Nuuskommentaar: “Happy holidays” versus “Geseënde Kersfees”

kersfees creative commons wikimedia

Argieffoto “Nativity tree 2011” deur Jeff Weese, Flickr via Wikimedia Commons

Met die verkiesing van Donald Trump tot volgende Amerikaanse president het diegene wat “Merry Christmas” bó “Happy Holidays” verkies, blykbaar weer die neuse voor gekry. In Suid-Afrika begin “Happy Holidays” egter nou in al hoe meer sfere nesskop en word die eintlike Kersboodskap rondom Jesus se geboorte al hoe meer eenkant geskuif.

Kersfees, die Christusfees vir sommige, Krismis vir ander en ’n dag na geen betekenis nie vir nog ander, lê net om die draai. Daar is ’n klompie klippies in die skoen wat in die VSA in ’n openlike kwessie ontwikkel het (veral ná Donald Trump se opmars en verkiesing tot president), en hier nog ietwat onder die oppervlak broei en besig is om ryp te word.

’n “Politiek korrekte” uitvindsel in die VSA skop nou erg nes in Suid-Afrika. Maar terwyl die uitdrukking “Happy Holidays” in die VSA weer toenemend moet plek maak vir “Merry Christmas,” skop die “Happy Holidays” in Suid-Afrika al hoe meer in. Op die SAUK se TV-kanale is dit as boodskap van die SAUK tot vervelens toe te sien. Vir diegene wat aanstoot neem, is dit maar ’n geval van op die tande kners en vergeet – omtrent net soos die al hoe groter kritiek op RSG se musieksmaak wat duidelik van die wa afgeval het.

“Happy Holidays” sou in Afrikaans seker ten beste met “gelukkige / lekker feesseisoen” vertaal kon word, hoewel taalpuriste swaar sal sluk aan die gebruik van “seisoen” vir iets wat nie met die klimaat te make het nie.

Maar, soos ’n vermaarde rubriekskrywer by geleentheid in ’n ander verband geskryf het, as ’n vliegtuig uit die buiteland die Oliver Tambo-lughawe nader, sê die kaptein aan die passasiers. “Welkom in Suid-Afrika. Ons land binnekort in Johannesburg. Draai u horlosies dertig jaar terug.”

Die term “Happy Holidays” dateer volgens Wikipedia terug tot minstens die 1970’s. Dit het verskeie betekenisse, waarvan die vervanging van “Merry Christmas” een is. Vir ander omsluit dit ook ’n aantal ander herdenkingsdae van ander godsdienste wat min of meer met Kersfees saamval.

Donald Trump en sy verkiesingsmakkers het hulle duidelik vir ’n voorkeur vir “Merry Christmas” uitgespreek en ’n foto van Trump by ’n podium waarop duidelik “Merry Christmas” gedruk is, het onlangs in die dagblaaie hier verskyn.

Dit is nie vreemd dat Trump, wat sterk op die populistiese stem gereken het, hierdie standpunt sou inneem nie. ’n Onlangse Rasmusen-peiling het aangetoon dat 71% van die kiesers meen Kersfees moet in openbare skole gevier word, terwyl net 17% daarteen gekant is. ’n Meerderheid wil Kersfees ook in openbare plekke laat vier.

Met die laaste Kersfees van George W. Bush as president was die verwagtinge by Christengroepe, soos die Christian Coalition of America, groot dat Bush in sy laaste amptelike kerskaartjie van “Happy Holidays” na “A Merry Christmas” sou oorslaan.

Die immer weifelende Bush het op die laaste oomblik weer “Happy Holidays” gebruik. Destyds is ook berig dat al hoe meer winkelgroepe van “Happy Holidays” afstap en weer “Merry Christmas” begin gebruik.

Soos verwag kan word, het Barack Obama strykdeur, ook in sy laaste “Kerskaartjie,” “Happy Holidays” gebruik.

Die kwessie van “Happy Holidays” versus “Merry Christmas” veroorsaak nou vir ’n tsoenami van berigte en artikels, nie net in die VSA nie. The Atlantic verwys na die jaarlikse debat oor “Merry Christmas” en “Happy Holidays” en behandel die rol van Trump hierin. Die Christian Science Monitor neem die kwessie ook, Trump inkluis, onder die loep.

