Nuuskommentaar: Inkonsekwentheid, Ghoemas, Steve en ras

Steve Hofmeyr (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Enkele jare gelede het die KKNK opslae gemaak deur dit duidelik te maak dat Steve Hofmeyr nie uitgenooi gaan word om aan die fees deel te neem nie. Die besluit het om verskeie redes in die oog gesteek, soos dat Steve in elk geval nie beplan het om deel te neem nie, en dat die KKNK so openlik kant gekies het vir rasgebaseerde instansies soos kunste-organisasies wat hul lidmaatskap tot swart mense beperk.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die Vryheidsfront Plus som die situasie goed op: “Dit is onaanvaarbaar en in der waarheid nie net ʼn belediging vir die hele Afrikaanssprekende gemeenskap in Suid-Afrika nie, maar ook vir alle kunstenaars. Net soos veral joernaliste die grondwetlike reg het op vryheid van spraak, so het kunstenaars ook die reg om hul spraakvryheid en vryheid van uitdrukking deur hul werk uit te leef.

“Ironies genoeg is dit juis vanweë die feit dat ʼn kunstenaar soos Steve Hofmeyr bloot aandring op gelyke regte soos vervat en verskans in Suid-Afrika se Grondwet, dat hy nou die skyf geword het van sekere maatskappye. Die VF Plus ervaar dit as oneerlike dubbele standaarde aangesien van die maatskappye ook bande het met organisasies en partye soos die EFF en sy leier Julius Malema en daar nog niks gesê is oor die onverbloemde rassistiese uitsprake en haatspraak teenoor minderhede vanuit daardie oorde nie.”

Pas het AfriForum aangekondig dat die Menseregtekommissie se beslissing dat Julius Malema se woorde wat darem vreeslik baie na haatspraak klink, nie haatspraak is nie, vir hersiening hof toe gaan neem. Ruim juridiese akrobatiek en haarklowery is vir dié besluit van die MRK ingespan terwyl ’n groot deel van die wit gemeenskap dit as haatspraak en selfs aanhitsing tot volksmoord ervaar. En is dit nie deel van die historiese konteks nie?

Die einste MRK wat eers na appèl aanvaar het dat “Kill the Boer, Kill the Farmer,” op haatspraak neerkom.

Terselfdertyd het die Verkiesingskommissie die appèl van die Vryheidsfront Plus teen die toelating van die BLF se registrasie om aan die verkiesing deel te neem, van die hand gewys. Die OVK se eie reëls en die wetgewing wat daarop betrekking het, verbied die registrasie van partye wat op rassegrondslag gebaseer is. Die BLF verbied blanke lidmaatskap.

Terwyl daar eksklusiewe swart regslui-, sakemense- en kunstenaarsverenigings is, en as sodanig dikwels oor ’n wye spektrum voorgetrek word, kan die herrie kwalik ingedink word as wit mense soortgelyke verenigings stig.

Ja, daar is baie swart mense wat glo swart mense kan per definisie nie rassisties wees nie. Dis ’n opvatting wat grootliks gebore is uit die leerstellinge van die anargis en geweldsfilosoof, Fanon. Maar kan ’n mens jou werklik iets meer rassisties as hierdie opvatting indink?

Die onttrekking van die lied “Ons Land” aan die Ghoemas weens dreigemente van onttrekking van sy borgskap aan die Ghoemas deur MultiChoice omdat Hofmeyr by die lied betrokke is, ruik verskriklik baie na dieselfde soort inkonsekwentheid.

Kortom, wanneer ’n swart persoon presies dieselfde doen, of selfs erger as ’n wit persoon, is dit spraakvryheid, vryheid van uitdrukking en binne die historiese konteks geregverdig. Die wit persoon word sommer deur twee of drie instellings vervolg, skuldig bevind, en elke keer beboet. Die regsbeginsel van double jeopardy word vir ’n ses geslaan. Selfs die tronkdeure kan wink. Of so lyk dit in elk geval. Iets wat na duidelike geestesongesteldheid lyk, word eerder verswarend in plaas van dat die vlak van toerekeningsvatbaarheid oorweeg word.

Of so lyk dit. Uiteindelik word polariserende persepsies gevorm.

