Nuuskommentaar: Is Afrikaners skaam vir die verlede en bang vir die toekoms?

Rooi Oktober in Pretoria in 2013. Foto: Facebook

In die konteks van ’n massa-wegblyaksie wat vir 10 Oktober beplan word en waarvoor ’n beroep op spesifiek Afrikaners gedoen word om weg te bly en hul beursies toe te hou, is berig dat Max du Preez gesê het hy steun die idee as dit “die arme mensies” wat skaam is vir die verlede en bang is vir die toekoms beter gaan laat voel. Hy dryf duidelik die spot. Dalk skop hy sy ATKV-lidmaatskap wat hy onlangs opgeneem het so effe in die tande.

Aan die bod is mense wat ontevrede is dat hul geld onder meer vir belastingdoeleindes goed genoeg is, maar dat hulle in plaas van erkenning ontvang, gemarginaliseer word. Slaan dus met die beursies terug.

Natuurlik is daar vanuit ’n grondwetlike oogpunt niks mee verkeerd nie, tensy dit natuurlik op geweld uitloop of op ’n ander manier ’n onwettige stertjie bykry. Oor die wysheid om dit rasgebonde te hou kan besin word, en Rhoda Kadalie het juis teen so ’n manifestasie gewaarsku.

Oor die wysheid hiervan, terwyl daar so tussenin lustig op die selfoon of internet gekuier word, en die “Afrikaanse rekenaar-woordeboek” mildelik ingespan word om bier by die drankwinkel te gaan “upload” en terug by die huis te “download”, kan net bespiegel word. Dis ’n dag waarvoor groot voorbereidings soos met voldoende kosvoorraad voorsiening gemaak moet word, en heelwat vanselfsprekendhede opgeoffer moet word.

En ja, daar sal diegene wees wat hierdie dag streng sal onderhou.

Die Afrikaner se verdeelde sentimente blyk onder meer duidelik uit die reaksie op twee berigte gister op Maroela Media. Die berig oor ’n derde baba vir prins William en Kate Middleton het meer as 2 000 Facebook-reaksies gekry (wat deel van die hoofblad insluit). Die berig oor die Japanse prinses Mako wat haar titel kwyt gaan wees oor sy met ’n burgerlike gaan trou, het hierteenoor 81 soortgelyke reaksies gekry. Om dit bruusk te stel, berigte en artikels oor die Britse koningshuis (die laaste koloniale oorheersers) het lesers in Afrikaanse tydskrifte gaande, terwyl nuus oor die Nederlandse koningshuis – een van die stamlande – skaars raakgesien word.

Dit is elkeen se demokratiese reg, maar is maar een van die baie aanduiders dat daar sekere aangeleenthede is wat vir baie Afrikaners baie, baie swaarder weeg as sekere volksake waaroor ander baie ernstig voel.

Dit is natuurlik ’n probleem dat die Afrikaner nie nou op die een of ander manier statutêr ’n duidelike leier het nie. En geleende leierskap is selde eendragtig, soos wat met oudpres. Nelson Mandela die geval was, en ook nie dikwels langdurig houdbaar nie, soos die wye onvrede met pres. Jacob Zuma getuig. Om die Guptas as die Afrikaner of enige ander groep in Suid-Afrika se de facto-leiers te aanvaar gaan eenvoudig nie van die grond af kom nie.

In die mees onlangse uitsending van RSG se program Kommentaar het prof. Erwin Schwella van die US gemeld dat die Afrikaners in die DA dalk minder tuis begin voel.

Die onlangse onvrede tussen die DA-leier, Mmusi Maimane, en die vorige leier, Helen Zille, oor ’n groep-perseptiewe ding soos die voor- en nadele van kolonialisme het baie se gemaksone ongemaklik laat word.

Teen dié agtergrond is dit geen verassing nie dat die Afrikaner hom sterk tot burgerlike instellings wend, en veral die Solidariteit Beweging met filiaal AfriForum, trek die aandag. Sulke bewegings is ’n kenmerk van grondwetlike demokrasieë, net soos ’n vrye pers. Dit gee aan die lede stukrag om hulle kollektief te laat geld.

