Nuuskommentaar: Gaan jy dié jaar anders stem?

Argieffoto: Phillip Bruwer

Volgens verskeie opnames gaan moontlik ’n ongewoon groot groep mense vanjaar hul kruisies by ander partye trek as wat hulle voorheen gedoen het. Dit is ook die indruk wat ’n mens kry as na die leserskommentare in verskeie publikasies gekyk word.

Dit laat twee vrae: Is dit so? En indien wel, hoekom?

As die aanname gebruik word dat daar wel aansienlik kiesersmigrasie gaan wees, sou die volgende oorwegings vir die kiesersmigrasie oorweeg kon word: 

In die globale konteks 

  1. Talle instellings beleef ’n verskynsel van mobiliteit, waaronder kerke. Heelwat is al byvoorbeeld geskryf oor die NG Kerk wat lidmate om ’n wye verskeidenheid redes verloor. Dit geld ook ander, gewoonlik “tradisionele” kerke. Ander, dikwels splinternuwe denominasies, skiet op, en sommiges vorm kort voor lank mega-gemeentes. Baie mense is klaarblyklik nie meer so tradisiegebonde soos vorige geslagte nie, en beweeg na kerke of ander organisasies waar hulle tuis voel. Dit sal eintlik vreemd voel as dit nié politieke partye ook raak nie.
  1. Baie van die nuwe kerke het nie dieselfde sensitiwiteit vir die beginsel van soewereiniteit in eie kring nie. Predikante en kerkleiers van hierdie “nuwe” kerke het minder beperkings waar eie voorkeure uitgedruk kan word, uiteraard waar daardie voorkeure regstreeks ooreenstem met dit wat die kerk glo. Soms kom dit baie na daaraan dat gemeentelede van die kansel af aangesê kan word om nie vir partye (soms by die naam genoem) wat ten gunste van aborsies op aanvraag, of ’n keusevryheid aan lede gee, te stem nie.
  1. Die opkoms van die sosiale media se rol is nou so enorm groot dat dit goed vergelyk met die beïnvloedingsrol van die tradisionele media. Koerante wat openlik sekere partye ondersteun, of dié wat formeel onverbonde is, maar subtiel hul sogenaamde “bladsy 2” met ’n politieke party se nuus laai (en as dit te opsigtelik word en kritiek kry, dit so subtiel moontlik na bladsy vier verskuif), het nie meer die oorheersende invloed van vroeër nie. Soms word daar in die sosiale media so doeltreffend met “bladsy 2” die spot gedryf dat die koerant se geloofwaardigheid ook onder druk kom en ander partye juis weer bevorder word. 

In nasionale konteks onder meer gegrond op leserskommentare: 

  1. Afgesien van die ANC se tradisionele kiesers was daar ook ander mense wat hul kruisies daar getrek het, soos “andersdenkendes”, mense wat die wolhaarstorie geglo het van “ons sal jou stem wees,” idealiste, tendervryers en vele meer. Die ANC se prestasierekord is ná ’n kwarteeu al so geskaad (deur eie toedoen, en veral die afgelope dekade, dat hierdie groep kwalik nog sigbaar is. Selfs voorlopige aanduidings dat die Ramaforie dit weer sou laat opvlam, het volgens die meeste ontleders reeds weer teen die werklikheid verdamp. Pres. Ramaphosa het homself eenvoudig ook te veel in die voet geskiet, en skynbaar om die tweespalt in die ANC te oorleef ook nie genoeg aandag geskenk om minderheidsgroepe gerus te stel nie.
  1. Nie almal sal saamstem dat die DA nie meer so sterk as ANC-alternatief beskou word as voorheen nie, en dus nie meer so doeltreffend kiesers oor ’n wye spektrum van ideologieë en oortuigings trek soos voorheen nie. Ook kiesers wat op die oproep van hul stem vir die DA hul kruisies daar gaan trek het, is nou kopsku. Die mite van “stemme vermors” is oor soveel fronte ontmasker dat ander opsies oorweeg word. Die nuwe DA-leier, Mmusi Maimane, slaag volgens talle kenners nie volkome nie, en sy reaksie op onder andere Helen Zille se twiet oor kolonialisme het baie ondersteuners, veral uit minderheidsgroepe, ongemaklik laat voel. Die voorval met Patricia de Lille is nie baie doeltreffend hanteer nie. Oplaas het die konsep van ANC Light, en ’n ANC Mini-Me, ook geërodeer.
  1. Die taalkwessie, en veral die posisie van Afrikaans, het ’n groter invloed as wat diegene wat die rol van Afrikaans beperk of probeer beperk, vermoed het sou gebeur. Sekere faktore het ’n suurdeegeffek gehad, soos die opkoms van die Afrikaanse gemeenskapsmedia. Partye wat hul mediaverklarings slegs in Afrikaans uitreik, en verwag dat “die media” dit in ander tale moet vertaal, het nie kennis geneem van die eiesoortige eienskappe van die meeste gemeenskapsmedia nie. Bitter min het, ook weens institusionele beperkings, die vermoë om genoeg personeel aan te stel om nog vertalings ook te doen.
  1. Iemand het by geleentheid gesê ’n persoon het net ’n tikmasjien en ’n faksmasjien nodig gehad om ’n politieke party te kan wees, dan kan hy ’n politieke party wees. Die moderne tegnologie, soos e-posse, webwerwe, selfoontegnologie en ander vergroot die kommunikasievermoë van selfs die kleinste party om taamlik doeltreffend vir blootstelling met groot partye te kan meeding. As ’n party boonop groot kundigheid in sy media-afdeling saamtrek, kan ’n party soos die Vryheidsfront Plus ver bo sy gewigsklas meeding. Sommige partye skeep dit erg af, hoewel sommiges, selfs klein partytjies, besonder doeltreffend saamtrekke kan hou.
  1. Nadat die afgelope aantal jare aanvaar is dat die politieke situasie in Suid-Afrika stabiliseer in die sin daarvan dat die hordes miniatuurpartye, soos Kiss en Soccer, aan’t verdwyn is, is daar vanjaar weer ’n groot oplewing van hierdie partytjies – dermate dat waarskynlik ’n yslike groep kiesers ’n hele rits hiervan se name vir die eerste keer op die stembriewe gaan sien, en uiteraard geen benul gaan hê wat hul beleid is nie. Baie van hierdie partytjies se vernaamste strategie is skynbaar om hul name met ’n “A” te begin sodat hulle so na moontlik aan die bokant van die stembriewe te kry is. Hulle teer dus op oningeligte kiesers.

