Nuuskommentaar: Gaan Jacques Pauw-boek Zuma laat val?

Omslag van The President’s Keepers (NB Uitgewers)

Gaan die harde reguitlinker, gevolg deur ’n regteropstopper soos min, genoeg wees om Zuma dié keer tot ’n val te bring? Met Jacques Pauw se boek is Zuma se persoonlike “empire” onder enorme druk geplaas.

Twee beduidende, maar uiteenlopende sake het veral ’n impak oor die koers wat die land gaan inslaan. Die eerste is die Swart Maandag-optogte teen plaasaanvalle, en die ander Jacques Pauw se boek, The President’s Keepers.

Die Swart Maandag-betogings het die regering duidelik geskud. Die omvang wat iets wat in so ’n kort tydjie georganiseer is aangeneem het, het man en muis, vriend en vyand, verbaas.  Die owerheid is boonop naak gelaat met die omvang van plaasaanvalle en veral plaasmoorde sedert Swart Maandag.

Selfs die minister, wat vol wyshede was ná die optogte, moes erken dat die buite-verhouding voorkoms van plaasaanvalle nie die boere se verbeelding is nie. Die skietgoed wat ’n paar skeibrekers aan die regering gegee het, vervaag ook teen die harde werklikheid.

AfriForum wil die yster smee terwyl dit nog warm is, en ’n optog word na die Uniegebou beplan om ’n memorandum aan pres. Zuma te oorhandig. Die betrokkenheid van ander organisasies gaan ook verwelkom word.

’n Gesindheidsverandering by die regering kan van almal wenners maak, behalwe natuurlik die plaasaanvallers. Maar Zuma gaan hierdie geleentheid verbrou.

Pauw se boek maak internasionaal opslae, en die beste bemarking daarvoor word gedoen deur instansies soos die Inkomstediens en die Staatsveiligheidsagentskap wat nou, skielik vreeslik wet-bewus, die boek, of minstens dele daarvan, verbied wil hê. Daar word met regsoptrede gedreig.

Die vernaamste probleem waarmee diegene wat so dreig te kampe het, is dat Pauw baie deeglik navorsing gedoen het, en op die oog af staaf wat hy skryf. Voorts is daar meer wette en regspresedente as dit wat dié met dreigemente oprakel, wat ’n heel ander perspektief op die regsposisie van die boek kan hê. Die een is die regte, verpligtinge en beskerming wat fluitjieblasers se posisie bepaal. Dit raak veral interessant wanneer dit kom by die fluitjieblaser se regte as al sy normale kanale om die inligting die bedoelde afloop te hê, geblokkeer word. Hy het dan die reg, volgens regspraak, om byvoorbeeld na die media te gaan.

Pauw se boek bring die land baie gouer by die punt waar die #GuptaLeaks die land sou gebring het. Dit haal die skille van baie Suid-Afrikaners se oë wat nog hardnekkig geglo het die staatskaping word oordryf. Die boek bewys die teendeel. En danksy die boekverkope en die roofkopie wat in omloop is, weet bitter baie mense nou wat aangaan.

Voorts laat die boek die kollig val op mense wat heerlik aan die staatstroping deelgeneem het, maar tot dusver daarin geslaag het om uit die openbare oog te bly.

Plaasaanvalle en die boek mag op die oomblik die hoofbepalers wees van hoe die Suid-Afrikaanse politiek vir ’n ruk gaan verloop, maar is beslis nie al rolspelers nie. Daagliks rol nuwe bomme uit die parlement van getuienis wat mense rondom Eskom en ander staatsentiteite lewer.

Zuma en van sy kornuite gaan voort om dinge kwyt te raak of te doen waarvan die graderingsagentskappe niks hou nie. Dit gaan volgens alle aanduidings beteken dat Suid-Afrika nog dieper in die rommel verstrengel raak.

Of dit Zuma en sy “empire” gaan laat val, is moeilik om te sê. Zuma het al baie erge flaters oorleef, en hy hét steeds ’n groot magsbasis van oningeligtes. Maar minstens word sy “empire” onder kwaai druk geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Eish ·

Lanklaas het n rubriekskrywerin so min woorde die ware oorsaak van Zuptafikasie in so min woorde saamgestel, ” n Groot magsbasis van onibgeligtes”
Puik artikel en n harde net om te kraak.

snoefie ·

ekskuus maar ek gaan dit weer sê. die man gaan altyd die dobbelstene in sy guns gerol kry. hy ken te veel van sy kollegas se geheime. ek wonder hoeveel van die sondes waarvoor die np vt die waarheidskommissie vergifnis voor gesmeek het, was omdat maar aangeneem het hulle mense het gedien.

