Nuuskommentaar: Hoeveel lande, VSA inkluis, kan weens een man se tronkvrees in streekoorlog ingesleep word?

Benjamin Netanyahu. (Foto: Abir Sultan, AP)

Die eertydse Chinese generaal Sun Tsu sou stellig baie in sy skik wees as hy, of die keiser, daarin sou kon slaag om ander so ver te kry om sy oorloë namens hom te wen. In die proses wen hy sommer sy eintlike stryd – om die burgers te oortuig om vir hom te stem, en sodoende die tronkdeure vir hom oop te los.

Elke land se soewereiniteit beteken onder meer dat hy die reg het om self te besluit by watter oorlog, indien enige, die land bereid is om ingesuig te word.

Maar het elke staat ook die reg om hierdie besluit aan ’n ander staat, selfs ’n goed-bevriende staat af te staan?

Met ander woorde, kan die besluit dat die VSA by ’n oorlog ingesuig word, in Jerusalem geneem word? En dit sonder dat die VSA ’n sê in die saak sal hê?

Of, in die Suid-Afrikaanse konteks, die land in ’n burgeroorlog betrokke raak omdat ’n deel van die bevolking wil voorkom dat oudpresident Jacob Zuma vir korrupsie tereg sal moet staan?

Feit is egter dat afgesien van die dreigende korrupsie-aanklagte teen Zuma, daar min ooreenkomste tussen Israel en buurlande met SA is waar die premier, Benjamin Netanyahu, waarskynlik vir korrupsie vervolg gaan word as hy die verkiesing oor drie weke verloor.

Die algemene 2019-verkiesing vir Israel was vir April geskeduleer, en het toe ook plaasgevind. Die uitslag was egter van so ’n aard dat Netanyahu nie meer ’n koalisie-regering kon saamstel nie. Die land word nou deur ’n soort oorgangsregering regeer wat sake tot die nuwe verkiesing in September moet lei. Lees gerus Maroela se vorige nuuskommentaar, Gaan Israel-verkiesing Midde-Oosterse vrede verongeluk, van 31 Mei 2019, hier.

Wat het sedertdien gebeur? Word die Midde-Oosterse vrede werklik aan ’n ragfyn draadjie aan die gang gehou?

In ’n nuwe artikel neem die Amerikaanse politieke ontleder en skrywer Patric J. Buchanan die kwessie onder oë. Die titel van sy artikel,Will Bibi’s War Become America’s War?” verklap dat Buchanan die toets van soewereine lande se reg om self te besluit of hulle by oorloë ingetrek gaan word, toepas. (Bibi verwys na Benjamin Netanyahu.)

In die artikel gaan hy voort om in detail gevalle te noem waar veral hommeltuie ingespan is om bepaalde teikens in buurlande aan te val wat vir Israel die gewenste verloop sal inhou.

Die gevolgtrekking is dat Israel se aanvalle op teikens gerig word wat as Iranse bondgenote gesien kan word, soos Hizbolla in Libanon. Van die aanvalle was selfs op spesialis-eenhede van Iran gerig wat in Sirië betrokke is. Iran is ’n oorwegend Sjiïtiese land en Sjiïtiese organisasies in buurlande van Israel tree graag as Iran se werktuie van oorlog deur afstandbeheer op, veral teen Israel.

Israel beskou Iran as sy vernaamste bedreiging.

Op die oog af lyk dit of Israel dit met hierdie strategie (of is dit net taktiek?) ver gebring het. Na Israel aanvanklik die aanvalle in die geheim uitgevoer het, word die aanvalle nou erken, en selfs in die kollig gehou.

Dat die VSA hom in ’n volskaalse oorlog teen Iran sal laat insuig, lei min twyfel. Trump is juis baie lus vir ’n militêre konflik met Iran, en die groot aanval was so hittete toe Trump, nadat ’n Amerikaanse hommeltuig afgeskiet is, reeds ’n weerwraak-operasie gelas het maar kort daarna afgelas het. Trump het verduidelik dis afgelas omdat baie burgerlikes sou gesterf het.

