Nuuskommentaar: Haat rasse in SA mekaar al meer?

Argieffoto

Argieffoto

Wanneer Suid-Afrika se probleme onder die loep geneem word, lei die antwoord dikwels na die presidentskap van Jacob Zuma. Sy rol in die probleme is ontsaglik groot, maar soms moet ook ander faktore, soos internasionale tendense, verreken word wanneer besin word of die land se rasse mekaar al skuinser aankyk soos die jongste versoeningsbarometer suggereer.

Suid-Afrika is deurspek met probleme. Om ’n lysie van die vernaamstes te maak, is maklik. Vandag verwys Die Burger na pres. Zuma as “dooiegewig” en gister se Maroela Media-nuuskommentaar, Trekpas vir Zuma om SA te red, het teen vanoggend meer as ʼn verbluffende 2 800 Facebook-“shares” van die hoofblad gehad. En Maroela Media se artikel, en waarskynlik ook Die Burger se hoofartikel, is waarskynlik geskryf nog voor Zuma vir Nhlanhla Nene, minister van finansies, die trekpas gegee het, en die land se fiskale krisis in internasionale konteks verdiep het.

Zuma en sy grootliks bedenklike kabinet staan wel sentraal in baie van die ernstigste krisisse wat die land nou teister, van plaasmoorde tot oormatige verwagtinge, die persepsies oor die vlakke van korrupsie en ’n aanslag op die regbank (pas weer), terwyl die droogte self darem nie op Zuma se brood gesmeer kan word nie – die bekamping van die uitwerking daarvan grootliks wel.

Maar al is hierdie krisisse opgelos, en die land se verskillende bevolkingsgroepe kom nie oor die weg nie, haat mekaar selfs, dan beteken die oplossings min. Ook hierin speel Zuma ’n rol, soos sy uitlating dat sy lojaliteit eerstens teenoor die ANC en dan die land lê.

Die probleem van groep versus groep manifesteer hom gereeld deeglik in die mate waartoe sommige groepe hul polse wil afkou oor die hopelose manier wat die ANC, en veral Zuma se ANC, die land “regeer”, maar ander vind net nie fout nie, of nie genoeg fout om hul kruisies elders te gaan trek nie. Dié skeidslyn loop dikwels tussen swart en wit. Dit is met die vorige algemene verkiesing goed getoon toe een meningspeiling so min wit steun vir die ANC in sy steekproef gekry het dat die uitslag van hierdie steun op nul gestel moes word.

Terwyl wit mense, en al meer bruin mense en Indiërs, die ANC se rasbenepe beleid en wetgewing al hoe meer as blatante rassisme en die herinstelling van apartheid ervaar, dui peilings daarop dat groot getalle swart mense dit steun. Die woede onder jong swart mense manifesteer in verskeie hoedanighede, soos die aanslag op Afrikaans op kampusse. Kommentators lewer in rubrieke gereeld hul menings oor hoe die probleem opgelos moet word. Heelparty van hulle loop onder ernstige kritiek deur vir “oplossings” wat wesenlik daarop neerkom om die beginsels van ’n homogene land op ’n besonder heterogene land te wil toepas – al is dit om “homogeniteit” deur ’n gemeenskaplike taal, Engels, te skep.

Dit is teen dié agtergrond dat die jongste versoeningsbarometer van die Instituut vir Versoening en Geregtigheid ’n paar belangrike aanduiders gee.

As na die verslag se opsomming gekyk word, lyk dinge inderdaad nie goed nie. Die meerderheid (61,4%) respondente glo dat rasseverhoudinge sedert 1994 versleg het, of dieselfde gebly het. Die meerderheid hiervan skryf dit aan die voortgesette sosio-ekonomiese ongelykheid tussen rasse toe. Altesaam 67,3% van die respondente het aangedui dat hulle geen of min vertroue in die ander rassegroepe het.

Soos gebruiklik is die barometer ook vol teenstrydighede. Altesaam 52% van die respondente glo Suid-Afrika het sedert 1994 vordering gemaak op die weg van versoening.

Ná die vorige barometer toe die meerderheid (en groeiende getal) Suid-Afrikaners aangedui het dat hulle hulle eerstens met hul eie rassegroep vereenselwig en dan as Suid-Afrikaners, was dit te wagte dat die Instituut met meer aandag na hierdie kwessie sou kyk. Volgens die jongste barometer vereenselwig die meeste hulle steeds primêr met hul rassegroep, maar 75% het aangedui dat hulle dit as baie belangrik beskou (hoewel nie noodwendig die belangrikste nie) om hul identiteit as Suid-Afrikaners te ervaar. Altesaam 71% meen dis belangrik om na Suid-Afrika as ’n verenigde nasie te streef.

