Nuuskommentaar: Het Zille nou finaal ‘gekoloniaaltwiet’?

helen-zille-da-op-flickr

Helen Zille. Foto: DA/Flickr.com

Volgens ’n nuusberig op RSG laat gisteraand sou premier Helen Zille van die Wes-Kaap en die DA ’n vorige twiet oor onder meer die deugde van kolonialisme in ’n nuwe twiet verdedig het. Volgens RSG was nie James Selfe, voorsitter van die DA se uitvoerende raad, of Zille beskikbaar vir kommentaar nie.

Dit blyk dat dit effe ou nuus is wat ’n rapsie uit konteks getrek is. Dit vloei uit ’n vergelyking wat die burgemeester van Johannesburg, Herman Mashaba, tussen pres. Donald Trump (se suksesse) en pres. Cyril Ramaphosa se mislukkings getref het. Hieroor was ampsdraers van die ANC wat meen Ramaphosa oortref Trump langlippie.

Volgens IOL het Zille soos volg hierop aan die dikbek ANC-lede getwiet: “Do you genuinely believe the legacy of colonialism was ONLY negative? Then let’s scrap the constitution, including concepts such as the separation of powers. Let’s scrap formal education institutions, the English language etc etc.”

Soos die RSG-berig lui, klink dit inderdaad of Zille regstreeks die dissiplinêre optrede teen haar ná ’n woedebui deur die DA-leier, Mmusi Maimane, van die tafel vee. Maar dit is nie hoe vriend en vyand haar ken nie, en ’n skerper kyk na die gegewens, sou dit die waarheid wees, lyk of sy met die opvattings teen kolonialisme die draak steek. Veral die idealisering, indien nie verering nie, van Engels skreeu teen die blinde kritiek van alles wat met kolonialisme verband hou – uitvloeisels soos infrastruktuur, staatsregtelike demokrasie en vele meer. Sy stel voor dat Engels saam met onder meer alle formele onderwysinstellings geskrap word.

IOL berig voorts onder meer dat Maimane se woordvoerder, Portia Adams, gereageer het deur te sê ’n groot verkiesing is op pad, en dat die DA eerder daarop wil fokus. Voorts: “Our country is gearing up for general elections next year which could possibly be the most contested elections since our democracy. We must encourage South Africans to break free from the shackles of the ANC and free themselves from poverty. This is the conversation we should have as South Africans, ‘how can we contribute to better our situation and our country’, ensuring that we are not left out of our economy.”

Adams het die afgelope ruk ’n sterk uitwaartse en skynbaar outonome beeld aangeneem.

Vanoggend het hierdie nuusitem reeds van RSG se vroegste nuusbulletin verdwyn, anders as ander berigte wat niks belangriker of onbelangriker is nie. Kan dit wees dat die inhoud eers vir korrektheid herbesoek word? Dit is immers nie ’n geheim dat verhoudinge tussen die DA en die nuwe SAUK-raad gespanne is nie, en dat die DA onder meer ’n klag oor beweerde bevooroordeeldheid teen die SAUK by die uitsaaiklagteowerheid gelê het.

Ook ander openbare nuusdienste is in teenstelling met verwag kan word snoep met inligting.

Van Maart 2017 was Zille en haar sogenaamde “kolonialisme-twiets” selde ver van die nuus, en dikwels oor ’n wye front erg krities. Dit is duidelik dat Maimane en baie ander swart mense ’n blinde persepsie het dat kolonialisme NET sleg was, en nie bereid is deur die seer daarvan argumente te voer nie. Die dwepery met Engels en ander groot koloniale tale soos Frans, Arabies en Spaans slaan egter duike in hierdie blinde afkeer, en selfs waar die koloniale tale deels of “volledig” vir inheemse tale opsy moet staan soos in Peru, Groenland en Tanzanië, sal die koloniale taal steeds die hoër funksies bly verrig. Trouens, selfs Arabies moet dikwels in voormalige Franse kolonies in Noord-Afrika in veral akademiese kringe die knie voor Frans buig.

Wat nou? Gaan diegene in die ANC wat volgens berig word nou weer ’n kabaal opskop daarin slaag om die einde van Zille se politieke pad te bespoedig? Of gaan die DA die kwessie, soos ’n berig lui, aanhou “parkeer” en daarmee wegkom? Of kan onbeholpe beriggewing, moedswillig of weens onbevoegdheid, die struikelblok wees?  In watter mate het die uitgerekte onmin oor Patricia de Lille ook Zille se politieke kapitaal verteer?

Dit lyk darem of die DA geleer het dat politieke vloermoere oor interne sake soos boemerangs werk.