Buchanan is uiteraard nie al wat die basies onvoorspelbare optredes van Trump, veral nou met die afloop van die G7-beraad in Frankryk, probeer rasionaliseer nie. Die Los Angeles Times som dit soos volg op: Shifting Gears on Iran:
“President Trump, who has repeatedly denounced former President Obama’s diplomacy with Iran, said on the final day of the Group of 7 summit that he’s open to negotiating with Tehran over its nuclear program. ‘We’re not looking for leadership change,’ Trump said, ruling out a goal that some of his top advisors have explicitly endorsed in the past. So, does that mean he’s taking a new approach toward a government that he’s sanctioned for supporting terrorism in the Middle East? Stay tuned.”

De Standaard berig egter dat Iran, wat ook in die vorm van sy minister van buitelandse sake by die G7 teenwoordig is, slegs bereid is om met die VSA in gesprek te tree as die sanksies teen sy land opgehef word. Iran neem die koppige houding in selfs nadat Trump aangedui het dat daar reeds gesprekke gevoer word oor hoe om Iran se ekonomie staande te hou.

Maar is die eintlike vraag nie of Netanyahu deur sy strategie met ’n belangrike doelwit slaag nie – om sy afspraak met die gereg te verpas nie? Wat Israel se kiesers sien, is dat Israel die vyand in voorspring-aksies aanval en knou. Gaan die kiesers Netanyahu beloon?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Arak ·

Ek is van mening dat Amerika beslis vir Israel gaan veg, maar die rede is nie wat hier verskaf word nie. Jeffrey Epstein was ‘n Mossad projek, en deur sy siek optrede met jong meisies sowel as sy interaksie met die top politiesie in Amerika het Israel ‘n houvas op al daardie vrot politiesie. So, met ‘n paar videos van hoe hierdie “leiers” kinders verkrag, sal hulle enige oorlog vir Israel ondersteun. Amerika veg al oorloë vir Israel sedert die Irak oorlog en ek glo dit is die rede. Het president Trump vir Epstein, geken? Ja. Word hy deur Israel af gepers? Waarskynlik. Gaan Amerika vir Israel veg? Hulle doen dit al vir jare…

marous ·

Die jode slaan die finansiele kitaar in die VSA . As dit nie daarvoor was nie , sou daar geen hand na Israeliete uitgereik word nie . Dis die waarheid.

Jan ·

Gaan doen navorsing oor die “7 Noahide Laws” op YouTube en die internet. Gaan kyk ook na Know more news op YouTube. Baie Christene het ongelukkig ‘n goue kalf van die mense gaan maak, i.p.v. om hulle te konfronteer met die evangelie sodat sodat sommige gered kan word.

Haan ·

Is dit nou dieselfde Trump wat onlangs die “king of Israel” genoem is? Haha, ai nee kyk. Enige iemand met twee pitte kan sien dat iets hier nie pluis is nie.

Leon ·

Ons bosoorlog was die VSA se oorlog en ons is daar ingesuig sonder dat ons ‘n kuese gehad het. Is dis die antwoord wat y soek. Die VSA is goed met die tipe van ding. Eintlik uitstekend.

John ·

Islam wil Israel besit… weer beheer… die kersie op die koek hè met Mohammed as die groot profeet wat glo daar na die hemel opgevaar het waar Christus opgevaar het… heel toevallig soos die moskee wat op die plek gebou is waar die Joodse tempel gestaan het wat die Romeine in 30 nC afgebreek en Jerusalem totaal vernietig het, soos voorspel. Die slim kritici van Trump en Israel glo die potpourri van rasse, die Palestyne (die Romeinse benaming vir die hele ouwèreldse gebied), is vredeliewende uitgeworpenes agv apartheid en die huidige regering onder Bibi, die erge onwettige wreedaaards. Iran wil mbv die struwelinge Israel oorneem. Die Amerikaanse senaat sit vol Jode. Die Bybel voorspel dat die hele wèreld teen Israel sal draai, maar sè dat die skrikwekkende uitloop nie deur mense bepaal sal word nie. Die verloop staan opgeteken. Lees die Bybel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.