Nuuskommentaar: Gaan Springbokke gekweste nasie se wonde help salf?

rugby-springbok-logo-grootIn Bloemfontein brand die vreugdevure hoog oor een van sy goue seuns, Wayde van Niekerk, pas in Beijing met ’n Suid-Afrikaanse en Afrika-rekord tot wêreldkampioen in die 400 meter gekroon is.

Maar in die Rosestad is daar groot kommer dat nog een van sy goue seuns, Heinrich Brüssow, met Jan Tuisbly se karretjie sal moet ry weens rassekwotas. Na wat berig word is Heinrich een van die spelers wat vir kwotas in die Springbokspan vir die Wêreldbeker geoffer moet word. Dit haal so ’n ietsie se smaak uit die opbouende opwinding uit.

Die span is egter nog nie aangekondig nie en dalk word ’n oplossing agter die skerms gevind. Maar in hierdie stadium lyk dit of iemand se glans bederf gaan wees: Diegene wat ’n merietespan soek wat ’n ernstige kans het om die Wêreldbeker weer huis toe te bring (en plaaslike euforie te skep), of die sogenaamde transformasiedrywers wat kleur as norm verhef en verabsoluteer.

Laat dit duidelik gestel word – om ’n swart of bruin speler weens sy velkleur nie te oorweeg nie, is net so verkeerd soos om kwotas op te dwing. Ongelukkig was daar die geval waar dit gelyk het of Heyneke Meyer inderdaad te snoep met gekleurde spelers omgegaan het, en die Bokke by ’n verswakte Argentynse span aapstert gekry het. Dié voorval word nou behoorlik uitgebuit. Meyer moet nou waak om nie ter wille van na die ander uiterste om te swaai nie.

Voorts moet in gedagte gehou word dat die toernooi nog moet begin en daar sal stellig beserings op die veld en oefenvelde wees met spelers wat uit Suid-Afrika vervang moet word. Dit is egter verregaande om te verwag beserings moet juis só geskied dat dit meriete-regstellings kan voltrek.

Die vreemdheid is dat die sportwêreld waarskynlik die blinde oog sal gooi op hierdie blatante politieke inmenging in sport, en ook rassisme in sy mees onverdunde vorm. Die meeste internasionale sportliggame soos Fifa verbied sulke optrede, terwyl rugby en krieket dieselfde soort bepalings het, maar skynbaar verkies om horende doof en siende blind daarvoor te wees.

Kwotas is nie heeltemal onbekend aan internasionale rugby nie. In enige 15-tal van die Britse en Ierse Leeus moet daar minstens twee spelers van elk van die tuisunies ingesluit wees. Soms lei dit daartoe dat dit die span verswak omdat sommige tuisunies by tye werklik mank aan talent is. Die Leeus verteenwoordig egter nie ’n land nie.

Nieu-Seeland se Maori-span mag nie spelers insluit wat nie van Polinesiese afkoms is nie. Ironies is die span by geleentheid verhinder om Suid-Afrika te besoek weens sy “rassesamestelling.”

Kom dit egter by nasionale verteenwoordiging en roem vir ’n land, geld net een norm en dit is dat die beste beskikbare spelers gekies word. Die land se trots is op die spel.

Miskien het Suid-Afrika nou net te min oor om op trots te wees…

Die kommer oor ’n moontlike “kwotaspan” kom te midde van ’n skynbaar georkestreerde veldtog om van Afrikaans as onderrigmedium op die paar kampusse ontslae te raak waar die taal nog vastrapplek het. Golwe van verset spoel oor Maties, die Potchefstroomse kampus van die Noordwes-universiteit en Elsenburg, en ’n projek oor die toekoms van Afrikaans is by Kovsies van stapel gestuur. Wat in die grondwet staan, en wat die grondwet van minderheidsregte sê, is kwalik relevant.

Die beklemming van pogings om minderhede in hul eie land te marginaliseer kan moeilik weggewens word, en minstens een groot Afrikaanse kerk het al die gevoel van vervreemding in eie land as gebedsaak opgedra.

