Nuuskommentaar: Haatspraak, al weer

Skermskoot van 'n plasing wat van Vanessa Hartley se Facebook-rekening gedoen is

Skermskoot van ‘n plasing wat van Vanessa Hartley se Facebook-rekening gedoen is

Vanessa Hartley van Houtbaai se vergelyking van swart mense met dom diere wat vasgemaak moet word, het die land soos ’n storm getref. Wetgewing word nou teen haatspraak voorberei en kundige insette word gelewer om dit so regverdig en ewehandig as moontlik te kry – maar uiteindelik rus die onus op elkeen om hom of haar van kwetsende optrede te weerhou.

Rassespanning is in baie dele van die wêreld besig om te vererger. In die VSA het peilings getoon dat rasseverhoudinge aan die begin van die jaar ’n laagtepunt bereik het, terwyl ’n nuwe peiling toon dat 53 % glo rasseverhoudinge in die staatsdiens en politiek is nog slegter as in die VSA in die algemeen.

Suid-Afrika is pas weer deur ’n “Penny Sparrow”-voorval geruk toe Vanessa Hartley van Houtbaai op Facebook oor die instroming van swart mense gekla het, en hulle toe boonop met dom diere vergelyk het wat vasgemaak moet word. In haar aanvanklike verweer wou sy weet wat dan van vryheid van spraak?

Is dit moontlik dat Hartley die hele Sparrow-debakel kon gemis het? Sparrow wat nou op tegniese gronde in wese nie net aan wat as “double jeopardy” bekend staan nie, maar “triple jeopardy” onderwerp word. (Double jeopardy beteken ’n persoon kan nie twee keer vir dieselfde misdaad gevonnis word nie). Hoewel vryheid van uitdrukking in die liberale ideologie baie wyd strek en eintlik erg inbreuk maak op ’n ander se grondwetlike reg, naamlik die reg op waardigheid, is die Grondwet baie duidelik dat rassistiese optrede en haatspraak ’n groot taboe is.

Die probleem in dié stadium is dat dit erg onewehandig toegepas word: Erge haatspraak by Wits is byvoorbeeld tot blote spraakvryheid gereduseer en ander gevalle bly dikwels in die lug hang terwyl elke regsopsie teen Sparrow ingespan word.

Hoewel Sparrow se uitlating wat haar in die sop laat beland het nie goedgepraat kan word nie, is dit te wagte dat sy naderhand simpatie kry soos die een regbank na die ander genader word om haar finansieel te ruïneer. Nou lê ’n lang en moeilike pad vir Hartley voor. Sy moet ook dankbaar wees dat beplande wetgewing om haatspraak te kriminaliseer nog nie op die wetboek is nie, want dan was tronkstraf ’n werklike moontlikheid.

In Suid-Afrika word twee stelle wetgewing nou oorweeg, naamlik die regulering van godsdienstige organisasies en die wetsontwerp op die kriminalisering van haatspraak.

Die idee om godsdienstige organisasies te reguleer het reeds omvattende veldtogte in die kuberruim tot gevolg, waarvan sommiges wyd met die waarheid omgaan soos om dit te stel dat die lees van die Bybel verbied gaan word.

In hierdie stadium val die fokus egter hoofsaaklik op die wetsontwerp wat ten doel het om haatspraak te kriminaliseer. Dit loop ook om verskeie redes onder skerp kritiek deur en talle voorleggings is gedoen of word voorberei.

Die drie susterkerke, deur hul Tussenkerklike Raad, werk ook aan die saak. Dr. Johan van Staden, NHK-leraar van Sionspoort, het reeds ’n basisdokument opgestel wat nou na belanghebbendes vir insette versprei word. Dr. Van Staden het ’n doktorsgraad in die regte.

AfriForum is nog ’n organisasie wat krities kommentaar op die nuwe wetgewing lewer.

Uiteindelik sal die wetmakers oor genoeg kundige advies beskik om, as die wil by hulle teenwoordig is, ’n behoorlike en billike wet daar te stel. Indien nie, kan dié wetgewing in die konstitusionele hof beland.

Die belangrikste is egter om te leer om ’n wag voor die mond te hou, en dat kritiek nie op stereotipes of bekende kwetsende uitdrukkings gebaseer moet wees nie. Sommige dinge is ooglopend, maar hoeveel Suid-Afrikaners het voor die “black facing”-insident by Tuks geweet dis ’n uiters sensitiewe kwessie?

