Nuuskommentaar: Geld wat stom is, maak skewer wat krom is

Julius Malema. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Julius Malema, leier van die EFF, het die media erg onder skoot gekry, maar nou begin die terugbyt-aksie – ’n verhaal van ’n luukse lewe en skenkings wat verdoesel moes gebly het.

Hoeveel onthullings nog voordat Julius Malema behoorlik bloedneus kry? Sondag het die eindredakteur van Die Burger, Johann Maarman, op Netwerk 24 onder meer die volgende geskryf: “Iets groots is verkeerd in ’n land as ’n rassedweper soos Julius Malema ’n lisensie kan kry om karaktermoord te pleeg. Malema is ’n blikskottel (verskoon maar die taal maar u moet die gevoel kry). Daardie politieke tsotsi’s wat handel dryf as die EFF het die afgelope week in gure skeltaal losgetrek nie net teen Pravin Gordhan nie, maar ook teen joernaliste wat dit durf waag het om te onthul hoe VBS-geld na die EFF se geldkoffers gevloei het.”

Malema en sy party rig hul argwaan tydig en ontydig teen “wit monopolie-kapitaal”.

Maar nou gaan die skrywer Jacques Pauw en onthul hoe Malema en die EFF baat vind by hierdie “vervloekte wit kapitaal”, en dat die EFF ’n skenking van die omstrede sigaretman Adriano Mazzotti ontvang het. Volgens Pauw is Mazzotti ’n selferkende sigaretsmokkelaar. R200 000 is geskenk om die EFF aanvanklik as politieke party te registreer.

Nou blyk dit dat Malema en sy gesin ’n luukse wooneenheid in Hyde Park by Mazzotti huur. Pauw het die adres bekend gemaak en dreigboodskappe ontvang. Mazzotti dreig om Pauw voor die hof te sleep. In dieselfde berig word onthul dat nie net die EFF nie, maar ook die ANC, geld by Mazzotti gekry het.

Nou blyk dit dat die staatsdienspensioenfonds, die GEPF, ’n lening van meer as R1 miljard aan die Independent-groep afgeskryf het. Toe dié hoogs twyfelagtige lening destyds toegestaan is, is wyd aanvaar dat dit die Independent-groep van koerante vierkantig in die ANC se dampkring plaas. Of baie van die pensioentrekkers met hierdie afskrywing tevrede sal wees, is erg te betwyfel. Gaan die GEPF nou onder regeringsdruk weer lenings aan die SAL, en met die presedent wat geskep is, ander mislukkende staatsondernemings, toestaan en dan maar net afgeskryf word?

Die Openbare Beleggingskorporasie wat namens die GEPF beleggings behartig, is juis al geruime tyd onder skoot oor bedenklike transaksies. Moet die gebeure van sommige Transnet-pensioenarisse, wat in haglike omstandighede moet leef, eers herhaal word voordat die regering gaan begryp pensioengeld is nie daar om ideologiese monsters lyf te gee nie?

Dit kan ook nie maar net deel word van die miljarde rande wat onder die tafel heen van welgestelde sakelui na korrupte politici en hul partye vloei om nog meer lonende kontrakte en tenders los te slaan nie.

Die spreekwoord lui immers dat sosialisme lekker werk tot iemand anders se geld opraak. En die staatskas en verskeie semi-staatsinstellings is juis reeds leeggeplunder.

Julius Malema. Foto: EFF/Twitter

Die ANC en EFF tel onder die partye wat grondgryp sonder vergoeding moontlik wil maak, maar ’n miljard rand wat nooit uitgeleen moes word nie, word sommer net so afgeskryf!

Om die media te bly blameer dat die ongerymdhede aan die groot klok gehang word, deug ook nie. Die media doen net sy veronderstelde werk, en dra by om die probleem op te los.

Pro Agri skryf onlangs onder meer soos volg: “Agri SA is bekommerd oor die toename in onwettige tabakhandel, soos getoon deur die onlangse opvolg-Ipsos-kleinhandeloudit. Die oudit het gewys dat belastingontduiking tot so ’n mate toegeneem het dat byna een uit elke vier sigarette se aksynsbelasting nie verklaar word nie.

