Nuuskommentaar: Het ons helde nodig?

Die-groot-Afr-heldeboek-voorblad-HERDRUKGaan ons voetafdrukke deur die lewe, die dag as ons nie meer daar is nie, as rolmodel vir ander dien, of onbeduidend wees? In Suid-Afrika is groot verdeeldheid of pres. Jacob Zuma se presidentskap positief is, of erg negatief. Rondom die pasverkose pres. Donald Trump van die VSA heers daar ewe-eens groot verskille van mening.

Niemand se nalatenskap is onbeduidend nie

Kort-kort lees ons in die sosiale media dat iemand skryf sy grootste vrees is dat hy die lewe sou inkom, daardeur gaan en weer die lewe sou verlaat sonder dat sy tydelike teenwoordigheid op aarde enigsins ’n verskil sou gemaak het. Dikwels dwing omstandighede buite die beheer van die persoon hom om aan ander ’n voorbeeld te stel. Dit gebeur nie altyd in die openbare oog nie, maar ander word tog geraak. Talente en gawes waarmee mense toegerus word, verskil.

Joost van der  Westhuizen

Dit was Joost van der Westhuizen, oud-Springbokskrumskakel, beskore om sy lewensvoetafdrukke grootliks in die openbare oog af te druk.

Joost was nie die enigste Springbok wat in die onlangse verlede aan hierdie vreeslike siekte gesterf het nie. Thinus Linee het ook so gesterf, maar sy stryd was veel minder in die openbare oog. Tog was sy invloed onder familie en vriende nie gering nie.

Joost se afsterwe het saamgeval met die rypwording van hierdie nuuskommentaar wat handel oor die belangrikheid van helde, ook binne die Afrikaneromgewing. Die bedoeling was hoegenaamd nie om Joost se nalatenskap hiermee te kaap nie, en die leser sal merk dat die inhoud as onderwerp op sy eie bene staan.

Dus ten slotte oor Joost: Rus sag, ou maat, vry van die bande waarmee die siekte jou geknel het. En dankie vir jou nalatenskap.

Helde en rolmodelle

Die woord, held, word dalk te maklik ingespan wanneer eintlik rolmodel bedoel word, hoewel elke rolmodel wat ’n positiewe impak op ander het, sekerlik kwalifiseer om ’n held te wees.

Tog onthou die geskiedenisboeke net die helde wat in die openbare oog geleef het, al was dit net tydelik soos tydens ampstermyne. Die voete van klei haal selde daarmee saam die geskiedenisboeke, en dit is miskien goed so sodat die rolmodelbeeld nie geskaad word nie.

Ook volke het helde nodig om die rolmodelle te vorm waarvolgens ’n volk se vernaamste kenmerke soos godsdienstigheid, dapperheid, lojaliteit teenoor die volk se kultuurgoedere, moraliteitsvlakke en veel meer gevorm word. Dink maar aan die impak wat figure soos Andries Pretorius, Piet Retief, eerwaarde Erasmus Smit, generaals De Wet en De la Rey, presidente Brand, Paul Kruger en Theunis Steyn op ons volkslewe gehad het.

Onlangs is ’n rekenaarspeletjie ontwikkel waarin ’n land se helde van weleer herleef. In daardie wêreld is die blote bestaan van helde nie meer genoeg nie – hulle moet superhelde wees met spesiale magte wat hulle in staat stel om die bose te oorwin – waar die bose ook oor sulke buitengewone magte beskik.

Die geskiedenis vertel egter ook dat sulke helde destyds teenstanders gehad het … mense wat nie saamgestem het dat Kruger en Steyn, om enkele voorbeelde te noem, die beste presidente sou wees nie.

Hoe lyk die posisie vandag?

Die VSA

In die Amerikaanse politiek het ’n verskynsel ontstaan waar die tradisionele begrip van politieke opponente wees, in vyandskap omgesit het. Waar twee buurmanne, een ’n Demokraat en die ander ’n Republikein, nog gereeld saam gebraai het en vriende was, gluur hulle mekaar nou spreekwoordelik oor die heining aan. Volgens ’n onlangse peiling meen 40% van die Amerikaanse kiesers die verkiesing het die verhouding met ’n vriend of gesinslid geskaad. Voor die verkiesing was dit 26%.