Die verslag behandel ook hoe, na die opstellers se mening, die agterstande met dienste in townships in die vorm van “#FeesMustFall” na die kampusse oorgespoel het. Groter radikalisering het egter ook ingetree, soos die verskerpte momentum van die gedagte dat swart mense deur Mandela uitverkoop is. Die voorwaardes van die onderhandelde skikking word al meer uitgedaag, en die trant al dringender en met minder ruimte vir kompromieë, aldus die verslag.

Wanneer met aandag na die tabelle gekyk word, is die prentjie egter minder swartgallig. Op die vraag wat respondente as die belangrikste kenmerk van versoening beskou, het 19,2% aangedui dit beteken gewese slagoffers moet gewese oortreders vergewe. Net 10% meen dit beteken om die ongeregtighede van die verlede aan te spreek en ’n meer gelyke gemeenskap te skep. Net 2% glo dit beteken dat rassisme aangespreek moet word. Daar is kommerwekkende tekens ook, soos dat net 1,3% van die respondente glo dit behels die tref van kompromieë.

Ook ander syfers temper die harde oordele van die verslag se opsomming. Op die vraag of die respondente self, of hulle families en vriende sedert 1994 rekonsiliasie ervaar het, het meer as die helfte van die swart respondente bevestigend geantwoord, en byna die helfte van die wit respondente. Min of meer dieselfde tendens speel hom af op die vraag of daar sedert 1994 vordering met rekonsiliasie gemaak is. Dié keer het meer as die helfte van die wit mense egter saamgestem, maar minder as die helfte van die bruin mense het instemmend geantwoord.

Weens die skynbare teenstrydighede in die bevindings, en die relatiewe klein steekproef van net meer as 2 000, sal dit onwys wees om bevindings te slaafs na te volg. Sommige ontleders het juis in die slaggat getrap deur hul menings net op die opsomming te skoei, en boonop te gebruik om hul eie opvattings oor onder meer die debat oor die rol van Afrikaans by drie universiteite te motiveer.

Om die studente-onrus na die dienste-onmin in townships deur te trek, is boonop net deel van die prentjie. Dit staan ook in ’n internasionale konteks, en die grootste gemene deler is ’n onverdraagsaamheid teenoor ander menings, en ’n dikwels vandalistiese reaksie daarop. Die Christian Science Monitor het juis nou ’n interessante artikel geplaas, Yale professor resigns: Can “civil dialogue” share space with student rage?

Die artikel is ’n besprekingsonderwerp op sy eie, maar in die volgende paragraaf kan tog heelwat ooreenkomste tussen die situasie by Yale en op Suid-Afrikaanse kampusse gesien word: “The depth of these students’ anger and frustration has stunned many administrators and professors. And in public reactions, these students often have been characterized as ‘coddled’, naive, and perhaps even dangerous ‘social justice warriors’ bent on bringing down the hallowed traditions of open debate, a bedrock principle in the European West.”

Ons keer terug na die vraag in die opskrif van hierdie nuuskommentaar: “Haat rasse in SA mekaar al meer?”

Uit die versoeningsbarometer se tabelle lyk sake nie so donker nie. ’n Mens moet egter waak om in ’n heterogene gemeenskap ’n simplistiese model van relatiewe deprivasie toe te pas. Die spanningsvlak is nie noodwendig net die verskil tussen realiteit en sosio-ekonomiese verwagtinge van een groep nie, maar die somtotaal van hierdie en ander onvervulde verwagtinge, soos die grondwetlik begronde verwagting van moedertaalonderrig, en die verskraling van Afrikaans soos nou deur die Kovsieraad goedgekeur. So kan daar baie ander kwellinge wees wat by die spanningselemente getel moet word.

Wat duidelik is, is dat sake meer professioneel en proaktief aangespreek moet word as die huidige, want die land is veronderstel om ’n grondwetlike demokrasie te wees, wat ook minderheidsregte waarborg.

Wat ’n mens terugbring by Zuma as dooiegewig.

Die vraag kan ook gevra word of die ANC se afkeer van “tribalism” nie noodwendig ook negatief sal reageer op die Afrikaner se trots op identiteit en opeis van grondwetlike minderheidsregte nie. Dit geskied dan teen die agtergrond van ’n afkeer in “tribe” maar ’n beheptheid met ras, soos in wetgewing vergestalt word.