Twee artikels, een in die Nederlandse Trouw en een in die  Christian Science Monitor, bespreek die gevoel van godsdienstige onderdrukking die afgelope agt jaar wat veral Evangeliese Christene in die VSA ervaar het, en waarvan die gebruik van “Happy Holidays” een was. (Die agt jaar val met Obama se twee termyne ooreen.)

Altesaam 26% van die kiesers wat verlede maand na die stembus opgeruk het, was wit Evangeliese Christene, wat ’n rekordaantal was. Hillary Clinton het net 16% van hierdie stemme getrek. Trouw se artikel handel in hoofsaak oor ’n Amerikaanse wet wat pas deur Obama onderteken is en wat die VSA effektief dwing om ernstiger in die buiteland te wees waar minderheidsgodsdienste vervolg word. Die VSA kan oortreders se bates byvoorbeeld bevries.

Of dit ook na ’n meer verdraagsame houding teenoor Christene in die VSA sal bydra, sal gesien moet word.

Allerlei komplekse debatte demp enige debat oor die gebruik van “Happy Holidays” in Suid-Afrika, al dan nie.

Dit sluit debatte in oor Kersfees hoegenaamd gevier moet word omdat daar geen regstreekse Bybelse opdrag hieroor is nie. Voorts weet almal dat Kersfees nie op Christus se geboortedag gevier word nie, want dit val in die middel van die Noordelike Halfrond se winter, wanneer herders in Israel hulle nie meer in die veld sou bevind het nie. Ons weet ook dat Christus nie 2 016 jaar gelede gebore is nie, omdat Herodes, die slagter van babas, reeds in die jaar 4 voor Christus dood is.

Boonop is die viering in min of meer die middel van die somer ’n gebruik wat voortgevloei het van sendelinge wat heidene tot die Christendom bekeer het deur Kersfees te koppel aan die heidense mid-winterfeeste.

Die viering van Kersfees op 25 Desember (of daar naby deur sekere kerkgenootskappe) is nou so diep ingebed in die Christelike tradisies (soos die herdenking van die Advent) dat dit moeilik sal wees om dit na ’n akkurater datum (wat in elk geval onseker sal wees) te skuif.

Boonop is Kersfees so gekommersialiseer dat dit met Christus se geboorte min of niks uit te waai het nie.

Dat daar niks fout is om Christus se geboorte te gedenk nie blyk onder meer uit die vreugde van Johannes die Doper toe die swanger Maria Johannes se moeder besoek het. Die engeleskaar wat aan die herders in die veld verskyn het, se boodskap was ook een van vreugde en lofprysing, terwyl die wyse manne uit die ooste ook van ver gekom het om hulde aan Jesus te betoon.

Terwyl Kersfees duidelik ’n fees van vreugde moet wees, is dit geen selfsugtige fees nie. Dit is ook tyd van uitreik na hulle wat minder bevoorreg is, en ook hulle wat te midde van die jolyt diep eensaam is.

Die ware Christen sal wil bydra daartoe om van elke Kersfees ’n werklik geseënde Christusfees te maak.

Of anders kan ons dit ook maar as gewone vakansiedag voeg by die “feesseisoen” se “Happy Holidays.” En van Christus vergeet.

Soos ’n predikant dit onlangs gestel het: “Geseënde Christusfees Herman / Sannie / Koos / Marie! Hy is gebore as die Verlosser en Saligmaker vir jou en my.” Dis ten slotte al wat saak maak.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Ada ·

Happy holidays is ‘n euwel want dit is nie waaroor dit gaan nie. Dit gaan oor Christus se geboorte. Vir my sal dit altyd Geseende kersfees wees en dit sal so bly.

Nel ·

Amen Herman Toerien. Happy holidays inderdaad – kyk hoe lyk land se paaie/ongeluksyfer asg van te veel happy ‘gesuipte’ holidays.

Nel ·

Wou nog byvoeg dat Merry Christmas nou nie juis vir my dieselfde betekenis as Geseende Kersfees het nie.

Hendrik ·

die duiwel is los tussen alle mense. God sal dit met geduld aanskou tot die dag wat Hy dit nie verder sal duld nie.

