Nuuskommentaar: Hoe is die wit sneeuvlokkies so besmeer?

Argieffoto van ‘n sneeuvlokkie Foto: MMT, Pixabay

Baie kenners het nou reeds aanspraak daarop gemaak dat die samelewing en sy waardestelsel heel anders daaruit gaan sien na die Covid-19-pandemie verby is as daarvoor. Tog is daar ook kommer dat die fopnuus-aanslag op die werklikheid juis die reg van meningsvryheid gaan nek omdraai. Intussen skud wetenskaplikes hul koppe en wonder hoe ander mense in staat is om van die fopnuus te glo.

Hoeveel skade kan die sneeuvlokkie-generasie aan die samelewing aanrig? Maar wie is die sneeuvlokkie-generasie? Die enkele Afrikaanse bronne wat na hierdie variasie van die millenniërs verwys, beskryf hulle soos volg: “Die sagte weerlose jeug met te veel opinies en te dun velle”. Hulle het ook die bynaam van “fooitog-generasie” gekry. (Lees hier vir ’n vollediger prentjie.)

In die Engelse literatuur is daar, anders as in Afrikaans, ’n groot oorvloed. Ons volstaan egter by ’n samevatting deur The Sun:

  • Other than frozen rain, a “snowflake” is a term used to describe an overly sensitive person who thinks the world revolves around them.
  • Snowflakes gasp in horror when they hear an opinion they don’t like, and believe they have a right to be protected from anything unpalatable.
  • Today’s generation of sensitive uni studentsare often labelled snowflakes because they receive “trigger warnings” on books and lectures that might contain upsetting subjects.
  • Snowflake youngsters were horrified at un-PC jokes in the 90s sitcom Friends, which they saw for the first time when it was released on Netflix. The term was also used when people began complaining about old James Bond films starring Sean Connery.
  • The name comes from the phrase “special snowflake”, meaning somebody who is self-obsessed and fragile, easily offended, or unable to deal with opposing opinions.
  • It became popular in 2016 when some older generations scoffed at young people’s “hysterical” reaction to the EU referendum result.

Maar hoekom is dit nou deel van ’n nuuskommentaar? Gister was internasionale outismebekendstellingsdag. Dit het betreklik min media-aandag geniet, hoewel Maroela wel ’n aantal items daaroor gedra het. Maar die relatief min nuus hieroor is minstens deels te wyte daaraan dat die ondersteuners- en belangegroepe self min op skrif gestel het. Een van die mees prominente en ingeligte leiers verduidelik haar afwesigheid vanjaar soos volg: “Dankie xxxxx… dat jy in uitdagende persoonlike tye aan die res van ons (outisme-belanghebbendes) dink! Outismedag is ’n landmynlandskap vir my. Ek wil so graag entoesiasties en passievol alle leë spasies op die aardbol vol skryf met inligting en staaltjies en voorstelle en en en! Ek is seker jy weet wat ek bedoel nie. Maar o wee. Die ‘snowflake generation’ om ons het so sensitief geraak, sodat ek maar my passie in toom hou. Hartseer vir my.”

Tot my verleentheid het ek nog nooit tevore van die sneeuvlokkie-generasie gehoor nie, en moes gaan oplees. Die huidige tydvak van fopnuus, ontkennings en sameswerings, vitrioel-uitdelery, in so ’n mate dat Verslaggewers Sonder Grense ’n spesiale mediaverklaring uitgereik het om te kla oor die intimidasie wat vitrioelskrywers inspan dat dit tot ’n vorm van perssensuur lei, dat die dame se ervaring met die sneeuvlokkie-opmerking net effens te bekend klink.

In die praktyk is daar sekerlik meer verskille as ooreenkomste tussen die sneeuvlokkie-generasie en die internettrolle wat nou so gereeld as vitrioel-gedrewe internettrolle gelooi word. ’n Sterker ooreenkoms is seker dat die verontwaardiging en ’n herhaalde vitrioelloslating van die trolle nogal herinner aan die gebelgde, seergemaakte reaksie van die sneeuvlokkies as hul mat onder hulle uitgeruk word.

Die eintlike probleem is as die gevolge dieselfde gevolge tot gevoel het – wanneer mense met die regte inligting wat die publiek eintlik nodig het, ter wille van om nie kwetsende reaksies te ontlok nie, noodsaaklike inligting aan die publiek weerhou.

Die persoon wat kennis nou hoofsaaklik vir haar self hou, noem nie watter inligting so die ontsteltenis ontlok nie, maar dit is bekend dat daar verlede jaar wêreldwye sterftes was van mense wie se ouers nie toegesien het dat hulle die verpligte masel-inspuitings gekry het nie. Die ouers glo in ’n bewering van ’n gediskrediteerde dokter dat die inspuitings outisme kan veroorsaak. Die aanspraak is destyds feitlik onmiddellik deur navorsing nie net as verkeerd bewys nie, maar in werklikheid ontdek onder diegene wat nie die inspuitings gekry het nie, eintlik ’n effense beter kans staan om outisties te wees as diegene wat wel die inspuitings gekry het. Die uitbraak het omtrent saamgeval met die uitslag van ’n veel omvattender en meer professionele ondersoek wat ook bevind het dat die storie dat die inspuiting verantwoordelik is vir outisme, twak is.

Dit was geen aangename ervaring om die werklike bevindinge te probeer bekendstel nie … die kubertrolle het eenvoudig gesorg dat die een wat dit waag om die ware feite te bevorder ordentlik sleggesê word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JC Venter ·

Herman, ek het gesien jy het gister jou nuuskommentaar aan Outisme gewy. Terwyl jy hier weer daarvan melding maak, mense kan tog gerus Greta Thunberg autism gaan Google, ook Greta Thunberg/how dare you, ook Greta Thunberg/Donald Trump, ook Greta Thunberg/Roger Federer, ook Federer responds, ook haar pa se reaksie Greta Thunberg/dad saw-activism-help-depression-autism/

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.