Nuuskommentaar: Hoe vorder die ANC in die verkiesingsveldtogresies?

ANC-se-vlag-deur-ANA

(Argieffoto: ANA)

Die 2021‑ munisipale verkiesing is oor minder as drie weke. Dit is ook die eerste verkiesing sedert die aanvang van die Covid-19-pandemie. Die pandemie het uiteindelik nie net ʼn ingrypende gesondheidsimpak gehad nie, maar het die politieke landskap internasionaal verander.

Dit is ook duidelik uit die grootskaalse vertrouenskrisis wat ook tans in Suid-Afrika heers. Minder as vier uit 10 mense vertrou tans vir president Cyril Ramaphosa. Nie eers drie uit 10 vertrou die parlement nie. Vir die eerste keer sedert AfroBarometer hierdie meningspeilings doen, plaas minder as die helfte van mense hul vertroue in die howe. Net ʼn derde vertrou die verkiesingskommissie – in die jaar van ʼn verkiesing is dit nogal ʼn kommerwekkende syfer. Wat selfs kommerwekkender is, is die feit dat meer as twee‑derdes van Suid-Afrikaanse burgers bereid is om stemreg op te gee indien hulle ʼn nie-verkose, maar goeie regering kan kry – dit is een wat sekuriteit, behuising en werksgeleenthede kan verseker.

Dit is die stand van demokrasie in hierdie verkiesingsjaar. Dit is ook die omstandighede wat elke liewe party moet oorkom indien hulle wil hê dat mense by die stembus moet uitkom en vir hulle stem.

Die ANC bedryf weens hulle eie interne finansiële uitdagings ʼn veldtog aan die goedkoper kant van die spektrum. Die ANC sukkel al maande lank om salarisse te betaal en moes uiteindelik hulself op skarebefondsing beroep om uit hulle finansiële verknorsing te kom. Fikile Mbalula, hoof van verkiesings van die ANC, het aanvanklik genoem hoe die party beoog om nie meer as R50 miljoen aan hierdie verkiesingsveldtog te bestee nie. Die party se begroting is eintlik maar ʼn bewegende teiken en hulle sukkel steeds met verskeie finansiële uitdagings.

Die ANC het egter later genoem hoe daar geen vaste begroting is wat ten volle gefinansier en gefinaliseer is nie. Die ANC sal hul bes doen om die nodige fondse te mobiliseer vir ʼn doeltreffende verkiesingsveldtog. In die lig van hul finansiële uitdagings maak hulle egter staat op vrywilligers om self en direk op te tree – dit kan hul veldtog doeltreffend hou, maar steeds koste bespaar.

Die ANC het hierdie verkiesing ook so halsoorkop ingegaan met die party wat hulle sterre kan dank dat hulle enigsins die aantal kandidate kon indien as wat hulle het. Indien die OVK nie die verkiesingsdatum uitgestel het nie, sou die ANC versuim om in sowat 35 munisipaliteite enigsins kandidate te hê. Sodoende sou die ANC 35 munisipaliteite by verstek verloor – gelukkig vir hulle het die verkiesingskommissie die verkiesingsdatum uitgestel en die ANC sodoende gered.

Dan praat ʼn mens nog nie eers van president Ramaphosa se onlangse aankondiging van vlak 1-inperkingsregulasies nie. Dit is moeilik om na die tydsberekening hiervan te kyk en nie te dink dat dit uiters nuttig en strategies vir die ANC is nie. Ramaphosa is die politieke held wat, toevallig presies ʼn maand voor stemdag, die land bevry van streng inperkingsregulasies – toevallig ook regulasies van byeenkomste wat verkiesingsveldtogte en stemdag nou moontlik sal maak.