Uit nog ’n peiling blyk dit dat die meeste kiesers glo dat oudpresident Barack Obama se termyne se nalatenskap ’n meer verdeelde Amerika is.

’n Meer ekstreme voorbeeld is dat terwyl 53% van die Amerikaanse kiesers meen dat Trump in sy amp goeie werk doen, ’n petisie van Amerikaanse sielkundiges en psigiaters wat meen dat Trump te geestesongesteld is om president te wees, binne twee weke byna 200 000 handtekeninge gekry het. Slegs sielkundiges en psigiaters mag aan die peiling deelneem.

Die Suid-Afrikaanse dilemma

Die proses om helde in Suid-Afrika te skep is ewe-eens in ’n gemors. Selfs die skep van Nelson Mandela as held ontlok geen algemene eenstemmigheid nie, sterk mediapogings ten spyt. Op die een uiterste is daar Afrikaners wat in die konteks van die geskiedenis verkies om Mandela as terroris te onthou, en op die ander kant van die spektrum veral jong swart mense wat meen Mandela het swart mense met die onderhandelings in die steek gelaat.

Terwyl baie Afrikaners Peter Mokaba sal onthou as die man wat die voorbok was met die sing van Kill the Boer, Kill the Farmer, en so polarisasie in die land aangeblaas het, het die ANC-regering die nuwe groot sokkerstadion in Polokwane na hom gaan vernoem en hom tot held verklaar.

En Mokaba was lank nie die enigste voorbeeld nie.

Die Zuma-bewind dryf sake ook tot die uiterstes. Terwyl die #ZumaMustFall-veldtog die versugting versinnebeeld van baie wat wil sien dat hierdie omstrede president die trekpas kry, is daar baie ander wat stadions volmaak om na hul held te luister. Die ANC self kan nie herwaarts of derwaarts nie weens die steun wat Zuma veral vanuit KwaZulu-Natal kry. Internasionale indekse dui hom as ramp aan, terwyl die land op die randjie van rommelstatus wankel.

Die bekende Judith February skryf te midde van tekens dat die ANC met Donderdag se staatsrede met ’n ongeëwenaarde reklametruuk Zuma en die ANC se beeld wil poets op Netwerk 24 soos volg: “Pres. Jacob Zuma kom vandeesweek parlement toe met sy geloofwaardigheid aan flarde en te midde van gerugte van ’n kabinet­skommeling.”

Maar waar is die eietydse Afrikanerhelde – diegene wat in die konteks van die Suid-Afrikaanse werklikheid eerder as ’n Afrikanerheld, as ’n Suid-Afrikaanse held onthou sal word? Wanneer AB de Villiers op die veld stap om te gaan kolf, gons dit om die veld en dis duidelik dat hy baie se held is. (Of is ikoon dalk ’n beter woord?)

In die staatkundige konteks is dit nou veel moeiliker om onkrities as ’n Afrikanerheld beskou te word. In sekere kringe word FW de Klerk as ’n Suid-Afrikaanse held beskou wat boonop die Nobel-vredesprys verower het. In ander Afrikanergeledere word gevra dat hy weens hoogverraad aangekla moet word.

Vir baie is Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit-beweging, ’n (onwillige) Afrikanerheld. Vir die Seunse Weenkoor is hy die gogga wat aan die spits staan om die Afrikaner met ’n staatskaping die verderf in te lei. Nou het ’n kandidaat-held, adv Gerrie Nel, boonop sy gewig by AfriForum ingewerp om te help om korrupsie te beveg, en raak die Seunse Weenkoor se aanwending van die falsetto-note al hoe meer histeries.

Dalk ’n ander benadering?

Miskien moet die saak heeltemal anders benader word. Beperk nou eers die heldestatus tot hulle wat fisieke heldedade verrig soos om ’n drenkeling te red, of daar waar die geskiedenis later ’n oordeel sal fel of iemand se lewe in pas is met die verwagtinge wat van ’n held gekoester word.

Fokus nou op die rol wat elkeen kan speel, naamlik om ’n rolmodel te wees, al is dit “net” vir die eie kinders en gesin. Dink maar aan die Amerikaanse konsep waar die gewone pa deur die handhaaf van gesonde gesinswaardes tot die “real Amerian hero” verhef word.