Of hulle kry name moeilik te onderskei van die groot partye, en teer dus weer op kiesers wat nie baie geletterd is nie. Wat egter opvallend is, is dat selfs die onbekendste partytjies met die aanwys van kandidate vol lyste kon bewerkstellig, met ander woorde 30 kandidate kon werf in die kleiner provinsies, en meer in die groter provinsies. Dikwels sou hierdie kandidate uit eie sak hul eie aandeel in die depositokoste (sowat R1 500 in die kleiner provinsies) moes opdok. In teenstelling met die vroeëre Dinky Toy-partytjies is die meeste van die nuwes, te oordeel na die kandidatelys, feitlik uitsluitlik swart. Dit kan moontlik op ’n groter mate van politieke diversiteit dui, ofte wel dat die ANC nie die enigste opsie vir swart kiesers is nie. Die SAUK se besluit om slegs die manifes-bekendstellings uit te saai van partye wat in die parlement verteenwoordig is, is egter vir die klein partytjies ’n groot terugslag. Selfs die SAUK se voormalige de facto-hoof, Hlaudi Motsoeneng, het hieroor ’n hofsaak met koste teen die SAUK verloor.

Hierdie lys faktore, of moontlike faktore, is nie naastenby volledig of selfs die belangrikste nie. Dis ook iets wat eers ná die verkiesing behoorlik ontleed sal kan word. Maar tog lyk dit of ernstige partye graag inligting sou wou hê wat die geldigheid hiervan bevestig of nie, sodat foute in die rukkie wat oor is, so goed moontlik reggestel kan word.

Wat dink jy?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

125 Kommentare

MOEDELOOS ·

My stem is nog tussen 2 partye VF+ Want hul doen moeite
en DA want hul is maar die grootste kompetisie teen ANC

nou ja laat ek my stem gebruik
die wat nie stem nie kan ook nie kla nie

Spatare ·

Ja nee wat ek hou maar DA.
Dit is die grootste kompetisie. VF Plus is te klein.

Koos ·

Die DA het die VF+ en andere nodig om sterker teen die ANC te staan. Alleen kan hulle nie genoeg getalle kry om meer as 50% stemme te hê nie. Stem met jou hart en kop. Die mite dat jy jou stem mors op ‘n kleiner party is juis by die DA uit gedink, om kiesers soos jy onseker te maak.

Pieter ·

@Moedeloos en @Spatare – die DA is self te klein om die ANC alleen te stop. Slegs ‘n koalisie van verskeie partye staan saam ‘n kans om die ANC te keer. Om eerlik te wees die benoude spronge wat die DA die laaste ruk maak, maak my baie bekommerd. Soos dinge tans lyk gaan hulle bloot die ANC se beleid meer effektief toepas.

Stem vir die party wat jou belange bevorder en gee hulle ‘n groter en sterker stem in so koalisie. Dis die enigste manier om dit wat vir jou belangrik is op die agenda te plaas.

Gert ·

Spatare: Ons huidige kiesstelsel werk anders as in die ou Suid-Afrika: Ons het nou ‘n proporsionele kiesstelsel, iets wat hom leen vir koalisies. So: Of 20% stem vir die DA en 1 % vir die VF+, is presies dieselfde effek as wanneer 15% stem vir die DA en 6% vir die VF+, in die tweede geval word daar egter meer gedoen vir die Afrikanerbelange, want die DA se eerste prioriteit is om sy swart kiesers gelukkig te hou, en as hy iets doen vir Afrikaners, verloor hy sommige van sy swart ondersteuners.

Cherokee ·

Die alternatief Moedeloos en Spatare, is om maar vir die DA te stem. Die probleem daarmee is om daarna jou gewete te face wanneer diè jou aankla omdat jy vir regstellende aksie gestem het ten spyte daarvan dat diè beleid al Eskom tot bankrotskap gedwing het. En dat jy vir ‘n politieke party gestem het wat alles in hul vermoeë doen om Afrikaans af te breek. Ek hoop Elana Barkhuizen vra julle eendag vir wie julle gestem het. Of die blanke ouers wie se kinder oorsee moet gaan werk omdat julle twee stem vir dit wat julle regstellende aksie noem.
Ek maak nou ‘n voorspelling (eintlik al lankal gedoen) net soos (nou) niemand ja gestem het nie, sal julle DA-aanhangers kort voor lank ook te skaam wees om te erken dat julle DA gestem het.

Meester ·

Die VF is groot genoeg om hier in ons deel van die land n baie groot verskil te gemaak het.

Elred Ferreira ·

Ek gaan nie stem nie.Die antwoord lê beslis nie binne die parlementere politiek nie.Die DA het in n grap ontaard,die VF bereik boggerol behalwe om pragtige toesprake te maak…..Afriforum en Solidariteit bereik in n 12 maande tydperk meer as wat of die DA of die VF in n 10 jaar tydperk bereik….as jy stem dan aanvaar jy die Piesang Republiek van Suid Afrika is legitiem!

Meraai ·

So in der waarheid stem jy dan ANC…….baie geluk hoor!!!!!

Stem ! ·

Elred,
Dit is duidelik dat baie mense nie die proses verstaan nie. Dit is uiters belangrik dat daar gestem moet word aanesien elke stem buite die ANC die ANC swakker maak. Mens moet gaan stem vir die party wat jy glo ou morele waardes ondersteun. As jy nie stem nie moet jy dan ook nie kla of die land n piesang republiek is nie, want dit is juis so omdat daar te veel mense wegbly van die verkiesing en agterna wil kritiseer en sleg maak.

Dries du Toit ·

Eldrid jy moet onthou dat jy eendag aan jou kinders moet verduidelik dat jy ook die oorsaak is vir hulle ondergang deur jou eie mense te verloen deur hulle nie te ondersteun nie.

