Nuuskommentaar: Gaan liberalisme oorneem?

As ’n mens sommige stukke linkse propaganda lees, word ’n prentjie geskets dat liberalisme eventueel gaan oorneem, en dan die septer tot in lengte van dae sal swaai. Uit ander ideologiese denkrigtings kom egter gereeld argumente tot die teendeel en word selfs die totale ondergang van liberalisme voorspel.

Tog het daar feitlik gelyktydig in verskillende dele van die wêreld artikels verskyn oor die neiging dat akademici en die media neig om meer links en liberaal as die deursnee bevolking te wees. Dit sou ’n dodelike kombinasie kon wees, maar om net oor die tuisfront te praat, lyk dit of daar ’n hunkering na objektiwiteit onder lesers is, en kry liberale en linkse akademici wat hulle tot die media as propagandastukke wend, erg, maar erg kritiek van lesers.

’n Mens hoef gewoonlik nie ver te soek na artikels wat deeglik beredeneerd aantoon dat liberalisme en ’n neiging tot links wees aan die noustrop trek is nie. Maar as ’n mens na die literatuur in geheel kyk, lyk dit of die neiging tot liberalisme juis nou hand oor hand aan die toeneem is.

Veral sekere kategorieë mense, soos die intellektuele, word beskryf as om na links te neig, terwyl sekere beroepe aan opname na opname onderwerp word, en bevind word die bekleërs van poste in dié bedrywe neig nie net na links nie, maar toenemend so. Beroepe wat dikwels as neigend na links beskryf word, is akademici en die joernalistiek. ’n Beroep met ’n regse etiket is die bankwese.

Soms word daar selfs redes vir die beroepe se oriëntasie verskaf, soos dat akademici aan meer (akademiese) inligting blootgestel is, en dat dit “noodwendig” tot beter insigte moet lei, en dus ’n liberaler uitkyk op die lewe sal lei. (Dit klink nogal arrogant en meerderwaardig.) Daarteenoor kan bankmense konserwatief neig omdat die beste ekonomiese teorieë die mees winsgewende omgewing bedien. Adam Smith sou seker swaar sluk hieraan.

Heelwat bronne sê dat persepsies oor joernaliste en akademici al lank bestaan, maar het eers die laaste aantal dekades so sterk begin manifesteer. Joernaliste en akademici se “opswaai” na links verskil met omtrent ’n dekade. Terwyl joernaliste se meting redelik konsekwent is, verskil akademici sterk van veld tot veld, soms moeilik verklaarbaar. Pediaters neig om liberaal te wees, en neurochirurge en uroloë neig om konserwatief te wees.

Veral twee kategorieë word in hierdie rubriek onder die vergrootglas geplaas, naamlik dié van die joernalistiek en die akademici. Wat die akademici betref, het die Belgiese koerant De Standaard en die Amerikaanse weergawe van The Conversation byna gelyktydig artikels geplaas oor die linkse neiging van akademici. Die twee kom tot byna identiese gevolgtrekkings – ja, akademici neig om linksgesind te wees, maar dit moet ook nie oordryf word nie.

Ongelukkig is De Standaard se reeks artikels oor die onderwerp agter ’n betaalmuur “toegesluit” en die uwe het sy maandelikse kwota gratis koekoeloers reeds oorskry. Daar kan dus net na opskrifte, opsommings en aanhalings gekyk word, terwyl The Conversation se artikel hier gelees kan word.

Anders as wat nog betreklik onlangs gereeld in die Christian Science Monitor aangevoer is, kon die jongste studie van die Adam Smith Institute nie bevind dat daar noemenswaardig deur liberale dosente teen konserwatiewe studente gediskrimineer word nie.

Maar hoe lyk die situasie in Suid-Afrika en veral die Afrikaanse media? Dit is, wat die media betref ’n onderwerp wat al dikwels in hierdie rubriek hanteer is. Dit is ook nie altyd ’n kwessie van ’n linkse of linkserige direksie of bestuur nie, maar die magte waaroor redakteurs beskik.

