Nuuskommentaar: Gedekoloniseerde leerplan – Aansoek om betrekking, soos vertaal uit oorspronklike ‘Engels’

bcom graad studeer akademia

Argieffoto.

21 Desember 2022

Geagte heer / dame

AANSOEK OM BESTUURSPOS

Ek het pas aan die Sartre & Fanon-universiteit vir Anargie en Revolusie in Kaapstad (voormalige Ikeys) afgestudeer en is deel van die eerste groep wat onder die gedekoloniseerde leerplan my grade verwerf het. Eintlik, as deel van die dekolonisering van die leerplan word nou nie meer van grade gepraat nie, maar van “Release Certificates”. Dit vereis geen eksamen of toetse nie.

My hoogste kwalifikasie is die ekwivalent van ’n ou MSc. Ek het dit in geologie behaal.

My hoofvakke vir die voorgraadse RC was:

  • Geologie (Klipgooi en aandra van groot klippe om strate te versper.)
  • Sielkunde (Hoe om bondeldapperheid só te stook dat dade van vandalisme en intimidasie gepleeg word.)

Op tweedejaarsvlak, al drie jare daar, het ek geneem:

  • Fisika (Hoe om brandbomme te maak)
  • Fisiologie (Hoe om brandbomme te gooi)

My eerstejaarsvak was

  • Biologie (Hoe om vir die polisie weg te hardloop.)

Ek was ook ’n selleier in my koshuis, Huis Castro.

Indien u dit laat kontroleer, sal u merk dat ek verskeie kere aangehou is en vir ’n lang rits kriminele oortredings gevonnis is. Ek is egter trots om te sê dat ek ’n politieke gevangene was.

Soos u kan sien is ek goed gekwalifiseer vir ’n bestuurspos in u onderneming. My salarisverwagting is R3,7 miljoen per jaar (inflasie-aangepaste berekening van die minister se welvaartsberekening van R600 000 per jaar in 2016).

Soos u weet het inflasie skerp gestyg nadat die #FeesMustFall-veldtog destyds suksesvol bygedra het dat Suid-Afrika rommelstatus bereik het. ’n Motortoelaag en huisvestingstoelaag is vanselfsprekende bykomstighede.

Ek sal veral nuttig wees in ʼn korporatiewe rol in u onderneming om aandag te gee aan die rassevraagstuk. Dit behels eerstens ’n vestiging van ’n skerp rassebewustheid sodat wit werknemers met skuldgevoelens gelaai kan word, asook om ’n begrip te ontwikkel vir die nodigheid van restitusie. Swart werknemers se trots om swart te wees word gevoed, asook hul bewustheid dat hulle op restitusie oor die hele spektrum geregtig is.

Volkome harmonie word dus voorsien.

Voorts kan ek effektief meedoen in die wegdoen met Afrikaans.

In die finale instansie is ek ’n kundige om te adviseer oor hoe om Eurosentriese idees en praktyke uit te wis en ’n gedekoloniseerde werksomgewing te skep. Daar is nou wel nie standbeelde by u onderneming nie, maar ek glo ou portrette wat dateer uit die voor-gedekoloniseerde era, hang nog teen die mure. Nadat dit verwyder en verbrand is, kan ek adviseer oor wie se portrette in die plek daarvan gehang kan word. So uit die vuis word aan Sartre en Fanon gedink, asook Stalin, Omar al Basjir, Ghaddafi, Malema en ander.

Ek is nou so opgewonde dat ek nie kan wag om by u onderneming in te val nie, en ek verneem graag wanneer ek kan begin (net nie voor Kersfees en Nuwejaar nie).

Die uwe

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

callie ·

Uitstekend en in nuwe bedeling behoort hy die pos te kry. Of hy gaan aanvaar weet ek nie want hy sal darem seker daar moet wees wat teenstrydig is met sy klas lopery,
Amper vergeet, hy sal net wil weet hoeveel dae verlof hy kry en van sy 13de tjek. Dan kan hy sommer begin met sy verlof en 13de tjek. Wat n paradys wat wag vir die nuwe geslag

Ouvrou ·

Julle is almal so lekker laf. Ek lag my ‘n papie. Ek geniet al die kommentaar. Dit maak my dag. Moet asb net nie vergeet dat mens ook ver kan kom met net ‘n groot nie

Maggie ·

jy is so so snaaks, ekt my pap gelag, maar alles is nie vervan die werklikheid nie??????

Elo Quinn ·

Is (alle) wetenskap dan Eurosentries? Is wetenskap dan nie gebaseer op koue feite nie?

Ek is moeg van portrette vanaf Arafat tot by Zeus oral, so ook die standbeelde. Ideologieë was nog altyd duur speelgoed.

Lizzy ·

Briljant. En so gaan die CV’s lyk. En wie gaan vir hulle werk gee?

Hendrik ·

hierdie aplikant het geen probleem om n top pos te beklee nie. Kan hom by voorbaat gelukwens met sy pos.

Cedz ·

Dit is nou n baie goeie stuk, vol gelaai met waarhede…. Die ironie is egter dat dit die geval gaan wees met meeste mense in die toekoms soos wat dinge nou aangaan…Dalk nie in hierdie spesifieke woorde nie, maar dit is waarop dit neerkom.
Wel gedaan aan die skrywer!

Theuns ·

Uitstekend. Ek sukkel nou nog om my asem terug te kry soos ek gelag het! “Die werklikheid is snaakser as fiksie”. Dankie Herman

Johanna Botha ·

Gaan mense dan met hulle hande weer eet en die mes en vurk weggooi ?