Vonna ·

Elfred ons moet saam saam saam staan. Hou op dwarf trek en stem DA of VF

Vonna ·

Elfred ons moet saam saam saam staan. Hou op dwars trek en stem DA of VF!!

Sandra ·

Belangrik dat elke liewe mens gaan stem. Al trek jy ‘n kruis oor die stembrief en dis ‘ n bedorwe stem. Dit beïnvloed die stempersentasie.

Karn ·

sê ek ook Elred, dis jou REG om nie te stem nie, jou keuse.

willem Botha ·

Ek stem nog altyd DA maar dit is nou klaar van nou af stem ek VF+ en die rede is die swak DA raadslede in my wyk en die feit dat die DA nie hom uitspreek oor wat reg of verkeerd is nie terwille van polities korektheid magsbeheptheid ten koste van die minderhede

Frank ·

Nie ‘n saak met plaaslike raadslede nie. Altyd nog DA gestem vir streek (Kaap) en VF nasionaal. DA se ruggraatloosheid en beleidsloosheid is egter erg blootgelê. Almal wat iets wil bereik MOET in ‘n koalisie ingaan. So, ek gaan maar so stem sodat ek rustiger kan slaap en met my gewete kan saamleef.
Maar almal MOET stem, ononderhandelbaar!

Manie ·

Mense Asseblief gaan stem net dit is die belangrikste. DA VF+ COPE wie ook al jy voel jou stem werd is. Elke liewe stem tel selfs bedorwe stemme het invloed op die ou einde. As jy nie stem nie bevoordeel jy die grootste party. Baie Dankie

JoeS ·

Nee wat die jaar mors ek nie my tyd om ver te travel om te stem nie. Mors van tyd en geld.

Johan ·

Deur nie te stem nie word die ANC se posisie versterk. Jou stem tel, glo my!

Vonna ·

Mense soos julle….is die mense wat nà die verkies ingredients kla!!! Die regarding doen dit en dat verkeerd. Wees n man en gaan stem!!!!

Sandra ·

Kyk tog na die scenario’s wat Dries du Toit geskets het en sien hoe belangrik elke stem is.

Johan ·

Die meeste aspekte van die DA se beleid is ‘n gekloonde ANC beleid. Die beste voorbeeld is dat hulle ewigdurende regstellende aksie steun. Hulle is té kleur bewus.

JoeS ·

@Vonna, ek kla glad nie, bly al vir 13 jaar nie in SA nie. Dis net nie die tyd en geld werd om ver te reis nie.

Willem ·

Ek reis op 27 April vanaf Sydney na Canberra in Australië om by die SA Hoë Kommissaris te gaan stem. n Dag en ongeveer 550km se heen-en-weer ry. Ek doen dit omdat ek omgee wat met SA gaan gebeur, ten spyte dat ek nooit weer in SA sal woon nie. Ek vind dit verstommend en teleurstellend dat my mede Afrikaners so bitter min omgee dat hulle gaan wegbly!

Katryn ·

Jou mede Afrikaners het boedel oorgegee. Die stryd is oor en verby. Bly maar lekker in Oz, want die SA wat jy geken het bestaan nie meer nie.

gatiep ·

Dankie Willem ek dink net mense is al moedeloos en gee nie meer om wat gebeur nie.

Ronel ·

Willem ek saluut jou! Ek staan magteloos en moedeloos oor sovele wat net nie wil stem nie – wat nie 20 km wil ry om ‘n kruisie te trek nie…

Dries du Toit ·

Willem met sulke Afrikaners het ek tog hoop vir ons ou volkie. Jy sal onthou word. Ons salueer jou

Annamarie Olivier ·

Willem ons is dankbaar vir sulke mense soos jy wat nog stem.

Jon ·

@Willem, sien jou daar! Na die tyd gaan n paar van ons by die Double Drummer bymekaar kom vir n koffie of biertjie, jys welkom om te join!

Morrie ·

Stem saam met willem Botha. DA kruip weg wanneer dit belangrik is. Hulle dans ook om vrae en beantwoord dit nie reguit nie. Ek val ook nie meer vir die nonsens van DA is ANC se enigste alternatief nie. Van nou af stem ek met my hart en kop, en vir die verkiesing sal dit VF+ wees. Vir die mense wat nie gaan stem nie, dis niks meer as opgee nie. Staan op en maak die wedstryd klaar. Jy kerm elke dag oor banana republic maar sit op jou agterstewe en niks doen om dit te probeer beter maak nie.

Francois Joubert ·

Morrie, ‘n baie goeie voorbeeld vir die wat nie die moeite wil doen om te gaan stem nie is die laaste verkiesing in Amerika. Baie Amerikaners het nie gaan stem nie want Donald Trump sal mos nooit wen nie. Die wat wel gaan stem het, was so anti-Clinton dat dit die appelkar omgegooi het. Ons sosiale berekeninge op kantoor was dat Trump minder as 50% van die stemme getrek het, maar die regte areas gewen het en daarom die president geword het. Die nie stemmers het gehelp om hom daar te plaas.

Kriekie ·

Ek het nou in die Kaap gekuier. Lyk my dis al provinsie waar dinge nog werk. Daar word bestuurders vasgevat oor oortredings, lekkende pype dieselfde dag reggemaak en dis skoon. Die DA doen nie so sleg nie, al is ek bitter teleurgesteld in hulle.

Francois Joubert ·

Moenie die eersdaagse Nasionale Verkiesing met die Munisipale Verkiesing verwar nie. Ek dink op Nasionale vlak is daar meer insette nodig as die gewone ANC vs DA.

Gert ·

Spatare, so jy is verantwoordelik vir die afskaling van Afrikaans in die Weskaap, soos byvoorbeeld binne die wetgewer waar die DA besluit het om weg te doen met Afrikaans, en dat in ‘n 80% Afrikaanse provinsie daar nou 4 Engelse universiteite is en nul Afrikaanse universiteite. Geluk!