In die oorgangsgrondwet is bepaal dat iemand se skuld aan rassisme met prima facie (met die eerste oogopslag) getuienis voldoende is. (Normaalweg moet dit met ’n oorwig van waarskynlikhede in ’n siviele saak, en bo redelike twyfel, met verdere toetse oor dolus eventualis en dolus directus, in ’n kriminele saak wees.) In die huidige Grondwet word die bewyslas teen nie net rassisme nie, maar nadelige optrede teen byvoorbeeld ouer mense, gestremdes en ander as onbillik beskou tensy die teendeel bewys is. Dit is duidelik dat die wetmakers dit eerder maklik, as moeilik, wil maak om rassiste aan die pen te laat ry.

Die groot toets vir die nuwe wetgewing is dat dit ewehandige optrede moet bevorder. Onewehandige optrede laat ras-onvrede net broei.

En ja, regeringslui wat die president insluit, moet nie deur die wetgewing beskerm word nie, want hulle moet nie net die toon aangee nie, rassistiese glipse aan hul kant help hand oor hand dat rassespanning in die land opbou.

Om nie van rasgebaseerde wetgewing te praat nie….

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Quincy ·

Google bietjie ( fair en Unfair) tog asb… Wat hul persepsie is wat sy gesê het is nie reg nie en ek stem nie saam nie.

Denise ·

Ek dink die mense is Keelvol vir al die HAATSPRAAK teen ons wit mense !!!!!

bekommerd ·

Natuurlik is ons g-vol omdat ons in n hoek staan met geen hulp van nêrens kry nie. Leierloos staan ons teen aanvalledalle. Ek is teen sulke uitsprake en het baie goeie vriend around the spectrum en hulle almal voel dat iets hieraan gedien moet word om die omstandighede te verlig in die sin van beter wetgewing in te bring maar die regering, soos gewoonlik, kyk anderpad en doen niks….so dan sal dit ook nie ophou nie.

Jan ·

Het dit maar nie die norm geraak dat mense in die alledaagse lewe, dit wat hulle dink, onnadankend hardop uiter of hul frustrasie in die media loslaat nie. Hier het mos baie dinge die afgelope 20 jaar in die reënboogland gebeur. Party fluister darem net dat ander dit nie hoor nie, selfs by die huis, as daar vriende of gaste is moet mens maar versigtig wees. Jy kan darem nou en dan die hond skop of die kat se stert trek.

Die antwoord is, draai om en loop weg, of kyk net ander pad, maak nie saak wat jou tot in jou siel toe irriteer nie. En as die ander persoon die wet oortree, gaan hof toe, moet nie eens met daardie persoon probeer gesels nie.

Cacophony ·

Tot in my siel in moeg vir hierdie stories. Die mense wat dit post is inherent onnosel! Hoe de hel post jy nog sulke snert in hierdie day and age en dit tel vir alle rasse geslagte gelowe of wat ookal die lyne ia waarvolgens ons geklasifiseer word. Miskien moet social media heeltemal verban word of dalk moet ons almal toetse aflê voordat ons lisensies kry om social media te gebruik.

Johann ·

En veronderstel nou Houtbaai is oor 10 of 20 jaar ‘n vervalle dorp, opgeleef, besighede het dalk toegemaak en die realiteit het Houtbaai ingehaal, wat dan? Hoe tree mens proaktief op, hoe bestuur mens dit?

Cacophony ·

Jy gaan dit beslis nie manage deur snert op social media te skryf nie!

Johann ·

Cacophony, jy is 100% korrek, maar gaan jy die waarheid aanspreek, die probleem op sy naam noem, of gaan jy in ontkenning van die probleem leef? Of is dit nie ‘n probleem nie? Vertel my asseblief hoe gaan jy dit manage? Wat gaan jy manage? Sit die planne op die tafel, of beter gee net so vyf punte hier weer hoe jy dit sou bestuur.

Teloops, wat is die hartklop van Houtbaai, beskoekers? Dit moet dan seker in aggeneem word in jou planne, om toe te sien dat die dorp nie verval nie.

Johann ·

Kom ek pak die bul by die horings. Wat het aanleiding tot die haatspraak gegee. En natuurlik maar vir geen oomblik regverdig dit die haatspraak nie. Die dorp met die infromele behuising edm wat teenaan Houtbaai dorp ontstaan net, sal nie dat Houtbaai Kyknet se dorp van die jaar toekenning ontvang nie.

