Nuuskommentaar: Gees van toe-eiening

Forensiese beamptes op die toneel by die Ngcobo-polisiestasie, tussen Mthatha en Queenstown in die Oos-Kaap, waar ‘n groep gewapende aanvallers op die stasie toegeslaan het (21 Februarie 2018). Foto: SAPD

Die ses mense, onder wie vyf polisiemanne, wat in die Oos-Kaap doodgeskiet is bloot omdat hulle teenwoordigheid die plundering van ’n kitsbank riskant gemaak het, dui op ’n gees van “geregverdigde” toe-eiening. Maar wat is te wagte as die regerende party beleid aanvaar wat beteken dat ander die les kry van mense se grond wat sonder vergoeding bekom is?

Waaroor kan nog alles ’n gees van selfgeregtigheid ontwikkel word?

Om te sê iemand het verslaaf geraak daaraan om iets wat aan ’n ander behoort vir homself toe te eien, is lankal nie meer politiek korrek nie.

Nee, of dit nou iemand se persoonlike Bybel, sy grond, kontant en vuurwapens in die kluis is, en of dit nou die lewe van die wettige eienaar is; jy staan eenvoudig nie in die pad van ’n lid van ’n sindikaat of bende wat op iets staatmaak nie.

“Die reg” op andermansgoed word eenvoudig toegeëien, en behoede die mens wat in die pad daarvan beland. Of hy nou ’n boer of polisielid is, hy word gewoon van die gras gemaak. Die slagoffer of ander mens wat ’n stokkie hiervoor probeer steek, meng in met ’n strafregtelike kode van selfgeregtigheid, en betaal maklik met sy lewe.

Dink maar aan die bekende Johan Botha wat só met sy lewe betaal het. ’n Kind wat ontvoer word om verkrag te word, sal heel waarskynlik ook in ’n vlak graffie tussen die duine gevind word.

Malusi Gigaba, minister van finansies, lewer sy 2018-begrotingsrede (21 Februarie 2018). Foto: Elmond Jiyane (GCIS)

Pas is vyf polisiemanne asook ’n afgetrede soldaat vermoor nadat die polisiestasie oorval is. ’n Kitsbank is beroof en was waarskynlik die hoofteiken.

Tot tyd en wyl duideliker uitgespel word hoe die ANC se nuwe beleid van grondgryping sonder vergoeding hom gaan manifesteer, sal die vermoede bly bestaan dat dit potensieel op enorme staatsdiefstal van privaat eiendom kan neerkom. Die toejuiging wat pres. Cyril Ramaphosa hieroor in die parlement gekry het, dui op ’n gees van die toe-eiening van andermansgoed. Al hoe meer ontleders skryf nou oor die baie ernstige gevaar wat dit vir die land en sy diverse gemeenskappe inhou.

Selfs al word na die begroting gekyk, kan plek-plek gemaan word dat daar te veel ruimte is om die begroting te plunder. Die droogteramptoestande is onlangs deur die regering tot nasionale ramp verklaar, en nou is R6 miljard daarvoor opsy gesit. Maar in vorige boekjare lyk dit of aansienlike bedrae by provinsiale begrotings “weggeraak” het, en verdag min uitbetaal is. Agri SA het self ouditeure aangestel om vas te stel of iemand nie hier geld ten koste van ander, mens én dier, ingepalm het nie.

Boonop is daar meer as R800 miljoen bewillig vir ’n kernprogram wat nie nou eens genoem behoort te word nie.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

13 Kommentare

Antoinette ·

Dit is hoekom ons vra bring terug die DOODSTRAF wat n afskrikmiddel sal wees

Henk ·

Antoinette, bring die doodstraf terug ? Klink maklik. Die probleem is; wie besluit oor die doodstraf ? Hierdie klomp onbeholpe en onopgeleide regters wat lukraak aangestel word , simpel besluite neem en onbegryplike uitsprake lewer, ( dink maar aan die doodskis fiasko), sodat jy nie eens seker is van ‘n regverdige verhoor nie ? Waar die toepassing van die wet ondergeskik is aan die polities korrektheid van die situasie ?

Gemaskerde Sopbeen ·

Hou tog op met hierdie aanhoudende gesanik oor die doodstraf. Dit gaan nie gebeur nie, en buitendien, dit was nog nooit ‘n “afskrikmiddel” nie………want self in lande waar die toegepas word, is daar nog steeds moored. Die doodstraf is toegepas om ‘n bevolking te purgeer van individue wat se gedrag teenoor hulle medemens so laakbaar was dat die samelewing nie langer vir hulle kans gesien het nie, hulle nie rehabiliteer is nie, en dit geen sin maak om so ‘n individu in ‘n tronk te hou vir die res van sy lewe teen ‘n enorme finansiële uitgawe wat andersens aangewend kon word op iets positiefs nie.