GPC ·

Hahaha, met die val van NP regering was Pouw “uitstekendend”, noudat die ANC pakslae kry, is dit “fakenews”.
Kan maar net sit en lag vir die sirkus en sy baas wat nou paniekerig raak…..

Fourie ·

Rommelstatus is net nog iets vir Zuma om hardop oor te lag terwyl die ANC parlement hande klap. Zuma sal sê dis nie sy werk om daaroor wakker te lê nie. Dis die voetsoolvlak mense wat ly, ek en jy!

pieter ·

dit is nie net zuma en die guptas,rusland,china wat hom aan bewind hou nie,daar is n sOort van n mafia geld mag wat hom daar wil he. want nog nooit is daar soveel geld rondgegooi deur n regering nie,EK ONDERSTEUN WAT MAX OP KOMENTAAR GESE HET. EK HOOP NET NIE HY HOU SOLANK SOOS MUGABE NIE.

jan_alleman ·

wonder hoeveel boere gaan opdaag by die unie gebou die 25 ste , ek kry n gevoel dit gaan n byeenkoms wees wat niemand sal wil mis nie , ek vat sommer my braai ook saam

Grassie ·

Ek glo nie Zuma gaan hom veel aan die betrokke boek steur nie, die hele aangeleentheid gaan net soos water van ‘n eend se rug van hom afrol. Hy het nog nooit probeer om bewerings teen hom te weerlê nie, sy strategie is nog altyd om uit die hof te bly en dit het hy tot nog toe goed reggekry. Ek dink hy het nou net twee doelwitte – eerstens om volgende maand se beraad polities te oorleef en daarna om die kernkragooreenkoms voor 2019 beklink te kry. Anders gaan Raspoetin hom dalk karnuffel.

Disselboom ·

Die antwoord of hewige aanklagte Zuma gaan laat val, is noord van Suid-Afrika, in Zimbabwe. En in die Afrika-siening waar die sterke koning is. As Mugabe nou nog president van Zimbabwe is, moet mense besef dat ander dinge, maar nie klagtes van erge korrupsie en so meer, Zuma kan laat val nie. Daar bly ‘n soort (wan)hoop dat westerse demokratiese en morele lewenswyse hierdie sake bepaal: die besef moet eerder vroeër as later kom dat Afrika-magspolitiek en die diepgewortelde aanbidding van mag dinge bepaal; nie fyn westerse wetgewing en morele standaarde nie. Dit geld ook vir die skolewetgewing.

Willie ·

Ek glo die ANC besef werklik wat aangaan nie… Dink hule lewe in “Denial”….

kat ·

Die ANC is almal ewe korrup en sal nooit teen Z draai nie want dan val hulle ook. Ek sien Ramapoza wil vir Pandor ‘n deputy Presidentspos aanbied, maar sy was ook by die Guptas se troue. Wat se dit van haar? Net so korrup soos die res. Wonder of Ramapoza ook by die troue was? Kan iemand uitvind wie almal daar was – behalwe Pandor – wat defnitief daar was (Het haar groot gesien lag op ‘n foto met die Waterkloof-debakel)?

Tassey ·

Die geheim om mense wat deur beskermhere beskerm word onder te bring is om die beskermhere te identifiseer en hulle uiteindelik te vervolg. Dit laat koningkryke krummel.

Soekie ·

Ons gaan dieselfde pad as Zimbabwe, en ons gaan met Zuma ook sit so lank as wat Zim met Mugabe opgeskeep is. Daar is geen lig aan die einde van die tonnel nie. Ons gaan nog klippe kou in hierdie land. As ek kon, het ek lankal geemmigreer, maar nou-ja, meeste van ons is nie so gelukkig om dit te kan doen nie. Pyn en lyding is ons voorland!!!!

Anti Zumpi. ·

Ai my liewe volksgenote, Sien julle nie wat besig is om te gebeur nie? Wie van julle sien ons hemel Vader se plan vanaf Bloemfontein tot nou raak? Ons Vader het selfs oormagte met mekaar laat baklei en sy volk so die oorwinning gegee. Ek hoop julle het nog nie opgehou bid nie. Sit terug en geniet die werk van ons hemel Vader.

Valie ·

Herman, ek het groot waardering en agting vir manne soos Jacques Pauw en jyself wat nie bang is om ‘n ding op sy naam te noem nie.. ‘ n Versoek aan julle manne vanwie die menings aandag geniet: Waarom nie iets skryf oor ‘n vreemde verskynsel wat een van die grootste stremmende faktore vir ons volk is nie: OÏKOFOBIE, selfhaat, selfveragting soos gereeld deur die weense seunskoor geopenbaar?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.