Juis hierom is Max se stelling dat die Afrikaner, minstens daardie deel wat voel hulle is gemarginaliseer, skaam is vir die verlede en bang is vir die toekoms, erg misplaas.

Watter lid van AfriForum wat iewers aan Plan B werk, soos om Akademia te laat blom, of aan ’n buurtwag deelneem, is nou werklik bang vir die toekoms? Dis nie die aard van ’n Christen-gelowige nie. Veel eerder word kennis geneem van bedreigings en aktief werk daarvan gemaak om dit die hoof te bied.

En watter beter demonstrasie van ’n volk se vermoë om kop op te tel en Plan B behoorlik te laat vlot kan daar wees? Ja, dit werk op teenstanders se senuwees, veel meer as ’n wegblydag, soos Max wat geskryf het Solidariteit het die Afrikaner ge-staatskaap. Maar minstens gaan dit ordelik en arbeidsaam daar, en bied geleentheid om die kop op te tel. Dit is nou om sonder om die een aksie teen die ander op te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Vermeende ·

Om vir een dag jou beurie toe te maak gaan geen vrugte werp nie oor die eenvoudige rede, die geld wat jy op daai dag uit surkilasie hou gaan jy die dag daarna spandeer so die geld word net n dag later in omloop gesit, daai dag se geld gaan nie in jou spaarrekening eindig en uit die ekonomie bly nie.
So n staking is die pervekte vertoning van mag maar kan slegs geslaagd wees oor n langer periode.
Du Preez kan maar skaam voel, ek het geen skaamte oor die verlede nie en vrees ook nie die toekoms nie.

Sylvanus ·

Ja née, die een dag maak absoluut geen sin vir my nie, Los die bang maak aksies, en magsvertonings en sit jou R50 of R100 n maand in organisasies soos Afriforum en Solidariteit, etc. se rekening wat die mag het om vrees te laat realiseer by die manne wat ons land skade maak.

Dis Waar ·

Om vir 1 dag nie geld te spandeer nie is die oplossing vir…..wat?
1. Mense gaan die 9de hulle kaste volmaak en ekstra geld spandeer…
2. Mense gaan die 11de winkel toe hardloop vir als wat hulle moes prysgee op die 10de.
So wat presies is die punt van hierdie aksie?

Bertus ·

Een dag Gaan niks doen nie. Twee weke. Daar is iets oor Desember iewers Gese. Laat boere ook hul produkte twee weke weerhou. Ja Dan Sal almal dit voel. Staan saam

Onbekend ·

Een dag Gaan niks doen nie. Twee weke. Daar is iets oor Desember iewers Gese. Laat boere ook hul produkte twee weke weerhou. Ja Dan Sal almal dit voel. Staan saam

Afrikaanse Knaap ·

Ek is net stil oor die hede want ons het geen mag nie.
Die verlede is verby, ek het geen rede om skaam te wees nie.
Die toekoms maak my opgewonde.
Max praat vir die wat hom die meeste betaal.
My verlof is in.

JC ·

Die antwoord op die vraag vervat in die opskrif van Herman se artikel, NEE!

Adam ·

Inderdaad en wat meer merkwaardig is, is dat Herman getrou aan die waarheid bly in soverre hy die feite weergee, iets wat nie baie joernalisste mee kan spog nie. Max is ‘n intelligente man, maar begin al meer skryf vir die wat lyk soos ontnugterde oud NP-politici wat aan die post 1994 skuldgevoel en geheueverlies ly. Die “arm mensies” hoef nie met skuldgevoelens rond te loop nie. SA is daar vir almal en dit is hoog tyd dat die regering dit besef en ophou om sekere groepe te marginaliseer. Organisasies soos Afriforum en Solidariteit kan inderdaad ‘n groot rol speel en is werklik ‘n uitstekende voertuig om ons as Afrikaners se belange te bevorder. Die probleem is net dat hulle ondersteuners nie verstrengel moet word in totale twak wat rassehaat aanblaas nie. Ken in die lug en met opgerolde moue is daar nog ‘n toekoms vir die land, indien ons bloot ‘n regering kan kry wat ‘n “SA eerste” beleid kan volg.