Boesman ·

Gert, Afrikaner akademici, en lede van die raad en senaat het Stellenboch se taalbeleid gestoomroller. Afrikaanse studente het ook maar oorgegee. Blameer diè verraaiers. Die DA het in elk geval geen magte om in te meng nie by universiteitsake nie. Kampus sekuriteit sou hulle wegjaag.

sweis ·

Maak die VF+ sterker dat waneer hy saam met die DA in n koalisie is hy sy kiesers se belange kan uitlig.Die DA het nie die minderhede se belange nie kyk maar na die raadslede in die moot,beteken niks mors van stadsraad geld.Hulle het modelle geword vir die plaasliKe koerant net aktief voor verkiesings

bosluis ·

Die DA is n boelie as dit kom by sy koalisie partye! Gaan kyk maar, die verhouding het altyd nog suur uitgedraai omdat die DA nie sy koalisie partner respekteer nie.

Philippus Janse van Rensburg ·

Dat die DA ‘n konglommerasieparty is, waarin soveel as moontlikvan verskillende beleide en ooruigings, sowel as kultuurgroepe, saamgemeng word, maak dit onwaarskynlik dat hulle duidelike antwoorde op die mees kwellende vraagstukke het.
Die VF+ bied, na my oortuiging, redelike en oorwoë oplossings. Minderhede word te maklik ondergeploeg, juis die veld waar ons die meeste behoefte aan standvastige weerstand het.
Die geraasmakers en dreigendes sal ons hê, verstandige kiesers sal hulle ignoreer want hulle het net leë beloftes.
Ongelukkig, soos te wagte, sal die kanonvoer maar weer vir die Groot Verbruiker,(en Misbruiker), stem!
Dat die pot aan die kook is, en daar maklik ‘n heksebrousel kan voortkom, gegewe die swak leierskap en sterk ondergrondse bekokings indie ANC, behoirt die burgery tot wakkerheid te roep, maar, dalk is te veel mense té gerus.

Dorothy ·

Ek wil ‘n dom vraag vra want ek weet nie. Wat is die verskil tussen Vryheidsfront Plus en Afriforum en Solidariteit. Is hulle verskillend?

Judge Dredd ·

Vryheidsfront = politieke party
Solidariteit = werkers unie
Afriforum = Burger regte organisasie

Van hulle belange oorkruis wel.

Willie ·

Afriforum en Solidariteit staan buite die politieke spektrum en kan niks vermag binne die parlement nie. Alhoewel hulle uitstekende werk doen vir ons burger regte, internasionale bewusmaking, is hulle steeds nie politieke partye nie. Nou as VF+, Solidariteit en Afriforum daadwerklik hande sou vat op die politieke front, sou dit ‘n reuse stap in die regte rigting wees om ons boerevolkie op die politieke front, ‘n krag te maak om mee rekenining te hou!

Louis ·

As ek reg dink is dit as volg:
VF plus is ń politieke party wat hulle standpunte binne die parliment voorlê en verdedig…dis vir hulle wie jy stem by die kieserlys.

Afriforum is n onafhantlike burgerregte organisasie en Solidariteit is n vakbond beweging wat jou regte binne die werkplek beskerm.
Hoop dit help.

Sarie ·

Die VF+ is ‘n politieke party. Afriforum en Solidariteit is burgeregte organisasies. Solidariteit is ook ‘n vakbond.

Koos ·

Die VF+ is ‘n politieke party wat in die regering dien. Afriforum is ‘n organisasie wat hulle beywer vir Afrikaanse mense. Solidariteit is ‘n werkers unie. Maar tog tree al drie op in my belang, maar ek kan net vir die VF+ stem tydens die verkiesing want die ander 2 is nie politieke partye nie.

Johan ·

laasgenoemde 2 is nie politieke partye nie. Hulle is burgerlike organisasies.

Dries du Toit ·

Dorothy as die VF+ verswak gaan Solidariteit en Afriforum ook n knou kry. Beantwoord dit jou vraag

Dries du Toit ·

Mense ons moet regtig hard dink voor jy besluit dat jy gaan wegbly by die stembus. Kom ons kyk na twee scenarios.
Scenario 1
14 miljoen kiesers
Net 10 miljoen stem
6 miljoen stem ANC
4 miljoen stem DA
4 miljoen stem nie
Die resultaat gee jou dan die volgende
240 setels vir die ANC
160 setels vir die DA

Scenario 2
14 miljoen kiesers
Al 14 miljoen stem
6 miljoen stem ANC
4 miljoen stem DA
1 miljoen stem EFF
1 miljoen stem VF+
1 miljoen stem IVP
1 miloen stem ACDP

Resultaat is dan
ANC =172 setels
DA= 116 setels
EFF = 28 setels
VF+=28 setels
IVP=28 setels
ACDP=28 setels

Dan het die ANC nie meer n volstrekte meerderheid nie. So eenvoudig is dit. Gaan stem asb tog

Dries du Toit ·

Mense ons moet regtig hard dink voor jy besluit dat jy gaan wegbly by die stembus. Kom ons kyk na twee scenarios.
Scenario 1
14 miljoen kiesers
Net 10 miljoen stem
6 miljoen stem ANC
4 miljoen stem DA
4 miljoen stem nie
Die resultaat gee jou dan die volgende
240 setels vir die ANC
160 setels vir die DA

Scenario 2
14 miljoen kiesers
Al 14 miljoen stem
6 miljoen stem ANC
4 miljoen stem DA
1 miljoen stem EFF
1 miljoen stem VF+
1 miljoen stem IVP
1 miloen stem ACDP

Resultaat is dan
ANC =172 setels
DA= 116 setels
EFF = 28 setels
VF+=28 setels
IVP=28 setels
ACDP=28 setels

Dan het die ANC nie meer n volstrekte meerderheid nie. So eenvoudig is dit. Gaan stem asb tog..

Basjan ·

Dries, jy gaan bars om Max du Preex, Melanie Verwoerd en Adriaan Basson te oorreed om vir die VF+ te stem.

Willie ·

Ek en my familie is klaar met die DA. Hulle is duidelik gekaap deur ‘n linksgesinde faksie en het in die laaste twee jaar al hoe duideliker getoon dat hulle geen empatie met Afrikaners en die Boere gemeenskap het nie. Nee wat, die DA is nie ons mense nie. Die VF+ is die enigste politieke party at werklik na ons belange omsien, dus is die keuse logies. Deur vir die DA te stem met die argument dat hulle die enigste groot party is wat die ANC kan klop, is dieselfde illusie waaraan die meeste ANC ondersteuners ly, nl vrees dat die kleiner partye nie ‘n verskil sal kan maak nie. Die DA sal NOOIT eiehandig die ANC op nasionale vlak verslaan nie en sal steeds met die Duiwel (EFF) in die bed klim om mag te probeer bekom. Hoe sal dit ons mense bevoordeel?

