Nuuskommentaar: Gaan Ramaphosa chaos kan keer?

Beotgings in Hermanus (Maart 2018) Foto: Visualise Memories Production Company/Facebook via ANA

Op die gevaar af dat ’n weifelende pres. Cyril Ramaphosa se kleitrappery oor konflik tot rollende massa-aksie oor grondgryping kan lei, moet hy boonop graderingsagentskappe paai en ’n algemene klimaat vir ekonomiese groei skep. Intussen lyk dit nie of oudpres. Jacob Zuma dit goed opneem dat die ANC se NUK nie die party se formele steun aan hom vir sy hofsaak wou toesê nie, en dit lyk of hy soos ’n wafferse don Zuma duister magte aan die organiseer is om dinge vir Ramaphosa moeilik te maak.

Die een ontstellende berig ná die ander stroom in oor onluste op Hermanus. Die polisiestasie in die swart woongebied is aan die brand gesteek, skole is vroeg gesluit en open eers weer ná die skoolvakansie, die polisie het sakelui aangeraai om hul ondernemings te verlaat. ’n Mosambieker byt die spit af – dit kos immers nie veel om ook xenofobie by onmin in te sleep nie. Polisielede word ook aangeval en die bloed vloei. Tot dusver is blykbaar nog net munisipale grond beset en probeer om blyplek in te rig.

Deur die loop van die dag word ’n naam landwyd al bekender – Zwelihle. Hierdie swart woongebied bars uit sy nate en die naasliggende vliegveld, Hermanus se enigste, moes gesluit word oor die baie drentelaars wat op die aanloopbaan beland het.

Die instroming uit die Oos-Kaap is deel van ’n werklikheid wat ook naasliggende dorpe soos Elgin en Grabouw kort-kort onder druk plaas. ’n Paar maande gelede het die naasliggende Kleinmond, wat ook onder die Overstrand-munisipaliteit val, ook erg onder skrikwekkende betogings deurgeloop. Die ANC word woedend as na hulle as ekonomiese vlugtelinge verwys word, maar feit bly dat hulle ’n ander kultuurgebied indring waar daar dus nie sommer skole sal wees wat aan hul taalvoorkeure kan voldoen nie.

Hulle volg in die spore van vorige geslagte wat reeds reuse- swart stede op die Kaapse Vlakte gevestig het, en waar sake ook nie aldag klopdisselboom verloop nie. Tussenin is plakkergebiede soos by Houtbaai wat druk verder verhoog, en boonop gereeld onder erge brande deurloop.

Dit plaas enorme druk op die stad Kaapstad en ander munisipaliteite se begrotings en infrastruktuur, en die geweldige bevolkingsontploffing het ’n gesonde aandeel in die Wes-Kaap se huidige waterprobleme.

Hierdie keer was die vonk in die kruitvat die onbesonne besluit van die ANC om die Grondwet so te wysig dat daar beslag gelê kan word op eiendom sonder vergoeding. Hoewel die planne deel van ’n grondhervormingsplan uitmaak en dus sterk op die grondkwessie afgestem is, kan haas enige eiendom geraak word as die wysiging aan die Grondwet goedgekeur word.

Hoewel mnr. Ramaphosa, toe nog adjunkpresident, wal probeer gooi het om ’n kleed van verantwoordbaarheid oor die kwessie te trek, was sy skynbare entoesiasme ook net te sterk om behoorlik brieke te kan aandraai.

Boonop het Ramaphosa ’n baie ingewikkelde “toertjie” uitgeoefen om die nuwe ANC-president te word, en in die proses skynbaar perde opgesaal wat eintlik in die Zuma-kraal gestaan het – mense soos Mpumalanga se premier, David Mabuza, en die Vrystaatse premier, Ace Magashule. Nou moet hy hierdie wilde perde probeer ry, terwyl oudpres. Jacob Zuma skynbaar sy magte soos ’n Mafiabaas op gereedheidsgrondslag kry deur Ramaphosa onder enorme druk te plaas, terwyl sy eie ondersteuners hom bankvas steun.

