Nuuskommentaar: Is aanblaas van “die wit gevaar” nie haatspraak?

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Max du Preez het in ʼn rubriek, ANC, EFF smous met die Wit Gevaar, die ANC en EFF se troetelkind ʼn naam gegee. Dit kom egter, soos ander rubriekskrywers daarop gewys het, al ʼn geruime tyd aan. So word die Afrikaner uit sy regsruimte gesleep en weer by rassepolitiek, waarvan die hoofstroom afgestap het, ingesleep en verguis.

Dit gebeur selde dat Max du Preez nie oor sy rubrieke in Afrikaans oor die boeg gespan en uitgelooi word nie. Dié week het hy egter in ʼn rubriek op Netwerk24, ANC, EFF smous met die Wit Gevaar, die politieke inkorrekte aangedurf waar baie ander rubriekskrywers wyd hou.

Max het dit onder meer oor pres. Jacob Zuma wat swart mense aanmoedig om vir swart partye te stem, om wit mense se motiewe te frustreer.

Dit was egter (alweer) die heethoof, Julius Malema, wat uitgehaak het. Sy somme het hom klaarblyklik liederlik in die steek gelaat toe hy swart mense aangemoedig het om meer babas te hê om te keer dat wit mense ʼn getalle-oorhand kry en die regering oorneem. Op ʼn ernstiger noot het hy gesê: “Ons gaan die land vat met alles daarin, of hulle (wit mense) daarvan hou of nie. Zuma is nie ons vyand nie. Zuma staan tussen ons en ons vyand, die wit man.”

Malema kon dit nie duideliker stel dat die wit man die vyand is nie.

Wat Max nie eens genoem het nie, is dat Malema in die konteks van “alles in die land behoort aan ons en ons gaan dit terugvat” gesê het geen witte het die land met grond binnegekom nie. ʼn Man met ʼn graad behoort darem ook te weet geen swart man het die land met grond binnegekom het nie – die land is deur die KoiSan bewoon, duisende jare voor die swart mense die land begin binnekom het.

Wat in hierdie konteks van belang is, is dat Max ook gesê het: “Dit is heeltemal legitiem vir politieke partye om ongelykheid uit te wys en ʼn omkeer daarvan te bepleit, selfs om die breë wit gemeenskap skerp aan te spreek. Daar is geen rede waarom wit Suid-Afrikaners met handskoentjies gepak moet word nie. Maar om dit die hooftema van jou goedkoop populisme te maak, is gevaarlik. Die ANC speel die Wit Gevaar-kaart om die DA te stuit. Die EFF gebruik die Wit Gevaar om uit die woede van jonger swart mense munt te slaan…

“Wit mense het as’t ware die Antjie Somers van Suid-Afrika geword en die EFF en ANC se uitlatings word nou daagliks selfs meer en meer militant in sosiale media weerspieël.”

Die gebeure en gevolge waarna Max verwys, staan egter nie in ʼn lugleegte nie en die navorsing vir hierdie nuuskommentaar was byvoorbeeld reeds gedoen teen die tyd dat Max se rubriek verskyn het.

Zuma het onlangs die land laat regop sit, deur te verklaar sy lojaliteit lê eerstens by die ANC en dan by die land. Selfs onder druk het hy hiermee volgehou en die ANC self het dit toegelaat. In die proses verbreek hy uiteraard sy ampseed, soos hy ook in ander sake doen.

In so ʼn grondwetlike warboel, is dit bloot natuurlik dat die land se mense op maniere sal reageer wat deur die res van die wêreld as vreemd ervaar sal word.

Met die voorlaaste Versoeningsbarometer, het die meerderheid respondente aangedui hulle identifiseer hulself eerstens met hul rassegroep en dan as Suid-Afrikaners. Met die jongste barometer het die situasie nie wesenlik verander nie, maar 75 persent het aangedui hulle beskou dit as belangrik, maar nie noodwendig as die belangrikste nie, om hul Suid-Afrikaanse identiteit te ervaar.

Dit druis reëlreg in teen die verklaarde doelwit van die ANC om ʼn nie-rassige samelewing te skep, maar hy gaan uiters vreemd te werk deur deurentyd die rasaspek tot norm te verhef.

