Nuuskommentaar: Grondgryping en sportboikot

Argieffoto

Sou Suid-Afrika vandag enigsins beter daaraan toe gewees het as almal van die begin af by slegs die waarheid oor grondbesit gebly het, eerder as om plek te laat vir alternatiewe persepsies wat op ’n groot leuen neerkom?

Veral uit die geledere van die EFF kom daar geluide van verontwaardiging omdat iets wat dié party gedryf het, nou teenspoed vanuit Australië kry. Die verwikkelinge rondom grondgryping het nou daartoe gelei dat daar stemme van Doer Onder af opgaan om spesiale visums toe te staan aan Suid-Afrikaanse boere om hulle vinnig in Australië te kan vestig, en die moontlikheid van ’n sportboikot word selfs genoem.

Daar is uit die staanspoor toe die grondgryp-kwessie op die tafel beland het, gemaan dat die sanksie daarteen nie net uit die Grondwet spruit nie. Die reg op grondbesit, of dan die besit van eiendom ingevolge die Grondwet, skets nie die volledige prentjie nie. In bykans enige internasionale verdrag waarin dit ter sprake kom, word die reg op eiendom as ’n fundamentele mensereg beskryf, en wat daarom nie verander behoort te word nie

Dit is nou benewens ekonome, produsente en ander belanghebbendes wat die saak pragmaties bekyk.

’n Groot probleem rondom grondbesit al dan nie is dat dit eerder rondom persepsies gebou is as die werklikheid. Hierdie persepsies is al deur die ad hoc-komitee oor eiendomsreg as “die groot leuen” beskryf. Die TLU SA het ’n beloning uitgereik vir die persoon wat kan bewys ’n bepaalde stuk grond is gesteel.

Tog, in die parlement, is daar groot onvrede toe dr. Pieter Mulder, destyds leier van die Vryheidsfront Plus, ’n geskiedenisles afsteek. Selfs destydse pres. Jacob Zuma het in woede reageer.

Dit was duidelik dat ’n rasselyn hier, ongeag politieke affiliasie, raakgeslaan word.

Verskeie wit kollegas het Mulder ook verkwalik weens die “onsensitiewe wyse” waarop hy met die waarheid omgegaan het.

Maar as die grondperspektiewe in wese deel van die fopnuus is? Daar is immers wye konsensus hieroor: Die doeltreffendste manier om fopnuus te bekamp, is deur die teikengemeenskap op te voed sodat doeltreffend weerstand gebied kan word. Met die Groot Leuen oor grondbesit geld dit nie, want dit gee aanstoot.

Daar is ’n effens ander hoek, naamlik om grondhervorming (wat uiteindelik tot grondgryping kan lei) as deel van die restitusieproses te beskou.

Restitusie as deel van versoening het moontlik sy beslag in Suid-Afrika gekry, maar na die VSA oorgewaai waar dit volgens sekere hoofstroomdenke deel van die problematiek van rassisme geword het. Dit kom daarop neer dat ’n wit mens, ongeag of hy die geringste rasbesef in hom omdra, en dalk selfs met ’n swart vrou getroud is, steeds nié nierassig kan wees as hy nie deelgeneem het aan restitusie nie, of apaties daaroor staan. Met sy slawegeskiedenis word vooraf beoordeel dat die VSA ruim restitusie te betaal het.

In die VSA is daar min simpatie vir restitusiedenke. Volgens ’n peiling meen net 29% van Kaliforniese kiesers dat restitusie ’n goeie idee is en 50% glo dis ’n slegte idee.

Dié opvattings het weer met hul nuwe angels na Suid-Afrika teruggewaai, sodat die absurde situasie kan ontstaan dat die EFF soms verklaar dat dit ’n nierassige organisasie is. Ander kwalifiseer eers wanneer hulle niks meer oorhet nie.

Of Suid-Afrika nou al meer gaan ervaar dat die wêreld nie meer belangstel in foefies om onregte mee te pleeg nie, sal nog gesien moet word, maar dit lyk al meer of vasbrand Suid-Afrika se voorland kan word.

Die skrywer het pas ’n korrespondensiestuk van ’n “beefalo-boer” uit die VSA gekry. Dié boer het verskeie Suid-Afrikaanse kennisse en is gewoonlik goed ingelig. Hy doen geskok navraag of die grondgrypplanne waar kan wees. Dié keer is sy inligting egter nie goed nie (hy het dit uit die plaaslike media gekry). ’n Paar dokumente van onder meer AgriSA en TLU SA word vir hom gestuur. Hy kan sy oë steeds nie glo nie.

Betaal Suid-Afrika nou die prys van die waarheid yl aanwend ter wille van politieke korrektheid?

En as die waarheid en die leuen min of meer dieselfde negatiewe reperkussie tot gevolg het; is dit nie ’n gesonde beginsel om dan maar ter wille van etiek by die waarheid te bly nie?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

White Rhino ·

Ek hoop die Boer wat dit nie kan glo nie – versprei die nuus asap.
Verder moet Ramapose ‘n geskiedenisles leer en dit so dan weer vir die gekiedenislose wesens in die parlement leer.
Dis net die S A regering en S A ongeskooldes wat nie die geskiedenis ken nie – verder ken die hele wereld ons geskiedenis.

