Nuuskommentaar: Grond en plaasaanvalle: Die boer se m*&r

Argieffoto

Argieffoto

Vuishoue van alle kante reën weer op die landbou en landbouers neer. Aan die voorpunt van die aanslag is die, soos die rubriekskrywer van Die Burger haar eufemisties noem, onbeholpe minister van landbou, Tina Joemat-Pettersson. Sy word heel “bekwaam” bygestaan deur die minister van polisie, Nathi Mthethwa, wat weier om plaasaanvalle tot prioriteitsmisdaad te verklaar, en die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, G.E Nkwinti.

Nkinti se jongste verkiesingkwinkslag en wat groot ontsteltenis veroorsaak het, is ‘n dokument getiteld  FINAL POLICY PROPOSALS ON “STRENGTHENING THE RELATIVE RIGHTS OF PEOPLE WORKING THE LAND”

In sy opsomming  van die dokument lig Rapport die volgende uit:

  •  Moet kommersiële boere of “historiese eienaars” die helfte van hul plase aan hul werknemers oordra. Die staat betaal vir die 50% wat deur die werkers bekom word.
  •  Dié geld word egter nie aan die grondeienaar betaal nie, maar in ’n beleggings- en ontwikkelingsfonds of trust geplaas waarvan ál die aandeelhouers van die grond trustees is. Die geld word dan aangewend vir die verdere ontwikkeling van die plaas.
    Die uitgangspunt is dat grondeienaars reeds voldoende bevoordeel is deur sogenaamde “uitbuitende lone” en bevoordeling in die verlede.
  • Die werkers kry aandele in ’n plaas na gelang van hul eie bydrae tot die ontwikkeling van die plaas, gemeet aan die aantal jare diens wat hulle agter die rug het.

Die dokument is 22 bladsye lank, en maak dit duidelik dat dit afgestem is op die bepaling in die vryheidsmanifes wat bepaal dat grond behoort aan diegene wat dit bewerk.

Die konteks is dat die dokument reeds 21 Februarie gedateer is, maar nou, ‘n maand voor die algemene verkiesing in die openbare domein beland. Dit is saam met uitnodigings van rolspelers (en dié is ‘n vreemde versameling) gestuur vir ‘n werkwinkel wat op 31 Maart plaasgevind het. Dit dra die titel van 2ND NATIONAL CONSULTATIVE WORKSHOP, en impliseer dat dit die tweede keer was wat dit met rolspelers bespreek is.

Tog skryf die adjunk-minister van landbou, dr. Pieter Mulder, in sy hoedanigheid as leier van die Vryheidsfront Plus: “Op die oomblik is die betrokke departement se voorstel ’n vlieër wat opgestuur word ten einde die reaksie van kommersiële landbou daaroor te toets. Ek is nie bewus daarvan dat die voorstel op enige regeringsforum of struktuur waarop ek dien, bespreek of goedgekeur is nie.”

Mulder skryf verder: “Suid-Afrika kort meer suksesvolle swart kommersiële boere. Dit gaan egter nie deur hierdie voorstel bewerkstellig word nie. Suksesvolle kommersiële landbouers met wie ek skakel is meer as bereid om as mentors op te tree en nuwe swart landbouers by te staan en te help om op sy eie grond suksesvol te boer.”

Geen wonder nie dat die georganiseerde landbou onthuts gereageer het nie. Die beskuldigings na die kant van die departement klink egter ontstellend baie soos ego’s van vorige kritiek selfs uit die begindae van, soos dit toe bekend gestaan het, departement van grondsake met die destydse adjunkminister aan die spits, wyle Dirk du Toit. Die kritiek kan kortliks opgesom word as amptenare wat ideologies vasgevang is en dadels van landbou weet, en die een lawwe, maar ontstellende plan na die ander opdis, en kort-kort die verhoudinge tussen georganiseerde landbou en die regering op ‘n breekspul (en uitstappery) laat afstuur.

