Nuuskommentaar: Herhalende pandemies maak mense sterk en gesond

Die nuwe koronavirus Covid-19. (Grafika: CDC/Alissa Eckert, MS; Dan Higgins, MAM via Wikimedia Commons)

Die Covid-19-pandemie sal slegs onder die knie gekry kan word as die mensdom sy ore vir fopnuus kan sluit, en werklike kennis ter harte neem. Van hierdie kennis word verkry deur na soortgelyke voorbeelde in die verre verlede te gaan soek, en ander deur tegniese navorsing, soos genetiese ondersoeke. Maar alles kan vergeefs wees as ongeveer die helfte van die mensdom volstruispolitiek verkies en byvoorbeeld inentings weier wanneer dit beskikbaar word, of die owerhede drakoniese maatreëls wat in die verlede geboemerang het, opnuut gaan probeer implementeer, soos om bloot ’n verbod op rook te probeer afdwing.

Ons ken almal die uitdrukking van “daar is niks nuuts onder die son nie”. Trouens, die mensdom het al telkemale sterker na ’n bottelnek-ramp daarvan afgekom. Hierdie rampe is natuurlik van aard, hetsy deur pandemies of ander oorsake op die mensdom neergelaat, soos aardbewings, klimaatsveranderings, ’n mutasie en vele meer. Die term bottelnek verwys na ’n veel kleiner bevolking wat na so ʼn ramp oorgebly het, maar danksy onder meer beter kennis, nou in staat is om beter te oorleef. Hulle is danksy die verskraling van bewoonbare oppervlakte ook minder gediversifiseer.

Vanweë die Covid-19-pandemie word ook nou kliphard in die verre verlede gedelf op soek na leidrade oor hoe die mens hom moet kan aanpas, of hoe die mensdom voorkomend kan optree. Een van die oudste voorbeelde was toe die supervulkaan Toba op die Sumatra-eiland van Indonesië ongeveer 75 000 jaar gelede uitgebars het, en net tussen 3 000 en 10 000 mense op die ganse aarde wat oorleef het. “Telkemale as die ramp verby was, kon die mens so herstel dat hy beter daaraan toe was as voor die ramp,” sê dr. Ania Kotarba, argeoloog van die Flinders-universiteit. “As the COVID-19 pandemic redefines what we think of as ‘normal’, archaeology and ancient history can provide some consolation about the great adaptability of our species.” (Lees meer hier.)

Soms kan verwante spesies selfs by mekaar leer. Soms word siektes, bekend as soönotiese siektes, van mens na dier of omgekeerd oorgedra. So is oorblyfsels van ʼn soönotiese pandemiese siekte by die Australopithecus africanus van ongeveer 2,8 miljoen jaar gelede gevind. “Telkemale as die ramp verby is, kon die mens so herstel dat hy beter daaraan toe was as voor die ramp,” sê dr. Kotarba.

Teen die agtergrond van klimaatsverandering, probeer argeoloë en paleontoloë nou ook agter die kap van die byl kom oor klimaatsveranderinge in die verlede, om sodoende te probeer voorkom dat dit herhaal word. So word nougeset gesoek na ruimtevoorwerpe wat die aarde kan tref en ons met ’n kosmiese winter te laat met ’n enorme verlies aan fauna en flora. Wat het sommige gemeenskappe gedoen wat ander nie gedoen het nie, en dan uitgesterf het? Dit blyk dat gemeenskappe wat kon innoveer, beter kon oorleef het.

Maar hoe reageer die mens op die kennis wat ingewin is? Kan slegs een mens se hardkoppigheid die voortbestaan van die mensdom in die gedrang bring? In hierdie stadium word reeds 47 ou middels getoets en is belangrike leidrade gevind wat kan lei tot gans nuwe metodes om die virus mee aan te durf. Maar navorsing toon ook dat die meerderheid van die entmiddel-skeptici gaan weier om hulself teen Covid-19 te laat inent. Na raming moet tussen 50% en 70% van ’n bevolking hulle laat inent om saam met dié wat natuurlike weerstandigheid verwerf het, genoegsaam te wees om ’n pandemie “dood te laat smoor”. Weier te veel mense wat hul ore aan fopnuus uitleen, kan die pandemie nie doeltreffend op sy knieë gedwing word nie.