Rita ·

Ek stem 100% saam Hendrik. Dit begin al hoe meer soos in die dae van Noag word.

Johan II ·

Dankie Victor. Die STORIE van noag het baie meer betekenis as net n skip wat in n berg vasgery het. Dit vertel van God se beskerming teen die bose (stormagtige water in die antieke tyd). Wat bedoel mense as hul dus sê “dit begin weer soos die dae van noag lyk”? Die wêreld was nog altyd n deurmekaar plek, lees maar hoe wreed was dit in die ou testament.

Gerrit ·

Hieroor kan en sal nog baie gesê word… daar is GEEN opdrag/versoek/verwyssing in die HELE Woord dat Jesus se geboorte gevier moet word…op GEEN wyse nie… met watse edele bedoelings ook al!(‘n Wonderbaarlike gebeure wel inderdaad!) Jesus se OPDRAG was en bly om sy kruisdood wel te herdenk in dit is SY bloed wat daar en tydens sy onmenslike kastyding gevloei het wat vir ons sondes tot vergifnis plaasgevind het…Sy wonde(weens mishandeling) het vir ons(ligaamlike) genesing gebring…Jes 53:5 en vele ander. Die onkunde rondom die vier van Kersfees kan slegs deur Sy Woord, die HG en geskiedkundige aantekeninge aan die mens ge-openbaar word. Hos. 4:6…

Piet ·

Kersfees is die dag van die duiwel. Sg Christene gee blykbaar nie om, om hulle God gelyk te stel aan ander heidense gode nie. Hul gee ook nie om dat Hy se Hy is n jaloerse God wat nie die gelykstelling van ander gode aan Homself sal duld nie. Verder word die Pasga wat baie belankrik behoort te wees vir Christene af gewater tot byna niks. Christene, kry julle prioriteite reg!

Inge ·

Gerrit, hy vat die woorde uit my mond uit! Ek kon dit nie beter gestel het nie..

Victor ·

Hoe kan die almagtige skepper van die hemel en die aarde iets voel soos jaloesie?

O ja? ·

Ek hoop dan jy werk hierdie jaar oor Kersfees en Nuwe Jaar, sal verblydend wees om te sien IEMAND is by die werk. Begin jy dus ‘n petisie of een of ander beweging om NIE Kersfees te vier nie, lyk my jy voel sterk daaroor. Lekker werk, ek sal vir jou ‘n stukkie KERSKOEK stuur van Durbs af.

Takkie Takuuza ·

Almal het google. Gaan kyk waar kom kersfees en sy gebruike vandaan. Om n heidense gebruik en feesdag n Christus kleed aan te trek en dan te dink dit is maar goed so, is net laster. Jy kan nie gelyk uit die beker van die goddelose en God gelyk drink nie. Dis hoekom die verbond in die eerste plek verbreek is. En toe Jesus dit weer kom oprig kry ons vir ons kersbome om te aanbid en persente voor neer te sit. As jy Jesus se geboorte wil vier, doen dit elke dag deur jou dade.

Hartseer ·

Gerrit, soek in Youtube na die volgende naam Why Christmas was banned in America until 1820? by Carol Matrisciana

Jan ·

Soos die ANC al meer gemaklik met regeer geraak het, al meer selfversekerd, arrogant en als opgedinges het, het die Kersboodskap ook al gaande begin vervaag. Happy Zuma. Zuma is ‘n happy ou, niks sit hom af nie. Ook onder die volgende presidente sal dit nie weer gedy nie.

Ian ·

Jes 1:13-14.
En dit is hoekom ons nie die waarheid ken of soek nie. Hos 4:6.

Chris ·

Korrek Gerrit. Dit is ‘n tipiese instelling deur die Rooms Katolieke om ons, YHWH se volk, van die waarheid weg te hou.
Die waarheid, slegs die waarheid, sal jou vrymaak.

Nell Weyer ·

Enterprise, wat varkvleis verwerk na worsies en polonie het ook onlangs almal ‘n happy holiday toe gewens. Ek wonder net hoeveel Moslem en Joodse kliënte hulle nou het? Dalk ‘n paar verdwaalde ateïste.