Zuma het hierdie opening gekry deurdat die ANC se Grondwet aan oudpresidente ’n sittingsreg op die NUK gee, iets wat Zuma nou opgeneem het en na berig word soos ’n Mafiabaas oorheers het. Hy kon wel nie die ANC se formele steun vir die komende hofsaak gemonster kry soos hy gehoop het nie en is daaroor deur die NUK met die kluitjie in die wind weggestuur. Maar nou monster hy sy skaduagtige ondersteuners uit veral KwaZulu-Natal.

Don Zuma is terug, met skerp tande, terwyl Ramaphosa die twyfelagtige en kwesbare strukture wat hy so meesterlik gemonster het om leier te word, onder al groter druk staande moet hou.

Besetters het op 10 Maart 2018 plakkershutte onwettig op grond in East Lynne in Pretoria opgerig en oproerig geraak nadat die strukture verwyder is. Foto: Verskaf

Intussen speel ’n ander verhaal hom af wat die vind van haalbare en regverdigbare oplossings vir die grondkwessie bedreig. Die TLU-SA het pas bekend gemaak dat hulle hul onttrek aan ’n spitsberaad oor die kwessie, nadat hulle op die nippertjie daarvan gehoor, en toe genooi is.

Die beraad word deur die Nasionale Forum vir Dialoog aangebied, ’n organisasie waarmee oudmin. Roelf Meyer verbind word. (Meyer is aangewys om die landbougemeenskap te verteenwoordig.) Ook AfriSake, wat tot dusver ’n leidende rol gespeel het om rolspelers in dialoog te kry, is uit die verrigtinge gesnoep.

Wat TLU-SA nou baie ongelukkig stem, is die beraad se vertrekpunt wat onder meer ʼn algemene stelling dat grond deur kolonialisme of apartheid van swart mense gesteel is. “TLU-SA bepleit al lank ’n konferensie oor die geskiedenis van grondbesit, waar alle stawende bewyse oor grondbesit op die tafel geplaas word. Die versoek val op dowe ore, want die regering is skynbaar te bang om die feite te hoor, wat waarskynlik gaan insluit dat die swartes dan net so min reg op die grond het,” sê mnr. Louis Meintjies, president van TLU-SA.

“Die nuutgeskepte leuen dat landbouers grond gesteel het, moet nou tot die been oopgevlek word, sodat die geskiedenis vir eens en vir altyd geboekstaaf kan word en die toekoms sonder enige onsekerheid oor hierdie aangeleentheid aangedurf kan word. Met verlede week se verslag van Moody’s is dit pertinent uitgewys dat daar beleidsekerheid in die land moet kom. Landbou vra reeds lank daarvoor, maar die beleidsonsekerheid oor landbou en grondbesit word eerder net al groter, veral omdat niemand meer met sekerheid kan sê of die owerheid nog verbind is tot privaat besitreg en die vryemarkstelsel nie. Dit wil eerder lyk of die ANC besig is om geleidelik na sosialisme en kommunisme te beweeg.” (Lees asseblief volledige berig hier.)

Hoeveel berade, oor die landbou en andersins, het al op niks uitgeloop nie omdat die organiseerders uitgaan van die standpunt, wat die ad hoc-komitee oor eiendomsreg die Groot Leuen noem nie.

Veel beter leiding van Ramaphosa en sy raadgewers word nou verwag, maar gaan sy bruikleen van andermansgoed hom daardie geleentheid bied?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Johannes van Rooyen ·

NEE want hy is deel daarvan die ANC EN EFF is lankal besig met die planne

ONS gaan self moet keer ·

Ons gaan self chaos moet keer want die EFF is net die nuwe militere fleul van die ANC. Ons moet diue buiteland, internasionale organsisasies wat vrede monitor en die VN betrek want die ANC beplan grootskaalse skending van menseregte.

Michael ·

Nee wat hy gaan niks daar aan doen nie hy het dit dan begin .Weet hy ooit wat regtig aan die gang is?