So is daar min twyfel dat Beeld onder die hoofredakteurskap van Adriaan Basson soveel linkser was as die ander Media 24 dagblaaie se koerante. ’n Hoofartikel op dieselfde dag oor plaasaanvalle van Beeld en Volksblad het byvoorbeeld soveel verskil dat minstens een groep met vertaalde weergawes in die buiteland propaganda gaan maak het. Solidariteit het byvoorbeeld met ’n boikot teen Beeld begin, maar dit terselfdertyd duidelik gemaak dat die ondergang van ’n Afrikaanse koerant nie gesoek word nie.

Die algemene indruk was dat die direksie ’n bietjie politiek oorboord gegaan het, en ’n span nuwe rubriekskrywers met ’n oorheersende linkse aanskyn is destyds ook aangekondig. Weens verskeie faktore, waaronder sterftes en Max du Preez wat weer die Vrye Weekblad ingestel het, is min nog aktief.

Laat dit dadelik gesê word, nie alle rubriekskrywers, voltyds of ad hoc, is links of liberaal nie. Dr. Leopold Scholtz, die doyen van Afrikaans rubriekskrywers, lewer die een juweel na die ander, om maar een te noem.

Liberale rubriekskrywers neig ook om nou behoorlik by lesers deur te loop, met die sensors wat oënskynlik meer van hierdie kritiek deurlaat. Prof. Amanda Gouws het enkele maande gelede ’n rubriekskrywer van ’n ander groep erg bygedam, maar onder die massa leserskommentare het net twee haar nie gekritiseer nie. Pas het prof. Anton van Niekerk weer deurgeloop onder lesers oor hy, by die noem van “rassiste”, slegs wit mense se name genoem het.

Piet Croucamp het tydens ’n uitsending van die RSG-program, Kommentaar, verwys na die boere wat swart mense se grond gesteel het. Toe Netwerk 24 hom hierna vra het hy dit effektief ontken deur te sê dis in ’n bepaalde raamwerk gesê. By die luister na die potgooi kon egter niks anders as ’n direkte beskuldiging opgemerk word nie.

Is dit so verkeerd dat akademici en die media (oor-)veralgemeend na links sou neig, veral as die media en akademici sou saamspan? Rubriekskrywers is, of hulle wil of nie, meningsvormers en dra daarom ’n groot verantwoordelikheid. Die Suid-Afrikaanse perskode verskaf die riglyne, hier. In kort moet die waarheid gepubliseer word, dit moet deur betroubare bronne gestaaf word, en nie geweld of rassespanning aanhits nie. Onverbondenheid is ’n reusebate.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Judge Dredd ·

Die Bybel se die leuen sal seevier.
So liberalisme tesame met sy sosialistiese/kommunistiese bed maats sal uit ‘n globalistiese oogpunt seevier.
Dit beteken egter nie dat daar geen lande/nasies is waar die waarheid nog sal kan seevier nie, en die res van ons maar moet boedel oorgooi nie.

Jimmy ·

In Rusland word die kommuniste weer as ver regs en konserwatief beskou. Die kommies beskou Putin as liberaal en links. Vreemde wêreld.

Stephan de S ·

Dankie Herman…..n lekkerlees artikel. Ek, n leser v kindsbeen af, lees deesdae baie min koerant. Soos n mens ouer word,sukkel jy om al die opinies v nat-agter-ore joernaliste te lees. Hulle verwar dikwels hul eie opinies met feite en het dikwels min begrip vir die historiese agtergrond v sake. Liberaal is soms net n verskoning vir gebrek aan insig gegrond op ervaring.

Tiaan ·

@Stephan de S: ek stem volkome saam met jou. Die internet het dit maklik gemaak om inligting te plaas, baie sogenaamde joernaliste is nie objektief nie en doen weinig navorsing veral wanneer dit by geskiedenis kom. Selde word opposisie se teenargumente gestaaf, veral wanneer die boodskap liberaal van aard is. Daarby word aanlyn inligtingsbronne soos bv Wikipedia oorheers deur ‘n liberale perspektief.

