Nuuskommentaar: Gaan hoes of betaal dié keer faal?

Argieffoto

Argieffoto

Ons hoor al hoe meer van ʼn moontlike belastingboikot weens wanbesteding en korrupsie in die staat. Maar is dit so maklik?

Die toenemende verskuiwing van die land se belastinglas na individue, laat selfs die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) wonder wat die kanse van ʼn belastingboikot is.

Daar is volop rede vir kommer oor ʼn moontlike belastingboikot, maar die publiek se kantkiesery vir die minister van finansies, Pravin Gordhan, teen pres. Jacob Zuma, dien waarskynlik as groot buffer waarom baie belastingbetalers nie nou daaraan dink om tot die daad oor te gaan nie.

Dis nou behalwe die moeilikheid wat wag as ʼn mens met so iets sou waag. “Hoes of betaal is die wet wat nie faal,” met permissie aan die meer beskrywende sêding wat in die ou ZAR oor die wet van Transvaal ingespan is.

ʼn Vlugtige kyk na die argiewe toon ʼn belastingboikot, of meer gesofistikeerd, ʼn weerhouding van belasting of ʼn gedeelte daarvan is nie ‘n vreemde gedagte vir Suid-Afrikaners nie. Dit geld veral op munisipale vlak. Dit gaan regtig maar beroerd op munisipale vlak.

Die kwessie het selfs vroeg in die konstitusionele hof gaan draai. ʼn Groot groep belastingbetalers uit voormalige wit gebiede het ook die vaste tariewe, in plaas van die gemeterde tariewe, wat vir voormalige swart gebiede gegeld het, begin betaal. In die gevolglike saak, van City Council of Pretoria teen Walker, is in breë trekke bevind die reg mag nie in eie hande geneem word nie – die hof moet genader word – en dit is ongrondwetlik van munisipaliteite om sommige inwoners gemeterde en ander vaste tariewe, te laat betaal. Regter Abie Sachs het in ʼn minderheidsuitspraak hiervan verskil en sy uitspraak word nog dikwels in akademiese kringe as model voorgehou.

In sommige gebiede het belastingbetalersverenigings begin om self die mees basiese dienste te lewer en dan die balans van belasting wat ingevorder is, aan die munisipaliteit oorbetaal. Andersins is die dienste na ʼn proses self gelewer en die rekening is aan die munisipaliteit besorg, soos byvoorbeeld met die skoonmaak van begraafplase.

Die munisipaliteit, wat Qwaqwa en Harrismith bedien, Maluti-a-Phofung, is R1,2 miljard in die rooi by Eskom, is onlangs berig. Kort hierna is berig Eskom het advertensies geplaas waarin hy dreig om agt Noord-Kaapse munisipaliteite se krag te sny. Verskeie Vrystaatse munisipaliteite is kniediep in die rooi by Eskom. Die probleem is dat baie munisipaliteite die inkomste uit kragverbruik eers aanwend om ander gate, wat weens wanbetaling en vermorsing ontstaan het, te finansier en dan hoed in die hand by Eskom aankom.

Op provinsiale vlak lyk sake dikwels hopeloos beroerd, soos die enorme skuld van die Vrystaatse departemente van onderwys en gesondheid. Dit lyk onmoontlik om hierdie skuld uit die staatskastoekennings te vereffen en steeds met hul werksaamhede voort te gaan.

Die idee van ʼn nasionale belastingboikot en die georkestreerde pogings op munisipale vlak het een ding in gemeen: dit is teen vermorsing, wanaanwending en gevolglike swak dienslewering gemik. Die ouditeur-generaal se verslae het jaar na jaar net hier en daar beterskap tot gevolg, maar oor die algemeen styg vrugtelose uitgawes jaar vir jaar hand oor hand op alle regeringsvlakke.

En die president stel ʼn vrot voorbeeld.

Onlangs is berig ʼn minister sou ʼn intreevlak-motor kon koop met die geld wat hy op die huur van ʼn luukse motor spandeer het.

Die noustroptrekkende belastingbetaler raak taai in die bek om daarvoor op te dok.

