Nuuskommentaar: Hoekom is die Olimpiese Winterspele ‘n terreurkwessie?

Sotsji

Sotsji

Met die gyselaarsvoorval van die Suid-Afrikaner, Pierre Korkie, wat in Jemen deur Al Kaïda vir ‘n losprys aangehou word, het die kwessie van internasionale terreur weer onder Suid-Afrikaners se aandag gekom. Tog word die Korkie-geval kwalik in die internasionale media genoem, waar die oë van die wêreld op ‘n potensiële terreurgevaar gerig is – die Olimpiese Winterspele wat van 6 tot 23 Februarie in die Russiese stad, Sotsji, aan die Swart See gehou word.

Pas het minstens vier lande se Olimpiese komitees dreigbriewe ontvang om nie aan die Spele deel te neem nie. Na wat berig word, het verskeie deelnemers ook reeds private veiligheidsmaatskappye gehuur om hul veiligheid in Sotsji te verseker, en die VSA het telkemale sy hulp aan Rusland aangebied om kundiges beskikbaar te stel om veiligheid te help verseker. Dit terwyl die verhoudinge tussen Rusland en die VSA winterkoud is onder meer weens die beskerming wat Rusland aan die fluitjieblaser, Edward Snowden, bied wat die NSA-skandaal oopgevlek het.

Rusland het sy beste elite-troepe in Sotsji ontplooi om te probeer verseker dat geen terreurdade plaasvind nie. Na wat berig word, word veral na drie “swart weduwees” gesoek wat geïdentifiseer is as mense wat “ryp” is om selfmoordbomaanvalle te loods.

Net meer as 600km van Sotsji, in die stad Wolgograd, het twee selfmoordbomaanvalle onlangs tientalle lewens geëis.

Die name van twee gebiede duik op wanneer die terreurpotensiaal ontleed word – Tsjetsjnië  en Daghestan.

In die gebied tussen die Swart See en die Kaspiese See, bekend as die Kaukasus, is ‘n klompie administratiewe gebiede, sommiges met die status van republieke wat deel van die Russiese Federasie uitmaak. In die vroeë jare van die Christendom is die gebied gekersten, maar met die opkoms van die Islam het die inwoners deur die jare onder verskillende Moslemheersers beland, en die meeste volke het Moslems geword. Die uitsonderings is die Armeniërs en Georgiërs, wat eens deel van die Sowjet-Unie was, maar nou onafhanklike lande is. Die grense tussen hierdie lande en gebiede is nie altyd goeie weergawes van die bevolkingsverspreiding nie, en enklawes is algemeen.

Sedert die gebied veral in die tyd van Catharina die Grote onder Russiese beheer gekom het, het baie etniese Russe hulle daar gaan vestig. Hieronder tel heelwat Kosakke wat grond in ruil vir dienste aan die tsaar ontvang het.

Erg veralgemeen, neem die persentasie Russe in die bevolkings van oos (Daghestan) na wes (waar Sotsji is) toe. In Daghestan en die naasliggende Tsjetsjnië is min Russe oor. In Tsjetsjnië maak hulle nou minder as 2%t van die bevolking uit, na hulle enkele jare gelede nog byna 20% van die bevolking uitgemaak het. In die administratiewe gebied waarin Sotsji val, is meer as 90% van die bevolking Russe, maar dis ook nie heeltemal so eenvoudig nie. Binne hierdie streek is ‘n enklawe wat die status van republiek het. Hoewel die meerderheid inwoners hier ook etniese Russe is, word dit politiek deur ‘n Islamitiese volk beheer (met Russiese steun), en dié volk het groot getalle wat elders in diaspora is, waarvan heelwat baie invloedryk in ander lande is. Hulle het onder meer die mullah’s opgelewer wat Egipte voor, en selfs ‘n ruk na die Ottomaanse oorname beheer het. Trouens, groot getalle van al hierdie volke is in diaspora, soms selfs by verre die meerderheid.