En wat op die een of ander manier op “non racialism” neerkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Eddie ·

Maroela kan ek julle een ding vra??? Almal het hulle wyse van dink en wil dit graag deel met ander. Maar om eerlik te wees dit voel of mens nie n stem het in sekere gevalle nie. Ons praat die waarheid oor hoe ons voel oor sekere berigte en doen die moeite om deel van n gesprek te wees. Ja julle en die res van die mense wat op Maroela is het die reg om hulle se te se en laat weet hoe hulle regtig voel. Ons blankes is moeg om op eiers te loop om altyd die regte goed op die regte tyd te se en die res kan maar doen en se wat hulle wil. Dit is hoog tyd dat die ware gevoelens uitkom oor hoe en wat ons dink van hierdie GREAT land van ons. Ons is nie n klomp Mushrooms wat in die donker gehou moet word en n klomp julle weet wat gevoer moet word nie. Gee die mense kans om hulle se te se en wie weet miskien leer iemand iets uit dit. Daar is miljoene mense wat dieselfde voel en nie altyd net die soepsapige kommentare wil lees of hoor nie. Dit is tyd om die waarheid op die tafel te le en sien wat aan die gang is. Ek glo daar is baie wat dieselfde voel. Maroela julle het die platform om mense se klae te hoor. Gebruik dit om mense nader aan mekaar te bring en nie soos die regering alles te probeur blok en maak of alles great is in ons land nie. Julle lewer die berig so moet nie dink julle gaan nie gemengde reaksies kry nie. Hoop die een word geplaas.

Jip! ·

En ek raak nou ook siek vir Maroela. Het almal nie die reg om te se hoe hy voel nie. Meermale verdwyn ‘n comment net. En dan lag ek behoorlik want dit wat na my geplaas word is soms baie baie baie erg! Dalk tyd dat ek my pie vat en waai.

Sune van Heerden ·

Dagsê Jip!

Kommentaar moet soms per hand goedgekeur word en dan neem dit ‘n wyle voor dit op die webwerf verskyn.
Wanneer kommentaar dus nie onmiddellik wys nie, beteken dit nie noodwendig dis afgekeur nie.

Wanneer kommentaar egter nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen nie, word dit wel gemodereer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Schalk ·

Ja!! Rasse haat mekaar beslis meer. En die rede daarvoor is die ANC regering. Hulle is besig om n nuwe generasie rassiste groot te maak. En die nuwe generasie wil nie om tafels gaan sit nie, hulle wil doodmaak. En die sogenaamde sosio- ekonomiese ongelykheid tussen rasse, Wie moet die blaam daarvoor kry. Jy kry n skool maar gaan brand hom af, jy gaan studeer en brand die universiteit af. Maar kom ons gee die ou sondebok apartheid die skuld.

Boscia ·

Die deursnee Afrikaner, soos lyk dit vir my uit kommentare wat gereeld van Maroela-lesers verskyn, het gedink na onafhanklikheid en die heerlike Mandela-Camelot sal dit maar business as usual wees. Ons sal om ons braaivleisvure sit en die swartes sal nou tevrede wees, want hulle het mos nou die lang verwagte onafhanklikheid en die ANC is aan bewind. Die wit politieke leiers van daardie tyd (FW de Klerk) en dies meer is beskinder en beswadder omdat hulle ‘ons uitverkoop’ het. En diegene wat homself Boer/Afrikaner noem en durf waag om van eenheid en nasieskap, transformasie, realiteit en ‘doen tog in hemelsnaam mee met die ouens wat probeer om eenheid te skep sodat ons met die res van ons lewens in vrede kan leef’ word uitgekryt as nie-Afrikaner en alles wat daarmee saamhang. Hou tog op met julle geneul – dis wragtig ‘n feit soos ‘n boerperd dat ons nou in ‘n ander tydsbestek is – doen in hemelsnaam iets aan ons saligheid en moet nie net sit en mor oor die goeie ou dae nie – dis oor en uit. As dinge dan nou bitter sleg is – toegegee – laat ons inspring en iets positiefs begin doen en positiewe dinge in mekaar raaksien. Laat ons dan tog in vrede met mekaar saamleef, want ons het nêrens anders om te gaan kla as net hier onder die Suiderkruis nie!

chrisp ·

Boscia

Die “liberaliste” verkondig eenheid orals aan maar in dieselfde asem ook rasse bevoordeling.Hoe is dit moontlik?Jy kan tog nie een wees maar die” een” word verdeel in rasse nie.Hoe gaan jy eenheid skep Boscia?Liberaliste praat met ‘n gesplete tong 80%+van die tyd.
Bewys my verkeerd en verdeel jou aardse besittings, ontneem jou kind sy “bevoordeelde “opleiding skool of na skool(gee dit vir ‘n swart kind of ruil net die plekke om) as deel van jou bydrae tot eenheid en transformasie.Tot dan kan jy dit mos nie van my en my kinders verwag nie?