Ook semi-staatsinstellings ontstel die vuisvoos publiek dikwels. In die jongste insident het PetroSA R17 miljoen aan bonusse aan tien top amptenare betaal, maar ander sit droëbek.

Nog vorme van “belastingboikot” wat Suid-Afrikaners ken, is die betaal van TV-lisensies aan die SAUK en die boikot van e-tol, waar Sanral onlangs deurgeloop het omdat dit die uitstaande tolgeld, van meer as ʼn miljard rand, steeds as bate op sy boeke aandui.

Volgens die SAID het persoonlike inkomstebelasting die afgelope belastingseisoen met 10 %, of R35,7 miljard gestyg. Dit kompenseer vir die krimpende inkomste uit maatskappye. Al hoe minder maatskappye verklaar hul bruto wins, of dui aan dat hulle gelyk breek.

Op die keper beskou, verrig maatskappye ʼn groot deel van die maatskaplike verantwoordelikheid van die staat. Behalwe die betaal van minimum-lone, moet werkloosheidsversekering, die ongevalle-kommissaris en ander betaal word, werknemers se belasting word maandeliks afgetrek en aan die inkomstediens oorbetaal en soms word selfs mediese en ander voordele soos huisvesting verskaf.

Maar dit laat weer die vraag ontstaan of baie huishoudings nie min of meer dieselfde met huishulpe en tuinwerkers doen nie? En hiervoor is geen belastingverligting nie.

Inteendeel, die staat kry sy pond vleis verder uit BTW, aksynsbelastings, brandstofheffings en allerlei sondebelastings. Selfs die mees meedoënlose boikotter dra tog op ʼn manier tot die staatskas by.

Die vraag kan gevra word of die burokrasie om so ʼn wye spektrum belasting in te vorder en terselfdertyd ʼn verneukery te voorkom, nie te duur is nie? Is daar nie meer koste-doeltreffende maniere van belasting invorder nie, soos ʼn klein belastingheffing op elke banktransaksie? Die banke se rekenaarstelsels dra dan die belasting outomaties na die Inkomstediens oor en die publiek sit sonder die jaarlikse papierwerk.

So eenvoudig is dit ook nie, met onder meer die werksverliese wat dit tot gevolg kan hê as belangrike oorwegende faktor.

Intussen ervaar die publiek hoe die staat steeds vermors en korrupsie groot bedrae insluk, terwyl Jan Taks bloed uit ʼn klip tap.

Kortom, dit sal geen kuns wees om belastingbetalers woedend op te sweep nie. Veel minder sal egter tot die daad oorgaan en vir Jan Taks tong uitsteek.

Op die politieke vlak bly die vraag ook staan of ʼn belastingboikot op nasionale vlak Gordhan se posisie teen Zuma sal verswak en die gevolge hiervan is omvangryk, met die waarskynlike rommelstatus oor ses maande. Dan ly almal in die land.

Dit is beter vir belastingbetalers om hul ontevredenheid oor vermorsing, magsmisbruik en korrupsie baie sterk deur burgerlike instellings, die media en politieke partye laat geld.

Miskien kan ʼn toetssaak selfs oorweeg word, waarin ʼn minister of burgemeester blatant die minister van finansies se besuinigingsmaatreëls oortree deur die aankoop van ʼn luukse vuurwa, gereelde verblyf in ʼn luukse hotel, onnodige oorsese ekskursies met buitensporige groot afvaardigings en vele meer. As die minister dan uit eie sak vir die onnodige uitgawes moet opdok, sal dié wanpraktyk ook end kry.