Marie ·

Daar is plek vir almal in die land. So gun Christene hulle Geseënde Kersfees!!!

Nelmari ·

Ek doen Geseënde Christusfees – net sodat niemand onder ‘n dwaal verkeer nie. Het mos nou al my kuite lelik styf loop trek vir die “happy holiday” nonsens.

Jan maak n Plan ·

Ou Herman, jy slaan weereens die spyker op die kop. Tussen die komersialisering van Kersfees na die sogenaamde Holidays toe , asook al die sogenaamde sektes in die Christendom, word die eintlike Kersfees soos ons dit as kind geleer is, heeltemal afgewater en weg gevat – en dit is heeltemal verkeerd. Ons moet nie die wiel herontwerp nie – dit werk al eeue lank reg. By my en my huis sal dit nog vir ewig ‘n Gesseende Kersfees bly, waar ons Jesus se geboorte herdenk en elkeen in my huis ‘n ou persentjie ook kry. Dis hoe ek geleer is en dis “Finnish en Klaar”.

Johann ·

Jan, dit is net by Christene, as dit by hul feeste kom dat daar na maniere en benaminge van daardie feeste gesoek word om dit vir almal toeganklik te maak, dat daar nie mense voel dat hulle nie daar hoort nie, of uitgesluit voel. Mammon praat mos maar hard, kommersialiseer né. Nou vra ek, dan wat maak daardie mense wat nie Christene is nie, daar? Waarom moét daardie feeste almal insluit, maar as dit bv ‘n Moslem-fees is of ‘n fees van ‘n ander geloof, dan word daar nie gepoog om daardie feeste vir almal se insluiting te kaap nie.

Jane ·

Dis tragies maar dis JUIS die Christene self wat deesdae versprei hoe goddeloos die viering van Kersfees is. Sien maar hierbo ‘n paar kommerwekkende kommentare wat op eie interpretasies geskoei is. Ongelukkig gaan mense te ver met alles, dan volg almal later die middeweg. As jy se Geseende Kersfees dan gee jy nou weer aanstoot, so dis hoekom almal maar die grys area kies. Ja in sommige lande word geboorte van Christus eenkant toe geskuif. Ek glo elkeen kan maak soos hy wil, maar dis juis omdat almal altyd hierdie oordrewe sin het vir wat REG vir HOM is, dat almal nou al deurmekaar is.

Piet ·

So dit is vir jou beter om mens ontwerpte feeste na te volg as die feeste wat deur God beveel is om onderhou te word. Sy sewe feeste en die weeklikse Sabat op Saterdae en nie Sondae nie. Onthou Hy haat menslike tradisies. Dit is hoekom Jesus die Fariseers so verag het omdat hulle af gewyk het van die wet en hul eie wette na gevolg het.

Hartseer ·

Mag God, die enigste ware unseen God wat hemel en aarde geskep het ons vergewe as “Christene’ in Suid-Afrika.God se in Habakkuk “and all those following pagan customs. Yes, I will punish those who participate in pagan worship ceremonies.”Gaan lees Jeremiah 10:4 wat God se oor die kersfeesboom. Ons hou vas aan tradisies meer as ons geloof, ons wil nie wegbreek van tradisies nie en gebruik ons geloof as verskoning oor hoekom ons daaraan mag vashou.

Hartseer ·

God se die wat soek en aanhou soek sal vind en die sinnetjie net onder dit se Hy jy sal die Heilige Gees kry en Hy gee die waarheid, bid tot Jesus om jou oe oop te maak vir die waarheid en as God sien jy soek werklik met ‘n opregte hart dan sal jy die waarheid sien. Ons breek ons eie tien gebooie waar God direk se jy mag geen afbeelding maak nie, niks op aarde of in die hemel of onder die aarde nie. Mense dink julle God slaap of verdraai ons net Sy liefde vir ons eie selfsugtigheid?