J.P ·

Ek het altyd DA gestem maar dink nie meer ek wil nie want ek voel hulle begin teveel die selfde standpunte inneem as ANC om stemme tewerf. Dit werk nie meer vir my nie. Ek soek n party wat veg vir wie ek is en wat ek glo. Dalk VF hulle voel meer opreg.

T ·

Ek dink meeste van ons is maar tussen die DA en VF+.
Dit bly ‘n moeilike besluit. Mag die Here ons lei om die regte besluit te maak.
Maar stem moet ons stem!

Teleurgesteld ·

Wat my die meeste omkrap van die hele opkomende verkiesing is mense wat se hulle gaan nie stem nie. GOEIE GENADE! Wat verg dit jou om van jou agterend op te staan en te help? Nee wat ek is diep teleurgesteld en eintlik BOOS vir hierdie mense.
As jy so iemand ken sleep hulle op stemdag na die stembus toe ASB mense!

gatiep ·

Ek voel die keer baie sterk om te stem vir my mense ,nie omdat ek rassis is nie maar omdat daar geen plek vir Afrikaners is in die reenboognasie nie.
VF+ Stem ek vir die eerste keer.
Die mors van stem slogan van DA om vir VF+ te stem is nog n groter bewys vir my VF+ is die regye party.

hannes ·

Dorothy.
Die Vryheidsfront plus is n politieke party.Solidariteit is n vakbond en Afriforum is n burgerregtelike organisasie. Elkeen het dus n ander terrein waarop hul , hul toespits.

Wil jy nie stem nie? ! ? ·

Ek is verstom om te lees dat daar mense is wat liewer nie hul tyd wil “mors” om te stem nie. komaan mense, staan op vir wat reg is. STAAN OP VIR SUID AFRIKA! jou stem tel verseker. ek kan nie glo dat selfs in die benoude tyd waarin ons nou leef, is daar mense wat dink hulle kan maar net tuis bly en nie stem nie. bly jy tuis, stem jy vir die ANC en klaar. ek myself gaan vir die Here vra vir watse party ek moet stem en dan bid ek vir geregtigheid en vir die omdraai van Suid Afrika. ek bid ook vir lewe oor ons land.

Leeann ·

Ek gaan defnitief stem maar nie die keer vir die DA nie. Hulle staan ons nie meer by op alle vlakke soos voorheen nie. My stem gaan defnitief na die VF+ toe die keer. Hoe meer stemme hulle kry hoe meer setels het hulle in Parliament en dan het hulle ook ‘n groter sê hê.

Chris Deb ·

Ons moet asseblief almal stem! Ons het ‘n proposionele stelsel wat beteken elke stem tel. As daar 50 setels is en jou party kry 20% dan het jy 10 setels. Om nie te stem nie beteken jy help die anc.

Madel ·

Ek stem VF+, want hulle het werk gemaak met die Transnet pensioene! Geen ander party sou dieselfde werk ingesit het nie!!!

Liza ·

Nou moet die VF+ begin werk aan geografiese selfbeskikking vir Afrikaners.

Eben ·

Ek is seker daar is ander wat ook sou help indien dit vir hulle moontlik was.

Die ANC gaan in ieder geval nie net die Transnet pensioene nie, maar *alle* pensioene ontein sonder vergoeding. Dit is ongelukkig ‘n gegewe.

Sonder ons eie land is daar geen kans vir ons nie.

Frank ·

Lisa, sou dit ‘n paar jaar gelede nooit oorweeg het nie, maar in hierdie pragtige stoomroller land van ons van korrupsie, misdaad, agteruitgang en totale anargie, begin die geografiese selfbeskikking al hoe meer na al opsie vorentoe lyk.

VanAfrika ·

Ek dink dit is n stupid opinie om te sê dat die VF te klein is. Dis juis deur sulke aanmerkings dat die VF klein is. Julle wat nie wil stem nie, haal die skille van julle oë af. Hoe meer stemme VF hoe meer stoele kry hulle en hoe meer wyke kan VF beheer. Dit is tog waarvoor hulle baklei. Hoe meer stemme hoe meer kry ons. Regtig!!!!!

Eben ·

ANC + EFF > 66% == die grondwet verander en ons eiendom word onteien sonder vergoeding. PUNT!

Geen koalisie gaan help nie aangesien geen teenstand gebied kan word nie. Ons gaan nou lewe in ‘n kommunistiese staat. PUNT!

Of ons kan stem vir selfbeskikking. Die keuse is vir my heel eenvoudig. Dink asseblief mooi hieroor.

Wat kan mens verwag van die VF+ indien mens vir hulle stem? Dieselfde as die laaste 25 jaar? Dit wil sê: niks. Of dalks opposisie? Indien opposisie sien maar my eenvoudig formule op die eerste lyn.

Hierdie gaan ons *laaste* politieke kans wees mense. Moet asseblief net nie VF+ stem en dan emmigreer nie. In daardie geval kan uw eerder stem vir selfbeskikking vir die res van ons wat hier bly.

Die DA is anti-blank en heeltemal links. Hulle wil maar net oorneem by die ANC en dan gaan die plundery maar voort.

Johan Stoffberg ·

Het voorheen vir DA gestem maar nadat hulle elke ding wat gebeur het onmiddelik gasisties gemaak het het ek besluit ek kan nie meer vir hulle stem nie. kyk net wat was hulle reaksie toe Naas en kie se ding op TV gebeur het.