Terselfdertyd moet leierskap ontwikkel word, wat ook waardig is om as rolmodel te dien. Dit sluit nie net in wat die leiers self doen nie, maar die geleenthede wat hulle vir ander skep om as rolmodel, soos ’n meningsvormer vry van die druk van politiek-korrekte voorskrifte, te kan dien.

Dan stagneer ’n volk nie in ’n put nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johann ·

Herman. Gereeld KIES ek om jou perspektiewe met aandagtigheid te lees. Dis tog aldag deel van enige mens se verwysing om as ingeligde persoon, ingeligde besluite te kan neem. Diensulke besluite gegrond op inligting behoort tog van verandwoordelike assosiasie; of nie; te spreek. So: jou blote voorbrand maak vir en van n “geregverdigde” verwysing onder die SUB OPSKRIF JOOST VAN DER WESTHUIZEN, was genoeg en is genoeg om as “leser” nie noodwendig veel gewig te ag aan jou aanname dat ek naief genoeg is om jou skielike “heldhaftige” kommemtaar op MAROELA ag te slaan nie. As dit nie vir Joost en sy huidige AFGOD status onder fanatiese rugby SA was nie…die HELD sonder fout of weerga…sou jy dit DURF om jou artikel namens MAROELA “gratis” te publiseer? Maar nou ja…hier kom die klippe!

Herman Toerien ·

Jammer Johann, ek het jou heeltemal verloor. Die stuk was al amper volledig in my kop voor die nuus van Joost se afsterwe gekom het. Ek het ander feite en invalshoeke in plek gehad. Ek dink egter dit sou kunsmatig wees om Joost te ignorrer, maar ek wou ook nie iets van hom maak waarmee sy naastebestaandes ongelukkig is nie. Daarom het ek die Joost-gedeelte volledig afgesuit, en vir die res van die stuk buite rekening gelaat.

Paul dB ·

Ons moet onderskeid tref tussen belanrike figure/mense en helde. Dan meer nog, onderskeid tussen helde en Afrikaner helde.
In die lig beskou, is Fw de Klerk verseker nie ‘n Afrikaner held nie! Om eerlik te wees, sal dit werklik vergestrek wees om enige van die laaste Nasionale Party kabinetslede as Afrikaner helde te bestempel. Hierdie groep, wat onderanderre die Afrikaner moes verteenwoordig, kan verseker nie as Afrikaner helde beskou word nie. Ek lê hier die klem op die Afrikaner spesefiek. My argument spruit uit die meet van die gevolge van die sogenaamde onderhandelinge wat gelei het tot die “nuwe” Suid Afrika, en wat dit vir die Afrikaner as volk inhou. Gemeet hieraan, sou ek beweer dat hierdie persone nader aan verraaiers beskou sal kan word as aan helde!
Dit is nou sagkuns gestel.

PJ Kruger ·

Jys reg Paul…geen krediet vir verraaiers nie. Hulle kon verseker n beter bedeling vir ons beding het, maar hulle het net aan hulself gedink. Niks, absoluut niks wat ons voorvaders voor geveg het, het vir ons behoue gebly nie. Standbeelde, dorp- en straatname, ons besighede en kennis moes ons deel met swak kwaliteit landsburgers wat dit nie verdien nie en dan word ons Afrikaners by die dag so grusaam vemoor en verminking. WAT HET JULLE AAN ONS GEDOEN!!!

Hendrik ·

Joe ons land sit in ‘n groot dilema. Ons kan nie die wereld
tendens volg, soos die kiesers in Amerika en hopenlik Europa, waar daar van die liberale “establishment” ontslae kan word. Ons is ‘n minderheid wat min verskil in die linkse sosialistiese kommunistiese regering kan maak. Dus maak dit logiese om ,soos die Huffing Post se artikel, ‘n staat in ‘n staat te bou. Die S.A. demokrasie staan onder die bedreiging om vernietig te word deur die populistiese partye se magstryd. Dan moet ons maar ‘n onwillige held kry om die staat bine ‘n staat te vestig. Moet net nie die woorde selfbeskikking gebruik nie want dit is nie polities korrek vir baie mense nie.