Niel ·

Dit gaan geen doel dien nie, alhoewel ek in is, ons moet ons geld begin weerhou van besighede en instansies wat teen ons (blankes) is en moet hulle een vir een aanvat. Almal moet bv saamstaan nadat een genoeg geknou is of tot niet gegaan het dan die volgende een aan te vat. Sodoende sal ons ontslae raak van hulle. Kyk maar bv na die Spur geval. Almal het hulle geld van die een instansie weerhou en dit het hulle goed geknou. Ons moet net mooi beplan. Om belasting te weerhou sal natuurlik die ultimate wees maar gaan moeilik wees.

willie ·

Wat steur julle nog aan wat ou Max kwytraak, hy het in elk geval genoeg om hom vir homself te skaam!

Mielie ·

Die een ding wat ek wel gaan doen is om op te hou om Mdp se artikels te lees. Ek ondersteun nie eetplekke waar daar nie ook blanke teenwoordigheid onder die personeel is nie. Ek maak slegs donasies waarby my eie ras kan baat. Ek is verskriklik bang vir ons toekoms in die land nie net vir my nie maar ook my ouers kinders en familie.

Williew ·

Ek sal ook verlof insit vir daardie dag,dit is in elk geval nie in ons aard en natuur om net weg te bly nie,want ons besit ‘n karakter eienskap genoemd: Verantwoordelikheid.
Ek sal baie graag wil sien wat gebeur,al maak die hele dag nie sin soos baie mense voel nie,wat wel waar is,hulle argumente is 100% waterdig. Maar waaroor dit eintlik vir my sal gaan is om te sien of “ons” as ‘n “etniese” groep kan saamstaan onder ‘n gemeenskaplike doel. Dit is vir my die belangrikste. Ek dink regtig dit het tyd geword dat iemand die “water” toets om te bepaal of ons as “etniese” groep nog werklik die mag het om saam te staan en ‘n verskil te maak. Dit het so baie in die verlede gebeur dat ons selfs onder mekaar verskil en stry en baklei dat ek rerig nie meer glo dat die Afr blanke etniese groep enigsins ‘n mag is om mee rekenig te hou nie….ons is te verdeeld….en ons geskiedenis…veral onlangs(afgelope 25 jaar) is die bewys wat my anders laat dink…ek glo ons het ons “mag verloor…die vuur is geblus…die band is pap…die fut is uit…ons is poegaai,,gedaan…nie eers meer ‘n sprankel van wat ons was nie….maar wat,kom ons kyk maar wat gebeur…..

Ada ·

Ek is nie skaam vir my geskiedenis nie -en sien uit na die toekoms.

Catryn ·

As ou Max of ander liberales dink ons is bang, sit hulle die pot mis, ons het nie die gemors veroorsaak nie ons was nie in Dakar soos Max en ander soos die BB wat die land op ‘n skinkbord vir kommuniste gegee het nie.
Ironies – Hulle SPOEL heeltyd hul eie gevoelens uit op hul nuusblaaie en dink ons gaan vir hul soppie stories val en dink ons moet skuldig voel oor wat hulle aangevang het.

FOKUS op dit wat saak maak om jouself te verbeter . Vat jou geld en belê dit in jou eie veiligheid en wees paraat.

Daar is VERSKEIE maniere om jou beursie toe te hou – en wegblyaksie vir een dag is sinneloos vir die wat besighede het/boer, ens.

Hou die beursies daar waar dit saak maak en boikot diegene wat ons al van voor 1994 tenakom. Meestal is dit ook vroom blanke liberaal verligtes wat dit doen vir ons ondergang.

Doen dit self vir jare en dit werk vir my.

Werk aan prioriteite en om Selfbeskikking moontlik te maak, dis hoe ons ons menseregte gaan herstel, nie onder kommunistiese slawerny nie. Dis wêreldwyd bewys en ‘n internasionale reg om jou eie land, ekonomie, regering, wette, weermag te hê. Bemagtig die volk, nie die reënboognasie uit Afrika nie, hulle het almal lande van herkoms, gedeeltes in SA is ons sin, en maak dit fisies moontlik vir ons nageslag om voort te leef.