Jerry ·

Die VF het foute gemaak wat ek nie weer gaan herhaal nie. Die DA het foute gemaak wat ek ook nie weer gaan herhaal nie. Alle teenrevolusionere opposisiepartye het foute gemaak, maar dieselfde kiesers gaan weer vir dieselfde partye stem. Diegene wat op social media gese het hulle gaan nie weer vir die DA of vir die VF stem nie het hulself net skuldig gemaak aan fopnuus/propaganda ten einde eintlik hulle party te probeer bevoordeel. Dit kon maklik afgelei word van die toon wat gevolg was en kommentaar wat daarop gevolg het. Dit gaan egter geen noemenswaardige vrugte afwerp nie, omrede mense besef dat hierdie n tipe maak of breek verkiesing gaan wees vir die redes oor hoekom hulle in die eerste plek n spesifieke party ondersteun. Mense is dus bereid om net nog n laaste keer met hulle oorspronklike party te waag. So aan die teenrevolusionere kant van die draad sal daar geen noemenswaardige toename of afname in kiesersgetalle wees nie. Wat die revolusionere kant van die draad aanbetref gaan talle nuwe partye kiesers weglok van die ANC, maar ook geensins noemenswaardig in getalle nie. ANC kiesers wat ook gatvol is gaan nie na die teenrevolusionere kant na die DA oorloop nie, nee hulle gaan oorloop na nuwe revolusionere partye wat steeds saam met die ANC aan die revolusionere kant van die draad staan. Opposisiepartye vergeet dat wat vir teenrevolusionere opposisiepartye ANC mislukkings is, is vir die revolusioneres, suksesse en oorwinnings!

MEYER ·

Dit maak saak dat elke suid afrikaner stem. Solank dit vir die regte party is. Ons kan anc uit stoel lig en die ander sirkus partye weg hou of kleiner sê gee in parlement

Dries du Toit ·

Francois doen jouself die guns en gaan lees Rhoda Kadali se goed nagevorste artikels op MM. Dan kan jy sien hoe word die wereld n klomp ₩¥€#* gevoer deur die liberale nuus netwerk CNN (Clinton News Network)

Bittergal ·

Ek sal nie stem nie, en JA, ek mag oor alles kla want ek betaal elke maand ‘n klein fortuin aan belasting..

Gert van Wierdapark ·

“Good people vote for the Good Party” – dis die alternatiewe antwoord wat ons soek!

Craig ·

As waardes en bevoegtheid vir jou saakmaak gaan kyk na die nuwe ZACP (Pers Koei), geen nonsens daar nie.

Susan de Klerk ·

Ongelukkig is daar spoggerige mense wat dit as benede hulle sien om tussen gewone mense in ‘n ry te staan om te stem.

Gaitsigubib ·

Jy moes dalk nie jou van genoem het nie, dan sal baie meer mense saam met jou in ‘n ry wil staan. In watter ry staan die verraaiers? Weet jy?

Ben ·

Mens hoef nie nasionaal (waar wette soos regstellende aksie gemaak word) en provinsiaal (waar meer lokale besluite soos skole geneem word) vir dieselfde party te stem nie. Vir diegene wat sukkel om tussen DA en VF+ te besluit, veral in Gauteng … oorweeg VF+ nasionaal en DA provinsiaal

Francois Joubert ·

Presies my denkwyse ook. Moenie die twee verkiesings verwar nie.

Craig ·

Selfde hier, maar nationaal vir die nuwe ZACP, bloot uit prinsiep.

Anton Alberts ·

Onthou asb dat die DA in Gauteng vir Lesufi wat Afrikaanse skole aanval op hulle rapport 75% gegee het. Dis ‘n onderskeiding vir n man wat geen respek vir die Afrikaanse gemeenskap het nie. Ons kinders word dus onder n bus gegooi deur die DA se steun aan die rassistiese ANC. Daarom beter om die VF Plus sterker te maak in Gauteng om n koalisie te vorm om die ANC uit te gooi. Die VF Plus sal dan die portefeulje oor onderwyser opeis en moedertaal-onderrig beskerm. Tans is die VF Plus die 3rde grootste party in Gauteng en dus n belangrike rolspeler vir die skep van enige koalisieregering. Dankie

Therese van Schalkwyk ·

Anton Alberts

Eintlik tragies om te lees hóé oningelig stemgeregtigdes is.
Dit dui op grootskaalse versuim om potensiële kiesers deurlopend in te lig oor hierdie sake; wat dit kón beteken as die VF Plus se hand versterk sou word.
Voorspoed en baie sterkte!

barend ·

die Afrikaner bly maar onnosel as dit kom by die stembus .daar is nie te klein party nie .hoe meer steme vir n party hoe meet verteenwoordiging kry ons in die parlament .
hoe meer verteenvoorging ons in die parlament het hoe langer kan ons praat .neem die stellingdaar was 70000 stemme 40000 a.n.c 40 verteenvoordig 30000 vf= 30 Verteenvoordig dan het ons mos n se .Dink n bietjie Afrikaner dink .Dan kan ons n spreek buurt kry van 30 min kies reg stem groen

Chris Ws ·

Solank ek en my vrou blank is , sal ons vir ‘n blanke party, nl.die VF+,stem.Ek stem beslis nie vir die vyand nie en al die ander partye is my en my vrou se vyande agv hul leiers en beleid.

Boesman ·

Die VF+ het ook bruin lede. Peter Marais in die Weskaap is bruin.

Mark ·

Sou graag wou stem maar alle partye in ons land is Demokratiese partye, hulle glo alle gelowe is gelyk, dat jy kinders mag aborteer, dat lyfstraf onwettig moet wees. Christene of “ware Christene” glo wat die woord se. Jesus Christus is die enigste ware God en alle ander gode is benede Hom. Dat God jou geken het voor jy in jou moederskoot was en dat wat nie sy kinders tug nie nie sy kind lief het nie. Ek stem vir Jesus, hy het tereg gewys daarop dat in die laaste dae sal die duiwel ons mislei (met ‘n stelsel wat die hele wereld sal volg)

koos ·

Mark. Jy veralgemeen nou vreeslik. Gaan lees (daai letters op papier ding) op oor alle partye en besluit dan weer of jou eerste stellings reg is en jou uitsprake Christelik is. God is in beheer, ek glo dit, maar Hy het ook vir my verstand gegee wat ek gebruik.

Basjan ·

Maar Jesus se naam verskyn nie op die stembrief nie. Hoe nou gemaak?

