Nuuskommentaar: Guptas en swart bemagtiging

Atul Gupta (Argieffoto)

Atul Gupta (Argieffoto)

Terwyl daar ’n storm woed oor visvangkwotas wat so gestruktureer is dat gevestigde bruin en Indiërbelange moet plek maak vir nuwe swart toetreders, duisel die kop oor hoe die Gupta-familie steeds voortgaan om skynbaar onvermoeid bevoordeel te word, om te SEB-oes. En die Guptas is nie eens gebore (swart) Suid-Afrikaners nie, maar het uit Indië hierheen geïmmigreer.

In die media word dit deurlopend gestel dat die Guptas noue bande met pres. Jacob Zuma en sy familie het. Let wel, bande met groot voordele vir die Zuma-familie, terwyl die Guptas se New Age buite verhouding baie uit regeringsadvertensies verdien.

’n Mens slaan soms jou hande saam van verbasing oor waar die Guptas se name en belange opduik, soos by die erg omstrede Vrede-suiwelprojek in die Vrystaat wat al diep happe uit die belastingbetalers se sakke gehap het. Onlangs het dit geblyk die staat het ’n straler van die Guptas gehuur om adj.pres. Cyril Ramaphosa en ’n afvaardiging na Japan te vervoer – tot aansienlike duike in die fiskus.

En nou die nuus dat die Guptas ’n steenkoolkontrak van R4 miljard met Eskom losgeslaan het, nadat die gehalte daarvan verskeie kere afgekeur is. Nadat die kontrak toegestaan is, is drie amptenare geskors. Die Guptas self hou vol dat daar geen slang in die gras was nie, maar dit is duidelik dat Ramaphosa, as hoof van die Eskom-intervensiespan, warm vrae sal moet beantwoord. Veral nadat Eskom sulke milde bonusse aan bestuurslui gaan uitdeel het.

Trouens, dit lyk al meer of Ramaphosa onder die druk van die “hospitaal-aangeë” wat die Zuma-kamp in sy rigting slinger om hom as ernstige opvolgkandidaat vir Zuma uit te skakel, tot al meer aanslane lei. En nie almal skynbaar onder druk nie. Ramaphosa se beeld is reeds erg aangetas, ook onder diegene wat hom tot onlangs as vanselfsprekende opvolger beskou het, en selfs as die land se “redder”, aldus Roelf Meyer.

Uiteraard maak die hele kwessie deel van ’n groter probleem uit.

Al is baie van die name wat genoem word van gunstelinge wat baat van Indiese herkoms – name soos Motala (wat verander is nadat daar wetlike beletseling op die oorspronklike Enver Motala beland het), Shaikh, Naidu en ander, is dit nié tot Indiërs beperk nie. “Fronting” bly ’n geweldige probleem. In Desember 2014 is wyd berig oor die pasgestigte Tamborah Resources, wat probeer om Eskom-kontrakte vir die lewering van steenkool los te slaan. Die hoof- uitvoerende beampte van dié firma is niemand anders nie as Nolwandle Mantashe, eggenote van Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC. Sinici sal beweer dat Gwede tot een van Zuma se teenstanders gereken kon word (sodat Zuma selfs “versterkings” na Luthuli-huis moes ontplooi) tot dié potensiële meevaller oor die gesin se pad gekom het – van toe af is hy ’n verbete lojalis.

Maar dit is nie al nie. In Januarie 2015 berig die World Socialist Web Site dat Nolwandle ’n direkteur van die “goed-gekonnekteerde” Bidvest-groep is wat ’n kontrak van R639 miljoen gekry het om etes by Kusile en Medupi te voorsien.

Die hele kwessie word soos volg beskryf: “South Africa’s political elites are profiting from the crisis by awarding themselves massive contracts related to the construction of new power stations. In particular, a company directed by the wife of African National Congress (ANC) Secretary General Gwede Mantashe received a R639 billion ($55 million) contract for providing food to workers at the construction sites of the new Medupi and Kusile power plants … The Public Protector probed the company’s (Hitachi Power Africa) Eskom contract, not least because Valli Moosa, then Eskom chairman, is a senior ANC member. The inquiry concluded that Moosa, now Anglo American Platinum chair, ‘failed to manage the conflict of interests’, and Hitachi could not ‘guarantee that the ruling ANC would not benefit from the R50 million profit it stood to make through its Chancellor House stake’.”

En dan wonder sommige mense hoekom die Openbare Beskermer so gehaat by die Zuma-administrasie is.

Die vraag is nou: Is Ramaphosa nou deel / nog deel van die oplossing / die redder, of deel van die probleem? Hy is in ’n blootgestelde posisie, maar is ook nie dom nie. Maar die land sou intussen baie daarby kon baat as Zuma se opvolger nou volgens normale protokol duidelik kon begin optree en solank vertroue bou dat die land reggeruk gaan word. Ongeag hoe diep die tentakels loop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Paul ·

Natuurlik kan Ramaphosa nie die “redder’ wees nie want as hy so eerlik is kan hy mos nou al sien Zuma tree oneties op en hom nou al distansieer van Zuma. Hulle almal kop in een mus

Maggie ·

En dit gaan net aan en aan en aan, niemand het enige skaamte nie, dit maak my fisies siek!!

Bruno Stef ·

Daar is sovele transaksies wat tussen die tenderpreneurs en staatsdepartemente aangaan en al jare onder die mat ingevee word dat wat ons van hoor net die punt van die ysberg is.n Hele paar tenders en transaksies word verkry deur vorige blanke ondernemings wat n politiek gekonnekteerde swart vennoot het en n swart naam gebruik en as jy sulke persone konfronteer is hulle antwoord( As dit pap reen laat ons skep) Korrupsie het orals al n houvas gekry mense doen sulke dinge uit gierigheid en selfsug.

Grassie ·

Ramaphosa is nie ‘n “redder” nie en hy sal waarskynlik nie die probleem kan oplos nie maar onder die ou lotjie wat moontlik vir Zoempas kan opvolg is hy die een wat die minste skade sal aanrig. Hy is ‘n kapitalis van geaardheid en sal moontlik die kommuniste so ‘n bietjie in toom hou.
As Mantashe of miesies Zoempas aan bewind kom sal die son finaal oor Suid-Afrika sak.

Wie-nog? ·

Ramaphosa het geval!! “Vinkel en koljander”. Wie is daar wat kan oorneem? Wat van Dawie Roodt vir president? Hy sal seker eers by die ANC moet aansluit?

neelsie ·

Dankie vir die wat sulke bedrog oopkrap.
Hou aan die skuldiges in die lig te bring,want die ware Lig sien hulle nie.

Winston ·

Dit is van grondvlak tot by die top struktuur geensins die oogmerk om die land van totale verval te red nie. Roelf Meyer julle almal, van FW tot by Pik Botha het net die taal gepraat van wie die brood ontvang was. Waar krap jy nou die “redder” uit. Red? Dit sal n wonderwerk verg want die voetsoldate maak soos die leiers. Anargie.

TSHEPO ·

Ja al verskil is julle is nie gevang voor 94 nie nou dat koruption oop kom nou moun julle dit was al voor Verwoerd se dae daar . Gee vir CYRIL A KAANS hy hoef nie te steel nie hy het genoeg geld julle gaan aan asof julle die land weer regeer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.