“In die drie maande sedert die eerste oudit het tabakprodukte, wat onder die minimum belasting betaalbaar verkoop is, van 33,1% in Junie tot 41,8% in die informele kleinhandelsektor gestyg. Dit beteken dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens nou minstens R8 miljard per jaar verloor; ’n toename van die R7-miljard wat in die vorige oudit van die Ipsos-studie gemeld is.

“Dié sluikhandel is ’n direkte bedreiging vir meer as 350 plaaslike tabakplase,” sê Pietman Roos, Agri SA se hoof van korporatiewe sake en kommunikasie. “Hoewel die onwettige handel van ingevoerde tabakblare gebruik maak, veroorsaak dit indirek ’n afname in die vraag na tabakblare van plaaslike produsente vir die wettige mark.”

Waar kan ’n mens nou ’n beter voorbeeld kry dat ’n paar rand onder die tafel deur wat gunste moet koop, eenvoudig nie kan opweeg teen die skade wat dit aan die formele ekonomie aanrig nie. Dit is skynaar ’n belangrike bydraer daartoe dat inkomste-ongelykheid in Suid-Afrika so hoog is. The Guardian berig in 2017: “Using the most recent figures, South Africa, Namibia and Haiti are among the most unequal countries in terms of income distribution – based on the Gini index estimates from the World Bank – while Ukraine, Slovenia and Norway rank as the most equal nations in the world.”

Los die praatjies oor wit monopolie kapitaal en maak jag op die werklike probleem – korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

alida ·

Wanneer gaan CR hierdie beweging verban. Bo en behalwe die geplunder en moleste wat hulle aanvang is hulle verantwoordelik vir ongeveer 80% van alle moorde op blankes in SA. Hierdie nar moedig dan sy mense aan om moord te pleeg openlik en sonder skroom van elke platform af.

Anoniem ·

Net ‘n rukkie nog dan sal Sy Kaartehuis in duie stort ! Ry die kruin van die brander want die trog sal Jou vang en jou swakhede blootlê !

Johan H. ·

Goeie leestof, wens iemand wil vir ons n vroee kers geskenk gee. Iemand? Enige iemand?

Hennie ·

Dis van die begin af duidelik dat Malema ‘n galbraker is oor normale orde, maar self ‘n korrupte lewe voer. Hy sal altyd in die berugte nuus bly want sy gees is verrot met ongeregtigheid, sy verstand is beneweld met korruptheid en sy asem ruik so.

Al ·

JM na-aap Zuma met wit monopolie kapitaal deuntjie. Lekker dat sy geraamtes uit die kas val!
Wanneer korrupsie toegesmeer word, word bg deuntjie juis die hardste gesing.

Irma ·

Hy, julius wat sulke skerp uitlatings oor witmense en korrupsie maak, wanneer dit hom pas, het vele witmense onder sy sogenaamde vriende en “benefactors”, maar dit word stil gehou. As dit nie agterbaks en oneerlik is nie weet ek nie.

Anoniem ·

Herman, ek haal my hoed vir jou af dat jy ten spyte van die trauma die afgelope tyd beleef, nog steeds artikels van goeie gehalte lewer. Mens noem dit “professioneel”.

Sandra Nieuwoudt ·

Ek wonder nou maar net wat sou gebeur as ‘n mens een van Malema se toesprake vat en jy vervang die wit met Swart dreigemente wat sal gebeur as dit dan voor die hof gedaag word wat mis goed is vir die een is goed vir die ander of is ons regs stelsel al klaar sover af in die toilet dat net een van die toesprake aan die pen sal ry?