Die feit dat daar ‘n afname van Russiese bevolkings van wes na oos is, beteken ook dat daar ‘n toename van Islam van wes na oos is.

Daghestan word dikwels in artikels as ‘n streek binne Tsjetsjnië aangedui, maar in werklikheid is Daghestan ongeveer twee keer so groot soos sy buurman. Die verwarring word veroorsaak deurdat Tsjetsjnië betreklik homogeen deur Tsjetsjniërs bewoon word, terwyl Daghestan ‘n baie heterogene bevolking het waarvan geen etniese groep ‘n meerderheid het nie. Een van hierdie groepe is ook Tsjetsjniërs.  Die twee broers wat in Boston vir die bomaanval by die Bostonse marathon verantwoordelik was, is Tsjetsjniërs uit Daghestan.

Sedert die Russe beheer oor Tsjetsjnië gekry het, het baie bloed gevloei. Stalin het die probleem “opgelos” deur ‘n groot deel van die bevolking in Siberië te hervestig, maar hulle het later kon terugkeer. Sedert die verbrokkeling van die Sowjet-Unie was daar in wese twee Russiese invalle. Na die eerste het Tsjetsjnië de facto onafhanklik geword, maar toe Tsjetsjniese groepe Daghestan inval, het die tweede Russiese inval gevolg. Dié keer is ‘n enorme slagting aangerig.

Tsjetsjniese terroriste sorg gereeld vir skouspelagtige terreuraanvalle tot in die hartjie van Rusland – ook in Moskou. (‘n Opsomming van CNN volg onderaan die rubriek)

Binne hierdie kookpot het daar baie ruimte ontwikkel vir radikalisering. Waar die Kaukasus se Moslembevolking tradisioneel Soenies is wat tot die gematigde “vleuel” van die Islam behoort het, het die ander vleuel, die radikale neo-Salafiste waarvan Al Kaïda ‘n sterk eksponent is, mettertyd ‘n stewige invloed gekry.

Baie Tsjetsjniërs kan wat voorkoms betref, nie van “gewone” Westerlinge onderskei word nie. Boonop is baie Russies so goed soos enige Rus magtig, en is in skole in die Russiese kultuur opgevoed. In die ruwe terrein van die Kaukasus word grense met gemak oorgesteek, en versmelt hulle maklik binne die Russiese bevolkings. Bykans oral kan hulle steun uit die Islamitiese bevolkings kry, selfs waar die Islam die minderheid is. Hulle kry ook groot steun uit van die gebiede se bevolkings wat elders in die wêreld in diaspora woon.

Nou vind die Olimpiese Winterspele op hul voorstoep plaas.

Die vraag wat beantwoord moet word is of die terroriste die “geleentheid” gaan benut om deur terreurdade die aandag op hul saak te vestig, of gaan hulle oordeel dat die afwagting dat iets kan gebeur genoegsaam daardie impak gaan hê? Die jongste Rasmussenpeiling toon juis dat 30 persent van die Amerikaanse kiesers glo die terroriste wen die oorlog teen terreur – die meeste in drie jaar. Net 39 persent glo die VSA en sy bondgenote wen die oorlog teen terreur.

Die Korkie-voorval toon dat Suid-Afrikaners nie maar die kwessie kan ignoreer nie, al het Suid-Afrika nou min betrokkenheid by die Winterspele.

* (CNN) — Here’s a look at what you need to know about Chechnya, a republic in southwestern Russia, in the Caucasus Mountains region. Chechnya is bordered by Russia, the country of Georgia, and the Russian republics of Dagestan and Ingushetia.

Facts:
Capital:Grozny

Population: 1,268,989, according to the 2010 official Russian census

Ethnicity: Ethnic Chechen (Sunni Muslim) and ethnic Russian (Russian Christian Orthodox)

President: Ramzan Kadyrov (2007-present)

Prime Minister: Magomed Daudov (2012-present)

Timeline:
1991 – Chechnya begins fighting for independence from the crumbling Soviet Union.