Of het Zille “vir oulaas” kop uitgesteek oor ’n saak waarin sy verguis is as aanduiding dat sy op uittrede staan?  Ná aanvanklike berigte wat hierop gedui het, word die teenoorgestelde egter nou berig, en selfs berig dat sy as burgemeester vir Kaapstad oorweeg word wanneer De Lille eersdaags die tuig neerlê. Was die twiet dan wys, en sal dit wys van die DA wees om verdere risiko’s met iemand te loop vir wie die versoeking om die kolonialisme-diskoers te bly roer skynbaar kompulsief is?

Vir minstens ’n deel van die bevolking sal die twiet ook ’n ongelooflike klein beuselagtigheid wees teen die groeiende kommer oor die ANC se planne oor grondonteiening sonder vergoeding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

kolla ·

Ek vind dit steeds lagwekkend dat die massas nie die kundigheid en geld wat die infrastruktuur in talle Afrika lande tot stand gebring het, wil erken nie…maar dit tog aangenaam vind om te gebruik. LOL

Snowball ·

Ja, en dit ewe lekker erf en oorvat, net om dit uiteindelik sonder gewete ook deur hulle sterte te trek.

Tia ·

Iemand behoort alle politici vir ewig van alle sosiale platforms af te verban.

Adam ·

Absoluut, maar in Zille geval moet ons die volgende onthou. Die DA het 2 vroulike “Musketeers” gehad: Zille, De Lille en Mazibuko. ” Two down, one to go”. Die DA grootbase sal erens ‘n manier vind om Zille tot in aftrede te irriteer.

Andre ·

Slim van haar, Mmusi gaan nou weer sy toys uit die kot gooi en dan loop sy en tannie Pat en vorm `n nuwe party. Tata DA

B-man ·

Nes Zille, wil my vrou wil ook altyd die laaste woord inkry wanneer sy dink dat sy reg is…

JB ·

Dit is tyd dat Helen weer van haar laat hoor. Sy was heeltemal te stil.

Johann M van Heerden ·

As Afrikaner is my voorsate ook deur Britse kolonialisme onderdruk. Maar hoekom nie by die waarheid bly nie. Sy was korrek in haar twiet dat ALLE aspekte van kolonialisme nie negatief was nie. Die bydrae deur hele Afrika van koloniseerders hetsy Brits, Portugees, Duits of Frans is nogsteeds te sien in strukture , administrasie en taalgebruik. In die meeste Afrika lande was dit ook die laaste ontwikkeling en is verval nou net sigbaar. Afrikane is nie ‘bouers’ nie maar is goed met afbreek. Ons sien dit daagliks in die brand van infrastruktuur in SA. Dit is ‘n baie ernstiger en huidiger probleem wat eerlik aangespreek sal moet word. Die regering sal moet optree en hul mense dissiplineer want hulle het geen geloofwaardigheid nie. Los vir Zille. Sy is korrek en is eerlike en hardwerkende politikus. Die manier waarop Maimane met Zille gewerk het, bevestig net my negatiewe siening van Afrikane se lae potensiaal om te bou en konstruktief te regeer. Die verval is oral en as hulle beheer oorneem, begin korrupsie en misdaad.

Kolonialis ·

AL WAT EK VERWAG IS DAT SY BY HAAR TWEETS BLY EN OPHOU OM VERSKONING VRA. Min swartmense (Malema ingesluit) wat die vieslikste aanmerkings teenoor wittes maak, dat hulle diewe en verkragters is en dat hulle geslag en doodgemaak moet word en hulle kinders as kunsmis gebruik moet word KOM NIKS OOR NIE< ons blankes moet ophou om VERSKONING te vra, apartheid is 24 jaar gelede verby en KOLONIALISME het SA waar hy was teen 1994 gebring. 'n Welvarende land met goeie skole en goeie universiteite . dit is die VERNIETIGING van kolonialisme wat die land weer laat verval het .. AL WAT IRONIES is is dat AFRIKAANS so gehaat word maar die TAAL VAN DIE KOLONIALIS NAAMLIK ENGELS word steeds gepraat en op aangedring .. whaaaaaaaaa NATUURLIK voordat die kolonialiste hier aangekom het was hier highways en biways . daar was hoe geboue en wonderlike banke en howe en skole en wapenvervaardigers en poskantore (ek praat nie van 'n boom nie) .. en IT maatskappye . en Rolex horlosies en blink ingevoerde leerskoene wat julle so graag dra .. en moenie CELE Se hoedjie vergeet nie, lyk nie asof dit uit RIET of PALMTAKKE geweef is nie ???

Jack ·

Al wat ek weet is dat politici lewende bewys is dat reïnkarnasie wel bestaan, want niemand kan so arrogant én onnosel in net een leeftyd wees soos ‘n politikus nie.

Herman Toerien ·

Hallo DHK. Ek verwys tog duidelik na ANC-ampsdraers en het niks anders daar geskryf nie.