ChrisE ·

Daar is ‘n spreekwoord wat lui, ek dink Winston Churchill het dit aangehaal, “wanneer jy twintig is en dink met jou hart, stem jy liberaal. Wanneer jy veertig is en stem met jou verstand, dan stem jy konserwatief”. Die liberale denkrigting/stemmery is ‘n mode of ‘n “in tendens”. Jy stem liberaal om anders te wees. Jy soek aandag en regverdiging teen jou eie beterwete.

Zaks ·

Liberalisme / Sosialisme / Global Warming….als die selfde inisiatief.

Kallie ·

So, die wat besorg is oor die planeet en besoedeling is dus liberaal, sosialisties en links. Indien jy nie bekommerd is oor besoedeling nie, is jy per definisie weer konserwatief en regs.

HEVW ·

Liberalisme sal altyd daar wees. Hoewel hulle huself as verlig noem, verteenwoordig hul eerder die donkerkant want dit bly skeppingswerklikheid vreemd.

Willem Kotze ·

Mense hoef nie ver te lees om te sien dat die liberale euwel reeds in ons howe/parlement/nuus oorgeneem het.

Dries du Toit ·

Die rubriek se laaste paragraaf verwys.Die WAARHEID en BETROUBARE BRONNE,is terme wat hoofstroom media maar uiters KONSERWATIEF gebruik

Jan Seerot ·

Geagte Herman, wat jy hier te sê het, is nie nuut nie, maar word nou eers werklik op die keper beskou. Ek het dit al in 1979 opgemerk (en oorleef) by RAU. Ek is geen akademikus nie, maar my ondervinding in die SAW en dit wat ek op Civviestraat teëgekom het, was twee teëpole.

Later jare in die arbeidsmark, het dit my opgeval, dat baie van my tydgenote asook kollegas, soos hulle die korporatiewe leer geklim het en bestuursposisies bereik het, geneig was om skielik meer “links” te wees want nou is ek mos “‘n baas”. Vir watter rede onder die son, vra ek jou met trane in my NAFI blou ogies.

My omswerwinge in Afrika het my een ding geleer…jou vermoë om empatie te toon, word gesien as swakheid. Dit word uitgebuit, tot op die droesem toe.

Die liberalis hang homself, want hy gee homself genoeg tou. Ons hoef dit nie te doen nie. Ongelukkig word baie nie-denkendes saam oor die rand van die afgrond gesleep.

Groete uit Mosambiek.

Stand for change ·

Sie liberalis se denkwyse is om polities korrek te wees. M.a.w. hulle dink hulle is die geleerdes en so slim, maar in der waarheid laat hulle hul brainwash en aan die neus gelei. Hulle kan inderwaarheid nie opstaan vir wat reg en regverdig is nie, maar sal als in die stryd werp om ‘n siening in te neem teen ‘n minderheid, want dit is maklik om saam met ‘n meerderheid linksgesindes te staan. Hulle is ‘n klomp patete en lafaards wat hulself verafgod.

Ditsem ·

Iets wat my byval in die artikel, Solidariteit boikot Beeld? Regtig? Die Afrikaanse media saam met Afriforum,Solidariteit,Naspers, ens behoort dan aan een organisasie.(Volks verraaiers-Hulle lyk soos ons maar is nie vir ons nie) Dis om jou ou stert te byt. Klink vir my na liberale praatjies. Hou daar van om mense om die bos te ly. Se een ding en bedoel en doen n ander ding.

Herman Toerien ·

Hallo Ditsim. Die boikot het gegeld terwyl Adriaan Basson redakteur was, en die Heil Puk sage op sy onsmaaklikste was. Solidariteit het die belangrikheid van Afrikaanse koerante vir die oorlewing van Afrikaans beklemtoon, en die boiktot is laat vaar toe Media 24 Beeld van koers laat verander het. In Barnard Beukman het Beeld nou ‘n besonder knap redakteur.

Droë Perske ·

Herman, wanneer is Adriaan Basson weg as Redakteur by Beeld en wat is sy huidige pos? Ek sukkel om dié inligting akkuraat op Google te kry.

