles sal regkom” met gesindhede in die land as die land net ’n ander Grondwet kry. Mathole Motshekga, om maar een te noem, voel duidelik dat dit nie so verwesenlik is nie.

Dit beteken nie dat wetgewing onnodig is nie. Dit is duidelik dat daar mense is wat steeds die k-woord mildelik inspan, en as regsoptrede al manier is om dit hok te slaan, moet dit ongelukkig so wees. Om iemand weens sy vermeende gesindheid te straf, soos in die “swartmanvoorval” skep baie praktiese en gesindheidsprobleme.

Daar is juis ’n gevoel dat die Vredesekretariaat wat as deel van die 1994-oorgang tot stand gebring is, erg voortydig ontbind is. Trouens, daar is ’n saak uit te maak dat so iets ’n permanente deel van so ’n heterogene land soos Suid-Afrika moes wees.

Maar … soos gemeld, dit moet ook ewehandig toegepas word.

Uiteindelik is dit in elkeen se hande om goeie gesindhede te handhaaf – met ’n nie-provokatiewe regering.

 

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

25 Kommentare

jongste oudste gewildste
Bernard Hellberg

Dieselfde paadjie wat die Nazis onder Adolf Hitler gestap het. Spoedig is die grondwet opgehef
en het “Führerbefehl” die wet geword. Wat ons hier sien is die ergste manifestasie van Afro- Fascisme

Nelie van Vuuren

Haatspraak is lelik en ni reg ni maar dan moet daar teen alle partye opgetree word. Julius Maleme doen haatspraak in openbaar hy is nog n vry man. Vind eers betekenis van haatspraak uit. Alles word uit verband geruk. Regtig kom ons last reg en getegtigheid geskied teenoor asle mense en vergeet van velkleur

Nel

Dit gaan krap tot dit bloei. Soos reeds gesien en beleef sal dit net ‘n sekere groep landsburgers wees wat gaan deurloop. Daar is dan alreeds gesê dat rassisme nie vir swartmense geld nie, maw hulle kan nie rassisme pleeg nie. Hoe de drommel daai een werk weet nugter.

Sophia

Miskien sal dit goed wees as wetgewing ingestel word daarteen, want dan kan ALMAL aangekla word hetsy watter kleur, taal, identiteit en geslag!! Ook Julius Malema, Jacob Zuma en ander. Kill the Boer, Kill the Farmer sal beslis ook onder hierdie wetgewing strafbaar wees!

Basson

As die wrewel weens die ANC se rasse ideologie nie opgebou het nie, sou so iets nie nodig gewees het nie.
Dit (die wrewel) gaan ook nie deur wetgewing gestop word, dit gaan eerde vererger as wette gebruik gaan word om nog verdere tirannie toe te pas op wittes.

En dis eintlik so maklik – dit vat slegs ‘n leier op op te staan en te se ons is almal deel van die land en sy toekoms, maar ongelukkig seevier ANC ideologie bo die bou van ‘n nasie en toekoms.