Die Ghoema-toekenningsgeleentheid het gisteraand plaasgevind, met nuus oor verskeie kunstenaars wat die geleentheid geboikot het en minstens twee borge wat onttrek het. MultiChoice se afpersing word as ’n aanslag op persvryheid en meningsvryheid beskryf. Lees gerus ook Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, se ope brief aan die Ghoema-instelling hier.

Veel meer is met die Ghoema-insident op die spel as ’n aanslag teen Hofmeyr (wat die karakter van ’n heksejag begin aanneem het), maar eerder die skep van ’n klimaat vir gesonde rasseverhoudinge. Die een vertroebelende hindernis na die ander word in die pad hiervan geplaas. Die aandrang dat versoening nie moontlik is sonder restitusie nie, word al hoe sterker, en selfs as kerklike ideologie ingevoer.

Goed en wel, maar dit eis ook restitusie op van mense wat met onregte van die verlede niks te make gehad het nie, byvoorbeeld jong mense. Het die vermindering van sosio-ekonomiese ongelykheid enige kans gestaan teen die enorme bedrae belastingbetalersgeld wat weens staatskaping, korrupsie en bedrog uit die ekonomie geroof is? En hoe dra onewehandigheid en dubbele standaarde in die regsproses, ongelyke aanwas en veral kwasi-regsoptredes enigsins tot versoening by?

Die antwoorde gaan ook nie gevind word deur sake politiek-korrek aan te pak nie. Nee, dis nie ’n pleidooi vir ongepoetsheid en onbeskoftheid nie, maar dat die werklikheid en ewehandigheid deeglik in verrekening gebring word.

Die onewehandigheid in Suid-Afrika word toenemend stroomop in terme van internasionale gebeure oor die lot van minderhede en standpunte daaroor. Verskeie lande en hul minderhede word bespreek in die jongste nuusbriewe van International Coalition for the Responsibility to Protect, asook die Unrepresented Nations and Peoples’ Organisation.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Pietman ·

Die huidige onewehandigheid is juis hoekom blankes nooit ‘n minderheid moet wees nie. Wat ons wel is. Nou wat nou?

Liza ·

Werk vir geografiese selfbeskikking, dit is die enigste alternatief.

pinkie ·

Dit beteken nie dit is reg dat daar teen jou gediskrimineer moet word of dit ooglopend toelaat nie. Staan op uit die stof.

Chrisjan ·

Weet jy dan nie ? Die Here en jy is ‘n oormag ! Bly net in God se greep, daag op elke dag en kyk hoe Hy die oorwinning behaal oor sonde, ongeregtighede en oortredinge. Bly hoopvol ! Niks is te groot of te vêr verval nie.

Selfbeskikking alternatief ·

Selfbeskikking sal die antwoord wees om te oorleef, nie net vir ons nie maar vir alle groepe wat nog beskaaftheid wil behou in die huidige vlaag van kommunisme wat die wereld tref.

Dries du Toit ·

Uitstekend Herman en Dankie vir al jou bydraes. Wens die hele Afrikanervolk kan jou artikels lees

Siener ·

Die tyd het aangebreuk dat Afrikaanse kunstenaars hulle Ghoema beeltjies vernietig op ‘n openbare nuus konferensie. Komaan Steve, Jay. Neem leiding en wys hulle wat dink ons Afrikaners van Ghoema

Koos de Meyer. ·

Die goemagh storie is siek. Hulle kruip by die meerderheid ten koste van Afrikaans. Lesufi het met sy snert begin en nou daans almal na sy pype. Swak, ruggraatloos.

Herman G ·

Baie, baie waar. Dit is nou al so van 1994, indien nie vroër nie.

Wat die Steve haters nie besef nie, is dat hulle Steve in ‘n groter held maak.

Deon ·

Afrikaners is nou muishonde, al doen ons wat. Ons het nie vriende nie en is op ons eie.

$ ·

Ek herinner my aan ´n sekere stuk ´kuns’ wat blykbaar geen haatspraak was nie maar bloot (toelaatbare) vryheid van uitdrukking deur ´n kunstenaar – en geen borg het gedreig om weens dié ´kunswerk’ te onttrek nie (F@$k all Whites).

Ek hoop Afriforum bring sommer hierdie nuutste Afrikaner-boeliery ook onder die Amerikaners se aandag tydens hulle besoek (ek hoop hulle is nog daar).

Francois Joubert ·

Karin Meiring was in beheer by KKNK toe Steve uitgeskop is. Nou weer by Ghoemas?