Arak ·

Dat liberaliste totaal oor verteenwoordig is in die geesteswetenskappe is beslis so, maar nie in die natuurwetenskappe nie. Ek is van mening die rede hiervoor die onverdraagsaamheid van die liberalis is, en dat diegene wat meer gematig is eenvoudig nie die werk kry in daardie fakulteite nie. So, basies is daar ‘n aktiewe diskriminasie teen konserwatiewes in die geesteswetenskappe aan universiteite, en ongelukkig lei hulle weer mense op met dieselfde verwronge uitkyk op die lewe.

Dolf ·

Geen mens kan in boksies geplaas word nie. In sekere situasies is jou denke en optrede dalk liberaal en links, maar kan weer verander onder ander omstandighede.

Sven ·

Dinge raak kompleks. Solidariteit is ‘n vakbond, en vakbonde is tradisioneel links, kommunisties, sosialisties, humanisties en anti-kapitalisties. Tog hang konserwatiewe lede aan hul lippe. Jy is reg Dolf, elke mens is iets van als.

Hartseer ·

Dolf, en hulle word draadsitters genoem. Daai tipe wat nie ‘n standpunt kan inneem en daarby kan staan nie. Dis hulle wat rondval van die een opinie na die ander na gelang in wie se geselskap hul hulself bevind. Jy weet nooit of jy hierdie tipes kan vertrou nie. Dis die mense wat as verraaiers uitdraai.

Vaalseun ·

Herman, “links” en “regs”, “liberaal” en “konserwatief” sal daar altyd wees.
‘n Mede-student het my op Stellenbosch destyds gekonfronteer met die vraag, “Is jy in die eerste plek ‘n Afrikaner of in die eerste plek ‘n Nasionalis?” ‘n Nasionalis was ‘n lid van die Nasionale Party, en ons was altwee lede van die party.
Ek antwoord toe dat ek in die eerste plek ‘n Afrikaner is. Groot fout. Want toe klassifiseer my antwoord my in sy oë as “ver links.”
Nou ja, na al die jare is ek nog steeds ‘n Afrikaner, want gelukkig het my “ver linkse” tuiste nie verdwyn nie. En wat is hy na al die jare, want die “ver regse” NP bestaan nie meer nie?
Ongeveer 85miljoen sterftes is deur die “regse” Hitler veroorsaak in die 2de Wêreldoorlog. Die “linkse” Napoleon, produk van die Frans Revolusie, het teenoor Metternich erken, “Ek, as soldaat, voel niks vir die lewens van ‘n miljoen soldate nie.”
Moes ek, as ek toe ‘n Duitser was, Hitler ondersteun omdat hy “regs” was? Of as ek toe ‘n Fransman was, vir Napoleon, omdat hy “links” was? Beide het hulle juigkommandos na hulle dood gestuur.
Vooroordele oor wie “links” of “regs” is bring geen geldige oplossings vir gemeenskaplike probleme nie. Vooroordele maak jou blind om die waarheid raak te sien en te verstaan, juis wanneer jy begrip van die probleme om jou die nodigste het om by die regte antwoorde uit te kom wat blywende oplossings bied.

chrisp ·

Vaalseun.
Net ‘n teregwysing .
Hitler se party was die Nasionale Sosialistiese Duitse Werkers Party en het later bekend gestaan as die NAZI party.Hy was dus ook links net soos Starlin en Mao Zedong wat verantwoordelik was vir 15 en 35 miljoen dood onderskeidelik.

marous ·

Daar is borrel blasers met ontwerpersklere en slimfone , en dan is daar uitvoerders wat in wind en weer werk . Ongelukkig is eersgenoemde nou in beheer , dis hoekom alles ‘n gemors is .

