Nuuskommentaar: Haatspraak, al weer

Skermskoot van 'n plasing wat van Vanessa Hartley se Facebook-rekening gedoen is

Skermskoot van ‘n plasing wat van Vanessa Hartley se Facebook-rekening gedoen is

Vanessa Hartley van Houtbaai se vergelyking van swart mense met dom diere wat vasgemaak moet word, het die land soos ’n storm getref. Wetgewing word nou teen haatspraak voorberei en kundige insette word gelewer om dit so regverdig en ewehandig as moontlik te kry – maar uiteindelik rus die onus op elkeen om hom of haar van kwetsende optrede te weerhou.

Rassespanning is in baie dele van die wêreld besig om te vererger. In die VSA het peilings getoon dat rasseverhoudinge aan die begin van die jaar ’n laagtepunt bereik het, terwyl ’n nuwe peiling toon dat 53 % glo rasseverhoudinge in die staatsdiens en politiek is nog slegter as in die VSA in die algemeen.

Suid-Afrika is pas weer deur ’n “Penny Sparrow”-voorval geruk toe Vanessa Hartley van Houtbaai op Facebook oor die instroming van swart mense gekla het, en hulle toe boonop met dom diere vergelyk het wat vasgemaak moet word. In haar aanvanklike verweer wou sy weet wat dan van vryheid van spraak?

Is dit moontlik dat Hartley die hele Sparrow-debakel kon gemis het? Sparrow wat nou op tegniese gronde in wese nie net aan wat as “double jeopardy” bekend staan nie, maar “triple jeopardy” onderwerp word. (Double jeopardy beteken ’n persoon kan nie twee keer vir dieselfde misdaad gevonnis word nie). Hoewel vryheid van uitdrukking in die liberale ideologie baie wyd strek en eintlik erg inbreuk maak op ’n ander se grondwetlike reg, naamlik die reg op waardigheid, is die Grondwet baie duidelik dat rassistiese optrede en haatspraak ’n groot taboe is.

Die probleem in dié stadium is dat dit erg onewehandig toegepas word: Erge haatspraak by Wits is byvoorbeeld tot blote spraakvryheid gereduseer en ander gevalle bly dikwels in die lug hang terwyl elke regsopsie teen Sparrow ingespan word.

Hoewel Sparrow se uitlating wat haar in die sop laat beland het nie goedgepraat kan word nie, is dit te wagte dat sy naderhand simpatie kry soos die een regbank na die ander genader word om haar finansieel te ruïneer. Nou lê ’n lang en moeilike pad vir Hartley voor. Sy moet ook dankbaar wees dat beplande wetgewing om haatspraak te kriminaliseer nog nie op die wetboek is nie, want dan was tronkstraf ’n werklike moontlikheid.

In Suid-Afrika word twee stelle wetgewing nou oorweeg, naamlik die regulering van godsdienstige organisasies en die wetsontwerp op die kriminalisering van haatspraak.

Die idee om godsdienstige organisasies te reguleer het reeds omvattende veldtogte in die kuberruim tot gevolg, waarvan sommiges wyd met die waarheid omgaan soos om dit te stel dat die lees van die Bybel verbied gaan word.

In hierdie stadium val die fokus egter hoofsaaklik op die wetsontwerp wat ten doel het om haatspraak te kriminaliseer. Dit loop ook om verskeie redes onder skerp kritiek deur en talle voorleggings is gedoen of word voorberei.

Die drie susterkerke, deur hul Tussenkerklike Raad, werk ook aan die saak. Dr. Johan van Staden, NHK-leraar van Sionspoort, het reeds ’n basisdokument opgestel wat nou na belanghebbendes vir insette versprei word. Dr. Van Staden het ’n doktorsgraad in die regte.

AfriForum is nog ’n organisasie wat krities kommentaar op die nuwe wetgewing lewer.

Uiteindelik sal die wetmakers oor genoeg kundige advies beskik om, as die wil by hulle teenwoordig is, ’n behoorlike en billike wet daar te stel. Indien nie, kan dié wetgewing in die konstitusionele hof beland.

Die belangrikste is egter om te leer om ’n wag voor die mond te hou, en dat kritiek nie op stereotipes of bekende kwetsende uitdrukkings gebaseer moet wees nie. Sommige dinge is ooglopend, maar hoeveel Suid-Afrikaners het voor die “black facing”-insident by Tuks geweet dis ’n uiters sensitiewe kwessie?

In die oorgangsgrondwet is bepaal dat iemand se skuld aan rassisme met prima facie (met die eerste oogopslag) getuienis voldoende is. (Normaalweg moet dit met ’n oorwig van waarskynlikhede in ’n siviele saak, en bo redelike twyfel, met verdere toetse oor dolus eventualis en dolus directus, in ’n kriminele saak wees.) In die huidige Grondwet word die bewyslas teen nie net rassisme nie, maar nadelige optrede teen byvoorbeeld ouer mense, gestremdes en ander as onbillik beskou tensy die teendeel bewys is. Dit is duidelik dat die wetmakers dit eerder maklik, as moeilik, wil maak om rassiste aan die pen te laat ry.

Die groot toets vir die nuwe wetgewing is dat dit ewehandige optrede moet bevorder. Onewehandige optrede laat ras-onvrede net broei.

En ja, regeringslui wat die president insluit, moet nie deur die wetgewing beskerm word nie, want hulle moet nie net die toon aangee nie, rassistiese glipse aan hul kant help hand oor hand dat rassespanning in die land opbou.

Om nie van rasgebaseerde wetgewing te praat nie….

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

44 Kommentare

jongste oudste gewildste
Quincy

Google bietjie ( fair en Unfair) tog asb… Wat hul persepsie is wat sy gesê het is nie reg nie en ek stem nie saam nie.

pamela Woest

Leer mense nooit nie…. Ek verstaan dit nie.

Denise

Ek dink die mense is Keelvol vir al die HAATSPRAAK teen ons wit mense !!!!!

Jan

Het dit maar nie die norm geraak dat mense in die alledaagse lewe, dit wat hulle dink, onnadankend hardop uiter of hul frustrasie in die media loslaat nie. Hier het mos baie dinge die afgelope 20 jaar in die reënboogland gebeur. Party fluister darem net dat ander dit nie hoor nie, selfs by die huis, as daar vriende of gaste is moet mens maar versigtig wees. Jy kan darem nou en dan die hond skop of die kat se stert trek. Die antwoord is, draai om en loop weg, of kyk net ander pad, maak nie saak wat jou tot… Lees meer »

Cacophony

Tot in my siel in moeg vir hierdie stories. Die mense wat dit post is inherent onnosel! Hoe de hel post jy nog sulke snert in hierdie day and age en dit tel vir alle rasse geslagte gelowe of wat ookal die lyne ia waarvolgens ons geklasifiseer word. Miskien moet social media heeltemal verban word of dalk moet ons almal toetse aflê voordat ons lisensies kry om social media te gebruik.