Nuuskommentaar: Is daar ʼn alternatief vir pratery oor grondkwessie?

Argieffoto

Goedbedoelde berade wat nou landwyd plaasvind waar die kwessie van grondonteiening sonder vergoeding bespreek word, is op die oog af besig om op hul eie in brandpunte vir konflik te ontwikkel.

Die onlangse beraad by Unisa waar sprekers wat nie binne die EFF-idioom gepraat het nie, doodgeskree is, is ’n goeie voorbeeld. Nog meer onheilspellend is die waarskuwing van die Cope-leier, Mosioua Lekota, dat die kwessie daartoe gaan lei dat mense gaan sterf.

Dié berade staan los van die verpligte openbare vergaderings wat gehou moet word om die publiek se insette vir grondwetlike verandering te bekom.

Uit ’n akademiese hoek dien die berade darem dié doel dat regsgeleerdes wat met mekaar verskil oor die nodigheid om die Grondwet te verander, hul eie gedagtes teen dié van ander kan toets.

Die volgende verskuiwingsvlakke word egter nou in die berade ingebind:

  • Dit dien as uitlaatklep vir diegene wat rassewrokke saamdra, en dan stellings kan maak wat geen raakvlak met die werklikheid het nie, maar tog die skyn aanneem weens die prestige-aard van die verrigtinge.
  • Persepsies, eerder as die werklikheid, word opgedis en gee lyf aan radikale wat eintlik niks van die onderwerp weet nie.
  • Die werklike geskiedenis wat oor jare met groot moeite gerekonstrueer is, se sprekers word uit hul spreekbeurte uitgejou. Dit verdiep polarisasie en bemoeilik die speelveld.
  • Die Suid-Afrikaanse regering gaan verbreek internasionale verdrae wat dit self onderteken en geratifiseer het, maar trap ’n land erg uit wat dit waag om te reageer. Hierdie vorm van selfgeregtigheid het op die oog af daartoe gelei dat pres. Donald Trump strafmaatreëls teen SA instel omdat die land so dikwels teen die VSA in die VN se algemene vergadering stem. Terwyl sommige lande wat staal na die VSA uitvoer, uitstel gekry het vir die instelling van strawwe invoerheffings, kon SA met sy appèl nie hond haaraf maak nie.

Die “blackfacing”-voorvalle het getoon in hoe ’n mate Suid-Afrikaners se kennis van die geskiedenis kan verskil. Jong meisies was betrokkke wat, soos die uwe, geen benul gehad het dat dit sensitief is. Hul pret was dus te goeder trou, maar die kritici wou van GEEN verskoning (soos onkunde) weet nie. Inderdaad het dit geblyk dat heelwat oor die eertydse “blackfacing” bekend gemaak moes word, voor daar weerskante van die rasselyn begrip sou wees.

Mosiuoa Lekota, leier van die Congress of the People (Cope), en sy adjunk-sekretaris, Lefu Hanong, spreek die media in Midrand, Johannesburg toe. Foto: Getrude Makhafola/ANA

Iets soortgelyks skuil in die blinde veroordeling van kolonialisme, al wyt Ethiopië sy reuse-agterstand in infrastruktuur aan die feitlike afwesigheid van kolonialisme daar.

Die uitruil van kennis wat begrip vir ander se persepsies skep, kan heel dikwels konflik voorkom.

Maar nie altyd nie. Die ad hoc-komitee oor eiendomsbesit het die persepsie dat wit mense hul grond by swart mense gesteel het as die groot leuen beskryf. Die TLU-SA het ’n groot beloning uitgeloof vir die eerste persoon wat bewyse van ’n geval van grondroof sou kon bewys. (Die TLU-SA is erg vanuit ook sekere wit kringe verkwalik.)

Dr. Pieter Mulder gee aan die parlementslede ’n geskiedenisles oor grondbesit. Hy is erg verkwalik, onder andere deur die destydse pres. Jacob Zuma en verskeie DA-LP’s. Zuma is onder andere deur die Vryheidsfront Plus by die Menseregtekommissie verkla oor sy stellings in toesprake oor wit mense wat swart grond sou gesteel het.

In die proses kom feit en persepsie al jare lank met groot verbetenheid en ongenaakbaar teen mekaar te staan.

Die raakvlak is dat dit wenslik is dat meer grond doeltreffend in swart besit moet wees. Die tipe grondbesit wat tot die verdwyning van die eens bekende Katrivier-lemoene gelei het, skep geen welvaart nie.

Juis omdat dit in dié stadium onmoontlik lyk dat daar ooit genoegsame konsensus oor rassegrense heen sal kom oor die geskiedenis van grondbesit, wil dit voorkom of meer inligting nodig is oor in watter omstandighede grond vir onteiening sonder vergoeding oorweeg sal word. Hier en daar duik riglyne op, soos dat dit die ekonomie nie mag benadeel nie, en dat dit in terme van die Grondwet moet geskied. ’n Latere stertjie is dat dit onbenutte grond sal wees. Gaan grond wat ’n boer vir privaat ekologiese herstel eenkant hou, of vir reserweweiding tydens ’n droogte, nou as “onbenut” beskou word? Is daar werklik onbenutte grond?