Hartseer ·

As jy werklik ‘n kind van God is dan sal jy weet dat God herhaaldelik in die woord se, weet jy dan nie dat jy gesterf het tot jouself nie Romeine 6. Dit gaan oor God nie oor hoe jy voel of oor hoe jy groot geword het en wat dit vir jou as mens beteken nie. Dit gaan oor God, breek hierdie goed uit jul lewens uit en vra vergifnis. Kyk die volgende https://www.youtube.com/watch?v=-RUd3rOxbEO en sien waar dit vandaan kom hoe die leuens daarvan in die kerke gekom het. Dit is ‘n pagan ceremony waar die meeste human sacrificing nog jaarliks gebeur in satanism. God kan jou nie seen met dit nie, al doen jy dit vir Sy naam, Hy kan nie. God kan nie teen Homself en Sy eie woord gaan nie.

vrystaat ·

vir hoeveel jare het ons as volgelinge van Jesus nooit vrae gevr nie…en net alles aanvaar en met tradisies aangehou….jaar in en jaar in…..word wakker…..die wortel v kersfees gaan nie oor Jesus wat vir ons gebore is en weer vir ons gesterf het nie…dit gaan oor n heidense fees…….saturnalia fees……

Hartseer ·

Dankie vir dit, want ja, dit word nog jaarliks gevier op presies hierdie tye met die Winter Solstice festival. As die christene net wil die waarheid begin aanvaar dat ons leuens geleer is en pagan festivals volg. God gee opdrag om Passover te vier en dit vir ons kinders te leer, nie sy geboorte nie.

Peet J ·

Stem saam , almal is nie Christene nie maar die wat die Christelike geloof aanhang is ook Katolieke omrede die Katolieke geloof die grootste CHRISTELIKE GELOOF in die wêreld is en al die ander kerke aanvaar die amptelike leer van die Katolieke Kerk. Jy kan nie ‘n lid word van ‘n kerk indien jy nie die Geloofsbelydenis aanvaar en aflê nie.

Jenny Thom ·

Kersfees, absolute heidense fees.
Ons Messias Yahweshua (Jesus) is gedurende die somermaande in Bethlehem gebore, waartydens die herders in die veld met hul skape was. Desember is winter in Bethlehem en kon ons Meester nooit gedurende die wintermaand gebore gewees het nie. In elkgeval sê die Woord nooit om Sy geboorte te vier nie, maar wel Sy dood en Sy opstanding. Dieselfe met betrekking met die Paasfees. Wat op dese aarde het paashase en paaseiers met Sy dood en opstanding te make. Dit is vrugbaarheidsgoete. Word wakker mense ons sit absoluut, as gevolg van jare lange tradisie aan die heidense en afgodstafel. Ons mag nie daaraan deelneem nie. Jy moet jou keuse maak. Gaan google bietjie Santa Clause en sien die werklike prentjie, ietwat van ‘n eie opener. Maar ons volk het dit waarlikhaar baie, baie noidgig, kyk maar en wees eerlik met jouself, waar kom dit vandaan. Ons arme nasie staan skuldig en ons lieg vir ons kinders, almal doen dit, so ons doen dit ook. As iemand in die vuur spring, spring ons maar, met oogklappies aan agterna???? Moenie verder mislei word nie.

Irah ·

Dan is daar ook natuurlik die verwysing na “Party season”…

Sarel Strydom ·

Die Tragedie is dat mense so onder mekaar stry en baklei en wil bewys dat ‘my mening is korrek en stem jy nie saam nie gaan jy Hel toe”
Stille Nag,Heilige nag
alles us;eensaam wag
slegs Maria,geseende vrou
by haar Kindjie.met Josef so trou
Soete hemelse rus
Soete hemelse rus.

Stille nag, Heilige nag
Oor die veld ,lief en sag
Klink die lied van die Engele Koor
eers deur Herders, dan verder gehoor
Juig die Redder is daar
Juig die Redder is daar.

Stiile nag Heilige nag
Jesus kind;vriendelik lag
liefde teer uit U Goddlike mond
tans daag heerlik die vrywordingstond
Heer, gebore vir ons
Heer, gebore vir ons. (Uit die Ou Halleluja bundel)

GJ deC K ·

Amen, Sarel. Dankie! En dankie, Herman vir ‘n goeie en gepaste woord!