Penellope Jones ·

Absoluut ‘n 100% perfek, presies net soos dit is (sal wees!)
Hoop jy kry die pos Herman!
Hou ons tog op hoogte rakende die onderhoud en jou datum van diensaanvaarding.
(Hoop nie jy is dalk oorgekwalifiseer nie….!)

marie visser ·

Al wetenskap wat hulle wil van weet, is die resep van daai battery bier wat hulle maak.

peanut ·

Indrukwekkende CV – net jammer dis in sulke uitmuntende Afrikaans geskryf – Jy sal dringend aandag daaraan moet gee my klong, dis heeltemal te suiwer en jy mag dalk aangekla word dat jy n kokosneut is –
;-)

Dirk Breytenbach ·

Of dat jy terugverlang na apartheid…pasop vir haatspraak!!!

Ou Erdvark ·

Die National Democratic Revolution vir ‘n National Democratic Society, ‘n gedekolonialiseerde gemeenskap, maak nie voorsiening vir enige maatskappy nie. Geen koloniale goeters soos werkgewers. Geen dasse, pakke klere, horlosies, motors, vliegtuie, brille of enigiets wat lyk, ruik of proe na kolonialisme word toegelaat nie. Daar sal geen politieke party, staatspresident en ministers wees nie. Ons gaan almal gelyk by die staatstrog vreet. Wat vreet?

Ons sal dan almal gelyk en vry wees.

Wonder wat die Chinese van China hieroor te sê sal hê.

Belinda van der Berg ·

Uitstekend!

Op ‘n ernstige noot: Mag ek vra, wat gaan hierdie toekomstige “gekwalifiseerde” werknemers doen sodra hulle nie tevrede is met die jaarlikse verhogings nie? Gaan hulle die werksplekke ook afbrand…?

humor ·

Johanna Botha dit is een gebied wat nog nooit gekolaniseerd was nie. Sederd die skepping bly dit steeds dieselfde.

Andre Otto ·

Dit gaan my verstand te bowe dat Pressie Zumpie of Minister of Higher Edukatyon hom nog nie aangestel het nie

Willie ·

Ek glo nie hy sal aangestel word nie. Nêrens meld hy sy ervaring hoe om geld op korrukte wyse te bekom nie.

Valie ·

Mense ons het n wonderlike eenmalige geleentheid om die wetenskap te laat aanpas soos ons dit wil he. Die studente sal dit vir ons so laat gebeur. Eerstens moet die wereldkaart omgedraai word sodat dit afdraende is Europa toe en dus goedkoper om te vlieg… dan sal dit help as water opdraende begin loop sodat my volgende vakansie by die see in Pretoria baie goedkoper kan wees. Die son kan koeler gestel word sodat ek my bier sommer op die stoeptrsppie kan verkoel…

Johann ·

En fan wonder mense hoe ons oorleef? Humor soos NET in Afrikaans gedoen kan word oor ‘n krities esensïele rijaliti…snaakste is dat die “ondergemiddelde” toepaslike “aplikant” nie die skerpgeit sal vang nie…WEL DALJ NET SO COWPI ANT PAIST vir hom/haar CEEVEE… imajin NUMBA WHOE se clym 2 fym…

Anika ·

Al hierdie studente … gebruik hulle selfone, gebruik hulle lopende water by hulle huise, gebruik hulle enige iets wat met elektrisiteit werk, gebruik hulle taxis, kyk hulle TV, koop hulle pasgemaakte klere in die winkels, koop hulle voorbereide kos in supermarkte ens. ens. ens. ???
Grootste grap van die jaar – arme drommels!

Welkom by my ·

Jy kan vir my werk, dit is n gedekoloniseerde pos gebasseer op voor-koloniale ekonomie. Versamelaar, jy kan uintjies en bolle uitgrawe.

zahn ·

Sies Herman, jy is baie baie ver van die punt af. Ek merk nêrens enige spel of taalfoute in die CV nie..
Of moet ek aanneem dis vir hom geskryf, want wragtag, met hul opvoedingspeil kan hulle nie een spel nie. Sal nog CV ook verkeerd spel. Siewie, of See wie, C whee, nee wag, ek los eerder..

timram ·

En so is hulle almal. Sal nooit vryheid ken nie want hulle boei hulself en kan nie met graad 4 dit besef nie.Gaan so nie wek kry in die privaat sektor nie. Net by die staat want soort soek soort.Het nie insig mentaliteit rugraat of enige iets waaruit n oordentlike mens bestaan nie.

Barend ·

Waarom word ‘n gedekoloniseerde universiteit met gepaste leerplanne (deur hulleself opgestel) nie gestig nie en laat diegene wat wil daar studeer nie, sommer verniet?
Ek stel formeel so voor.

Jan Grotman ·

Goed geskryf. Lekker raakgevat.
Interessante vakkeuse. Geologie met Sielkunde, Fisiologie en Biologie. Darem Fisika. Ek het my nou nie eintlik besig gehou met Sielkunde en dies meer nie. Daar was genoeg klippe en akademiese materiaal van klipperige aard. Ek sal nie die werk aan die man gee nie…ons gaan klipgooi. Ek het baie ondervinding. Nie met klipgooi nie. Met klippe.

Louise ·

Barend ek stem saam. Stig gedekolianiseerde gratis universiteite in die Townships. Laat die opstandelinge self die grade saamstel en ook as dosente optree. Dan kry ons sommer hulle weg van al die ander universiteite.

Johan ·

Hier is verwaring.

Herman, CV staan vir Curricullum Vitiae – dit is nou gedekolonialseerde Latyn.
Voor dekoloniasie – curriculum vitae – …van die lewe. Nou curriculum vitiae – …..van gebrek /foute.
vita – ae f -gebrek of fout.

Winston ·

Puik Herman. Net nie “taalkorrek”nie maar verstaanbare dialek. Lekker gelag oor die waarheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.