Johann ·

Cacophony, los my persoon uit, dit is niks anders as om die man te speel nie, jy ken my nie. Hoekom sê jy ek wil na daardie mense as diere verwys? Ek sê dan juis die teenoorgestelde as die woorde wat jy in my mond lê. Wat dink jy is die oorsaak van die probleem wat al vir baie jare aan die kom is, en al voorheen kop uitgesteek het? Wat is jou oplossing dan? Of is daar nie ‘n probleem nie? Sien ek spoke waar daar nie spoke is nie? En die probleme in die verlede was ook nie daar nie?

De Villiers ·

Noem dit maar by die naam. Rassisme in Suid Afrika word net deur blankes gepleeg, niemand anders nie. Waar ‘n blanke ‘n aksie loots teen ‘n anderskleurige, hetsy of hy die anderskleurige konfronteer oor ‘n reël wat hy verbreek, of ‘n uitlating oor hulle maak in die media, word dit as rassisme beskou, en maak die media in geheel ‘n geweldige ophef daarvan. Word dieselfde aksie deur ‘n anderskleurige teen blankes gemaak, word dit bloot beskou as onskuldig of vryheid van spraak, en die media swyg. As voorbeelde van aksies vergelyk ek die doodskis-geval by Middelburg ‘n maand gelede. Groot ophef, selfs deur blanke media wat daardie blankes as rassiste oordeel. Dan kry ons plaasmoorde wat baie erger en brutaal is, daagliks, en geen haan kraai ‘n woord oor rassisme nie. Oor uitlatings in die media gebruik ek die Sparrow-saak waar daar net so ‘n groot bohaai gemaak is. Dit terwyl Julius Malema amper weekliks uitlatings maak om die blankes te verkleineer of selfs te insinueer om hulle uit te wis. Geen bohaai daaroor ook nie. Sulke goed maak dan van ons rassiste uit frustrasie. Die regering se manier om die land te regeer en die media se benadering oor tradisie dryf die pole tussen blankes en anderskleuriges net verder, wat rassisme net vererger.

Belaglik ·

Die goed slaan my altyd stom en gee nie om wie wat sê nie dis hoe dit is… Sodra dit wit op swart is is dit voorblad nuus en artikel na artikel hofsaak na hosaak… maar die leier van die EFF kan sy mense opstook om boere te haat en te moor… ma nie ‘n eers een berig daoor nie…. Ons weet nie eers van al die haat spraak en al die wrede haat moorde nie want dit maak nooit nuus nie…
Ja die vrou het verkeerd opgetree en is sulke manier van praat onaanvaarbaar… maar dit def nie both ways nie……

De Villiers ·

Jammer, ek meen nie ‘tradisie’ nie, wel rassisme. Die drukkersduiwel darem.

Ouvrou ·

Maak verskoning nes julle wil maar dit bly haat spraak. Ons moet by onsself begin. Staan op vir wat reg is. Praat as jou vriende om die braai fluister of die k woord gebruik. Dieselfde rooi bloed vloei deur o s almal se are. Ek gee skool by ‘n multikulturele skool en ‘n kindjie is net ‘n kindjie. Dit tyd dat gewone mense begin opstaan teen ongeregtigheid

Ouvrou ·

Anne, ‘n mens moet iewers begin. Behandel mense met respek. Respek kweek respek. Dank God elke dag dat dit nie jy is wat in ‘n plakkershut woon nie en hê empatie met mense wat so swaar kry

Hoekom ·

Haatspraak? Dit is beslis onnadenkend gewees maar HAATSPRAAK? Is enige geweld of haat aangevuur of aangehits? Aanhitsing van GEWELD en MOORD op Blankes is baie erger, maar die aanmerkings van mense op FB en Twitter word heeltemal uit verband uitgeruk en GEEN swarte is tot nou toe vervolg vir HAATSPRAAK, AANHITSING tot geweld en moord teenoor Blankes nie .. Hoekom word ‘n blanke se uitspraak opgeblaas en die ander blatante rassisme vanuit swart geledere word nie aangeraak nie? Daar was vandag ‘n post van ‘n swart polisieman wat gese het hy haat alle blankes en dat swartes ‘n GENOCIDE op alle wittes in Suid Afrika gaan uitoefen? Hy is ‘n polisieman . nie die polisie of die regering of ‘n waghond of Menseregtekommissie of ‘n poltieke party het hieroor ‘n woord gerep nie . Hoe werk dit?