Enigeen wat selfs die mees basiese begrip van landbou-ekonomie het, sal weet dat die voorstelle, sou dit ooit geïmplementeer word, ‘n kettingreaksie sal laat ontbrand wat nie net die landbou nie, maar die platteland se ekonomie sal vernietig, en die land se ekonomie en voedselsekerheid op die Zimbabwe-koers sal stuur. Die landbou se besware teen die planne bly dieselfde: grondwaarde verskaf die sekuriteit om produksiekapitaal te bekom om die boerderye voort te sit. Dit raak al moeiliker om die stygende produksiekoste te absorbeer, en plase neig daarom om groter te word om lewensvatbaar te wees, lynreg in stryd met die regering se idee dat welvaart deur kleiner lappies produksie-eenhede geskep kan word.

Die tydsberekening van die jongste verwikkelinge, met die werkwinkel wat ‘n maand voor die verkiesing plaasvind, laat dit verdag baie na ‘n verkiesingsfoefie klink. Die ANC het, in die woorde van Die Burger se hoofartikel, “slegte nuus oor die talle voorbeelde waar pres. Jacob Zuma se regering nie die mas opkom nie” minstens plek-plek probleme om sy “twintig jaar goeie nuus” aan die kiesers te verkwansel. Allerlei foefies word ingespan, soos die naweek wat die TV-nuus berig het oor onder meer ‘n brandweerstasie wat Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, aan ‘n gemeenskap oorhandig het. Dit was die ene ANC-T-hemde, en duidelik ‘n ANC-geleentheid (Mantashe beklee geen staatpos of –amp nie). Het die ANC werklik uit sy eie fondse die geboue opgerig, of is dit belastingbetalersgeld wat (al weer) gekaap is om vir die ANC op staatskoste verkiesingspunte te verdien? Oor dié gebruik het die Openbare Beskermer, toe nog die lamlendige Lauwrence Mushwana, al uitspraak gelewer toe Zuma self nog net ANC-president was, en amptelik saam met Julius Malema by die amptelike jeugdagvieringe die hoofspreker was. Die geleentheid toe Julius Malema, en liggies ge-ego deur Vavi, laat blyk het hulle sal sneuwel vir Zuma.

Die wanpraktyk word egter steeds voortgesit, bv. staatskospakkies wat kort voor tussenverkiesings juis in daardie wyke uitgedeel word, die oorhandiging van HOP-huise, die bekendstelling van nuwe universiteite, en vele meer. Trouens. Sondag het die SABC 2 se Afrikaanse TV-nuus voor dit beeldmateriaal getoon het waar pres. Jacob in sy hoedanigheid as regeringshoof HOP-huise oorhandig het, die ANC se logo gewys asof dit ‘n ANC-geleentheid was. Met die Engelse nuus op SABC 3 daarna, was dit egter reggestel.

Bloot vir die interessantheid, met die Nkandla-debakel ken die ANC skielik die onderskeid tussen die party en die regering.

Met die aanbreek van die nuwe bedeling het politieke wetenskaplikes gewys op ‘n tipiese patroon dat ‘n tipiese bevrydingsbeweging gewoonlik twee verkiesings het waar alles wat verkeerd loop op die vorige bedeling se brood gesmeer word. Omdat die tien jaar aan die einde van die tweede termyn kom, het so ‘n party gewoonlik met die derde verkiesing nog hierdie pyl in die koker en kan in effek vyftien jaar daarmee wegkom. Daarna wil die kiesers egter niks weet nie, en moet so ‘n party iets anders vind om die kiesers in gelid te hou. Gewoonlik gebeur iets soos die uitdeel van grond. Zimbabwe na Mugabe aan bewind gekom het, is as tipiese voorbeeld genoem.

Namate die ANC agterkom dat die skuld vir alles op apartheid te pak nie meer heeltemal werk nie, word na ander kwessies verskuif, en dit was lank reeds duidelik dat grond geteiken sal word. Hier word geteer op persepsies, soos peiling wat deur die meestersverhandeling van die Matie, Charl Swart, aan die lig gekom het wat toon dat ongeveer 85% swart mense glo dat blankes hul grond bekom het deur dit van swart mense te steel. Malema dryf in tipiese Mugabe-styl hierdie persepsie om steun te werf, behalwe wanneer hy bruin steun probeer werf en dan skielik onthou dat die KoiSan voor die swart mense in die land was.