Jerry ·

Die Afrikaner het nie n ander keuse as om by die waarheid en realiteite te bly en daarvolgens te handel. Wat is die waarheid van die realiteite? Plaasmoorde wat ten doel het om boere se wil om grond te besit, te breek sodat hulle sonder vergoeding en teenstand van onbewerkte grond afstand doen. Grondgrype deur die EFF met optrede van wetstoepassers teen die EFF. Sosialistiese staatsbestel wat stadig maar seker die kapitalistiese wit monopolie verswelg. Swart gemeenskappe wat net sit en wag vir n vergeldingsrede om plase af te brand en boere verder te intimideer. Topposte transformasie van wit na swart. Zero tolerance van swart wetstoepassers teenoor wit Jan publiek en so kan ek aangaan vir maklik n week. Australie wat dit vir boere maklik wil maak om te emigreer is die enigste waarheid van die realiteit wat in die Afrikaner se guns tel deurdat dit die wereld nou op SA laat fokus. Sportboikot is nie tans n realiteit nie en dus nie tans n waarheid nie!

Eish ·

En daar is niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie. Daarom, alles wat julle in die donker gesê het, sal in die lig gehoor word; en wat julle in die oor gepraat het in die binnekamers, sal op die dakke verkondig word.
LUKAS 12:2‭-‬3 AFR53

Uiteraard moet ons in en by die waarheid bly…
maar ons behoort dit te onbeskaamd uit te basuin aangesien ons slegs die Simson opsie oorhet vanweë byna n kwarteeu van redusering tot tweedeklas burgers.
Verseker verwelkom ek die Australiese minister van buitelandse sake se uitspraak, wat n goed ingeligte verklaring was. Ek hoop verseker dat daar meer lande die blinde sambok sal inlê.
Ek sal ook sportboikotte verwelkom soos ons in die apartheidsjare ervaar het, want die redes is presies dieselfde, spelers het net kante geruil met halftyd.
Ons het geen ander opsie oor dan die Simson opsie nie aangesien toenadering verwerp is menigmaal in die verlede.
Enigiets anders is slegs kosmeties en hol woorde wat op niks konstruktiefs uitloop nie.
Ek kan nêrens heen gaan nie, ek word nie verdra in my geboorte land nie, dus, bring my net tot by die twee pilare wat hierdie helhooltempel se struktuur dra.
Mag die waarheid seëvier.
Maar, dit is slegs my mening…

Oorsesesteun ·

Ons moet almeer gesprekke met oorsese regerings he om ons te help om daarheen te emmigreer, of om druk op ons regering te plaas vir selfbeskikking want duidelik begin ons regering met n proses van ernstige intimidasie teen ons.

Ou Waarheid Plaasvark van Toekomsplaashoogte ·

Hoeveel miljoene swartmense in Afrika is nie in die verlede deur swartmense in Afrika gevang en verslaaf en aan buitelanders verkwansel nie? En hoeveel van die San en Khoikhoi se gronde is nie vóór Jan van Riebeeck se tyd deur swartmense gekolonialiseer nie? Hoeveel San en Khoikhoi was toe verslaaf?
Sekere opportunistiese politici is óf nie vertroud met wêreldgeskiedenis, Suid-Afrikaanse geskiedenis en selfs hul familiegeskiedenis nie, óf hulle het bymotiewe. Tyd dat alle Suid-Afrikaners ingelig moet word oor die feite van slawerny van die verlede, wie almal kolonialiseerders was en die aspek van historiese grondbesit.
Het die tyd nie aangebreek dat politieke korrektheid plek moet maak vir die waarheid nie? Alleenlik dán kan sinvol oor optimale benutting van grond tot voordeel van alle Suid-Afrikaners beraadslaag word.

Paul ·

Jip, en kyk watter verontwaardiging het die Aussies nie nou by Cyril, auntie Sisulu en die klomp suurdingese ontlok nie, hoe durf die Aus dit vir die wit boere maklik maak om visum te kry, brom hulle, skel eerder is nader aan die waarheid. Nee, maar nou wat is die werklike rede vir dié verontwaardiging? Moet die paddas nog ‘n bietjie langer kook? As die boere gaan, is daar mos sommer baie plase wat die klomp kan vat. Nou wat nou? Of kan hulle nie werklik sonder ons nie?

CHRISTA ·

Paul, ek kan dit ook nie verstaan nie!! Hulle WIL ons uithê!! Hulle WIL al die grond hê (al is meer as 50% NOG STEEDS IN STAATSBESIT)!! Nou kerm en kla hulle omdat Aussies ons wit boere na Australië nooi!!

SO ·

Oud Rodiesiërs het my ouer voor 1984 vertel dat RSA presies dieselfde pad sal volg as die huidige Zimbakwe en hoe reg was hul voorspelling nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.