Maar dan val Zuma se stelsel van patronaatskap se wiele af…

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

10 Kommentare

Jean ·

Ons is te ordentlik. Baie min wetsgehoorsame burgers is NIE bang om tronk toe te gaan of ‘n kriminele rekord te hê nie. Net so graag as wat ek my belasting wil terughou, net so weet ek dat as ek dit doen, ek vervolg gaan word. Ongelukkig het ons nie die politieke konneksies wat sommige mense het nie. Jy SAL krimineel vervolg word jy SAL aangekla word, jy SAL in die tronk sit. Die grootste probleem weereens is nie almal sal dit doen nie. Neem bv die TOLGELDE. ALMAL het geskreeu weg met tol, en ons sal nie tolgelde betaal nie .. toe gaan koop duisende mense ETOLL devices, so stil stil doen hulle dit agter jou rug en skreeu nog saam met jou TOLLSMUSTFALL. As ALMAL dit weier, ja dan kan dit werk, want seersekerlik kan nie miljoene mense aangekla word nie, soos dit is die howe met alles agter. Ek ken egter ons ou volkie te goed (ek ingesluit) as daar ‘n moontlikheid is dat ek tronk toe kan gaan of krimineel aangekla word, dan gaan betaal ek liewers .. ons is maar van nature WETSGEHOORSAAM, moeilik om nou saam te begin geboue afbrand. Die verskil is nie .. sekere mense kom weg daarmee, ander SAL in die tronk sit en ‘n voorbeeld van gemaak word.

callie ·

Daar moet egter iets gedoen word. Waarom kan daar nie advokate na vore kom, almal wat belangstel betaal staan 100 rand per maand af in n rekening wat der PWC geoudit word. Dit sal groot bedrae skep waarmee die regering hof toe geneem kan word sodat belasting geld weerhou kan word. Al kan die regsspan dit net regkry om elke minister persoonlik aanspreeklik te kan kry vir alle bedrog en wanbestedings in sy departement. Soos ministers hul salarisse verbeur en hul eiendom op vendusies verloor, so sal bedrog skielik tot n einde kom. Hoekom moet ek verantwoordelik my belasting betaal aan iemand wat met voorbedagte rade die geld steel. Die wet moet tog die belastingbetaler ook beskerm

Will i am ·

Jean jy is doodreg. Ons blanke volkie is te bang. Ek het familie wat grootbek is oor alles en agteraf gaan betaal hy maar

Marinda ·

Te ordentlik en logies. Ons verstaan dat as ons nie belastings betaal nie, kan daar nie dienste gelewer word nie. (Nou nie dat mens oral van dienste kan praat nie). Ek dink net dit sal wonderlik wees om so ‘n toetssaak soos hierbo genoem, van stapel gestuur kan word sodat die korruptes uit hulle sakke kan betaal. Hulle gee nie of mense honger ly nie, solank hulle net hulle eie sakke kan vol prop. So korrup. dis om van naar te word.

poot ·

Die Ouditeur Generaal se verslae beteken soveel as die papier waarop dit geskryf is. 80% van die keer is die “persone” wat hulle artikels doen en GEEN ondervinding in die omgewing het wat hulle oudit nie. Gevolglik is dit BAIE agewaterde verslae wat nie eers die ware prentjie skets nie. Die AG het nie meer tande nie. Die blaf is erger as die byt.

Regskenner ·

Volgens n groot regskenner is dit nie net wettig nie maar ons more plig om saam te staan en belasting terughou om korrupsie te keer, want die regering run nou heeltemal hand uit.

Rens Roodt ·

Blanke Boerevolk moet hulle belastings inbetaal by n Party van hulle keuse sodat dit kan gaan aan ons eie volk – ons kan en mag nie meer belasting betaal aan hierdie swart gepeupel en die huidige regering nie asook aan al hierdie ingevoerdes volksvreemdes en die wat ons land se grense oorstroom en hulle hier kom tuismaak nie – elke volk moet aan sy eie voorsien – dis ons enigste behoud om so gou as moontlik terug te keer na Selfbeskikking en Onafhanklikheid – wees gehoorsaam aan Vader en kies n Broer van jou eie volk om oor jou te regeer (asb ook nie n liberalis nie)

Oom Kalahari ·

@Rens Roodt: Ek moet jou heelhartig hier ondersteun, want dit is en sal die enigste oplossing wees weg van hierdie duiwelse anargie.

Etienne ·

In die 1994 verkiesing is ons uitgelag en gehoon vir ons idee vir ‘ n Volkstaat.As ons nou reto perspektief na die huidige stand van sake kyk in die reenboognasie land Dalk was die idee nie so vergesog nie……

Libtard ·

Dis waarom julle nooit weet moet luister na sogenaamde liberales nie, hulle was te kortsigtig om te verstaan Wat die gevolge van hulle liberales beleid gaan wees. Hulle het toe misluk.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.