Marthinus Willemse ·

Die insident in die Oos-Kaap het niks moet toe-eiening te maak nie. En om die doodstraf terug te bring gaan hulle nie afskrik nie. Hulle is mense wat met die swaard leef, en met die swaard sterf. Hulle dink nie soos ons dink nie; hulle is bereid om te moor – en te sterf – ten einde `n onmiddellike behoefte te bevredig. “Live hard and die young”, soos die rock `n rollers altyd gesê nie.

Eish ·

Ons kan eenvoudig niks daaraan doen as gemarginaliseerde minderheidsgroep nie.

Werner ·

Wel, dis darem nie waar nie. Ons kan baie daaraan doen, ons wil net nie die opoffering maak nie. Om saam te trek en af te stig, soos die pioniers en moderne voortrekkers van Orania, is ‘n baie goeie oplossing en beskerm almal daarbinne teen die chaos van Suid-Afrika. Maar nou ja, dan moet jy trek. En jou eie potjie skraap. Ons is nog nie ongemaklik genoeg daarvoor nie…

Koeks ·

Ja ja!!! Jou goed is my goed!!! Hoekom moet ek dan daarvoor betaal!!! Aaai aaai! Ons is sooo onnosel!! Komunisme is in ons klapperdoppe ingeprint!!!

Jacques Venter ·

Marthinus
As die doodstraf nie n afskrik middel is nie, wat sal dan n afskrik middel wees?

Rita ·

Ek dink die doodstraf sal mense darm 2x laat dink – bygesê – indien daar genoeg verslag gedoen word oor terregstellings wat uitgevoer word. Maar indien dit die mense nié weerhou nie, en teregstellings gaan voort, sal ons regering baie spaar deur mense nie lewenslank in tronke te hoef onderhou nie. Nee kyk, daar is soms versagtende omstandighede wat aanleiding gegee het tot ‘n moord, maar sulke brutale moorde verdien die doodstraf.

Jordaan ·

Wel die regering vertel die hele tyd vir jou, jy kan ‘n huis verniet kry, jy moet gratis onderwys kry, gratis medies, gratis krag, gratis water, gratis vullisverwydering, ‘n toelaag vir elke kind. As jou huis skade kry in ‘n storm moet die regering dit gratis herstel. Dit is geen wonder dat daar ‘n gees van toe-eiening bestaan nie, want die regering buig agteroor om jou in te stop, sonder verwagting van enige teenprestasie. Mense leen kinders by ander om toelae te kry, lieg oor die bestaan van bankrekening waarin hulle staatssalarisse inbetaal word, net sodat hulle nog meer kan skep en daar is bitter min pogings om dit te probeer stop sit, want “it is our turn to eat”.

Grassie ·

Wanneer ons praat van die afneem van grond moet ons nie dink dat net landbougrond bedoel word nie. Toe Ramaphosa oor grond gepraat het, het hy verwys na ‘n “benadeelde” wie se huis in Distrik Ses glo vernietig is en dat hy vandag nog, ongeveer 40 jaar later, nie weer ‘n huis kon besit nie en daarom nog steeds “pyn” ervaar. Hy het gesê dat die man se “pyn” genees moet word. Dit beteken dat iemand (‘n witmens) se huis moontlik in so ‘n geval onteien en aan so ‘n persoon gegee word.
Distrik Ses was ‘n rowwe buurt waar geen polisieman kon waag om alleen in te gaan nie, hulle moes dit in groepe van minstens drie doen. Die destydse regering het besluit om dit op te ruim en elke huiseienaar is vergoed. As Ramaph. se “gepynigde” ‘n huiseienaar was sou hy nie pennieloos uitgesmyt word soos beweer nie. Ramaphosa is oud en slim genoeg om die ware feite te ken – hy het dus blatant gestaan en jok toe hy die storie vertel het, bloot om emosies op te jaag. As hy daaroor kan jok, waaroor anders gaan hy ook nog kluitjies bak?

Jerry ·

Herman jy slaan nou die spyker op die kop. Self toe-eiening kom al n lang pad, dit was die motivering agter die Rivonia groep se pogings om die apartheidsregering te probeer omverwerp. Hulle was nie tevrede met n stuk van die koek wat hulle aangebied was. Hulle wou die hele koek he (it was all or nothing). Vandag kort hulle nou nog net die maatskappy top poste en die grond en dan het hulle die hele koek. Ek reken dit behoort hulle so+- 8 jaar te vat. Die self toe-eiening gedagte en propaganda het gelei tot die gewapende stryd en daarna uiteraard plaasmoord en rooftogte, huismoord en rooftogte, transito rooftogte, staatskaping en nou ook om wetstoepassers wat in die pad kom nie te ontsien nie. Jan Alleman het darem ten minste so 5 jaar om n beslissende keuse te maak tussen gly of bly.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.