Johannes ·

Mark as jy graag wil stem en vir die bevordering van Christelike waardes wil stem is daar net twee keuses:

Die VF+ of die ACDP

Hierdie is na my mening die enigste twee partye wat op streng Christelike waardes gebasseer is.

Die res is anti-Christelike partye wat anti-Christelike waardes steun en bevorder.

Boesman ·

Die ATM is ook ‘n Christelike party met predikante in beheer.

Craig ·

Ek het tot ‘n maand terug geen idee gehad hoe om te stem nie, maar in Gauteng is dit vir my nou baie duidelik. DA in die provinsie en ZACP (Pers Koei Party) nationaal. Vir die eerste keer kan ek stem sonder om so bietjie in my mond op te gooi. As ek is die Wes-Kaap gebly het sou ek Kaap Party in die provinsie gestem het en steeds ZACP nationaal.

RG ·

Ek skedadel solank na die uitgang saam met Kaap Party maar VF Plus nasionaal

John ·

Goeie genade … maar ons het ‘n hele paar Afrikaanses wat so lekker beledigend is teenoor diegene wat nie gaan stem nie. Dit is ons volle reg om op te hou maak of hierdie ‘n demokratiese land is. Ernstige kwessies word skeefgetrek deur die twee partye wat nou glo die glo die Afrikaners se saak dien. Met die VFPlus wat ‘n wit/bruin-gemeenskap/grondgebied nastreef is my opsies gekelder. Die Pieter-slaners is ou NP’s wat gryp na uitskieter-Kaapses om 3 ooms in die parlement te borg… met die as ‘ons sè’-slaan-terug-praakkoor en our Steve-prez-in-waiting wat net teen betaling Die Stem uitbulder… al die pad na nèrens…

Wim Kotze ·

F, ‘n party het meer as 5000 stemme nodig om ‘n setel te kry. Jy gaan jou stem verkwis.

Frik Lotz ·

VF Plus veg vir die regte van minderheidsgroepe en ons taal, Afrikaans. VF Plus is gekant teen regstellende aksie, SEB en onteiening sonder vergoeding. Pieter Groenewald is ook n sterk leier met integriteit en dra mense se belange op die hart. Dus, stem beslis VF Plus!

Liza ·

Ongelukkig is die VF+ laks wanneer dit kom by geografiese onafhanklikheid.

Spook Masjien ·

As jy gaan weg bly, hou dan op moan oor hoe sake huideglik uitspeel in die land.
Vir die gene wie se sinne nog nie beroof is nie, hier is my raad;
Gaan lees elke party se manifes, besluit dan so vir wie jy gaan stem.
Moet nie val vir die DA se “Klein Party = Mors van stem” lieg storie nie.
Maak seker jy laat jou naas bestaandes verstaan hoe belangrik dit is om te stem.

Wanneer dit kom by die DA. . . ek sal nooit weer vir hulle stem nie;
“The definition of insanity is doing the same thing over and over and expecting different results”
-Albert Einstein
Ek dink dus tyd vir ‘n verandering.

Hendrik van George ·

Ons werk in die buiteland. Met die vorige verkiesing moes ons ure in die warm son staan sodat ons kon stem. Nadat ek gehoor het dat ALLE buitelandse stemme uitgebring minder as 0.6% was stemme uitgebring, het ek besef dat dit ‘n mors van tyd is. Dit was nie eers genoeg vir 1 parlementêre verteenwoordiger nie. Het toe besef dat dit maar eintlik al rede was waarom die cANCer buitelandse stemmery toegelaat het. Gaan eerder sport op TV kyk….

Piet ·

Ek stem saam met Mark. Politiek en stemmery is mens gemaakte instellings. As jy stem se jy eintlik ons het nie God nodig nie. Ons kan ons eie heil uitwerk. Laat my dink aan die Israeliete wat ongelukkig geraak het omdat God hul gelei het. Toe soek hulle n koning. Toe kry hul vir Saul. Die res is geskiedenis.

Judge Dredd ·

Ja Musi – It’s time for change! – weg van die DA af.

Gielie Hill ·

Nee, nou ACDP. Christene moet saamstaan bo kleurverskille en die euwel in ons politiek in geloof beveg.

Adam ·

Onder die partye wat in die parlement verteenwoordig is, is daar GEEN blanke party nie en dit sluit die VF+ in. Blankes verteenwoordig minder as 8% van die bevolking en dit sluit nie net stemgeregtigdes in nie. Daar is GEEN kans ooit vir selfbeskking en volkstate ens nie. Elke party waarna hierbo verwys word, skiet ver te kort. Ironies genoeg wil ‘n ekspat ons probeer oortuig dat sy mense opgegee het. Liewe aarde, hy het opgegee en die bewys is dat hy nooit weer in SA sal woon nie. Ek sou graag wou sien dat iemand vir my gesubstansieerde redes kan verskaf oor hoekom Afrikaners vir die fantastiese VF+ moet stem. Ek verstaan die proporsionele stelsel goed en al wat ek wil weet is hoekom iemand verkeerd sou wees as hy die VF+ as polities impotent ervaar of aan die lag wil raak nader Profeet Pieter van die Kaap nadergesleep is.

Judge Dredd ·

Want om na grashalms (VF+) te gryp is nogsteeds beter as om niks te doen – Om nie eens te praat van die wat vir partye stem wat aktief teen jou taal en kultuur gekant is (DA).

Tweedens – as mense nie die VF+ ondersteun nie, dan hoe verwag jy nou dat hulle iets vir jou moet/kan doen?

Die VF+ sal nooit die meerderheid kry – reg.
Maar met koalisies het minderhede wel mag.
Ons kan sien wat EFF met slegs 6% stemme vermag.

Wat nou belangrik is dat ons VF+ se 0.8% stemme opstoot tot 3%+ stemme – dit sal hul waarskynlik die 4de of 5de grootste party maak.
Groter se in koalisies.
Groter teenwoordiging vir ons mense,taal en kultuur.