Verskeie instansies het op die jongste inkonsekwenthede van die ANC op kampusse verwys. Die Afrikanerbond skryf onder meer soos volg:

“Die Afrikanerbond hoop van harte dat die minister van hoër onderwys, dr. Blade Nzimande, sowel as die parlementêre portefeuljekomitee vir hoër onderwys en opleiding met dieselfde dringendheid sal optree by die Tshwane Universiteit van Tegnologie as waarmee hulle optree oor beweerde rassisme by die Universiteit van Stellenbosch. Die haas waarmee verklarings uitgereik en die universiteitsbestuur ontbied word om hulself te verduidelik oor die beweerde rassisme wat ontbloot word in ʼn bedenklike video met ʼn ewe bedenklike agenda spreek boekdele oor die agenda om alles wat met Afrikaans verband hou verdag te maak. Hiermee word rassisme nie goedgepraat nie, maar moet die universiteit die geleentheid gebied word om behoorlik met die saak te handel, indien daar gronde is vir optrede.”

Die verklaring word veelseggend afgesluit: “Om rassisme agter elke bos te gaan uitsnuffel is verregaande. Dr. Nzimanda se rasobsessie met universiteite veral waar akademiese uitnemendheid nagestreef word, is in skrille kontras met ander universiteite wat letterlik afgebreek word deur oorlogsones wat daar voorkom. Suid-Afrika het akademiese leierskap nodig, nie ondeurdagte en verdelende uitsprake nie.”

Vanaand sal ons weet of die Springbokspan Suid-Afrika of die transformasiedrywers gaan verteenwoordig. En lig werp op die vraag of minderhede nog ’n plekkie onder die Suid-Afrikaanse son gegun word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Joe Diedericks ·

Die titel van hierdie artikel en die kontent praat nie met mekaar nie.

Die titel stel voor dat ek nou weer ‘n “Jannie jammer gat” gekla gaan moet lees. Jy vra die vraag maar verskaf geen antwoorde of moontlike oplossings nie wat tot ‘n antwoord kan ly nie.

As Afrikaans sprekendes is ons meer as ‘n gekweste nasie, ons is sterker as die wonde wat salf kort.

Die enigste gekweste Suid Afrikaners met wonde wat salf kort waarvan ek weet is die spul wat Heineke Meyer na die Wêreld beker wil neem terwyl die fikste en fisieke spelers by die huis gaan moet sit, ongeag van hul kleur.

Anti-Haas ·

Laat Tony gaan visvang saam met Gammat sodat hy die Springbokke Span los vir die wat Rugby ken. Kies die speller op sy spel wat hy speel en nie op sy kleur of ras nie.

Tony die Hotnotvis byt nou goed by Dwarskersbos se riwwe. Kom hengel asb.

Joggell ·

Man, maak sommer die hele groep swart, dan is daar niks om oor te kla nie. Ek kan dan sommer vir Ierland ondersteun

arie steyn ·

dit verbaas my , die hele lot wat so kerm oor die springbok span het seker nog nooit eers aan n rugby bal gevat nie wat nog gespeel.
tony steek sy neus in als van boerdery tot rugby , ek sal graag wil weet wat se kennis het hy van als.
mooi gestel hanti-haas . vatso tony

Klaas ·

As Heyneke gaan swig onder politieke druk moet hy somar nou al voor di wereldbeker bedank. Heyneka moenie op jou laat trap nie. Sterkte.

Ina ·

Ek dink nie Heyneke het ‘n keuse nie. As hy nie maak soos wat hulle sê nie dan gaan hulle hom net eenvoudig dwing om te bedank. Kyk maar wat het met ons Krieketspan gebeur toe hulle op die vooraand van ‘n “moontlike” oorwinning gestaan het. Trost is duidelik nie meer die dryfkrag van ons land se Top spanne nie, mens kon dit sien by verskeie van die “games” en die liggaamshoudings van die spelers. Maar oor ons algehele All Black sokkerspan word geen word gerep nie. Hoe ironies

chris ·

Die “nasie” is nie gekwes nie as hy ooit werklik bestaan het is hy nie net dood nie maar verot.Jy kan nie ‘n dooie ding se wonde herstel nie.
Los nou maar die hersingskim van ‘n droom.As die Afrikaner nie by die tyd reeds besef wat werklik gebeur nie sal hy dit wel spoedig uitvind.
Ek stem saam maak die hele span swart en kry klaar, dit sal regtig vir almal in RSA beter wees, die Afrikaner inkluis.Verder moet die springbok-embleem wat so stadig maar seker deur die protea oorgeneem of rondgeskuif word sommer ook verdwyn.