Happy ·

HOEKOM sal hy dit wil keer? HY MOET GEWILD bly onder die MASSAS om aan bewind te bly volgende jaar en om steeds die President te wees. Hy het naelskraaps gewen teen Dlamini Zuma so hy moet nou die GEWILDE ding doen en wittes verjaag en grondvergrype toelaat en grense oopmaak sodat almal die land kan binnestroom en misdaad pleeg en huise en plase vat .. dit is FREE FOR ALL hier in SA nou .. HAPPY HOUR!

honourable member ·

Nee want die grondgrype het begin die oomblik toe hy president geword het so ek twyfel sterk of hy sy mense kan beheer.

Lolla ·

TLU-SA daar is nie tyd om mee rond te neuk met tegniese onnuttighede nie! Verdomp daag op en le die waarheid met ingekleurde prentjies op die tafel man?! Daai spul leer niks sonder prentjies nie. Druk julle ego in een of ander sak, en help ons mense, volk en land. Doen die regte ding! Herhinner hulle wat demokrasie is.

Charmain ·

Lolla, ek stem met jou saam. Regtig TLU-SA, nou is die tyd om emosioneel volwasse te wees en op die feite te konsentreer. Persoonlike wonde kan later gelek word. Doen wat jul moet en jul bes daarby – met die oog op die prys.

Padda ·

HOEKOM sal hy? ALLES VERLOOP nog volgens plan en hy gebruik die massas en Malema om die vuilwerk te doen en hy wil nou nie ongewilde besluite maak en hulle of Malema se haat en wraak stuit nie .. dit is alles deel van die PADDAS wat gekook word proses .. Hy het NIE gese hy gaan SELF die vuur maak nie .. hy staan terug en kyk hoe hulle kook.

Paul ·

Ja, en dat Roelf Meyer aangewys is om die landbougemeenskap te verteenwoordig, is om vir wolf skaapwater te maak. (Ek wonder wie hom aangewys het?) Terloops, hierdie beraad beteken niks, Roelf het met die organiseer en die weglaat van die instansies waaroor in dié dae gegrommel is, die pap op die grond laat val. Ek verbeel my hy was al voorheen ook by so-iets betrek, waarom lui die naam Kodesa ‘n klokkie?

koos ·

en hy was deel van die onderhandelings (codesa) – en nou gaan hy terug op sy woord. Swak

Nita ·

Hy het net vir die volk carte Blanche gegee en gese maak nes julle wil. Vat net wat julle wil. Ek gaan n paar draaie deur Afrika maak en nog n paar landse se mense vrye toegang gee na SA. Wat dink die man hoe gaan dit armoede in sy land verminder???

Cornelia ·

Mnr. Toerien, as politieke kenner vra u die vraag terwyl ek glo dat u reeds die antwoord ken. Mnr Ramaphosa het ‘n plan. Totale anargie gaan gewoonlik ‘n diktatuur vooruit? En hoe meer chaos hoe beter. Die blanke besitters van regmatig bekomde grond word opgewarm vir ‘n beklaenswaardige geslypte strydbyl. En dit pas in die doelwit. As mnr. Ramaphosa, een vd argitekte van die wegholtrein, werklik die land se bestendigheid en regverdige – nie katastrofiese koers wou stopsit, sal hy hom afskei van terreur politieke partye wat deurgaans sy sentimente vir hom verwoord en sommer deurvoer. Ja, hy sal sy doel kan bereik om as kommunistiese diktator, op die troon te klim en die volle mag van die polisie en weermag te “ontplooi” om al die weerstand tot “orde” te bring. U sal op my kommentaar spoedig van die “groot Versoener” hoor. Loop wakker.

Jo ·

Hoekom sal hy iets wat hy goedkeur stop? Waar’s al die CR fans nou?