PvZ ·

Hendrik, ek stem heeltemal saam met jou as jy sê dat ons NIE die tendens kan volg, soos in Europa waar hulle by ‘n stembus van die “establishment” ontslae kan raak nie. Baie, baie mense klou vas aan die DA. En ek verstaan dit heeltemal. Om te gaan stem by die stembus, vir die enigste iets beter as die EFF en ANC, is vir die meeste die ENIGSTE oplossing van sin maak. Al weet almal in hulle harte dit is vir ‘n party wat net kan wen as die party na die MEERDERHEID luister. Al weet almal in hulle harte dit is vir ‘n party wat slegs kan regeer, as hy in die bed spring met iemand soos Julius Malema. Dit is dieselfde Julius wat grond op 6 April wil afneem. Die nuwe Afrikaner held, sal die een wees wat ons van die agtervoet af na die voorvoet plaas. Verdedig, na aanval. (Dit is nie noodwendig met ‘n geweer nie.) Die een wat Suid-Afrika verstaan soos dit IS, en nie soos ons WENS dit is nie. Die een vir wie die afsterwe van Joost net so erg is soos die afsterwe van Stephen Harris.

Hendrik ·

PvZ, miskien is ‘n baie groot stap nodig (nie die wapen opneem) nodig om om die land en die wereld bewus te maak wat se demokrasie die land het. Die groot stap wat ek voorstel (baie ongewilde stap volgens die mense om my) is om die volgende verkiesing , as afrikanergroep, te onttrek vanaf die verkiesing. Dan is die demokrasie mos nie meer ‘n demokrasie nie want almal neem nie meer deel nie. Die stap gaan die wereld skud en dit gaan hopenlik veroorsaak dat ons as groep terug na die onderhandelingstafel gaan om die onregte teenoor minderheidsgroepe reg te stel. Wie gaan dit dryf? Afriforum?

humor ·

Ja Paul dit is nou wragtig sagkens gestel …….. Ja baie sagkens gestel. Soortgelyke sg leiers is in n ander land in die openbaar onderstebo opgehang. Ek dink nie die persoon wat doelbewus vir die vervreemding en ondergang van sy volk beding ( terwyl die ondergang – proses duidelik waarneembaar is) kan ooit as n held bestempel word nie.

Ou Leier Erdvark ·

Geagte Skares, moet nie jul vertoue op konings en prinse stel nie. Hul DNS het ook hul gebreke.

Geagte Toekomstige Leiers, onthou: die skares, gevul met verwagtinge, sal by jou kroning uitroep “hosanna, hosanna!” wat later verander na “kruisig hom, kruisig hom!”

Maar o’wee, waarom die hunkering na ‘n leier? Bied jou dienste aan om self een te wees en hou op om leiers te kritiseer! Wys dat jy beter leierskapmurg in jou pype as hulle het!

Ella ·

Herman, jy het die mense laat dink! Erdvark: Spyker op die kop!Elkeen moet verantwoordelikheid neem!

Jan ·

Herman, jy praat van die Seunse Weenkoor, ek sien Netwerk24 het weer twee van hulle vandag op Afriforum en Adv Gerrie Nel losgelaat. (Dit gebeur mos maar so elke nou in dan in sulke sarsies, om verdag te maak.)

Ou Koerantvark ·

Geagte Mense, kom ons wees positief en opbouend. Gun NETWERK24 ook ruimte onder die son. Gun Maroela Media en NETWERK24 lesers om albei koerante te kan lees en hul eie menings te vorm. Geen koerant is perfek nie. Net soos geen kommentator alle wysheid in pag het nie. Vrede vir almal! Sela!

Jan ·

Idi Amin het ook plek onder die son gehad. Het mense wat doelbewus ander in ‘n slegte lig stel, ook ‘n plek in die son? Of koerante wat hamer op disinformasie wat hulle versprei sodat hulle met ander se koppe smokkel?

Jan ·

Koerantvark, disinformasie en om lesers met afbrekende kommentaar te indoktrineer, bombardeer, is dus die ruimte wat jy hulle gun.

John ·

Die hele idee van die vyand van die Afrikaners is juis om almal wat in die apartheidsjare en vroeer aan die stuur van sake gestaan het as boewe uit te maak sodat ons die muishonde van die wereld kan word/bly/voel. Ons het baie boereleiers gehad, en daar is steeds baie Afrikaners, waarop ons trots kan wees. Geen bevolkingsgroep dra ander groepe se leiers op die hande nie. Hoekom moet ons nou kriteria stel voor ons respek vir iemand mag he. Die vraag of ons nog helde nodig het is dus ‘n onnodige strikvraag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.