Jerry ·

Globalisme het groter verdraagsaamheid onder verskillende mense teenoor mekaar teweeg gebring, waar onbeheerde en onwettige immigrasie weer groter onverdraagsaamheid teweeg bring onder mense. Mense se sienings mag wel verander, maar nie noodwendig hulle waardes daarmee saam nie. Hoe groter n bedreiging raak en hoe meer gespanne en onverdraagsaam mense raak, hoe meer neig mense na die konserwatiewe kant. Hoe kleiner die bedreiging, hoe meer verdraagsaam en ontspannend raak mense en neig hulle na die liberale kant. SA is n goeie voorbeeld van Afrikaners wat nog nie deur transformasie en misdaad getref is nie en wie n meer liberale verdraagsame siening huldig as diegene wie deurgeloop het. Soos wat misdaad en diskriminasie feller toeneem en meer Afrikaners bedreig begin voel en sommiges soos n tsunami getref word, so verlaat en verruil Afrikaners toenemend die DA liberale siening vir die VF se meer konserwatiewe siening. Hoe meer hoop daar dus bestaan, hoe meer is mense geneig tot verdraagsame liberale sienings en hoe minder hoop daar dus bestaan soos tans die geval is in SA, hoe meer is die Afrikaner geneig om terug te val na meer onverdraagsame konserwatiewe sienings. Daar is dus n groter onderskeid te tref tussen links liberaal en liberaal as tussen liberaal en konserwatief. Indien konserwatief egter na regs begin neig is dit net so erg soos links liberaal en sal die Afrikaner eerder toenemend hul heil in die buiteland by liberalisme gaan soek!

Erik ·

Mense se definisies van liberalisme en konserwatisme verskil. Vir my beteken liberalisme vryheid van denke. Ek verkies dus ‘n liberale stelsel, aangesien ‘n konserwatiewe stelsel dikwels tot baie skeinheiligheid lei. Liberalisme = you see what you get. In liberalisme kan ek dus my konserwatisme uitleef, aangesien ek self meer konserwatief is. Dis nie altyd moontlik andersom nie. Ek ken ‘n oom wat by die braaivleisvure die vreeslikste vuil grappe vertel, maar daarna voor ons eet bid hy in ‘n vroom stem. Ek sukkel met dit, want hy is kamtig vreeslik ‘konserwatief’. Weet nie of my kommentaar sin maak nie, maar dis net my klip in die bos.

Petrus ·

Ek stem saam. Liberale denkers besef dat niks en niemand stagneer nie. Ons eksterne en interne omgewings is voortdurend aan die verander en daar moet aangepas word om te oorleef. Ongelukkig word dit nou verdag gemaak met politieke debatte.

BFJ ·

Dolf ek stem saam met jou. Mense gebruik al hierdie denke, stelsels, redenasies en praktyke soos dit hulle pas – met ander woorde mense kyk waar dit vir hulle die meeste voordeel sal inhou en solank hulle onmiddelike leefwyse, denke, sekuriteit, voordele en dit waaraan hulle gewoond is nie aangeraak word nie.

Vir verskillende mense beteken al hierdie terme en denkes verskillende dinge afhangende van wat vir hulle die meeste voordele inhou en op watter tydstip.
Geen twee mense dink of tree presies dieselfde op nie. Mense verskil van mekaar. Geen politieke stelsel of denke is volmaak nie en iemand gaan iewers knorrig raak wanneer hulle onmiddelike leefwyse en voordele of denkpatrone aangetas word.

Daarom skree die een propaganda terwyl die ander dikbek is en môre is dit weer andersom. Party glo alles wat hulle lees ander weer nie. Daarom kan party menses glad nie verandering aanvaar nie en ander sal altyd almal en alles blameer. Ander verkies leesstof wat hulle gemaklik laat voel en nie uit hulle gemaksone laat dink nie terwyl sommiges weer besef dat verandering is onvermydelik is.

Daarom is verdraagsaamheid en werklike respek en begrip vir ander se opinies en gelowe/ denke so belangrik. Daar is egter baie meer noodsaaklihede om die totale en komplekse mens gelukkig te hou soos onder andere hoe hulle vrese en onsekerhede aangespreek word.

Nie so simplisties nie ·

‘n Mens se omstandighede, vrese, denke en oortuigings beinvloed grotendeels jou reaksie op verandering en reaksies op sogenaamde liberale en konserwatiewe denke. Persoonlikheid, voor- en afkeure speel ook’n rol.

En hoe om jouself en die mense wat jy liefhet wat jy probeer en daagliks moet beskerm speel ‘n kritieke groot rol op jou daaglikse denke en reaksies.