Daar bestaan nie so ding soos die Suid-Afrika nasie nie net so min soos daar ‘n Europese nasie is.Jy se die nasie, wie is dit,wat is sy kultuur en taal?
Om ‘n probleem op te los moet die probleem erken word dit is so maklik soos dit.Die probleem is dat volkere en rasse net nie sal werk in ‘n sogenaamde reenboog demokrasie nie.Die 1%+ wat dit regkry is meestal ook kunsmatig en niksseggend klein en beweeg meestal maar weer terug in hul kultuurverband as daar gekuier word.Wees eerlik hoeveel van julle kuier vriende verteenwoordig hierdie nuwe kamma nasie?

Die meerderheid sal altyd die minderheid onderdruk as dit tot hul voordeel is.Sou dit nie dalk vir ons‘n versoeking wees as daar vir die Afrikaner gese word julle kan al die Porteguese plase,Indier winkels,Griekse kafees,Joodse besighede ens gaan eis nie want ons was voor hulle hier.Of ook meestal geld van die regering ontvang as vergoeding nie?Ook my kind orals bevoordeel nie(baie swakker toelatingsvereistes ).
Indien die regering sou se hy gee alle Afrikaners R 1,000,000.00 vir so ‘n eis sou jy dit los?

Demokrasie werk net regtig in ‘n homogene samelewing maar is ‘n vloek vir ‘n hetrogene een.Die hele wereld dien eintlik as bewys vir bo-staande.Dit is juis die nuwe tydsbestek waarin ons leef Boscia en nie die reenboog nasie nie. Volkere begin al meer hul eie identiteid opeis en dit juis ten koste van die reenboog sindroom wat die wereld oorspoel het.Wat ook sy tyd meestal uitgedien het.

Andries ·

Verseker haat ons mekaar meer , Ek kan nie n ANC stemmer hanteer nie , dit is niemand anders se skuld waar ons sit nie want hulle hou die ANC in mag

chrisp ·

Ja die haat is meer en word nog net sterker deur wetgewing onderandere maar ook ‘n kunsmatige kamma “nasie”.Wat geensins bestaan nie.

Johan ·

Ja, beslis. Ek is wit en trots daarop. Lees nou reeds oor die dokter met haar uitstekende resultate in eksamen. Is afgekeer die eerste keer toe sy medies wou swot. Hoekom saam met mense werk wat nie wil saam met jou werk nie net omdat jy wit is. Hul voer eerder Kubanse dokters in. Chinese kry swart bemagtiging. Hul kan maak net wat hul wil, ek sal nogsteeds ñ blanke persoon bly. Klomp swart mense haat wit mense. Die regering het nog nooit vir my iets gedoen nie en ek verwag ook niks nie. Ek wil ook nie verander nie. Ja, blankes het ook baie foute. Maar ek is trots oor baie goed. Ons droom as ons dink ons is een. As ek ñ Zulu was, was ek weer trots oor ander dinge en sou ek ook baklei het oor Zulu taal. Elke groep moet trots wees oor hul kultuur ens. Om almal te verengels, selfe skole, kerke en woonhuise BEE te maak sal nooit werk nie. Dit is soos verf van verskillende kleure teen die muur te gooi. Baie mooi en elke kleur staan uit. Meng egter al daai kleur volle verf saam en gooi dit teen die muur en die bruin groen teen die muur maak mens naar. Net soos die nuwe SA.

PJ ·

Ou Boscia spring in dan wys jy ons sodat ons jou kan volg lyk my jy het n plan deel hom met ons

Piet Pompies ·

Wat het jy vandag gedoen om rasse haat teen te werk, indien niks, kan jy nie kla nie. Indien jy iets positief gedoen het, uitstekend en doen so voort ons land het dit nodig.
Wees deel van die oplossing en nie deel van die probleem.

chrisp ·

Piet vertel ons gou wat het jy vandag gedoen en dalk gister?Is jy deel van die oplossing ?Gee idees man (daai wat deel is van jou oplossing)ons wil help?