Jerry ·

Die vraag moet nie gevra word of CR chaos kan keer nie? Kan diegene wat hulself uitgesluit het van versoening soos die Vryheidsfront, TLU, Afri-Sake, Afri-Forum en Solidariteit die chaos keer? Dit is die vraag wat gevra moet word, want die slimjanne van die Afrikaner organisasies loop rond en lug hulle menings en maak uitsprake asof hulle enige chaos die hoof kan bied, laat staan nog grondgrype deur die massas. Ons almal ken egter die waarheid en die antwoord op die vraag is dus n besliste en voor die hand liggende, NEE ,NEE en nogmaals NEE! Wat nou dringend moet gebeur is, soos wat dit nooit te laat is om jouself tot n geloof te bekeer nie, net so is dit seer sekerlik nie te laat vir hierdie Afrikaner organisasies om hulself tot versoening te versoen. Tans en deur eie toedoen, is die Afrikaner organisasies, hulle vrouens en kinders, kleinkinders en weerlose oupas en oumas tot chaos verdoem. Die anargistiese Zuma, EFF en die massas lek hulle lippe af vir die Afrikaners wat hulself geisoleer het en van mede Suid Afrikaners vervreem het!

Pelindaba ·

Versoek regering om akkurate statistiek oor Public Violence te openbaar. Dis skrikwekkend

Paul ·

Herman, vandag en more is mos die NFD/Roelf Meyer spitsberaad, wat my klink Ramaphosa gaan open. Hulle sal dus nie hierdie artikel van jou vandag te lese kry nie, maar aangesien hier ‘n klomp belangrike en kritiese dinge in jou skrywe is wat hulle gerus van kan kennis neem, moet jy dalk sommer ‘n kopie daar by Illovo waar die spitsberaad gehou word laat aflewer. Miskien skud dit die klomp wakker.

Werner ·

Jerry jy kan nie met mense versoening praat wat nie daarin belangstel nie mens noem dit mors van tyd daarvan het ons al genoeg gedoen jy klink soos n benoude kat

Rynhardt ·

Destyds voordat die ’94 verkiesing plaasgevind was dit juis die boere wat agter die NP aangeloop het,sonder om te besef die valbyl le en wag!???Nou neem Roelf Meyer en kie.alweer sake in eie hande.Roelf dien homself as die boere se verlosser. Hierdie mense is irrelevant in SA!Noodtoestand moes al lankal afgekondig gewees het.SA het nie
leierskap nie!SA bevind hom in n tydperk van chaos soos destyds met Kodesa!???????????????????

adriana ·

roelf meyer is in verraaier en klaar – dit weet ons almal – wat soek die man daar?

Sikspens ·

Dit was ‘n fout van TLU om van die beraad te onttrek .

As jy nie in die kamer is nie, is jy nie deel van die gesprek nie, word jou stem nie gehoor nie. Ongeag die kanarie in die vertrek, MOET jy jou stem laat hoor by elke geleentheid anders gaan iemand anders, wat geensins jou belange dien nie, namens, vir en bo-oor jou praat.

Jerry ·

Werner ek is n Afrikaner wat die vermoee, vermoeens en psiges van die Afrikaner en die Afrikaan nie net ken nie, maar geleef, beleef en ervaar het in goeie en slegte tye, in oorloe en vrede en om daardie rede probeer ek maar my bes om die Afrikaner organisasies n groot vernedering te spaar deur hulle aan te raai om te versoen terwyl hulle dit nie hoef te doen met hulle sterte tussen die bene nie. En jy is reg ek maak benoude spronge, maar nie soos jy dink vir my eie of my gesin se onthalwe nie, (ons is heel veilig en gemaklik en het vrede en n toekoms, baie dankie) maar vir die Afrikaner organisasies en hulle volgelinge en die se gesinne, want ek hoef regtig nie n siener te wees om te weet dat die onversoenende en onversetlike benadering van die Afrikaner organisasies, afstuur op chaos en n konflik wat die Afrikaner erg gaan verneder laat, vir geslagte lank. Die vernedering, om nie eers te praat van die geweld en vervolging wat die regse Afrikaner organisasies hulself op die hals gaan haal, gaan so erg wees dat die Afrikaners soos myself, dit nie sal toelaat as deel van ons eens trotse volk se geskiedenis nie! Ek glo en vertrou dat hierdie kommentaar jou besorgdheid oor my in redelike en duidelike terme besweer.

