Nuuskommentaar: Geseënde Christusfees

kersfees creative commons wikimedia

Argieffoto “Nativity tree 2011” deur Jeff Weese, Flickr via Wikimedia Commons

’n Geseënde Christusfees aan al Maroela Media se nuuskommentaarlesers. Kersfees is die Christen se tweede belangrikste gedenkdag, maar oorheers weens verskeie faktore die belangrikste – die Paasfees.

Op 18 Desember het Maroela Media ’n nuuskommentaar gepupbliseer, Geseënde Kersfees of ‘Happy Holidays’? Dit het in hoofsaak gehandel oor pres. Donald Trump wat die eerste Amerikaanse president in ’n geruime tyd was, wat amptelik “Merry Christmas” in plaas van “Happy Holidays” gebruik het.

’n Aantal ander aanslae op die korrekte viering van Kersfees soos die kommersialisering daarvan en die hou van dronknespartytjies is ook onder die loep geneem.

Heelwat lesers het egter groot gewag gemaak oor die feit dat Kersfees nie werklik Christus se geboortedag is nie, en dat dit by heidene en paganiste oorgeneem is wat midwinterfeeste gehou het. Van hulle het die vier van Kersfees, en daarby die gebruik van die Kersboom, sterk afgekeur.

Die skrywer het dus ’n klein opname los van Maroela Media gedoen om ’n idee te vorm van hoe die gewone mense voel. Onder die wat reageer het tel ’n parlementslid van ’n party wat sy Christelike grondslag sterk stel, en ’n paar ander bekendes.

Wat die gebruik van die Kersboom betref, stel iemand van die Boland voor dat mense wat ’n probleem daarmee het, gerus ’n kruis kan gebruik.

Die algemene basis is dat dit irrelevant is dat Kersdag (wat nie oral op dieselfde dag gevier word nie) eers ’n spesiale heidense dag was. God is werklik, terwyl die heidense gode mites is. Die gebruik van die ou heidense dae kan as ’n oorwinning van die Christendom oor die heidendom beskou word. (Terwyl baie van die heidene die midwinterfees op 25 Desember gevier het, moes dit dus eintlik 21 Desember gewees het).

’n Leser meen die duiwel kan net in Kersfees wees as Christene hom daar toelaat.

Een persoon meld dat daar verskillende gebruike is oor die inspan van die dae van die week (meestal na heidense gode vernoem). (Die gebruik van ’n sewe dae week strek baie ver terug in die geskiedenis en was oorspronklik bereken deur die 28 dae van die maan se omwenteling om die aarde met vier te deel.)

Nog ʼn Bolander voel Kersfees moet as Christusfees saam met die familie behou word. Dat ons nie weet op watter dag Jesus gebore is nie, en ook nie watter jaar nie, is ook geen belemmering om dit te vier nie. Jesus is ’n ewigheidswese en het lank voor Sy geboorte bestaan, en so ook na Sy dood en opstanding.

Nog ’n leser voel die wyse waarop Kersfees gevier word ’n persoonlike saak is. Hy voel dit bly ’n tyd van liefde, vrede en hand uitsteek na ’n ander…

’n Bekende voel ook Kersfees moet gevier word omdat dit aan Christene die geleentheid bied om die Boodskap tuis te bring.

Baie belangrik is dat almal, ook die kinders, saam met die vreugde steeds die werklike Boodskap onthou.

Soos die ongebore Johannes die Doper van vreugde gebons het toe die swanger Maria kom besoek aflê het, so kan ons stellig ongeveer 2 000 jaar later ook die vreugde gedenk. Ons kan dit ter harte neem dat dit saliger is om te gee as om te ontvang – en daar is baie mense wat op Kersdag in die een of ander nood verkeer.

ʼn Geseënde Christusfees.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Arie

Herman Toerien, Baie geluk met jou uitstekend genuanseerde rubriek. Dit was nodig om dit onder die aandag te bring by n baie groot komponent van ten minste onse Afrikaner samelewing. Jy mag dit nie skryf in jou rubriek nie, maar ek mag dit dink dat ek n gly vang in kommentare wat in hierdie verband probeer om die dam onder die eend uit te ruk. Shakespear het tog gesê “a Rose by another name still.remains a Rose”. Waaroor gaan dit tog met die vieringe op 25 Desember ? Tog sekerlik nie daaroor of die benaming of die datum of enigiets… Lees meer »

Grassie

Herman – dankie vir jou seënwense aan al die lesers, waarvan ek een is. Jou bydraes op Maroela is van baie groot waarde, omdat dit altyd oor wesenlike sake handel, onpartydig, sonder bymotiewe en insiggewend is. Jy is ook nie bang om ‘n bietjie sweep in te lê wanneer dit nodig is nie. Ook jou keurige Afrikaans is ‘n plesier om te lees. Ek hoop dat jou gesondheid sal hou en jy nog lank bydraes op MM sal lewer. Ek wens jou en jou familie ‘n baie geseënde Christusfees toe. Ek wil ook vir al Maroela se personeel ‘n geseënde… Lees meer »

Eish

Dankie dat die ruimte vir die waarheid gelaat word in die artikel. Dit gaan nie oor wat dit vir ons as mens beteken nie, maar wat ons gehoorsaamheid vir ons Skepper beteken. Ons eer Hom deur gehoorsaamheid. Die feesdae wat Skriftuurlik van ons verwag word is opgeteken in Levitikus 23. Luther het gesê genade alleen, maar as Noag nie gehoorsaam was en die ark gebou het nie, was hy nie gered van die vloed nie. Indien die Israeliete nie gehoorsaam was en die opdrag tot op die letter uitgevoer het nie, sou Jerigo se mure nie geval het nie. Ons… Lees meer »

A Mac

Ek is al soveel keer verguis oor my siening van kersfees maar ek wil tog ook graag my eiertjie hier lê. Kersfees het niks anders as ‘n wereldse ding geword. Dis net blinkerkies en geskenke, hoe groter hoe beter, en van die eet praat ek nie eers nie. Maar om werklik eer aan die dag te doen, en dis my persoonlike gevoel, word nie so gedoen nie. Vir baie mense gaan dit net oor persente, kersbome en blinkers, en die oorvol tafels kos. Hoeveel van hierdie mense het kerk toe gegaan vandag? Om te sê ek is ‘n christen maar… Lees meer »

Piet

Ai Herman, party mense sal verewig hardkoppig bly. Die mens kon nog nooit onse Vader behaag met eie instelings en ritueele nie. Daarom het Hy vir ons feeste en sabatte gegee om te onderhou ter wille van Sy naam. Ons weier egter om dit te doen en sal eerder n menslike instelling wat gekoppel is aan vele heidense gebruike aanvaar en listig fier. Die paasfees is ook n heidense fees wat met die ware Pasga verdoesel word. Wanneer gaan julle oe oopgaan?