Grassie ·

Catryn – jy is ‘n mens so na my hart.
Volgens die grondwet het ons ‘n reg op vrye assosiasie. Ons moet assosieer met mense wat soos ons dink, praat, lyk – met ander woorde mense van ons volk. Ons sal nog eendag saamstaan, ons het nog net nie seer genoeg gekry nie maar ons moet intussen werk aan eenheid onder ons eie mense.
Mense wat dalk dink ons is bang gaan hul fout op ‘n harde manier agterkom.

Adriaan ·

Instede daarvan om vir 1 dag nie te koop nie, spandeer jou geld deurentyd oordeelkundig by ondernemings wat dieselfde waardes as jy het. Behalwe dit, hou op om Max du Preez te lees en sy menings te versprei deur dit te herhaal.

Theresa ·

Wie is Max du Preez?
Nietemin, nee – glad nie skaam oor die verlede nie. Elke generasie maak foute en die volgendes moet daaruit leer. MAAR ook dit wat puik gewerk het in die verlede BEHOU en GENIET! Dis ‘n ernstige siekte om te klou aan goed wat seermaak uit die verlede en nie verwerk te kry nie – dis by wie probleme lê??
Tans: ‘n Fiasko – oneerlike, korrupte leiers wat wegkom met als! Geen trots nie.
Toekoms: WIe weet wat dit bring? Ek rig nie my hoop op mense wat daagliks bewys hul gee nie om vir ‘n totale nasie nie.
Max?? Max?? nee, kan die naam nie plaas nie…

CJ ·

Ek stem met Williew. Een dag gaan geen finansiële verskil maak nie. Maar staan tog dan net vereens saam. As dit een keer gedoen word en werk sal dit makliker gebeur wanneer dit noodsaaklik word. Dan weet ons ons kan en daar is hoop! Ons is nie skaam oor ons verlede nie! Ons is bang vir die toekoms. Saamstaan, maak ons meer dapperder.

marous ·

Die enigste ding waaroor die Afrikaner beskaamd staan is die veradderlikheid van hul eie broers . Die saamleef met die verotting van die land en diegene wat steeds vas glo aan die eutopia van ‘n reenboognasie , is ‘n toekoms visie wat vir die opregte Afrikaner erger is as die dood self.

Catryn ·

Hoe kan ons leer?

Ons het geleer om Spur te boikot. Dit het nie oor EEN dag gegaan nie. Dit gaan oor : maak jou beursie toe vir hulle wat nie in jou as volk belangstel. Spur het oor ‘n tydperk gegaan. Help nie ons het Spur net een dag geboikot nie.

Steun die BOER en koop van ‘n boer.

Sou jy melk benodig of vleis, vind uit in jou omgewing, is daar ‘n boer waar jy direk kan koop – dit spaar jou : varser vleis, eiers, melk, hoendervleis, groente, ens. Jou prys is beter, jy kry ook beter kwaliteit vleis en ander produkte. Gaan steun die boer se markte dag in jou omgewing.

Sou jy besigheid wil doen met klerasie, kyk in jou omgewing, wie is ons volk se besighede, of diens van voertuig – steun dit.

So met beveiliging. Koop direk van mense af wat jou volk steun.

Chris ·

Ek het ook ‘n video per selfoon ontvang. Dit is ‘n rein gedagte. Wat die effek daarvan sal wees is minimaal. Dit gaan miskien “nuusdekking ” ontvang. Finansieël niks. As daar ‘n wesentlike gevolg wil veroorsaak word is daar net een oplossing maar helaas dit sal nie gou of noot implimneteer word nie. Die enigste aksie wat sal werk is die totale weerhouding van belasting. Dit sluit elke persoon, maatskappy ondernemimg winkel en wat ook al. Munisipale belasting, water en ligte enige iets waarop belasting gevoeg word. Maar nee, wie sal nou vir ‘n week of twee nie warm water of elektristeit in die hugs wil hê nie. Of fietsry /loop werk toe. Nie die blanke Afrikaner nie. Jammer om te sè ons het nog nie daardie hopelose vlak bereik nie en voordat dit nie gebeur nie, vergeet sulke verspottighede heeltemal.