Paul ·

Jy sê jy is ‘n Afrikaner, maar dan veg jy teen die Afrikaner organisasies soos Solidariteit en Afriforum, Afrisake edm. Hulle is vir jou ‘n vernedering en daardeur glo jy hulle sal geweld en vervolging vir hulle en vir jou op die hals haal.

Joh. 3:16 ·

Ai Jerry, Jerry… Jy sit waarskeinlik in ‘n veilig land met jou gesin. Ek lei dit af uit wat self gesê het. En ek sê nou vir jou jy lieg as jy sê jy maak daar in jou veiligheid benoude sponge vir ons Afrikaners hier in ONS LAND. As jy reken dis ons Afrikaner organisasie se skuld dat hierdie gemors ons tref, is jy wragties blind vir ons situasie. Jy sê jy ken ons kultuur, ons geskiedenis en ons oorloë; jy sê ons is onversoenbaar… Jy sê die vernedering wat wat ons gaan deur maak sal nie erken as deel van jou êrens trotse Afrikaner geskiedenis nie! Kom ek gee vir jou net een waarheid van die Afrikaner se geskiedenis: seder MY volk se ontstaan uit die reformasie was ons nog net veroordeel, alleen en opsetlik misverstaan; ons was nog net altyd vir elke foutjie in die beskuldigingsbank en byna in elke geslag diep verneder. Dit vat ‘n man met rotsvaste beginsels om ‘n Afrikaner in Afrika te wees. Soms met die genade van die Here Jesus Christus sal jy die regte besluite neem; soms met dieselfde genade sal jou swak besluite jou ‘n diep les leer. Maar een waarheid bly vir jou en my: Jy en ek sal sterf waar ons sterf… Ek wil my assosieer met MY vertrapte, vernederde, veroordeelde volk… en sterf ‘n Afrikaner in Afrika. O ja… ek sien dit as ‘n vernedering as my volk se organisasie nou met stert tussen die bene versoening praat.

PJC ·

Ja Werner ek stem saam met jou. Hierdie praatjies van versoening is net om die blankes rustig te hou terwyl hulle rustig verder beplan hoe om ons onder te ploeg. Die feit dat Roelf Meyer deel hievan is sonder dat die blankes hom gekies het om hulle te verteenwoordig vertel die hele storie. Hy is net ń marionet want die uitkoms hiervan is klaar deur die ANC bepaal.

HPV ·

Ramaphosa wil of sal dit nie keer nie, hy is medeverantwoordelik daarvoor. Ons sal dit met behulp van die buiteland moet keer. Die alternatief sal minder mooi wees, naamlik ‘n burgeroorlog wat tans ‘n al groter skrikwekkende werklikheid word.

Reguit ·

Ag, jinne, alles sal mos regkom, alles gaan mooi uitwerk. SA is ‘n wonderland van melk en heuning waar al die reënboogkinders saam handjies vashou en Kumbajaa sing. Moenie so negatief wees nie. Glo net. ‘n Sekere bekende prediker het immers laas jaar in Bloemfontein ‘geprofeteer’ dat die groot vrede ons gaan tref. Wees verheug.

@ JERRY ·

Wat is erger as ‘n 3 jarige dogtertjie wat deur 4 swart mans verkrag word en dan aan die brand gesteek word ?? HOE is DAAI VIR VERNEDERING ou maat . aan watter afrikaanse party behoort sy????

Kersvader ·

Roelf word gekies omdat hy so lekker ONDERHANDEL Julle.. onthou julle nie CODESA Nie, hy is ‘n KERSVADER, hy gee alles weg . eers AL Die minderhede se regte WEGGEGEE . nou gaan hy al die GROND WEGGEE . dit is hoekom hy gekies is .. die wit vel is ‘n eye blind en hulle probeer voorgee hulle het WITTES Se menings ook gevra . . .hulle sien Roelf as WIT!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.