Daar is egter ook ‘n kwessie wat ontbrand waarvan deeglik kennis geneem moet word, naamlik polarisasie. Uit briewe aan die media en in sosiale kommentare op die internet is dit duidelik dat die regering se gesindheid teenoor die boere, soos met plaasaanvalle, ‘n veel wyer impak het as net om die boere se moermeters die rooi in te jaag. Onlangs het vier van Maroela Media se gewildste artikels op die bepaalde dag oor plaasaanvalle gehandel, en lank nie al Maroela se lesers is landbouers nie. Die indruk word geskep van “raak aan ‘n boer en jy raak aan ‘n Boer.”

Terwyl die besprekingsdokument selfs die internasionale reg wil inspan om die regte van plaaswerkers en ander wat op plase woon (plak) uit te brei, is dit nie dalk tyd dat ook na die regte van landbouers as groep te kyk nie? Soos die reg om, soos die grondwet bepaal, hul eiendomsreg nie knaend uitgedaag te sien nie, hul reg op lewe soos plaasaanvalle met wrede marteling, en plaasmoorde wat pro rata ongeveer drie keer so veel is as die land se nasionale hemelhoë gemiddele moordkoers?

Dit is uit die reaksies baie duidelik dat die landbouers meestal ‘n deel van die Afrikaner-kultuurgemeenskap is, en as ‘n ledemaat seerkry, kry die hele liggaam seer.

Hoe gouer die jongste besprekingsdokument asblik toe gaan, hoe beter vir die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ria Maritz ·

Beste Herman – ek het jou geantwoord op hierdie rubriek – groot kompliment (my skrywe is seker gesensor a.g.v. sekere woorde wat ek uit jou skrywe aangehaal het.

Nietemin – dit was ook ‘n puik skrywe uit jou pen ! Baie dankie – uitstekende joernalistiek.

Christa Hunlun ·

Ja, so word ons land vernietig en ons boere uitgemoor!! Waar gaan dit eindig?? Sal dit ooit eindig voordat daar nie meer ‘n Blanke ras in hierdie land oor is nie?? Ons sit met die mees kriminele, korrupte en onbeholpe mense in die parlement wat eerder in hoe sekuriteits gevangenisse hoort!!

alet ·

Gee vir hulle elkeen n pik en graaf dat hulle gaan spit want die wat so graag grond wil he wil net die plaas huise afbreek en onder die koelte bome sit .Hoeveel grond het hulle nie al gekry wat het daarvan gekom peanuts

Jaap Coetzer ·

Grassie ,die geveg is teen die ANC ,nie Dr Mulder nie.Ek dink jy weet nie presies waaroor dit gaan nie

Grassie ·

Herman Toerien – jy het hierdie berig uitstekend aangebied. Jy het gesê wat in elke regdenkende Boer se hart en gemoed omgaan,
Wat my ontstig is Mulder, Mulder & Kie (Bpk) se flou reaksie. Hy sê dit is net ” `n vlieër wat opgestuur word” en verduidelik dan hoe hy swart boere wil leer boer. Hy is seker maar skrikkerig vir sy baas. Hierdie is beslis nie net `n vlieër of `n verkiesingsfoefie nie. Die ANC sien dat hulle besig is om steun af te staan aan die EFF, juis weens lg. se grondgryp-beloftes. Hulle besef dat hulle vér na links sal moet beweeg en self sal moet begin grond gryp as hulle aan bewind wil bly. Ek glo dat `n Zimbabwe-tipe anargie ons voorland is. Ons sal ons daarvoor moet voorberei.

Peter Says ·

En die uiteinde is hongernood, benut julle erfgrond nuttig…Plant vir julle huishouding.