Johan ·

Korrek François. Karen Meiring is die een wat die saak kon ontlont het. Sy het besluit om die vuur aan die brand te steek onder die vaandel van demokrasie.

Gert ·

Hoekom dink julle is sy in so ‘n pos aangestel deur die swart base? Go figure.

fred ·

die man Fanon is quote ” n swart man van die West-Indie , marxist en liberation vegter…”….moet daar nog meer gesê word?
My mening is dat BEE die grootste vorm van rassisme en seksisme is omdat daar punte op basis van ras/geslag toegeken word…..

smurfie ·

Die hele storie is eintlik soooo snaaks. Moet my nie verkeerd verstaan nie, wat ek probeer sê is, ek lag vir hulle.
Want alles wys jou net, hoe bedreig hulle voel deur Steve. Hulle is almal dood bang vir die man.

Alida ·

Wat hulle nie WIL weet nie is dat STEVE die kaartjies verkoop. Maak nie saak waar nie. Die wat hom so uitskop of uitgeskop het in die verlede moes dit tog al agtergekom het of is hulle blind en doof. AFRIKAANS BLY BO !!!! Dankie vir al die publisiteit aan ons top afrikaanse kunstenaars.

Marnia Wessels ·

Die mooiste lied. Ek is so bly dat kunstenaars Ghoema toekennings geboikot het. Steve, ons staan saam met jou.

Sheryah ·

Die ghoemas moes net nie toegegee het aan Multi choice se eise nie. Die afrikaners sou vinnig geld geskenk het om die borgskap te dek en hulle kom dit op YouTube en Facebook “live” uitgesaai het. Ghoemas het afrikaans onder sy alie geskop, maar bygesê, ek dink Multi Choice het aspris tot op laaste nippertjie gewag om ontrekking van die lied te eis omdat hulle geweet het dat Ghoemas desperaat sou reageer. Hulle het dit gedoen om onmin tussen die Afrikaners te saai. Ek dink Afriforum moet ‘n Afrikaanse TV kanaal oopmaak heeltemal onafhanklik van DSTV.

riaan ·

Miskien moet Afriforum en gerrie nel bietjie kyk na die uitsaai lisensie voorwaardes van multichoice?

Nader ICASA dat hulle, hulle lisensie om uit te saai as gevolg van rasistiese oorweging verloor!

Van die klop slapgatte by ghoemas wil ek nie eers praat nie!

bolla ·

Steve pluk ‘n lat vir homself. Dis goed om op te staan vir Afrikaans maar sy aanslag strek veel verder as dit en hy verkondig goed wat nie eers meerderheid Afrikaners meer saamstem nie. Hy verdien ongelukkig die pakslae wat hy kry.

@ Bolla ·

ag asb tog .. maar nooit kry MALEMA pakslae vir sy moorddadige praatjies, rassisme en geweld nie?? IS dit nie eienaardig nie . ek hoor julle almal tjank oor STEVE, maar nooit hoor ek dat MALEMA moet pakkry nie? NIe eers die MRK wou hom pakgee vir BLATANTE rassisme nie .. so julle is baie skynheilig.

riaan ·

@bolla

Jou “wysheid” gaan my verstand te bowe!

Dit gaan nie oor Steve nie! Dit gaan oor die beginsel dat multichoice teen die blanke diskrimineer en rasisties optree terwyl magashule, malema, mngxitana, ens. daagliks hulle rassistiese gif op multichoice uitspoeg maar dit is aanvaarbaar?.

Judge Dredd ·

Jy alleen is seker nou die meerderheid Afrikaners ne? Hehehehehe

Angel ·

Love Steve’s music regardless what he believes or does in his private life. Isn’t that what the awards should be about.

Andre ·

Vir die vroutjie van Ghoemas en KKNK gaan als net oor geld. Geen trots nie. Steve kan nie alleen vir ons Afrikaaners opstaan nie. Dis tyd dat ons saam staan.

Alida ·

In hierdie geval het Steve NIKS verkeerd gedoen nie. Hy het sy werk gedoen, ‘n liedjie geskryf en is vereer daarvoor. Dit is die borge wat ‘n issue het. Steve het niks verkeerds gedoen nie. Hy het nie vir Multichoice en kie gevra om te onttrek nie. Hulle gebruik hom as ‘n wapen teen afrikaans.