Hoe lyk sake in ʼn betreklik normale samelewing?

Volgens die jongste Rasmussenpeiling, meen 29% van Amerikaners hul grootste lojaliteit lê by hul land en 26 persent is eerstens oofsaaklik lojaal aan hul godsdiensgroep.  Die meerderheid plaas egter hul gesinne eerste.

Net 12 persent se eerste lojaliteit lê by hul gemeenskap en 11 persent se eerste lojaliteit lê by hul werk.

En in skrille kontras met waar Zuma se eerste lojaliteit is, lê net 4% se vernaamste lojaliteit by hul politieke party.

In ʼn vroeëre peiling het 86% van Amerikaners aangedui hulle is trots Amerikaans. In nog ʼn peiling het die meerderheid Amerikaners van alle rassegroepe aangedui hulle identifiseer eerder met die stelling, “All people do matter”, as die veldtog, “Black people do matter.”

In 2014 skryf Johan Redelinghuys in die Daily Maverick etnisiteit en die konflik wat dit veroorsaak, begin oorheers. Hy wys voorts daarop dat die meeste kiesers in hul stempatrone verklap hulle is eintlik baie rasgebonde in weerwil daarvan dat hulle voorgee hulle is nie-rassig. Dit beteken onder meer kiesers is erg ontevrede met die ANC se dienslewering, maar sal steeds weens hul ras vir die party stem.

Dit is natuurlik ook geen geheim dat die ANC met elke verkiesing die rassetamboer kliphard moker en sodoende sy gewoontesteun verseker nie. Met die komende verkiesing is die noot weer hoog, by tye histeries hoog, ingesit.

In die proses word die normale demokratiese verkiesingsproses, wat die grondwetskrywers in gedagte gehad het, uiteraard gerysmier en sal minderhede hulle al hoe duideliker in verskillende fasette van belangepolitiek begin uitdruk, soos om burgerlike instellings te bemagtig. Die Solidariteit Beweging se Plan B is ʼn uitstekende manifestasie hiervan.

Dit lol as burgerlike instellings en opposisiepartye die ANC looi en dan van dislojaliteit teenoor die land, of selfs erger van sedisie, beskuldig word. Om die ANC se misstappe te kritiseer, toon egter juis lojaliteit teenoor die land.

Daar kan egter nie net op Zuma en sy indiskressies gefokus word nie. Dit wat Malema en sy party aanvang, is dodelik gevaarlik. Dit gaan veral van belang wees na die munisipale verkiesings, wanneer dit heel moontlik in ʼn hele rits munisipaliteite onmoontlik gaan wees om ʼn alternatiewe regering vir die ANC te vorm, waar die ANC en sy g*tkruiper-partytjies nie ʼn volstrekte meerderheid vorm nie.

Mens kan wel redeneer dat dit waarop die EFF die meeste hamer, niks met munisipale sake te make het nie en dat samewerking op munisipale vlak dus tegnies moontlik is. Maar nie lank na hierdie verkiesing nie, in 2019, moet die volgende algemene verkiesing plaasvind en munisipale koalisieregerings wat die EFF insluit, kan hulle in groot verleentheid bevind as Malema nie leer om ʼn wag voor sy mond te sit en sy uitlatings oor witmense, wat moeilik as iets anders as haatspraak vertolk kan word, erg te temper nie.

Na 1994 het die deursnee Afrikaner uit die rassepolitiek gestap – hetsy deur volmondig in die nuwe grondwetlike bedeling se fokus op individuele regte, of om in terme van minderheidsregte / belangepolitiek die grondwetlike norm en die norm van die internasionale reg van taal en kultuur aan te hang. Maar die ANC en nou die EFF, hou aan om die Afrikaner uit sy regsverskanste posisie te sleep en in die put van rassepolitiek te werp, waar haatspraak en rasdiskriminerende praktyke op hulle reën.

Om groot gewag te maak van wat verkeerd is, beteken natuurlik niks as daar nie oplossings aan die hand gedoen word nie. Hieraan het Maroela reeds by herhaling aandag geskenk. Solidariteit se Plan B raak by die dag belangriker en kry groter stukrag namate die lidorganisasies van die Solidariteit Beweging se steun groei.