Debbie White ·

Kyk, ek is nou geensins ‘n aanhanger van Helen, máár moet saamstem: kolonialisme het verseker infrastruktuur tot stand gebring. SA nou NIE gewees het waar hy vandag is sonder ons voorouers se insette nie. Feite is nie flaters nie. Hoe gerieflik vir sekeres om dit af te skiet omrede dit nie “polities korrek” is nie.

Jy hoef glad nie van haar te hou nie, maar die vrou is REG.

Breytenbach ·

Wat probeer politici soos Zille en Trump bereik met hulle twiets? Mis ek iets of is ek onnosel? Hoe kan mens jouself so inkrimineer en blootstel? As ek ‘n politikus was sou ek wegbly van alle sosiale media.

KanekVra? ·

Zille moet besef dat partykeer is ‘n toe bek, ‘n heel bek.

Ai ·

Nee wraggies, dis darem te erg. Natuurlik is sy reg en hoekom moet sy polities korrek optree as sy die waarheid praat? “KanekVra” – te veel mense hou hulle monde toe en neem nie standpunt in nie, dis hoekom alles in so ‘n gemors is.

Paul ·

As die massas ‘n greintjie insig en integriteit van Zille gehad het, was hul plekke dalk omgeruil. Maar nou-ja, mense wil deesdae nie hoor wat ander beduie as dit nie hul eie siening onderskryf nie, al is hul eie siening misplaas en bevat onwaarhede wat ander in hul kop geprent het. Dieselfde het op die vergaderings oor grondonteiening gebeur, die wat die realiteite en planne na die tafel toe bring is dood geskree.

Willem ·

RSA soek ook maar sensasie dan probeer hulle asem in ‘n dooie perd blaas.

jaco ·

mev. Zille kan deur albei haar oupas op Duitse burgerskap aanspraak maak. die dag wanneer alle wit mense in SA dus radikaal onderdruk en vervolg word (Rwanda-styl – 1 miljoen vermoor in 2 maande), onder ander omdat gesê sal word “alle wit mense is soos mev. Zille”, dan kan sy maklik Duitsland toe vlieg, daar asiel kry op grond van haar 2 oupas se Duitse burgerskap en dan gee sy nie meer om oor ons nie. 3 miljoen ander wit mense wat nie soos sy kan maak nie, sal moet agterbly en ly onder die onderdrukking.
Wit mense met sulke lekker “agterdeure” moet eerder hulle monde hou. Wanneer dit sleg gaan, is hulle eerste weg.

Willem ·

Mense wat nie die geskiedenis, nie net van ons eie land, ken nie, is nie bemagtig om ingeligte opinie daaroor te vorm en daaruit te leer nie, of mens nou daarvan hou of nie. Nee hulle druk eerder die kop soos ‘n volstruis in die sand, maar is dan darem net te oorgretig om na hul leiers, soos Julius bv en ander radikale die ore uit te leen, wat ook nie die geskiedenis ken nie, dit vir soetkoek op te eet, want vir hulle, die massas, word vertel al die ander was/is verkeerd en net hulle denke is reg. Die massas plaas dan weer druk met hul betogings en opruiery om die ingeligtes dood te skree. En so val baie van die media daarby in, want hulle is nou bang om die massa te affronteer.

Cornelia ·

As Helen Zille leuens verkondig, is daar tog ‘n terugskou in ons land spesifiek se geskiedenis waaraan haar stelling gemeet en geweeg kan word. Ek betreur die skaamtelose HEDE. Die lys van vergrype, verskonings, trotse geweld, sabotasie, gewetenlose opruiery, stakings, oproer, gebrek aan integriteit, afwesige vredes doelwitte…… Die lys kan daagliks aangevul word. Wat sou u sê is die Positiewe winde wat waai met die huidige Wag ‘n bietjie doringboom in die verkeerde gat geplant? As ek nie my fokus op die Here se boord hou nie, en as Hy my nie herinner aan die slagveld se ware identiteit nie, sal ook ek wou vra: “Here, kan U uit soveel skerwe nog ‘n bruikbare Kruik saamsmee? Net soos Abel se bloed tot God geroep het, so roep die bloed wat so vreesloos in Suid Afrika vergiet word, na God. As verdierliking die regerendes se vlag is en die erkenning van terreur bendes hul politieke “helpers” is (EFF en soortgenote) dan het ons ‘n land beding waar twis en tweedrag alleen vir ontbyt, middagete, aandete en middernag feeste op die leë tafels gedek is. Ten spyte daarvan, sal ons in die Geloof en Terugkeer na God, oorwin. En so ‘n oorwinning bring Hoop en Herstel met die oog op ‘n Geseënde elke dag en toekoms. Dankie vir al die manne en vroue en organisasies wat kosbare doelwitte uitspreek en DOEN. U geloof, bemoediging en moed word skouerhoog gedra. U is die sout van die aarde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.