Kobus ·

Net soos die waarheid oor kersfees en paasfees verdraai word word die regte sabbath dag ook verdraai. God wat Hemel en Aarde geskape het sè: “Sorg dat jy die Sabbath dag Heilig hou”. Dis saterdag en nie sondag nie. Sondag is sonaanbidding soos in Egiptenaars begin het…

Johan II ·

Dalk moet ons die politiek vir eers los en n paar goed regstel in ons geloof gemeenskappe? Ons is in elkgeval nie goed met politiek nie en stry oor snert by ons kerk sinodes, dalk is dit tyd om ons kerke weer te reformeer en hervorm en uit die kake van die wêreld media terug te gryp.

Npiets ·

Gaan google gerus The True Origin of Christmas…jul sal geskok wees. Ons hou vas aan Roomse Katolieke en Konstantyn tradisies. Geensins Bybels nie! Hou God se 7 Feeste..dis baie dieper. Vier Hom tydens Pasga. Die res is alles mammongedrewe feeste. Jou emosie en die krismis feeling hou jou vas…Gaan doen asb navorsing. Ons is soos troppe skape wat vir eeue al mislei word. Kom ons keer terug na die Woord en Sy Waarheid.

Sarel Strydom ·

Ek antwoord julle soos Josua van ouds: ” ek en my huis, sal die Here dien” Ek vier die geboorte van Jesus Christus wat vir my gebore is en vir my gekruisig en gesterf het. watter ander feeste gevier word en hoekom, dit het niks met my te ddoen nie. Ek vier die geboorte van Christus, nie uit tradisie nie maar uit my geloof. Indien jy dan so gesteld is op watter ander doen, sal die dae van die week en die maande van die jaar se name almal vervander moet word, want almal verwys na een of ander goddelike mitiologie.Hoekom word daar nie soveel gemaak van die vreemde feeste(Halloween) ens. wat deesdae aan ons kinders voorgehou word as “kinderlike vermaak”. Moet nie vir my kom vertel ek gaan hel toe omdat ek Kersfees vier nie.

Moegviraldiebeloftes ·

Ek stem saam met jou Sarel – elke jaar is dit ‘n bakkleiery onder ons almal “sognaamde” christene en die heidene lag hulle simpel vir ons – ek gee nie om wanneer Jesus gebore is nie ek gee ook nie om wat jy in jou huis en hoe jy en vir wie jy aanbid nie MAAR in my huis word kersfees en paasfees en Jesus se hemelvaart gevier. ‘n Paar jaar gelede het ‘n pastoor/evangelis vriend ‘n elle lange verduideliking gegee van elke liewe ding wat ons in ons huis gebruik vir kersfees – het ek met nuwe oë na als gekyk van die ornamente tot die kersboom. Kersfees is vir ons as gesin ‘n vreugdevolle tyd want ons Heiland en Verlosser is gebore. Paasfees is vir as gesin ‘n hartseer en vreugdevolle tyd en die hemelvaart met vreugde.

Rina ·

Wonderlik hier is baie ouens met wie ek saam stem. Kersfees is n pagan fees. YHWH het vir ons SY Appointed feasts gegee om te onderhou, dis Die Vader se afsprake met ons, daar is 7 van hulle in Lev 23. Tamuz is gebore op 25 Desember.

Gerrit ·

Hi Sarel. Wees gerus…jy SAL NIE hel toe gaan deur Kersfees te vier nie. Dit is “mos” maar eie aan ons ou volkie om vanaf rugby tot godsdiens oor te “stry”…en ja, die menslike ego speel ‘n groot rol. Ek wil graag Angus Buchan se geliefde aanhaling kwoteer. “Sir/Madam, I am not interested in your opinion and you should not be in mine…I am only interested in God’s opinion.” Jy mag dalk uitvind deur slegs te doen wat God die Vader deur Sy Woord aan ons voorhou…. mens se rit hemel toe(op aarde) dalk net minder “bumpy” is…want sien as sommige dinge verkeerd loop in mense se lewens is die kortse pad gewoonlik na Abba toe vir hulp of Hy moet die blaam dra vir die gevolge van ons eie dwase besluite. Ek is net dankbaar vir ‘n GROOT openbaringskennis wat besig is om onder mense pos te vat wat moeg is vir die leuen(waarvan satan die vader is) en opsoek is na ware waarheid(waarvan God die Vader-die vader is). Dit moet net in en met liefde oorgedra word. Sela.