Belaglik OUvrou ·

Ag asb tog ons is nie nou hier besig met ‘n maatskaplike les nie wat het die PLAKKERSHUTTE nou te doen met die artikel? Dit is omdat mense altyd slagoffer speel dat SA sit waar hy sit, en die kruiper Blankes is die grootste oorsaak!!!

Anne ·

Ouvrou en die wat dieselfde rassistiese opmerkings en haatspraak teenoor ons uiter bly ook nie almal in plakkers hutte nie. En dit sal hulle ook nie die reg gee om dit te doen nie al bly hulle ook daar nie. En o ja terloops, dis nie my skuld hulle sit nog na soveel jaar van vryheid steeds in ‘n plakkers hut nadat hulle byna alles verniet kry nie.

Etienne ·

Die Volkstaat idee klink nou nie meer so vergesog en belaglik nie of hoe Blank volkie …..

Hendrik ·

Ek hoef nie mense enige iets toe te snou nie want as ek huistoe gaan na werk is ek verlos van die liberaliste, wit of enige ander kleur. Ek woon tussen my eie kultuurgroep wat ek self gekies het.

Catryn ·

Waar is julle artikel wat gaanoor Zille en Mandisi en vele ander op 4 Desember 2016..? op twitter

Chrisjan ·

Die enigste oplossing vir rassisme is apartheid. Solank as wat mense van verskillende rasse saam gedwing word sal daar wrywing wees en sal rassisme groei. Gee die wat nie kan of wil saamleef nie ‘n volkstaat of homeland.

Piet Pompies ·

Dit wil voorkom of die Houtbaai se sogenaamde rassistiese kommentaar geskryf is deur ‘n bedorwe dame wie se ouers haar van alles voorsien het wat sy vra en sy in haar bestaan neerkyk op ander mense en hulle sien as ‘n las.
Die kommentaar van so ‘n tipe persoon kon net sowel wit op wit gewees het, omdat ras gedrewe kommentaar in SA ‘n probleem is word die blikkie meer geskud.
Wit mense hou hulle self blind teenoor wit tot wit klasifikasie of ook genoem arm en ryk rassisme.

Jean ·

Jy is baie reg, vir jare het die Kapenaars gesê die VAALIES (Transvalers) kom neem hulle strande oor en raak dronk op hulle strate ens . .dit kon presies dieselfde gewees het maar omdat daar nou kleur by betrokke is, is dit nou weer internasionale nuus.

Johann ·

Ek veroordeel ook dit wat die dame te sê gehad het ten sterkste, dit was ongevraagd.

Wat ek egter hier by wil vra is, diegene wat so kommentaar lewer oor Houtbaai, wanneer laas was julle daar, as julle ooit daar was, en het julle self die informele nedersetting wat daar ontstaan het in lewende lywe ervaar. Weet julle hoe die opset daar is? Wat is die realiteit?

Insigself is ek dan ‘n rassis, net omdat ek dit noem?

Cacophony ·

Johann maar wat het mense diere noem te doen met die probleme wat Houtbaai het? Die artikel gaan tog oor dit wat die vrou geskryf het en nie die probleme van Houtbaai nie. Ja Houtbaai het probleme maar gee sit haar die reg om die mense wat daar is as diere te beskryf? NEE dit doen nie. Dis eenvoudig as jy ongelukkig is sê dit maar dis glad nie nodig om na mense as diere te verwys nie en daarin lê die probleem nie die feit dat sy gekla het oor die stand van Houtbaai nie maar hoe sy dit gese het.

Pippa ·

Haatspraak en rassisme deur wit mense word om 3 redes aan die groot klok gehang. 1. Dis ‘n nuttige kombers waarmee die diskriminasie teen ons en die kruipende volksmoord op ons mee toegegegooi word. 2. Dit dien as instrument om die ontnugterde massas teen ons op te sweep en ons tot sondebok van die land se ellendes, wat eintlik die regering se mislukkings is, te verklaar. 3. Dit dien as regverdiging vir gruweldade wat teen ons gepleeg en beplan word. So mense dink asseblief voor julle doen.

Versigtig ·

Ek stem daar 100% saam, goed saamgevat. Ons moet teen die tyd weet dat die regering en menseregte kommissie hulle mese uit het vir enige teken van rassisme vanuit blanke geledere, ons moet versigtig wees wat ons sê en doen, anders speel ons mooi in hulle hande, want hierdie berigte word die wereld ingestuur!!