Elke staatkundige opsie is onderhewig aan die noodsaak van genoeg wedersydse begrip en vertroue, maar dit raak bitter moeilik as die versoenende hand ter wille van opportunistiese politieke munt weggeklap word.

Tegnies is dit reg om Zuma, Malema en ander wat hulle aan rassisme en haatspraak skuldig maak, daarvoor aan te kla.  Om Zuma aan die pen te laat ry, is egter baie moeilik. In Januarie verlede jaar, het die Vryheidsfront Plus Zuma van haatspraak aangekla. Later is berig Zuma moet op 8 Mei verlede jaar op die aanklagte by die Menseregtekommissie antwoord. In Januarie vanjaar het die party opnuut ʼn klagte van haatspraak teen die president ingedien. Dit lyk inderdaad nie of die Menseregtekommissie belangstel om deel van die oplossing van die land se probleme te wees nie.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

SkarrelKind ·

Herman, ek dink baie keer so in my binneste dat Max du Preez enige iets, al is dit soms “minder slim” sal kwyt raak, net om as joernalis nie net in die niet te verdwyn nie. Ek steur my lankal nie meer aan hom nie. Daar is ‘n gesegde “lee blikke… ” – jy kan dit maar self voltooi …

pieter ·

die wittes in die land is hulle eie probleem,soek liewer gemeenskaplike gronde om saam te staan,en hou op om die vyand te beskuldig,dit maak hulle net sterker.

Rynhardt ·

In 2015 het ek vir Maroela gese dat Malema en Zuma groot vriende is, en nie vyande soos wat hy voorgee in parlement nie.Die EFF steun Anc se vryheidsmanifes! Hy was ook gebruik om Afrikaanse universiteite te teiken, want blankes mag nie vry en onafhanklik wees nie, nog minder suksesvol.In Sondag se Rapport van 17April gee homself juis weg met die stelling:”Maar Zuma is nie ons vyand nie.Zuma staan tussen ons en ons vyand, die wit man.” Weereens kykk die Menseregtekommissie anderpad.Een ding word vergeet.Wittes gaan nie net en toekyk hoe alles van hul geroof word nie! Wanneer n spreker soos Malema geweld verkondig, is dit juis hy wat deur sy eie swaard gaan val.Anc en EFF gaan in chaos wat kom,nog lekker mekaar takel!Die tafel is gedek met uitgeslape SAKP wat die kitaar slaan.

Rynhardt ·

Maroela, ek het toevallig op iets baie interssants afgekom, wat julle by Maroela media en jul lesers baie interessant sal vind oor Malema! Ek wil dit net hiwr duidelik maak, ek is nie n bewonderaar van die skrywer, Adriaan Snyman nie, maar op sy webwerf, http://www.Vaandel Uitgewers.co.za onder die hofie,”DIE DRIE PLAE KAN SA DOODBLOEI” het hy n ABSA-bankstaat geplaas van Malema.Die bedrag is R8,978000 wat hy van Brittanje ontvang het.Snyman het my meegedeel per epos dat dit kom van n betroubare bron by ABSA.Julle kan met hom inverbinding tree vir storie en staat wys vir almal op jul webwerf.Ek dink jul sal dit interessant vind, aangesien SARS nie Malema vir belastingontduiking wil vervolg nie.Dit berus by julle vir srorie.

Theuns ·

Uitstekende Komentaar Herman. Jy praat die WAARHEID soos dit is!! Max is ‘n verkleur manetjie wat maar die heeltyd sy verwarde denke probeer voortplant.

Theresa ·

Die “vyand” vernietig ten minste nie als wat voorkom nie. En die “vyand”is nie lui nie. Die sg vyand is lojaal, pittig, hardwerkend en ja, dis waarom daar so gemoor word. Want dis algemene wêreldskennis dat hul ook nie sal tot niet gaan vanself nie – heeltemal te vindingryk! Dis maar reg as almal dan weer stem vir dieselfde snert en korrupte mense. Dan het hul darem weer iets om in die strate oor te spring en te plunder.
Die twee kamstige leiers maak hul skuldig aan haatspraak. Hul moet verseker publiek en in elke media moontlikheid vasgevat word daarvoor.