Mense skop terug as hulle persoonlike omstandigehede, voordele en sekuriteit geraak word of hoe en wat hulle glo of wanneer hulle voel hulle is gekwes of seergemaak. Liberalisme en konserwatisme is maar net mens uitgedinkte begrippe en stelsels om menslike vrese en onsekerhede te probeer versag en minder wreed te maak . Die werklikheid en die lewe is egter ‘n heel ander storie en mense hou nie nie daarvan om van die werklikheid oor hulself en die lewe te lees nie want dit is te vreesaanjagend vir sommiges en sal eerder denke ophemel wat hulle goed laat voel. Vandaar die oor en weer blameerdery en slegmakery van die groep of daai groep.

Hoe elke mens die lewe hanteer het dikwels niks met die soogenaamde liberalisme of konserwatisme denkwyses te doen nie. Dit behels veel meer.

@Erik ·

Erik jou kommentaar maak vir my sin.

Konserwatisme kan in sommige gevalle skynheiligheid ondersteun en onsensitiewe onverdraagsaamheid in ‘n mens se keel met ‘n ystervuis afdwing totdat jy verstik. Net om dan nie gehelp te word nie.

Konserwatiewe denke wat nie oortuig nie of wat nie logies is nie kan ‘n uiters versmorend onaangename leefwêreld tot gevolg hê. En in sommige gevalle selfs ‘n geweldadige leefwêreld.

gatiep ·

N mens moet oogklappe aanhe om nie te kan sien dat hulle op n selfvernietig pad is.
Ek kry hulle eintlik jammer want hulle besef nie wat hulle doen nie.Eendag gaan die skok so groot wees as hulle gaan besef hulle is besig om onder te gaan, en die mense wie hulle ondersteun het het is nie meer daar nie.

Vaalseun ·

Crisp, met respek, jou mening dat Hitler links soos kommuniste en sosialiste was, word deur homself en sy optrede weerspreek. Toe hy in 1933 kanselier geword het, het hy daardie jaar finaal van die kommuniste en sosialiste in Duitsland ontslae geraak. Toe het hy reeds die Duitse kapitaliste se steun gehad. En waarom het hy dan Rusland aangeval?
Moet jou nie deur sy party se naam laat mislei nie.

chrisp ·

Ek wou nog byvoeg .In die geskiedenis en vandag nog is van die bloedigste konflikte juis tussen “partye” wat in kern saamstem met klein verskille tussen hulle.
As voorbeeld in die moslem geloof die Sunni (Saudi Arabia) – Shiite (Iran, Irak)
Selfs in die Christen geloof bv die Rooms katolieke en Protestante (dink maar aan die inkwesisie).

Bg verduidelik dan ook die inval in Rusland.

chrisp ·

Vaalseun.
Baie dankie vir jou antwoord dit immers waaroor debat gaan.
Ek verskil van jou en plaas ‘n skakel wat dit mooi verduidelik omrede die spasie op die blad te min is om te verduidelik. Ek hoop MM plaas dit . Ek sal dit waardeer as hulle sou.

Ns Sou die onderwerp graag met jou wou deurtrap oor ‘n koppie koffie daar is werklik ‘n groot onkunde oor hierdie onderwerp wereldwyd .

https://www.youtube.com/watch?v=m6bSsaVL6gA

Vaalseun ·

Crisp, jy beweeg nou na fascisme toe, en dalk skep jy vir jouself net ‘n groter probleem, want Mussolini het gemaklik heen-en-weer oor die sogenaamde “skeidslyn” tussen “links” en “regs” beweeg, soos dit die opportunisme van ‘n politikus betaam.

chrisp ·

Ek wou nog byvoeg .In die geskiedenis en vandag nog is van die bloedigste konflikte juis tussen “partye” wat in kern saamstem met klein verskille tussen hulle.
As voorbeeld in die moslem geloof die Sunni (Saudi Arabia) – Shiite (Iran, Irak)
Selfs in die Christen geloof bv die Rooms katolieke en Protestante (dink maar aan die inkwesisie).