JD ·

Ja ons doen. Ek het gegaan van aanvaar en respekteer mekaar na ek sal nou slegs geld gee aan wit bedelaars en welsyns organisasies soos die helpende hand vonds. Ek ondersteun sover moontlik wit besighede. Ek gee meer geld aan wit karwagte en petroljoggies.

ja sowaar ·

dit is presies net so vir my ook, en presies waar ek nou is. Ek het gedink ek is alleen, so bly daar is ander wat soos ek voel.

Eish! ·

My kommentaar is beslis uitgevee. En ja ek het net gese wat ek ervaar en hoekom ek haat!

Sune van Heerden ·

Dagsê Eish!

Kommentaar moet soms per hand goedgekeur word en dan neem dit ‘n wyle voor dit op die webwerf verskyn.
Wanneer kommentaar dus nie onmiddellik wys nie, beteken dit nie noodwendig dis afgekeur nie.

Wanneer kommentaar egter nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen nie, word dit wel gemodereer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Stev ·

Ja die haat is daar en dit groei elke dag meer en meer, soos n boompie wat elke dag sy water kry. Daai boom word so groot dat dit ‘n enorme poging gaan eis om daai boom uit te haal en dood te maak.

Ons regering is daai water, hulle veroorsaak die haat met propaganda, leuens, diefstal ens. en word elke oggend wakker met die idee van “how to take over the world”.

Ek is trots op wat en wie ek is en niks en niemand sal dit kan verander nie. Ek respekteer almal in die samelewing, maar as jy my dag in en dag uit dreig jy gaan my grond vat, my kind se skool taal wegvat, my familie se veiligheid dreig, my besteel, my belieg, ens. Hoe kan jy van my verwag om jou nie te haat nie.

Lisha ·

Ek is elke dag op hierdie blad, en elke dag sien ek dat mense oor en weer baklei. Op die ou einde van die dag is dit tyd dat ons Afrikaners leer om saam te staan en n verskil te maak in die land. Dinge gaan agteruit, ons boere word daagliks gruwelik vermoor, almal se ons gaan niks regkry nie, maar wie probeer? Ek is n lid van Afriforum, en tot dusver, is hulle die mense wat vir die minderheidsgroepe se regte opstaan. Rasse haat en geweld is defnitief baie erger, maar die verskil begin by elk van ons as mens. As jy n verskil wil sien, WEES JY DIE VERSKIL! BEGIN BY JOUSELF!

Reinhardt ·

Kon dit nie beter gestel het nie Lisha. Almal koer koer oor die “goeie ou dae”, wat ook al dit beteken. Ek was 5 toe apartheid geindig het, so ek weet nie hoe dit was nie. Al wat ek weet is ons kan ons huidige situasie verbeter. Maar almal sit voor hul TVs en rekenaars en momper “Die land is in sy moer!”

Elmien ·

Ja die haat word al hoe meer.en die bom gaan een van die dae ontplof.

Eddie ·

Dit is ongelukkig die waarheid. Rasse haat was en sal altyd daar wees. Die regering help ook glad nie om dit te verbeter nie. As jy kyk wat alles die laaste 21 jaar gebeur het kan jy nie anders dink as om haat in jouself te kry nie. N land wat alles gehad het en soveel het om nog te bied maar kyk waar sit ons vandag. Ek hoef seker nie alles te noem wat dit tot aanlyding gegee het waar ons vandag is nie. Glo nie Maroela sal laat ek n 1000 bladsy boek skryf nie. Die saak van erns is dat met die huidige regering daar niks sal verander nie. Gaan net erger word. Die kinders wat na 1994 gebore is voel al soos ons wat voor dit gebore was. Ons land het nie n toekoms of ons kinders nie. Daar sal hard en dadelik ingegruip moet word om te red wat te redde is. Die eerste stap wat gevat moet word is om Zuma uit daai stoel te kry dat daar weer iemand met morele waardes daar kan sit. Twede stap kry sy makkers uit dat daar weer n belans is van wat is reg en wat is verkeerd. En die laaste stap is vat terug wat aan ons as Afrikaner behoort.

elizabeth ·

iemand al opgemerk hoe maroela net een standard antwoord het? om terug te kom na die vraag. ja ek dink rasse haat mekaar al meer. ek weet ek doen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.