Anoniem ·

Karen Meiring voel ‘n veer vir Afrikaans, die groot aantal Engelse advertensies op kykNET is ‘n sprekende bewys daarvan.

riaan ·

Al wat vir meiring saak maak is al die partytjies (deur intekenare gesponsor) in spog hotelle in die Kaap waar drank en eetgoed in oorvloed is! Kyk maar, elke tweede program om kyknet wys een of ander partytjie by ‘n sekere hotel in kampsbaai!

Intussen moet ons tevrede wees met heruitsendings en minderwaardige kamtige komedies soos Hotel en Nare waarheid, ens.

John ·

TereSteve is besig met erge opsweping, wat aansluit by die ‘terugslaan’-tema. Om af te daal na die boelie-vlak, maak nie saak hoe onewehandig of handig nie, sulke aksies is gevaarlik in vandag se tye. As mens bedreig word, en jy het verstand gekry, dink jy eers… jy sing nie eers ook opruiende liedjies sodra Raka verskyn nie en slaan dan manhaftig soos Tarzan op jou haarlose (in ‘n veiligheidsharnas beskermde) oumansbors nie en hol dan na moedertjie toe… die Engelse enetjie wat mos soveel beter is as Afrikanermeisies… SA se probleme gaan nie uitgestem, uitbaklei of uitgeredeneer word nie… Dis ‘n krisis van mega-proporsie wat net deur Bomenslike kragte, uitgesorteer kan word.

riaan ·

@john

Jy moet regtig minder drink!

Die is Maroela Media, nie jou local bar nie.

$ ·

Ai, @Riaan – hoe lekker lag ek nou!

Nou verstaan ek waarom ek nie kop of stert kon uitmaak wat John probeer kwytraak nie ?

Christien vd Westhuizen ·

Dankie aan al die kunstenaars en almal wat Steve ondersteun

Boet Fasie ·

Laat die borge hulle geld hou, kom ons ondersteun die kunstenaars en boikot die wat teen afrikaans is, ons geld maak die verskil en as ons gaan stilbly en stilsit gaan ons alles verloor.

Kriek ·

Ek het onlangs met die bestuurder van drie Spur eetplekke in die Kaap gesels oor die skade wat die boikot aangedoen het. Ek was nie seker of dit in werklikheid n invloed gehad het nie. Hy sê dit het n reuse val in inkomste veroorsaak, so erg dat een restaurant moes toemaak en dit gaan nog steeds aan. So die minderheid kan wel n verskil maak aan Toyota en MTN.

Gerrit ·

Afrikaanssprekendes en veral Afrikaners moet wakker skrik. Multichoice en vele ander is deel van die vendetta om Afrikaans en Afrikaners te vernietig. Hul is blatant en berekend. Ongelukkig is daar vele mense wat stiksienig deur die lewe gaan.

Leon de Vries ·

Ek dink Steve Hofmeyr word as ‘n verskoning voorgehou. Die mense wat verantwoordelik daarvoor is dat die video van die benoemingslys verwyder is, hou nie van die boodskap van die video nie. Dit sal hulle natuurlik nie wil erken nie, so hulle strategie is toe om S H as verskoning te gebruik.

Stephen Namibia ·

Steve ek het jou jare gelede nie gelaaik nie. Ek het gedink jy is arrogant en ek het ook nie van jou musiek gehou nie.
Ek het my opinie omtrent jou verander. Afrikaans is nie my eerste taal nie maar ek salueer jou vir dit waarvoor jy staan.
Moenie ophou nie ons het meer mense soos jy nodig, wat ongeag persoonlike aanslae teen jou asook finansieel jou loopbaan knou, nog steeds bereid is om te veg vir dit wat reg is. Die geskiedenis sal jou onthou.
Ek ondersteun jou heelhartig.

Andreas ·

Herman, om verdere perspektief te gee, sal dit nou nie wonderlik wees as jy ‘n rubriek kan skryf en die verskille bespreek hoe Ayanda Mabulu, Zapiro en Steve hulle uitdruk nie, betreffende Steve, juis soos Hannes Noëth dit in sy artikel oor “’n volk staan op” belig het nie?

Jandre ·

Vols-helde Jay du Plessis, Nicholis Louw,
Bobby van jaarsveld
Bok van Blerk
Dewald Wasserfall
Arno Jordaan
Adam Tas
Corlea Botha
Arnold Coleske
Lianie May
Bok van Blek

Dankie ♥

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.