Liza ·

‘n Volkstaat sal nie vanself kom nie. Daar sal baie hard gewerk moet word om dit te laat realiseer. Die vestiging van ‘n Volkstaat aan die Weskus waar ons kan woon en werk is realisties. Daar sal ‘n dag kom wat ons met geen ander alternatief laat nie. Ander opsies is min. SA het klaar gefaal. Ons woon nou in ‘n “ganster” staat wat deur War Lords in plakkerkampe beheer word. En daar is niks wat ons of die ANC of enige ander party daaraan kan doen nie. DIe werklose swart jeug is besig om op te staan en hulle is nie ons vriende nie. Trouens, Afrikaners het nie vriende nie, ons is op ons eie.

Adam ·

Dankie Judge. Ek glo ek en jy is op dieselfde bladsy wat ons politiese lot aanbetref. Jy meld tereg dat om vir die VF+ te stem eintlik die gryp na strooihalms is. Die nare werklikheid is egter dat die VF+ in sy huidige vorm nooit 3% by die stembus sal haal nie. Jy meld ook tereg hoe baie die EFF vermag, maar let daarop dat dit nie langs die politieke weg behaal word nie, maar veel eerder deur boefagtige optrede van beide hul lede en bestuur. Ek as ‘n oud-Prog is moedeloos gesoek na ‘n politieke tuiste. Daar is geen manier waarop ek ooit die pad met die DA kan loop nie en die VF+ word oa aangehang deur mense wat nou nog ‘n volkstaat-droom het, waarmee ek ook nie kan saamgaan nie. Die res van die politieke partye is nie eens die moeite werd om as alternatiewe te noem nie. Dit is hoekom ek as ‘n Afrikaner vandag geen natuurlike politieke tuiste het nie. Ek het niks teen die VF+ nie, maar na bykans 25 jaar is daar weinig bewys dat hulle iets kon vermag, selfs as koalisievennote, en dit is nie weens onkundigheid of laksheid nie, maar bloot as gevolg van die klein deeltjie van die bevolking wie hulle verteenwoordig.

Kabous ·

Adam, die VF+ is nie die politieke tuiste van die volkstaters nie. Hulle praat van “kulturele selfbeskikking”. Dit is dieselfde twak wat Treurnicht destyds gepraat het. Nugter weet wat die VF+ eintlik oor die langtermyn wil bereik. Die DA het pad byster geraak en gaan uitsterf. Die opsies vir jou raak maar min. Trouens, die meeste Afrikaners is in dieselfde boot , maar sink gaan hy sink. Probeer die pers koeie, dalk werk dit vir jou.

Voete Stem ·

Ons gesin gaan net op een manier stem – met ons voete – met ons tasse in ons hand – land-uit. Totsiens hool.

KaapWeerHollands ·

Om te sê die land is ń hool is baie kras – sies. Ons voorouers het baie bloed gesweet vir die baie mooi wat daar nogsteeds in die land is. Sterkte met met die groen gras aan die ander kant. Ek hoop El Nino se winde waai nie oor jou groen stukkie gras nie.
Plaaslik is dit die Kaap Party wat ons mooi Kaap sal beskerm en versterk. Hul kan koalisie met VF+ vorm om onafhandlikheid te beding. Gte

Pollie Britz ·

Ek het al die kommentaar gelees en verwonder my (en is teleurgesteld en geskok) dat NIEMAND eenmaal iets noem van “Christelike” waardes nie!!! Goeie genade mense, hoe kan julle enigsins vir partye wil stem wat presies dieselfde agendas het as die ANC!!!??? My gewete sal my wakker hou! Ek weet dat die leier van die ACDP nie ‘n Afrikaner is nie, maar my stem gaan defnitief na die party (soos ‘n paar keer tevore) want hulle bevorder openlik Bybelse waardes en is openlik oor hulle liefde vir God en Sy Wette!!

Judge Dredd ·

Katoliek of protestant ?

Baie van ons is hier want ons voorouers is deur die katolieke vervolg.
ACDP het mos Ernst Roets/Afriforum aangeval omdat hulle durf die waarheid stel oor grondonteiening.
Na NZ aanvalle sien ek ook hoe die Katolieke handjies vashou met die moslems.

Die bybel waarsku ons van die VALS PROFETE.

Wim Kotze ·

Pollie, Dingaan het ook ‘n sendeling in sy kraal gehad.

Sorika ·

Altyd DA gestem maar hierdie keer VF+ verseker! Enige man wat die guts het om op te staan in die parlement en “honourable” Malema ‘n Mickey Mouse te noem verdien beslis my stem en ‘n BELLS! Cheers DA!

SV ·

Het enige iemand hier al gaan kyk na die ZACP? Die Suid-Afrikaanse Kapitalistiese Party. Dit is by verre die party met die mees logiese benadering tot SA se probleme, hanteer SA soos ‘n nuwe besigheid. Tien besigheidsmanne staan saam om hierdie party van die grond te kry, asb doen moeite en kyk self na die party hoof-doelstellings is teen sosialisme, teen enige vorm van rassebeleide wanneer daar aansoek gedoen word vir werk, skrap van “rassisme” as ‘n slaanding, pro-wapenbesit en pro-grondbesit). Hulle staan slegs nasionaal so jy jy is steeds in staat om vir VF+, DA, Cope of welke ander party op provinsiale vlak te stem.

Attie. ·

Die Afrikaanssprekendes het die DA sterk en grootgemaak. Ons het steeds ‘n minderwaardigheidskompleks wat gebore is na die Engelse oorlog toe ons vir die Engelse op die myne gewerk het. Ons het vergeet wat Engelsprekende Jan Smuts aan ons gedoen het. As ons ‘n winkel begin in Pretoria-Oos dan moet dit ‘n Engelse naam het en as ons in die kerk sing verkies ons Engelse koortjies. Dis tyd om wakker te word uit jul verraaier-slaap uit en besef dat jou stem by die VF plus gaan bygevoeg word by die DA sin want die DA gaan nerens kom sonder ‘n koalisie met alle klein partye nie. So regeer die VF Plus al lankal in groot dele van die land. As jy die witman haat dan kan jy ACDP of Cope ook stem maar asseblief, word net wakker en dink met jou brein en nie met jou……….nie. Wil julle DA dan graag sien dat die laaste blankes ook uit die parlement moet padgee. Die VF Plus sal nie wen nie maar hulle speel ‘n uiters belangrike rol in die land se toekoms.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.