Dirk Breytenbach ·

Plan B word by die minuut meer relevant. Dis nou tyd vir progressiewe denke onder Afrikaanses. Ek gebruik die woord Afrikaanses sodat die wat nie glo hulle is Afrikaners nie, ook ingesluit kan word want by die regerende party en sy aanhangsels kan ons niks verwag nie.

Grassie ·

Tydens dieselfde toespraak het Malema ook gesê die witmense moet nie handeklap omdat hy besig is om van Zuma ontslae te raak nie, want “julle is volgende.” Wat hy sê is al vèr by haatspraak verby – dit is doelbewuste aanstigting tot revolusie en volksmoord. En dit werk – die plaasaanval naby Vryheid is ‘n voorbeeld daarvan. Ek lewer selde kommentaar op plaasmoorde, want wat ek te sê het sal Maroela nie plaas nie. In hierdie geval het 12 gewapende aanvallers die woning betree en drie boere geskiet, waarvan twee oorlede is. Daar is wel geld gesteel maar wat is die opbrengs van ‘n plaaswinkeltjie? Dit regverdig nie die dodelike geweld en intensiteit van die aanval nie. Twee van die slagoffers is bejaard, die doodslag sou onnodig wees as die motief bloot roof was. Dit was blatante volksmoord, terrorisme aangevuur deur die uitsprake van ANC en EFF leiers.
Gaan Malema aangekla word van haatspraak? Ek glo nie.

Gert van KZN ·

Dit is al baie gese, maar niks kom daarvan nie. Hoekom sluit die boere nie die hoofpaaie met watter metode ookal. Hier moet duisende tonne wit mielies ingevoer word agv die droogte. Stel pad blokades op waar alle lorries met witmielies op verhoed om verder te ry. As jou getalle genoeg is, hoe gaan die owerhede jou stop. Twee dae sonder pap en Malema sing ‘n ander deuntjie. Ek is jammer, maar sagte praat en praat, gaan ons (die res van die gematigde inwoners van SA ingesluit by die handjie vol wittes) net mooi nerens bring nie.

hans brits ·

Geen grond in die heelal behoort aan iemand nie.Mense haters soos malema,bob en zuma hoort in die tronk op pluto.

Mielie ·

JM is untouchable soos JZ,ek glo ook hy werk met n plan saam met Zuma, om die kiesers te verdeel en te vervreem van die DA en die DA doen homself geen gunste. Wat ek nie van beide hierdie 2 wit haters verstaan nie, tydens die kont. Hof sitting het hulle van die wit gevaar se dienste gebruik gemaak, skaamteloos teenoor swart regslui. Ek glo ons is in moeilikheid ….oppad 2019 gaan van die moeilikste tye vir ons ras wees. Max is n verkleurmannetjie

sethos ·

Dt is n ernstige sak wat moet aangespeek word omtrent oor di moorde vn boere.ek dink een vn di opesisie partye moet dt in die parlement aanspreek.

Johan 2 ·

Dalk moet ons eerste die Vrystaat afvat en alles wat Engels praat uitgooi. Dan kan ons in koalisie met Lekota en die BaSotho probeer regeer. EFF en ANC is niks anders as “moderne engelse” nie.

Godfried ·

Ek wonder wat gaan gebeur as die EFF ‘n groot loesing by die verkiesing gaan kry? Ek dink hulle word ‘n bietjie baie oorskat.

Johannes Meintjes ·

Die blanke in SA se probleem is hy self. Terwyl ander kulture altyd skranderheid sal verguis, is die versuim tot kreditwaardige en volhoubare prestasie die ondergang van die blanke Afrikaner.

Nicolise ·

Sondag aand in ons kerk het ons dominee gepraat oor al die verkeerde dinge op ons pad kom selfs die man met die rooi overall is daar geplaas, maar kan ons dit hanteer en hoe hanteer ons dit. Dit is tyd dat ons almal op ons kniee gaan en bid en hulp vra. God sal ons nie net los nie, maar dis asof daar nog steeds mense is wat nie eerstens eers ‘n bietjie bekommerd is nie. So ons begin punt is op ons kniee en vra vir hulp

Shirley Wassenaar ·

Herman, ek het jou rubriek verskriklik geniet .
Ek lees graag Maroelamedia nuus. Baie dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.