Nuuskommentaar: Gaan Rexit vir Trump beveilig?

Donald Trump

Pres. Donald Trump. Foto: AP Photo/Pablo Martinez Monsivais

Met die afdanking van die goed afgeronde Rex Tillerson en aanstelling van Mike Pompeo as minister van buitelandse sake het pres. Donald Trump waarskynlik sy grootste sprong nóg getwiet. Van Tilllerson se kant lyk dit of hy sy pos sonder enige moddergooiery en met so min gevolge as moontlik gaan verlaat.

’n Mens hoef nie veel verder as ’n insident verlede jaar te kyk om te weet waarom Trump Tillerson die bosse ingejaag het nie. Tillerson het toe glo na Trump as ’n moroon verwys.

Volgens Trump het sy en Tillerson se beskouings te veel verskil. Van Pompeo kan bietjie meer vuurwerke verwag word. Hy is ’n bekende ondersteuner van die Tea Party, ’n amper vergete konserwatiewe faksie van die Republikeinse Party. Hy is ’n stoere ondersteuner van Trump self, én hy was tot nou toe die direkteur van die CIA.

Is Pompeo die spioen wat uit die donker die glanslewe betree het? En sal hy dit suksesvol kan doen?

Pompeo het ’n doktorsgraad in die regte aan ’n militêre akademie verwerf. Hy het ook om die beurt as regsgeleerde, kavalleris en infanteris gewerk. Sy opvatting is dat ’n Moslem wat nie ’n daad van terreur wil veroordeel nie, self ook ’n terroris is, en dit bepaal grootliks sy denke – soos sy teenkanting teen die sluiting van die aanhoudingsgeriewe in Guantanamo Bay.

Deur sy betrokkenheid by die sentrale regering, die weermag en toe die CIA, kan aanvaar word dat Pompeo se kennis oor die buiteland wel baie waardevol sal wees vir Trump, wie se kennis oor die buiteland maar erg beroerd was toe hy president geword het.

Die CIA mag uitsluitlik net buitelandse sake hanteer, terwyl dit min of meer vir die weermag geld. Die kongres sien volgens die grondwet hoofsaaklik na buitelandse sake en verdediging om. Trouens, ’n mens hoor gereeld van die sentrale regering wat om die soewereine regeerfunksie van die deelstate meeding.

Dit kan dus verwag word dat daar ’n sterk sober gemoed gaan intree oor die beoogde beraad tussen Trump en die Noord-Koreaanse diktator, Kim Jung-Oen. Pompeo sou teen dié tyd reeds blootstelling gehad het aan die scenario’s wat die CIA in sulke situasies moet opstel. Trump behoort dus nie met sy broek afgevang te word nie.

Maar hoe gaan Pompeo Trump se beeld na buite beïnvloed? De Standaard se redakteur van buitelandse sake, Corry Hancké skryf: “Waar Tillerson die skerp kante van Trump se uitsprake sou afveil, is Pompeo ’n ‘hardliner’.”

Trump het sy uitsprake oor buitelandse sake volgens aanduidings die laaste aantal maande gedoen sonder raadpleging van Tillerson of enige ander persoon wat daarvoor aangestel is. Gaan Trump nou oorleg pleeg terwyl hy heel waarskynlik gaan hoor wat hy wil hoor?

Gedagtig daaraan dat Trump en Pompeo mekaar se vyandige sentimente oor Iran deel, kan verwag word dat die kwessie van grondgryp sonder vergoeding wat nou in Suid-Afrika so hoog op die agenda is, ook Suid-Afrika se posisie by die VSA gaan knou. As vorige direkteur van die CIA sal Pompeo baie goed oor die situasie in Suid-Afrika (en sy buurlande) ingelig wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ivor ·

Prime Minister Benjamin Netanyahu and most members of his government were delighted to learn that US President Donald Trump had fired the incumbent Rex Tillerson and tapped current CIA director Mike Pompeo for the job instead.
“For thus saith the LORD, That after seventy years be accomplished at Babylon I will visit you, and perform my good word toward you, in causing you to return to this place.” Jeremiah 29:10 (KJV)
Donald Trump on his first day in office was exactly 70 years, 7 months and 7 days old. On May 14th, 1948, he was exactly 700 days old. As of this writing we are exactly 2 months away from the 70th anniversary of the regathering of Israel. President Trump has picked Mike Pompeo to be his Secretary of State to oversee the move of the US Embassy from Tel Aviv to Jerusalem. Pompeo is the 70th person, not counting unofficial acting secretary, to hold the position of US Secretary of State…
…and the mad dash to the prophetic month of May just got kicked up a notch. Maybe two.
All over Israel, the news of Pompeo as Secretary of State is a cause for celebration. Why Because he is very much pro-Israel, and wants to do what is right for the Jewish people and the state of Israel. Watch this space….!!! MARANATA!!! Jesus Kom!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.