Botterblom ·

Goeie artikel, ongelukkig is daar baie sulke goeie insiggewende artikels en inligting vir die wat die waarheid wil weet…. wat nou.. gaan die artikels en kennis werklik ‘n verskil maak… Gaan CR ‘n verskil maak…. is mense kortsigtig of kan hulle nie uit die boks dink en sien nie… lees hulle selektief artikels of alles… CR, Julius en almal is een. Hierdie is ‘n politieke game. Die land is gaan meer en meer onregeerbaar gemaak word— ja gemaak word, nie vanself nie… die slagoffers is “collateral damage” soos in oorlogsterme… al die ander groepe soos DA, agriforum ens. speel onbewustelik die game saam (keer hier en keer daar) Die DA is reeds geinfiltreer (logika, nie bewyse nie)… almal is pupets wat aan ‘n goed beplande/deurdagte, stappie vir stappie, deelneem… Ek is ‘n buitestaander wat dit soos ‘n film sien afspeel en maar net op my knieë gaan en bid dat ek of my familie ens. nie een van die sinnelose martelings/moorde ens. beland nie… Bid dat ons werk het en dat God verandering bo verandering bring (regte wonderwerk, bo alles)… Ek besef net hoe afhanklik ons is van God se genade…. Ek bid dat as ek sinneloos sterf dit darem effe iets sal beteken as net nog ‘n lyk…

Neutraal ·

BEE is n wettige permit om op n oneerlike wyse baie ryk te word. Die staat bataal ingevolge die instelling baie meer vir n item of arbeid as wat nodig is. Seker maar met malema dieselfde geval

koos ·

Gee ‘n man genoeg tou dan……..
Hy besef nou dat die media nie die parlement is vir wie hy en sy trawante kan dood skree nie!
Hulle ondersteuners moet ook net nou besef dat hulle gebruik word om die EFF se leiers te verryk en niks (amper gebruik ek ‘n ander woord) vir hulle voel nie!

MS ·

“Die Here lag vir die goddeloses, want Hy sien hulle dag kom. Die goddeloses trek die swaard en span die boog om die hulpelose en die arme dood te maak, om dié wat die regte pad loop, te vermoor. Die goddeloses se swaarde sal hulle eie harte tref en hulle boë sal stukkend gebreek word.” – Psalms 37 vers 13 – 15

hou asem op ·

Die Bybel praat van Eind tye wat kom, Waaragtig Suid Afrika beleef dit soos Geen Ander LAND NIE!!!!
Gierigheid, Moorde, Self verrykking, daar is nie Woorde meer, vir dit wat Ons deurmaak in Suid Afrika.

Maar mY HOOP Bly in die Almagtige Vader, want Hy slaap nie!!!dit is Verseker.. Help Ons Here, Ons Roep U NAAM AAN,
Hier is so Baie Mense wat Swaar kry, wat nie Werk het, wat huil oor Hul gesinne wat uitgewis word, Arm mense wat nie kos het,
HELP ASB!

Erika Ochse ·

Sowaar hy benut al te lekker die “vrugte” van die kapitalisme wat hy so veardoem. Verstaan nie hoe dit werk nie

Marius ·

Ja, ek sien dit altyd, die ou wat die hardste praat oor ‘n saak, bv. die ras situasie, hy is net so skuldig daaraan. Alles wat in sy ogies verkeerd is, moet hy maar gaan kyk, hy so skuldig aan. Ai hoe dom kan ‘n man wees. Kyk eers in jou spieël voor jy van die res praat JM.

Marius ·

As jul van beide die EFF en ANC wil ontslae raak – wanneer hul eie massas hul sal verwerp – moenie meer belasting betaal nie. Statistiek bewys dit onteenseglik dat 4%blankes die massas dra en juis dit maak die minderheid baie sterker. Die Chinese sal die situasie uitbuit tot op ‘n punt en dan sal die massas ook teen hul draai, want wat hul nou hulself so tog te lekker in verdoesel, naamlik die blankes se geld, sal die Chinese nie duld nie want die massas is lui.
Goeie artikel – stuur dit die wereld in en bring Malema se agterkant na vore. Daarvan hou hy nie want sien hy moet sy rampokkers ( lees tsotsis ) gelukkig hou met opswepende toesprake en doen in werklikheid provokasie ten gunste van die ANC.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.