Nuuskommentaar: Het Ramaphosa nou sy hand oorspeel?

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Phando Jikelo/ANA

Op dieselfde dag dat ’n storm om pres. Cyril Ramaphosa se kop losgebars het oor sy skynbare ontkenning dat plaasmoorde en plaasbesettings in Suid-Afrika plaasvind, is die krag van Centlec se kantore, Mangaung se kragnutsmaatskappy, by Eskom afgeskakel.

Louis Meintjies, president van TLU-SA wil weet of Ramaphosa dan deur die man in die maan van raad bedien word – verwysend na sy ontkenning in die VSA dat plaasaanvalle en grondbesettings hier voorkom.

(Die voorsitter van Centlec se raad is in werklikheid die omstrede Dudu Myeni wat hierheen ontplooi is nadat sy by die SAL die trekpas gekry het.)

“Die VF Plus sal in die metroraad daarop aandring dat die proses om ’n nuwe Centlec-raad aan te wys, meer deursigtig moet wees. Kandidate moet op grond van bekwaamheid aangewys word. Centlec sal net doeltreffend kan funksioneer indien aanstellings op meriete gedoen word en nie deur interne ANC-kader-ontplooiings nie,” aldus dr. Elisabeth Snyman van Deventer, VF+-raadslid in die Mangaung Metro.

Kort nadat die kritiek nou op Ramaphosa begin neerreën het, was dit duidelik dat die presidensie se kantoor nog onhandig was met die kommunikasiefunksie, gekoppel aan sy kantoor. ’n Vlugtige internetkykie na die internasionale media toon aan dat die aanhoor van Ramaphosa se weergawe te lank agterweë gebly het, en dat die president se uiteindelike reaksie nie sommer vir soetkoek opgevreet is nie. Die man in die maan (Ramaphosa se raadgewer) het skynbaar reeds nie meer veel van ’n geloofwaardige reputasie nie.

Pres. Cyril Ramaphosa lewer die David Rockefeller-gedenklesing by die Council on Foreign Relations in New York (24 September 2018). Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Daar is in die onlangse verlede op Maroela Media gereeld verwys na ’n stelsel bekend as “tegnokrasie”. “Rule by the educated or technical experts; a system of governance where people who are skilled or proficient govern in their respective areas of expertise in technology would be in control of all decision making. Doctors, engineers, scientists, professionals and technologists who have knowledge, expertise, or skills would compose the governing body instead of politicians, businessmen and economists. In a technocracy, decision makers would be selected based upon how knowledgeable and skilful they are in their field.”

Die behoefte aan ’n tegnokrasie by kiesers word gewoonlik sterk wanneer die regeeropset vol duike raak en die publiek hunker daarna dat mense wat weet hoe, die leemtes moet vul. Wetend of onwetend het Snyman-Van Deventer so ’n behoefte hierbo uitgespreek.

Die tegnokrasie hoef niks te verdring nie, dit vul eerder aan soos wat ’n federale regeringsvorm die demokrasie in ’n heterogene land aanvul. Die tegnokrasie was in die antieke tye voor Columbus se herontdekking van die Amerikas gewild by die groot volke van destyds se teokrasieë.

Nog ’n antieke stelsel wat op meriete fokus, staan dan ook as die merietokrasie bekend. “Rule by the meritorious; a system of governance where groups are selected on the basis of people’s ability, knowledge in a given area, and contributions to society.”

(Zuptakrasie, staatskaping en vele meer kom nie eens op die lys van 44 staats- en regeringsvorme voor soos hier voorgestel is nie.)

As dit wat die ANC nou aanvang in teenstelling staan met dit wat meriete en gehalte behels, wat sou dit wees? Daar is kandidate soos kleptokrasie, plutokrasie (waar baie afhanklik raak van die deurlopende bystand van welvarendes, en wat wesenlik deur hul welvaart die vermoë het om enige regering te verswelg), en kraterokrasie (dit beskryf eintlik staatskaping).

Die mees beskrywende is egter swakistrokrasie. Dit is waar die land regeer word deur die mins gekwalifiseerdes en wat oor die minste moraliteit beskik. Dit word beskryf as om deur die ergste regeer te word.

Hoewel Ramaphosa die huidige storm danksy politieke kapitaal sal oorleef, sal hy nou ook op sy hoede wees om sy woorde beter te tel voor hy dit uiter. Sy teenstanders sal inklim en maksimaal punte probeer losslaan.

Dit is immers die harde werklikheid van politiek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Paul ·

Hy het sy voete net bo die enkels afgeskiet. Sy geloofwaardigheid is in sy kanon. Een Zuma + een Ramaphosa = twee kaders.