Rina ·

Gerrit jy kan gaan google Wat se die bybel oor kersfees Tiaan Gildenhuys Uitstekend

Waarheid ·

Sarel en almal wat met hom saamstem, die kersfees liedjies is deur mense geskryf en om te se die ander feeste wat bestaan en wat gevier moet word het niks met my te doen nie – mag God jou vergewe vir jou woorde. Ons kan nie dit uiter en onsself dan ag as ware kinders van God met wie ons pad reg is nie. Uit ons menslike oe ja, maar nie vanaf God se perspektief nie. God kan nie saam met sonde staan nie, Hy kan dit fisies nie doen nie. Die feeste van God het alles met jou as ware kind van God te doen.

Waarheid ·

Petrus verwys na ons in die Nuwe Testament die Gentiles wat tot bekering kom met ander woorde ek en jy as nou deel van Israel. So jy het voor God nie ‘n verskoning nie. Die gaan nie oor egos en wie is reg en verkeerd nie. Dit gaan nie oor ons as mense en wat ek van hou en sal doen nie. Dit gaan oor die Waarheid en dit wat die lewende Woord se. God se woord is alive and powerful, sharper than the sharpest two edged sword, cutting between soul and spirit between joint and marrow, it exposes our inner most thoughts and desires and that He is the one to whom we are accountable. Dit gaan nie oor jou nie. Jy is leuens vertel deur mense. Breek van dit en kom terug na God toe. God sal mercy gee want Hy wil jou by hom he.

Waarheid ·

Ons moet ophou met ons manier van dink dat ek kan nog in sonde leef en deelneem aan tradisies in God se naam wat niks met hom te doen het nie en God sal dit net aanvaar, dis ‘n leuen mense en satan lieg openlik vir jou. God kan en sal dit nie aanvaar nie, gaan lees wat en hoe God voel oor compromising, elke deel wat ons doen uit ons eie self is compromising. In die Nuwe Testament lees ons van Jesus wat self Sy eie bg feeste nog bygewoon het. Hoekom het Hy dan nie elke jaar Sy eie geboorte gevier en vir ons die voorbeeld gewys van die kersboom wat Hy opslaan en geskenke uitdeel nie? Dit is nie van Hom nie en staan nie in Sy woord nie. As jy werklik ‘n kind van God is, doen wat Hy van jou vereis. Lees Leviticus 26 wat God se jy moet doen en wat Hy dan vir jou sal terug gee. Die eerste vers begin met “Do not make idols or set up carved images, or sacred pillars, or sculptured stones in you land so you may worship them. I am the Lord your God. You must keep my Sabbath days of rest and show reverence for my sanctuary. I am the Lord. Hy is God mense, nie ons nie. Dit wat in ons oe menslike wysheid is se God is in Sy oe foolishness.

Hartseer ·

God het in Leviticus 23 was Sy woorde: And the Lord spoke to Moses, saying “Speak to the children of Israel, and say to them “The feasts of the Lord, which you shall proclaim to be holy convocations, these are My feasts”. Kyk God se woorde, Hy vra nie vir jou “mens watter feeste sal jy graag wil vier nie”? Hy se vir jou, “these are My feasts”!! God se feeste is The Sabbath, The Passover and Unleavened Bread, The feast of firstfruits, The feast of Weeks, The feast of Trumpets, The Day of Atonement, The Feast of Tabernacles.

Rina ·

Hoera Hoera Hartseer. Die Christene besef nie hul is die 10 tribes wat verstrooi is nie. Hulle is deel van Israel. Hulle moet net gaan lees in Open 21 daar is net die 12 seuns van Jakob se name op die 12 poorte geskryf, ek vra waar is die poort met die naam christen op. Hy se in Ezg37 Hy gaan die 2 stamme een maak, want ons was een gewees, maar het n brief van Divorce gekry omdat ons gehoereer het.

Peet ·

Hoekom noem ons die dag nie Liefdesfees nie? Dan kan alle mense en alle gelowe die openbaring van God se Liefde herdenk en met uitbundige vreugde vier!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.