Of wat was te leer deur verslawings in die verlede te probeer voorkom deur die skadelike gebruik, soos rook, bloot te verbied? Die kennis oor hoe om sulke probleme die hoof te bied bestaan reeds en werk goed in die VSA. Hier beproef die minister weer ’n blote verbod op sigarette en, ja, dit boemerang. Dit neem steeds toe, al is dit ondergronds. In die VSA het die sterftes weens kanker skerp afgeneem weens teen-rookveldtogte wat slaag. Sedert 1991 tot 2017 het kankersterftes met 29% afgeneem: “Experts attributed the decline to the reduced smoking rates and to advances in lung cancer treatment.” Lees gerus meer hier.

Die veldtog in die VSA teen rokery bestaan egter nie bloot uit ’n verbod daarop nie, iets wat die minister hier implementeer wat tot groot weerstandigheid onder veral rookverslaafdes lei, en voorts die smokkelhandel in sigarette bevorder. ’n Doeltreffende teen-rookveldtog behels oneindig meer as net ’n verbod – veral waar bewerings van ongesonde bande tussen die smokkelnetwerke en gesagsfigure gereeld verwoord word.

Wêreldwyd is kanker die grootste doodsoorsaak – meer as die gesamentlike sterftesyfer vir MIV/vigs, tuberkulose en malaria. Teen 2030 word verwag dat kankersterftes sedert 2017 met 78% gaan toeneem. Die bykomende koste weens kanker kan nie net na regstreekse mediese koste herlei vir byvoorbeeld kanker, hartsiektes en ander nie, daar is onder meer verliese aan produktiwiteit om ook in gedagte gehou te word. Hierdie aspek is in redelike detail uitgelig omdat dit stellig die duidelikste voorbeeld is van drakoniese maatreëls wat ingestel is, en waarskynlik die grootste verbale teenreaksie ontlok, maar ook die mees omvangryke regsaksie tot gevolg gaan hê. En dié kortsigtige benadering kos die staatskas R1,2 miljard maandeliks aan inkomste, terwyl dit smokkelnetwerke groot geld laat maak.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pompies55

Nie met só regering nie,solank korrupsie en bedrog aanhou gaan dit net slegter gaan,glo my SA is die ergste wat ek nog gesien het!Danksy anc & kie

Johan

Herman, soos altyd skiet jy kolskote. Dis ongelukkig so dat te veel mense nie dink nie en nie wil leer van hulle wat wel dnk nie.

Leeuwyfie

Ek dink daar word ordentlike vrae gevra oor die inentings. Nie almal wil na hul I.T-man luister as hy jou vertel van die noodsaaklikheid van inentings nie. Ek het 2 keer griep inentings gehad, albei kere was ek hond siek vir ‘n week of 2 daarna. Dit laat my vrae vra. Ek het Vaxxed gekyk nadat ek begin vrae vra het. Dit het nog meer my oë oopgemaak. Ek is nogsteeds nie teen inentings nie, maar ek doen nou ordentlike navorsing voor ek ‘n inenting kry. Soos wat is die kans om die siekte te kry teenoor die kans om… Lees meer »

Pampoenbril

Die Covid 19 is nou n geleentheid om Bee af te dwing. So die tyd gaan nie net oor siekte nie. Dis egter in die rasuitspraak bevestig. Dus word die tyd ook gebruik vir daardie beplanning.

Ben

Die lewe moes darem woes en leeg gewees het as daar 75000 jaar terug net 3000 tot 10000 mense op die aarde was.
Dink mens moet dit maar met ñ knippie sout vat.
My ouma het altyd gesê. “My kind moet nie alles glo wat jy sien of hoor nie.”