Isa ·

Hoekom as die witmense ‘n aanmerking oor ‘n swart persoon maak is dit haatspraak, wat van Malema wat links en regs die witmense beledig en hy kom daarmee weg. Dinge raak net erger by die dag. Witmense op plase en kleinhoewes word links en regs afgemaai en dit is maar reg.

Jan ·

Hierdie dame sa aanmerking is gemaak agv die plakkerskamp, wat daar teenaan die dorp ontstaan het, jare gelede, dit is om te deel in die ekonomie van die dorp en inwoners van die omgewing. Dit lyk daar omtrent soos wat mens by die Heksrivier inkom na die vallei toe van die informele behuising.

Incogniteo ·

Interessante Engels wat die Dame van houtbaai gebruik. Dit lyk vir my na die Engels van iemand aan wie al die grond in die land behoort. “Tie them to a rope”. Vanessa Hartley se woorde en swak spelling???? Ek glo nie ……….

Hennie ·

Een van die dae sal jy tronk toe gaan as jy net die stelling maak”Ek is n rassis”!

Liza ·

De Villiers stem saam jou, dit hou net nie op nie, ek is al so g@tvol vir blank teen swart en andersom, dit sal nooit ooit ophou nie, en magtig leer ons afrikaner volk nie, ons weet mos nou waaroor dit gaan, hou jou mond toe en draai om ek weet partykeer is dit moeilik maar dis die beste…… ons word uitgelok en ja dis waarna hulle soek……Dankie Pippa jy praat waar……

James ·

Plakkerskampe se onstaan het nie baie jare terug begin nie .Agv. van instroming oor die hele afrika na suid afrika het dit grootliks ontstaan.Baie van my werkers is baie ongelukkig hier oor,hulle goed word gesteel en soms verloor hulle hul vrouens in die proses.

Denise ·

Ek stem Isa hulle moor elke dag onskuldige mense en niks word ontrent al die moorde gese of gedoen nie dit is niks meer snaaks vir hulle nie en so MOOR hulle ons WIT mense uit en nou wil hulle al weer gal braak oor n aanmerking wat dan van hulle aanmerkings KILL THE BOER!!!! ONS KOM VIR JULLE WIT MANS?????? Is dit nou nie RASSISTIES nie of is dit n uitnodiging??? Without prejudice!!!!

Lance ·

Kan dit nie ook gesien word as vryheid van spraak …almal doen mos sois hulle wil …niks gebeur met ander mense wat teen jou goed se nie want hulle se dit hulle vryheid van spraak …..al SO moeg vir dit !!

Jan ·

Ek sien ook jy mag niks sê wat ‘n ander persoon se menswaardigheid aantas nie. So, as mens bv praat van plakkerskamp, word dit dan gesien dat jy neerkyk op daardie mense en hul menswaardigheid aantas?

Maria ·

Geld dit nou vir almal ongeag velkleur. Of sal dit gaan soos met die moorde ?

Jan ·

Ek wou nou iets soortgelyks daar onder die artikel van die moorde skryf, toe los ek dit maar.

Oom Kalahari ·

# Herman Toerien, altyd prag skrywes uit jou pen en ons waardeer. @ De Villiers, Hendrik, Anne, Chrisjan en vele hierbo se skrywes wat waardig sin maak, maar dan kry jy nou Ouvrou en van die ander ja stemmers wat jou dwing om daagliks op eiers te moet loop en dan in die donkerste gange wil hul dit onder jou breek. Jy lewe al in vrees en word uitgelok op elke vlak, hetsy by die werk, dorp of stad, parkeer terreine, Staats departemente, skole, opleidings institute en nog vele meer plekke, maar elke keer moet jy maar aanvaar en druipstert omdraai en die slotjie voor jou mond hou. Nou vra ek jou wie is jy dan of gee jou die reg om my en ander mense te verkleineer en te verneder, vermoor, mishandel ens. Regtig wat word van die mens se Vryheid as jy nerens meer veilig kan gaan, kuier, gesels, braai, grappe maak ens, want skielik is alles polities korrektheid. Mense raak ge-frustreerd met die verdrukking en vertrapping, dan maak hul dalk ‘n frustrasie opmerking en word alles die wêreld ingegooi met ‘n sieklike “rassisme en haatspraak” woordjie wat net een groep verteenwoordig. Die reenboog nasie sindroom…….wel die toekoms sal bepaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.