Williew ·

Hoe goed bedoeld die idiee vn belasting weerhouding ook al is,dit is bitter moeilik om dit t e doen. Maatskappye MOET ons belasting oorbetaal,hulle is onder die wet verplig,ek kan ‘n opstel skryf oor waaroom dit prakties ONMOONTLIK is om reg te kry.
Dit laat slegs een ander opsie,tyd om met dit wat in ons beursies is te begin oordeelkundig werk. Spandeer SLEGS jou geld by iemand wat soos jy dink en jou idiolgiee ondersteun – blanke afrikaans sprekendes – wat se koppe reg aangeskroef is soos ons eie.
Maar dit is ‘n omslagtige proses,”n blanke afrikaanse bevolking sal amper van voor af “heropgevoed” of “geleer” moet word om jou geld absoluut doeltreffend as vreedsame “wapen” te gebruik…en dit is ‘n GROOT storie….ons het nie meer die rug graad daarvoor nie,ons het nie ‘n leier daarvoor nie,ons het nie die wil daarvoor nie …ens ens ens ens….
Hoe meer ek hieroor dink hoe meer besef ek hoe hopeloos ons situasie is….ek dink die koeel is deur die kerk…..te laat….verby die punt van self redding….

anton ·

Ek stem saam wat jy sê Chris en ook wat jy sê Williew, maar ek glo dat die weerhou van belasting van die regering die enigste oplossing sal wees om hulle te kelder.
Ek wil egter glo dat daar tog maniere is om dit te kan doen al moet die wet bietjie oortree word, want hoe anders gaan ons slaag?
Maar soos altyd kan die blankes nie saamstaan nie en sal eerder totniet gaan as om saam te staan!!!
Ek dink ook die koeël is reeds deur die kerk.

rassie ·

Indien Afrikaners soos Max Du Preez oor die mag sou beskik om oor my Afrikaner kulturele voortbestaan te beslis, sou ek bang wees, baie bang. Want dan was die toekomsvisie blykbaar die totale integrasie van Afrikaners in ‘n algemene Suid-Afrikanerskap sonder behoud van ‘n eiendomlike Afrikaner kultuur. Ek het geen probleem daarmee om deel van die Suid-Afrikaanse nasie en dus, benewens Afrikaner, Suid-Afrikaner te wees nie. Ek aanvaar ook dat patriotisme vereis dat ek alle mede Suid-Afrikaners gelyke voorspoed en ‘n gelukkige lewe moet gun en my deel moet doen om die vooruitgang van Suid-Afrika te probeer bewerkstellig. Dit geld egter ook vir my eie kulturele voortbestaan.

Aan die ander kant is ek net so bang om my toekoms in die hande te laat van Afrikaners wat vasgesteek het in die die 1960’s en nou, meer as ‘n half eeu en drie geslagte later en onder totaal ander internasionale en nasionale omstandighede as toentertyd, geen werkbare toekomsvisie het nie, maar eerder ‘n onwerkbare “verledevisie” met ou bagasie en al.

Moontlik dus ook maar goed Afrikaners het nie meer statutêr ’n duidelike leier nie. Kon dalk een van bogenoemde twee gewees het. Niemand kan tans Afrikaners of hul toekomsvisie kaap nie. Assosiasie en disassosiasie is tans vrywillig.

Herman, ek stem dus saam met jou oor Afriforum en vennote. Hulle doen ten minste iets wettigs en prakties.

Op die goeie goed uit die Afrikaner verlede is ek baie trots. Egter nie op die wanklankgedeeltes nie.