Dewald ·

Rapport is nie ‘n baie betroubare bron van objektiewe inligting nie, maar verder ‘n baie goeie artikel, Herman.

Dlia Apsey ·

Joemat Peterson en Nathi Mtethwa se koppe moet geeis word. Hul is die titel Min nie werd!! Hulle is verantwoordelik vir di huidige situasie in Suid Afrika aangesien hul absoluut niks aan di aangeleentheid wil doen!!

Johan D du Toit ·

Why only 50% ?.They can take 75% of my farm with this proviso! If they cannot produce more on that 75% than me on the 25% in a period of 5 yrs they must give back their part as well as what the 75% will be worth after 5 yrs, ie market value! If they produce more I will give them the balance of 25% with infrastructure! I feel quite assured that I will produce more than double of their production!

Mickey ·

Ek lag vir hierdie idiotiese gebrabbel van die regering om ons grond te vat ek kan my net indink ou Jantjies met sy stink voete wat net eenkeer n jaar bad en dit is as die dam skoongemaak word en wat vrydae betaal word en gesuip in die stof lê vir die hele naweek en dan die week inteval by die werk en meer rondstaan en zol draai en probeer besig lyk as vreeslik werk en ek is al 30 jaar n boervrou dis algemene gedrag soms net erger dus moet die land gevoed word aldus die regering deur sulke mense julle moet net n week op n plaas kom , in n kantoor in die stad het die sogenaamde slim mense nie n idee wat werklik op n plaas aangaan nie

Pieter ·

Die finale skrif is teen die muur !! Ons boere is ook nie heel onskuldig nie!! Dit is egter nie die grootste probleem nie…..ons grootste probleem is wie gaan bou wat afgebreek word ???Afrika kan vernietig en dit alleen weens die swart op wit rassisme omdat hulle nie ekonomie verstaan nie.Wanneer die blankes ge-elemineer is gaan Suid Afrika ‘n burgeroorlog binne gaan !! Dink mooi die blanke ekonomie is al wat ‘n burger oorlog in Suid Afrika uitgestel het !!

Huisvrou ·

Wanneer gaan ons besef dat Afrika nie ‘n snars omgee vir enige ekonomie nie!? Dat die enigste rede vir “regstelling” in enige formaat, of dit rykdom, grond, werk of geld is, doodeenvoudig net die besit daarvan is.
Die nasionalisering van myne, besighede, fabrieke ensovoorts sal alles realiseer, net soos in die res van Afrika.

En soos in die res van die kontinent, sal dit geen ekonomiese groei of voordeel vir die land as sulks inhou nie.

AmY ·

Hierop gaan ek nie werklik kommentaar lewer nie. Ek sal lewenslank van Maroela Media verban word. Maar een ding weet ek: As die popo die “fan strike’, en die boerderye flop, en AL ons kos moet ingevoer word, : Raai wie gaan die skuld kry?

Wessel ·

Julle boere sal eenvoudig julle self moet beveilig want niemand gaan dit vir julle doen nie. Sommige boere is eenvoudig nog te houtgerus en deure en vensters staan eenvoudig meeste van die tyd oop. Jammer boere maar daai tyd van rustigheid op die plaas is vir altyd getel. Die regering wil julle van die plase af he en daarom sal plaasmoorde toe neem. Moet julle ook nie toe vertrou op die polisie nie daarvan getuig te veel mislukte pogings om die mooredenars vas te vat .Die grootste vout wat die boere gemaak het is om julle plase eenvoudig onbekostig baar hoog te maak. Dit het ongelukkig n groot fout want die regering kan nie daai hoe pryse betaal nie inteendeel ek kan nie sien dat enige mens n bestaan sal kan maak om daai duur pryse te betaal nie, Dit het ongelukkig gemaak dat die regering geen ander keuse gaan he as om die boere te onteien presies die selfe wat in Zimbabwe gebeur het. So ek stel voor julle sal maar moet tevrede moet wees soos die herverdeling nou plaas gaan vind of maak jou grond bekostigbaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.