Ek is ‘n rugby ondersteuner en nie ‘n rassis(wat dit ookal beteken)nie,daarom sal my ondersteuning by die Iere en All Blacks le.

Ghost ·

Chris stem saam. Ander voorstel is hoekom kies hulle nie maar hulle eie span wat sekerlik soos die sokker heeltemal swart gaan wees en dan kies ons n 2de span, nie noodwendig wit nie maar op meriete oor elke speler se spel gehalte. Dan kyk ons wie se naam word met n plank geslaan. O ja sorry vergeet hulle geenie om om te verloor nie, solank hulle net hulle sin kan kry en als in mens se kele kan afdwing. As dinge so aan gaan is dit SA se laaste jaar vir n kans om die wereld beker huisctoe te bring. So volgende wereld beker skeeey ek eerder Ierland of miskien Japan. Teminste soek hulle spelers wat kan en nie net op die veld wil wees om n groot tjek te kry nie.

Dup du Plessis ·

Al wat ek weet is dat dr. Cruywen toe altyd reg was. Rugby moes nooit profesioneel geword het nie. Het dit amateur gebly sou daar geen kwota probleem gewees het nie (die wat sou speel sou dit regtig vir die liefde van rugby wou doen). Invloei van jong spelers sou konstant gewees het en die situasie sou nie ontstaan waar een speler met ‘n Bok-kontrak sit tot hy 45 is en jonger spelers nie ingeneem kan word in die stelsel nie, omdat net een betaal kan word nie. Baie van ons wat maar gespeel het vir die “lekker” het vroeg in die dertigs opgehou, en jy’t altyd geweet dis net ‘n tydelike spel. Ironies was van ons grootste rugbyhelde maar net amateur spelers gewees…..Frik du Preez, Mannetjies Roux, Jan Ellis, Gert Muller, Piet Visagie, ens, ens. Dit was dus nie Apartheid se skuld destyds oor die wit spanne nie, maar die feit dat daar nie vir rugby speel betaal is nie.

Henry ·

Indien die kwotastelsel vir die WB span deur die politieke narre afgedwing word, het dit nou tyd geword om standpunt in te neem.
Voorbeeld:
Meyer bedank as afrigter indien hy en sy keurders gedwing word om kwotaspelers in die span op te neem.
Spelers wat gekies is, weier om aan die WB deel te neem. Gaan speel in die buiteland en verdien regte geld.
Toeskouers boikot alle wedstryde van spanne wat Politiek Korrekte (PK) kwotaspelers insluit.
Raak ontslae van alle SARU lede wat met hul PK ingesteldheid na die regime se pype dans en nie die sport rugby as eerste prioriteit dien nie.
Stel siele aan wat die beste vir rugby onder alle rasse bevorder en konsekwent uitleef…
Miskien kan ons hierdie onreg saam beveg.
Of droom ek van perdebollie wat soos vye lyk?

Manie ·

Cosatu sal aanhou met die kleurstorie tot daar omtrent geen witte in die span is Die minister het mos hoeka gese wen is nie alles in sport. Pas uitstekend by A N C waar prestasie laaste is

Rynhardt ·

Heyneke moet 30%transformasie in sy span toepas!Cosatu en Anc het hul in n dodeluke greep.Vir die Anc en Cosatu gaan dit net daaroor dat die blanke geen bestaan mag he nie.Ek is bly hierdie dinge gebeur,sodat die afrikaner uit sy winterslaap van 21jaar kan kom!Een van die volgende 4 spanne gaan die wereldkampioen in rugby word:All Blacks,Auatralie,Frankryk of Engeland.Die kans is ook goed dat twee van die vier,in die eindstryd kan speel.

Johan1 ·

Ja, nou sal ek ook ‘n ander span moet kry. My kinders is in oz land. So sal maar my span wees.

Anton ·

Henry en Rynhardt, julle slaan die spyker op die kop! Maar jammer om te se, die Afrikaner kannie of wil nie saamstaan nie! Die laaste keer wat hulle eintelik gedwing was om saam te staan,was by bloedrivier.

Neels de VIlliers ·

Baie jammer Heinrich Brussow en Cobus Reinach . Op meriete hoort julle in die span ! Niemand neem julle kwalik
as julle groener weivelde soek/ gaan soek om met julle loopbane voort te gaan nie !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.