Trudie ·

Ou Max is uitgdien. Hy is ‘n has been. Hy het dieselfde ettiket om sy nek as De Klerk en Roelf Meyer. Daar is nog van die tipe verraaiers. Hulle loop tussen ons rond maar daar gaan ‘n tyd kom wanneer die koring van die kaf geskei word en dan is dit klaarpraat met hulle. Hulle is die ouens wat om die braaivleisvure groot praat oor hoe lib hulle is maar sodra daar probleme kom is hulle die ouens wat eerste stert tussen die bene weghardloop. Rugraatloos. Hulle is skaam vir hulle geskiedenis wanneer dit hulle pas. Sulke ouens het ons nie nodig nie. En o ja moenie die media vergeet nie – hulle verkoop hulle siele vir ‘n storie waar hulle die Afrikaner kan afbreek. Hulle is ook die groot verraaiers van S A

Jacqueline ·

n Goeie vriend noem aan my dat soos alle Inboorling Afrikane, het ons Europese Afrikane, se voorouers in grasdak, modderhuisies met mis vloere gewoon na die Groot Trek. FF na die Anglo Boere Oorlog. Die Afrikaner het hierna net mooi niks behalwe sy/haar dryf en deursettings oor nie. Ons begin weer met minder as n modder huisie. Nou word ons vertel van ‘white privilege’ Eers het ek dit geglo maar nou maak dit my die m$&@ in as ek dit hoor. Ek is keelvol dat ander bevolkingsgroepe heeltyd skuil agter onderdrukking . Volg na die goeie voorbeelde ipv die swak voorbeelde van plunder en brand. Dan sal ons saam erens kom.

Eish ·

Ek is maar lugtig vir die toekoms, maar nie bang dat ek tot standbeeldverstardheid verlam is omdat ek omkyk nie. Omkyk is nodig ten einde die lesse saam te neem en skoolgeld te verminder. Skaamte oor die verlede gaan my in n Lotsoutpilaar verstar indien ek so terugkyk na waar die watertjies sy draai gedraai het. Dit is ook n gegewe dat ons ernstige onderlinge verdeeldheid as n kenmerk in ons DNA vasgevang het. Ons het ernstige verskille oor godsdiens, politiek en elke ander aspek wat ons lewens ervaar . Ons beleef eenvoudig die dinge anders. Ek is ook OK daarmee dat Solodariteit, Afriforum en nou ook Afrisake my gekaap het. Wat die Burgerregte organisasies uiters suksesvol in is, is om die elektriese koord van Afrikanerwees se lewende, die rooi draad, die neutrale , die blou draad en die aardse, die geel en groen draad, netjies saam te vleg en saam te bind tot n enkele koord wat krag voorsien. Verseker gaan die gewildheid van die organisasies groei en voortdurend meer Afrikaners ” kaap”. Die pad na n beter more is nog nooit gekenmerk deur druk verkeer nie, want dit is nie n snelweg nie. Dit groei oor tyd en soos die nuwe die bestaande ontgroei in toepaslikheid, resultate en assosieerbaarheid, vermeerder die aanhang. Dis ook nie noodsaaklik om alles vir almal te wees nie, want dan is jy niks vir niemand. Daar moet net genoeg kritiese massa wees om die lading te kan dra met sukses.

Willie Beetge ·

Hoekom is almal so seker dat sulke projekte nie kan werk nie. Plaas besluit ons net om dit te doen en te sien waar ons uitkom. Het ons nog regtig ‘n plek in die land se ekonomie, hierdie gee ons die geleentheid om te kyk waar ons inpas en of ons prakties impak het. Hoe vinniger ons bymekaar kom en ons belange begin beskerm, hoe vinniger sal ons belange ‘n plek in die samelewing he.

Gebore Boerseun ·

Ek werk buitendien nooit op 10 Oktober nie. Dis n vakansie dag in ons huis. Paul Kruger dag.

doreen ·

Ons moet die boere ondersteun. Boere gebruik hulle fone en adverteer waar kan ons hulle vars produkte kry. Sluit die middelman uit dit kan die staatskas seer maak. Want ons kan nie ons belasting by ons werkgewer vry spring nie. Kom boere adverteer. Ons kyk uit vir julle.

Willie S ·

Daar is baie oproepe hier om die “boere” te ondersteun. Wat gemaak as die boer nie ‘n Christen is nie?

anton ·

Dan ondersteun jy hom eenvoudig net nie Willie!!!
Ondersteun die wat wel is.

humor ·

Was nog nooit skaam vir ons verlede nie en waarom sal ons bang wees vir die toekoms waaraan ons self werk?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.