Bg verduidelik dan ook die inval in Rusland.

chrisp ·

Vaalseun.
Mussolini was ‘n fasis ja ook nasionale sosialis (nazi).Die nazi ideologie het immers sy oorsprong in fasisme Ook interressant dat Antifa in die V.S.A lyk en optree soos Mussolini se swartbaaitjies en hulle is links.
Die skeidslyn waarvan jy praat word mooi verduidelik deur die skakel . Hierdie lyn word juis verberg deur die linkse partye, persone en veral die media en het ten doel om verwarring te veroorsaak en hulle basis(waar hulle ideologie vandaan kom) te verberg. Dit is die groot rede hoekom dit aan die konserwatiewe lees regse klok gehang word.Selfs die Ku Klux Klan het sy oorsprong in die Demokratiese party in Amerika soveel so dat dit ‘n vereiste was in bg party indien jy as leier van die party verkies wil word moes jy ‘n lid van die KKK wees .
Ek vind dit ook uiters interressant dat baie demokrate hulle self al meer as Demokratiese Sosialiste in Amerika beskryf dws groot regering met houvas oor selfs medies /opleiding ens. Die lyn tussen hulle en Nasionale Sosialisme is besig om te verdwyn en selfs die mense wat nie met hulle saamstem nie word geteiken( nie doodgemaak soos Hitler nie maar hy het ook begin om die Jode se besighede met Dawid sterre te verf as teiken in die jare voor die kampe). Daar is vele bewyse van leiers in die Demokratiese party wat juis vra dat konsewatiewe leiers/sprekers geteiken moet word om uit openbare plekke verban of verjaag te word.

Petrus ·

Die Republikeine in die noorde van die VSA was anti-slawerny. Hulle was die liberales. Die Demokrate in suide was pro-slawerny. Hulle was konserwatief. Dit wys jou hoe omstandighede later kan verander.

Vraag ·

Ou Hitler het sy NSDAP (Nazionalsozialistische Deutsche Arbeiterspartei) gehad……wat is die verskil tussen die Nazis en die ANC,/DA/EFF wat ook nasionalistiese, sosialistiese werkerspartye is?

Attie. ·

Waar plaas mens nou die verskynsel van Afrikaans gebore mense wat so graag Engelse liedere in die kerk wil sing. Die Afrikaanse mense ” Praise en Worship” en woon “felloships “by. Ek hoor nooit van Duitsers wat verkies om in Frans of Engels in hul kerke te sing nie. Ek glo dis die Liberale denkwyse van die Afrikaner of sommige Afrikaners wat hulle daartoe dwing. Die “Joiner element van meer as ‘n eeu gelede. Kyk na Piet Kopdoek se godsdiens en jy sal weet wat ek bedoel.

Pikkewyne ·

Om te definieer tussen die twee is baie maklil. ‘n liberalis dink met sy emosies en selfsug, ‘n konserwatiewe dink met logika. “Global warming” en die veg daarteen is selfsugtig, dit is ‘n gevaar alleenlik vir die mens. Die aarde sal bly lewe en nuwe lewe vorm, ons mag dit dalk nie herken nie maar lewe sal aangaan met of sonder die mens. LGBTQ…..is ook net selfsug. Jy wil alleenlik iets ander wees as wat die natuur vir jou bepaal het. Ek kan aangaan maar dink dit is genoeg vir nou…

Vaalseun ·

Crisp, ek sou versigtig wees om my opinies te vorm deur staat te maak op iemand soos Dennis Prager en sy span. Behou ‘n oop gemoed en trakteer jouself liewer op onafhanklike en objektiewe navorsing. Dis al manier om by die waarheid uit te kom. Luister gerus aandagtig na die volgende skakel:

The Nonsense Politics of PragerU:
https://youtu.be/5uRG4RB_Nvo

chrisp ·

Ken nie die man nie Vaalseun.

Dankie vir die skakel .
Ek het so stuk gekyk en verstaan nie wat van my lang poging hierbo jy nie glo nie,ook wat Rockefeller met die debat te doen het nie .

Laat maar weet dan probeer ek myself beter verduidelik of die bronne gee waarvan die Prager kerel verseker nie een is of was nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.