Nuuskommentaar: Gaan Oostenryk se “whizzkid” die land skerp na regs neem?

Sebastian Kurz, hoof van die ÖVP in Oostenryk, tydens ʼn politieke byeenkoms in Wene, Oostenryk (13 Oktober 2017). Foto: AP Photo/Ronald Zak

Na verwagting gaan die “Wunderwuzzi” (whizzkid) van die Oostenrykse politiek, Sebastian Kurz, ’n nuwe koalisieregering saamstel. Kurz word as jonk, entoesiasties en modern beskou, maar kom dit by die immigrantekwessie, word hy daarvan beskuldig dat hy die regse party wat eens simpatie met die Nazi’s uitgespreek het, se beleid oorgeneem het. Dié party, die FPÖ, het nou so goed gevaar dat Kurz ’n koalisie met hom kan vorm.

Die meeste politieke waarnemers meen dat Oostenryk binnekort ’n regse/konserwatiewe regering gaan hê as die 31-jarige “Wunderwuzzi” (whizzkid) van die Oostenrykse politiek, Sebastian Kurz, ’n nuwe koalisieregering kan vorm.

Kurz se eie party, die ÖVP, is self bekend as regse party, en het volgens aanduidings 32% van die parlementêre stemme getrek. Die Sosiaal-demokrate het 27% gekry, en die FPÖ, wat vantevore al die Nazi-verlede goedgepraat het, het 26% van die stemme gekry.

Kurz se tyd as minister van integrasie is gekenmerk deur maatreëls om immigrasie te beperk. Die politieke aanvoeling is dat hy ’n natuurlike koalisievennoot in die FPÖ sal kry. Trouens, Kurz word wyd beskuldig dat hy die FPÖ se beleid oorgeneem het.

Een van die redes waarom ’n koalisie tussen die ÖVP en die FPÖ nou waarskynlik lyk, is omdat baie waarnemers meen die grens tussen sentrum-regs en ekstreem-regs in baie lande het vervaag. Daar word dus nie verwag dat Israel en verskeie Europese lande weer sanksies teen Oostenryk sal instel as daar ’n regse regering tot stand kom nie.

Die sentrale kwessie bly egter die een van immigrasie, en dit kom voor of daar ’n wye, subtiele simpatie vir Oostenryk hieroor is. Oostenryk het ’n kleinerige bevolking van 8,7 miljoen. Verlede jaar is daar egter 90 000 asielaansoeke ontvang, persentasiegewys veel meer as Duitsland.

Trouens, as die immigrante-kwessie buite berekening gelaat word, lyk dit of Kurz allermins regs is. Hy wil die staatshuishouding vernuwe, en heelwat ou hout uitkap. As hy daarin slaag om ’n koalisieregering saam te stel, sal hy die jongste Europese regeringsleier wees.

Met die Duitse verkiesing wat onlangs gehou is, het die populistiese regse AfD se stemme met 7,9% gestyg, en 13,3% van die setels losgeslaan. Boonop moes die kanselier, Angela Merkel, sekere kompromieë oor immigrasie met haar party, die CDU, se vaste koalisievennoot, die Beierse CSU, aangaan.

Hoewel immigrasie nie die enigste stekelrige kwessie is wat populisties-regse partye ten minste periodiek bevoordeel nie, is dit stellig die allesoorheersende. En daar is nog geen teken dat die stroom immigrante sal opdroog nie, soos deur die sluiting van die Balkan-roete (waarin Kurz ’n belangrike rol gespeel het). Ondanks elke moontlike voorsorg bly die Middellandse See ’n begraafplaas vir desperate vlugtelinge wat Europa probeer bereik.

Dit lyk dus of die wêreld nog lank daaraan gewoond sal moet raak dat daar ekstreem regse groepe van wisselende grootte in Europa tot stand sal kom, en dat bestaande sentrumpartye toenemend sal moet besin oor die oorname van beleid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Veritas ·

Darem so’n bietjie positiewe konserwatiewe nuus om die nuwe week mee te begin.

Hendrik ·

Dit is eintlik ongelooflik hoe liberaliste en linkses met oogklappe kyk. Hulle resep werk net nie en wil die behoudende mense bekuldig van bekramptheid. Kyk nou na die oopkopkyk na die federale beleid van selfbeskikking. Dit is net ‘n wen wen oplossing of hoe liberaliste?

MANIE ·

So Eugene Terreblanche was te vroeg in S.A politiek. Die wereld is besig om teen die linkses en liberalis te draai

Afrikaanse Knaap ·

Ek weet nie hoekom dit verkeerd is im regs te wees nie.
Liberale wil nie meer debatteer nie, hulle noem ander net name, en spot hul denke.

Boerseun ·

Daarom word woorde soos populisties, en verregs deur hulle gebruik. Ek verlekker my bietjie aan die histerie van die liberaal wat uit verskoning she en idees raak. Nou raak hulle soos diktators en stuur veiligheid s poliesie en Plaas sensuur op als wat nie in hul oe reg klink nie.

marous ·

Liberalisme is ‘n opgeblaaste skuldgevoel ideologie wat suiwer daarop gemik is om andere se geld te tap. Diegene wat nie meer daarvoor val nie , is ewe skielik regs of konserwatief of verkramp.

Eish ·

Die vaalseun se grootste ondersteuningsbasis is die professionele mense en hoër geskooldes, maw die wat darem vir hulself kan dink. Sy nuwe “identiteitspolitiek” het die knoop deurgehak en die ouer liberaliste lekker uit hul winterslaap geruk.
Née wat, ek kan my vereenselwig met die jongman wat op so n jeugdige ouderdom die ouer garde se brouwerk ( Soortgelyk aan die helhool) moet regmaak.

Therese van Schalkwyk ·

Interessant dat die jonge Sebastian Kurz die snedige “populis”-etiket, wat aan elke nasionalistiesgesinde politikus vóór hom geheg is, vrygespring het.
Dalk gaan hy slimmer te werk as ander gebrandmerkte ‘populiste’.
Sal sy politieke werkswyse met belangstelling dophou.

Boerseun ·

Onthou hy is heelwat jonger as die Trumps ( kom ons kyk nog) en La Pen, plus oostenryk is nie so vervuil nie. Oos Europa gaan nog europa se bas red. Engelse moet maar vir hulle kry

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.