Onica ·

Eintlik goed hy dit gesê het, nou kan almal sien watse leier ons mee opgeskeep is!! Hy het definitief sy hand oorspeel, en ek hoop daar is daadwerklike gevolge!

Schalk ·

Die padda wou gaan posit maar die water word te warm ahahah.

humor ·

Kan nie verstaan dat daar nog enigsins hoop gekoester word vir n beter toekoms as wat tans belewe word nie. Al Cr se oeverblindery poging misluk klaaglik. Die skrif is duidelik aan die muur ons stuur onkeerbaar af op n sosiaal kommunistiese bestel en bitter moeilike tye is ons toekoms.

humor ·

Is al sy mooipraatjies met die boere tydens sy veiling op sy wildplaas en Agri SA nou verongeluk of is daar steeds die klomp goedgelowiges wat alles vir soetkoek opeet.

Tammy ·

Kry hom om n televisieonderhoud te doen en aan die land te verduidelik hoekom hy gese het wat hy gese het. Hy weet meer as genoeg om te weet van plaasmoorde en hy het self onteiening sonder vergoedig goedgekeur.

Wanneer gaan hy deel word van die staatskapingondersoek???????? Hy was Zuma se adjunk.

Eish ·

Ek is van mening dat die laaste Ramaforia nou finaal uitgewas is en dat dié leuen nog lank gaan impakteer op die politieke landskap. Die burgerregtegroeperings se tenks is volgemaak met dié goedkoop hoë oktaan brandstof en hul het alger oorgeskakel na n hoër rat. Verder het die begrip ” Ons mense” baie duideliker betekenis gekry deurdat uitsluiting van die minderheid nou ondubbelsinnig afgelei kan word uit die buffelprofeet se spreek in tale.
Daar kan nou mos geen gemeenskap tussen lig en die duisternis wees nie!

Ondersoek ·

Jip hy moet ook vir staatskaping ondersoek word.
Ook hoe hy dit reggekry het om so ryk te word toe hy ‘n Unie- leier destyds was.
Was dit in die mynbedryf?
Hy het so ryk geword dat hy ‘n paar plase kon koop en wit plaasbestuurders indiens kon neem.
Kan iemand dit dalk ondersoek?
Wat was die uitkom van Marikana met sy betrokkenheid daar?

John ·

CR is ‘n wereldleier van formaat… in sy eie oe. En by sy eerste VN-verskyning wil hy aan die wereld voorskryf en alles regruk… maar back at the ranch vaar sy eie regering swakker as swak. En Agri het nou hul held gekies. Die lede moet ophou met veiligheidsmaatreels want geen moorde vind plaas nie en geen plaas word onteien nie. Die grond in Limpopo is gou teruggegee, vir nou. Watter skandelike karaktereienskappe toon die ANC nie. Sjoe…
Oorle Mandela wou nie eers die nuwe landsvlag voor die VN waai nie.

Paul ·

Priester Ramaphosa is ‘n speker van formaat, hy praat dan so mooi.

N Lourens Reitz ·

Jy is reg John en daar verklaar Pieter du Toit dit op Kyknetverslag Do. aand CR is nie verkeerd in die onderhoud met Bloomberg en sê CR is reg as hy sê daar is nie grondgrype in SA en ook nie plaasmoorde nie- volgens du Toit het CR nie sy woorde reg gekies nie en word hy verkeerd aangehaal en as ek nou Pieter du Toit moet glo dan verstaan ek nie meer my eie gramatika nie!

Willem ·

En kyk net wat het nie als die week in die ANC regering se gesigte ontplof nie, als wat hulle aan raak, van hul planne met ekonomiese groei ,die plase, Gigaba met sy visa veslapping, toetentaal onbevoeg is die spul. Die media het ‘n fees gehad.

alwyn burger ·

Ek twyfel of die siniese Amerikaners ons brulpadda ernstig opvat.

ne ·

Nou kom die ware CR te voorskyn. Skynheilig verby. Gelukkig is Trump nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie!

Johann M van Heerden ·

CR het gese wat hy glo en vir ons duidelik gewys waarvoor hy staan en nie vertrou kan word nie. Mense moet hulle oe oopmaak en wakkerloop. Ons is voor 1994 gevang en moet dit nie weer toelaat nie.

Snowball ·

Ou ANC truuk, ontken dadelik. Lieg eers en slaan daarna die vure dood of blameer iemand anders. Lieg kom instinktief!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.