Die ANC weet egter steeds waar ʼn groot deel van hulle brood se botter vandaankom – die Zoeloe-stem. Vandeesmaand het die ANC reeds hulle grootkanonne na Natal ontplooi as deel van hul verkiesingsveldtog. So ook het oudpresident Jacob Zuma vanuit sy beweerde sterfbed ʼn boodskap gestuur waarin hy by mense pleit om steeds vir die ANC te stem. Zuma is nog nie so toksies dat die ANC amptelik en finaal van hom afstand doen of wil doen nie. Dus is die ANC deeglik bewus van diegene op wie hulle hierdie verkiesing moet fokus. Dit veral in die lig van die absolute chaos en plunderye waarin Natal in Julie vanjaar verval het.

Die ANC het in die 2019‑ nasionale verkiesing net 57% van die stem op hom verenig. Hoewel dit hoegenaamd nie min is nie, is hulle steun aan die afneem. Dit is byna 10 persentasiepunte laer as hulle aanvanklike 66% van 1999. Dit is egter nie omdat mense in hul massas na ander partye met beter beleid stroom nie. Mense hou eenvoudig op met stem – indien hulle nie meer vir die ANC wil stem nie, sal hulle eerder net glad nie stem nie.

In hulle verkiesingswedervarings is die ANC se boodskap: “Ons weet ons het foute begaan, maar gee ons die kans om dit reg te stel”. Hulle is in alle kommunikasie eerlik oor die feit dat dit sleg met die party en met die land gaan – mense moet hulle net ʼn kans gee om dit reg te stel.

Die ANC voer in der waarheid nie ʼn verkiesingsveldtog teen enige opposisieparty nie, maar eerder teen ʼn vorige ANC. Hulle hou glad nie voor dat hulle beter of slegter as enige ander bepaalde party gaan wees nie – hulle verklaar juis dat hulle beter as die ANC gaan wees wat die mense in die steek gelaat het. Dit is baie opmerklik en is dalk slegte nuus vir die opposisie. Dit beteken dat die ANC aktief probeer om die wegblystem te paai – dit wat die ANC tot dusver die seerste gemaak het.

In die lig hiervan maak dit ook sin dat die ANC se verkiesingsmanifes grootliks twee elemente het. Ten eerste is die erkentenis dat die ANC mense in die steek gelaat het, van koers gedwaal het en sodoende ook hulself gaan regruk vir die mense se onthalwe. Tweedens is presies dieselfde beleid wat hulle die afgelope 27 jaar aangehang het – dit is die beleid wat ons almal in hierdie verswakte situasie gekry het. Die probleem lê nie fundamenteel by die beleid nie, maar eerder by die verkeerdelike uitvoering daarvan.

Dan is die groot vraag hoeveel dit werklik saak maak. Die ANC het oor die afgelope 27 jaar nog geensins afgewyk van hulle beleid nie, maar tog het mense aangehou om vir hulle te stem. Dit ten spyte van die feit dat die ANC se beleid die omstandighede in die land al slegter en slegter gemaak het. Indien beleid en die uitkomste daarvan soveel saak gemaak het, sou mense sekerlik vir ʼn ander party met beter beleid en beleidsuitkomste gestem het, eerder as om bloot weg te bly?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Pierre ·

Stem vir oposisie maak nie saak wie die oposisie is nie, moet nie net wegbly nie, elke stem tel, deer weg te bly versterk die ANC.

Jack ·

Oulike berig.Monica skryf baie oulik. Stats wys dat daar 4 groepe ANC ondersteuners is. 1: Die pensionaris wat van hulle toelaag afhanklik is vir oorleweing. 2: Die vrou en kinders wat van die toelaag afhanklik is vir oorlewing (kinders met kinders ook) 3: Die staatsdiens werkers wat almal baie meer verdien as wat hulle moet. 4: Die geesdriftige ondersteuner wat glo die ANC was en is en sal in die toekom alles reg maak.Hulle stem nie noodwendig saam dat misdaad,diefstal,onbevoegdheid en korrupsie reg is nie maar hulle weet waar hulle volgende bord kos vandaan kom.

Pierre ·

en 90% van daai probleme kan opgelos word met ekonomiese beleids verandering om werkskepping te stimileer.

Bertie ·

Die probleem met SA is die intelligensievlak van die massa. Dieselfde groep is ook heeltemal oningelig oor wat besig is om te gebeur. Dit sal veroorsaak dat die ANC nog baie stemme gaan trek.