1994 – The Russian Federation sends 35,000-40,000 troops to Chechnya to stop the rebellion.

February 1995 – Grozny falls to Russian forces.

May 27, 1996 – A ceasefire is declared, but fighting continues. Chechen rebels seize key government sites.

August 31, 1996 – A peace accord is signed and Russian troops soon withdraw. Two years of fighting leaves 120,000 Chechens and 3,000 Russian troops dead.

August 1999 – Islamist rebels launch incursions into neighboring Dagestan. Russian forces respond by moving into Chechnya in September.

September 1999 – Apartment buildings in Moscow, Buynaksk and Volgodonsk are bombed, resulting in the deaths of nearly 300 people.

February 2000 – Russian forces take control of Grozny, and the conflict begins to wind down.

July 2000 – Militants launch five suicide bomb attacks on Russian security bases. The deadliest attack kills 54 people.

October 2002 – Chechen rebels seize a theater in Moscow, and hold over 700 people hostage. Russian forces use an unknown gas to subdue the militants. All 41 of the rebels and 129 hostages die.

May 2003 – Fifty-nine people are killed when two suicide bombers drive a truck full of explosives into a government complex in northern Chechnya.

June 2003 – A suicide attack kills 16 people at a concert in Moscow.

February 2004 – Forty are killed and 100 injured when a suicide bomber detonates a bomb on a Moscow metro train.

May 2004 – Akhmad Kadyrov, the president of Chechnya, is assassinated. Kadyrov was elected Chechen president with backing from Russia.

August 24, 2004 – Two Russian passenger planes are blown up almost simultaneously, killing 89.

August 31, 2004 – A female suicide bomber kills nine people and herself, and wounds 51 others, when she detonates a bomb outside a subway station in northeastern Moscow.

September 1-5, 2004 – Armed attackers storm a school in Beslan, in southern Russia, and take at least 1,200 people hostage, including children. The hostage takers reportedly demand the release of more than two dozen prisoners and that Russia withdraw all of its forces from Chechnya. Some of the hostage takers are reportedly wearing explosives belts used in suicide bombings.

September 2, 2004 – Some hostages are released.

September 3, 2004 – Russian troops end a standoff at the Beslan school in which Chechen rebels had taken several hundred students, teachers, and parents hostage.

September 5, 2004 – The Russian government takes one suspect in custody as the death count stands at least 335 hostages, including 156 children, along with 26 hostage takers and 10 Russian special forces soldiers.

September 17, 2004 – In a e-mail message posted on the Chechen rebel web site, Kavkazcenter.com, Chechen terrorist leader Samil Basayev claims responsibility for several recent terrorist attacks in Russia, including the Moscow metro bombing, explosions aboard two passenger jets and the taking of hostages at a school in Beslan.

July 2006 – Shamil Basayev is killed, but the exact details remain unclear.

November 2006 – Abu-Khavs, described as the commander of all foreign fighters in the North Caucasus, is killed by security forces.

June 2008 – According to UNICEF, since 1994, it is estimated there have been 700 people killed by leftover landmines from the Chechnya-Russian Conflict.

April 2009 – Russia declares an end to its 10 year anti-terror “operation” in Chechnya with the rebel movement largely quashed.

March 29, 2010 – Female suicide bombers detonate explosives in two Moscow subway stations during morning rush hour. Russian officials suggest that Chechen separatists are to blame.

August 28, 2010– Chechnya announces the deaths of 12 militants and two police officers in a gunfight that saw 30 militants attack the home village of Chechen President Ramzan Kadyrov.

October 19, 2010 – Three heavily armed men attack the parliament building in Grozny. Two police officers and a parliamentary aide are killed, with 17 people injured in the attack.

February 7, 2011 – Chechen rebel leader Doku Umarov claims responsibility for the January 24, 2011 bombing of Moscow’s DomodedovoAirport that killed 36 people.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.