SlinkseKoljander ·

Die ANC is nie rerig bekommerd nie, hulle weet ons mense sal weer vir hulle stem.
Hulle kan dalk net net die verkiesing verloor en sal dan saam met die EFF staan om die meerderheid te word.

Ons kyk na nog ten minste 16 jaar onder hulle regeer.

Pieter ·

En die regering HOU hulle intelligensievlak laag deur elke nou en dan die slaagsyfer in skole te verlaag…..

Mariana ·

Bertie ek stem, intelligensievlakke maar baie laag. Hulle sal aanhou stem vir die ANC wat hierdie land loshande verwoes het en boonop is hulle toegelaat vir 27jaar om dit te doen. En wie gaan einde ten laaste die swaarste kry, die oningeligtes en die wat hul vasstaar teen ‘n ideologie wat nie haalbaar is nie. Hier is dit net sekeres wat die vrugte pluk en dit is nie die armes nie

annie ·

Carl die Grote het vandag ‘n blink plan voorgestel wat nie net Zuma se erge siektes, moontlik die Havanna-sindroom sal genees nie ook die ANC s’n, naamlik ‘n terugkeer van eerbare bekwame gewese president Zuma as leier. Vandag se gebedsessie, die soveelste sedert Zuma uit sy sterfbed opgestaan het en huiswaarts moes keer omdat die poel se pomp glo die gees gegee het, het hierdie kwinkslag opgelewer wat desnoods as dié stasie se wengrap kon diens doen was dit nie vandag so warm in Natal nie vandaar Carl se ylingse visioen?

Jannie van Niekerk ·

Siestog. En ou Careltjie se beus grpoeoi nogsteeds. Pinnochio! Liegkabouter!

Samuel ·

Mense wat vir die ANC stem is dom soos grond. Persoonlik vertrou ek géén politikus nie. Almal is onbetroubaar en werk vir hul eie ego. ‘n Politikus voel vere vir ons gepeupel. Pffffft.

Jannie van Niekerk ·

Janmmer, grond is nie dom nie. Alle lewe onstaan uit grond uit. ANC ondersteuners is dom, nie grond nie.

Johannes ·

Klaar besig om weer t hemde uit te deel. Dit werk elke keer

Hoekom ·

Almal in Suid Afrika sal beter af wees as die ANC nie meer regeer of bestaan nie…

Al is die nie ‘n nasionale verkiesing nie, moet almal gaan stem. ‘n Geen stem is ‘n ANC stem…

Deon ·

Het die ANC nie ook n vorige keer dieselfde taktiek gebruik nie? Ook gevra om weer n kans te kry

Jannie van Niekerk ·

Skrikwekkend, maar waar: Ek vra vir mense wat betoog oor dienslewering waarom hulle weer vir die ANC stem Hulle antwoord: Ons moet anders kry ons nie meer ons grant nie want dier DA gaan apartheid terugbring. Genugtig, sulke leuens! Hoe onnosel moet mens wees om sulke snert te glo?

Charl ·

Wat ‘n grap ! Kyk wat het mugabe met Rhodesie gedoen, herdoop na zimbabwe en vir 30 jr deur sy gat getrek….en die gepeupel het steeds zanu pf gestem ! Die anc stop sy eie sakke vol en leef in weelde terwyl sy kiesers krepeer van ellende maar stem stem hulle ook elke keer weer vir dieselfde bullshitters ?? Nie medisyne vir stupid nie.

john ·

Hulle wil nog n kans he na 28 jaar alles vernietig en nou soebat hulle vir nog n kans. Soos n drugverslaafde of n alcoholic nadat hy opgemors het vir die 100ste keer gee nog n kans ek sal verander. Eintlik het ek meer vertroue in die drug verslaafde dat hy sy woord hou dan die ANC

Jack ·

Hulle ken die hart van die swart man. Vra net mederig om verskoning en se jy sal nie weer nie dan is alles vergewe. Wat n toedrag van sake om met so iets te wil regeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.