Goedbedoelde berade waar die werklikheidsaanhangers vir al wat sleg is uitgeskel word, gaan ’n delikate proses laat inplof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Kleintjie ·

Deur om die buiteland betrokke te kry, want alleen gaan ons nie onsself kan beskerm nie. Die ANC het lelike planne met die gewone burgers van die land wat volksmoord insluit, daarom wil hulle onttrek van die internasionale strafhof en daarom maak hulle van ons n scapegoat en vuur haatspraak aan. Dit gaan n internasionale kwessie inelkgeval word wanneer hulle met volksmoord begin, daarom moet ons nou al voor dit so ver gaan internasionale hulp vir vrede aanvra. Voorkoming is beter as genesing.

Maarten ·

Herman, sou iemand van julle n gronologiese insage kan skryf oor die ontwikkeling van gronthervorming. Ek lees zoveel as ek kan oor dit, maar my ontbreek die vol prentjie. Grondhervorming het tog al begin nadat die ANC oor gevat het in 1994? Dit sal baie help as almal die volledige oorsig het. Verskoon my Afrikaans, ek is n Hollander. Vriendelike groet, Maarten Boom

Beste Maarten ·

Hallo, Herman kan jou dalk in detail antwoord, maar JA daar was ‘n tyd gegee waarbinne swartmense en bruinmense die kans gegun is om GRONDEISE in te sit op gebiede wat hulle of hulle voorouers voorheen besit het. Vele sake is afgehandel en grond is teruggegee aan hulle. Tog het baie van hulle GELD gekies in plaas van die grond. Daar is verder NOG grond oorgedra aan “opkomende boere” wat beteken mense van kleur. So is daar varkplase, hoenderplase, sitrusplase oorgedra deur die regering aan opkomende boere, 90% daarvan was onsuksesvol bedryf volgens koerantberigte. Die SPCA moes die varke en hoenders gaan uitsit om net ‘n paar voorbeelde te noem, van die ander plase lê tans braak en onbewerk. Daar was al vele artikels daaroor gewees. Ongelukkig gaan dit nie meer oor grond nie, alhoewel die ANC voorgee die mense sal NET GELUKKIG wees as hulle (witmense) se grond het, tog is daar baie STAATSGROND wat ook onbewerk lê en ook nie verdeel is onder die massas nie. Die fokus is spesifiek op blankes se grond omdat hulle glo die ‘werkers’ is almal boere wat die plase suksesvol sal kan bestuur. Ongelukkig het Zimbabwe anders gewys. EN JA die verkeerde syfers (dat blankes steeds 86% grond besit) word deurgegee aan die buiteland. DIT IS VERKEERD.

Amsterdam ·

Maartin, een ander belangrijk ding om te weten is dat de KoiSan, niet zwarte mensen, de oorspronkelijke bewoners van het hele subcontinent waren. Zwarte mensen kwamen uit het noorden, blanke mensen uit het zuiden. Zwarte mensen hebben de KoiSan de woestijn van Kalahari in gedreven (waar ze wonen als tweederangs burgers) en zwarte mensen vochten ook onderling voor land. Toen blanke mensen arriveerden in de centrale en noordelijke delen van het land, waren grote gebieden onbewoond omdat de bevolkingsdichtheid erg laag was. Witte kolonisten kochten of ruilden land met zwarte stammen. Land was geen probleem vanwege de lage bevolkingsdichtheid. Toen de bevolkingsgroei echter groeide, vooral onder zwarte mensen wier bevolking explodeerde van zowel hoge vruchtbaarheid als immigratie vanuit andere Afrikaanse landen, werd het land in de afgelopen decennia een probleem. Het is ook belangrijk om op te merken dat zwarte mensen niet van eigendom werden beroofd, maar hun eigen staten kregen, de thuislanden genoemd, waar zij de eigenaren waren en mochten regeren.

Trump ·

En deur die regering iets te se het oor die VSA gaan President Donald Trump hulle 3 Biljoen dollar internationale hulpfonds kanselleer.So wat se die ANC van dit nou?????????
As iemand help en hulle rug om my draai sal ek dit ook dadelik stop. Gaan kyk maar by www. businessinsider.co.za min mense weet dit nou wat gaan nou gebeur?

Johannes ·

Dalk moet die Boere vir Pres. Trump nader en vra of die U$3 biljoen eerder aan die Boerevolk gegee kan word vir die stig van ‘n eie Volkstaat en beskermingsmag.

Nooit tevrede nie ·

Die probleem is die ANC en EFF sal oor NIKS skik nie, hulle soek AL DIE WITMENSE se grond . hulle GLO hulle almal is boere en sal ‘n sukses daarvan maak alhoewel reeds 90% van die grond wat REEDS oorgedra is aan die massas ONSUKSESVOL as plase bedryf word. Hulle soek WRAAK op die witmens vir apartheid, en wil ALLES op apartheid en die witmens blameer, selfs na 24 jaar voel hulle die witman dra SKULD vir alles. Hulle gebruik dit as verskoning as hulle BUITELANDERS se huise en winkels afbrand, as hulle onskuldige mense se trokke uitbrand en die trokdrywers pap slaan, hulle gebruik dit as hulle nie water of ligte het nie, of as hulle nie kos het om te eet of werk of ‘n huis nie. DIE ANC HET DIT ALLES AAN HULLE BELOWE . nou gaan daardie geld in ander mense se sakke in en AL waar hulle nog die HAAS uit die HOED kan gaan haal IS BY DIE WITTE wat sy plaas met harde werk en sweet en baie lenings afbetaal het. HULLE WIL DIT NIE VERSTAAN NIE, hulle bly GLO as die wittes se plase afgevat is gaan 50 miljoen swartmense RYK wees, hulle kinders in privaatskole kan sit en almal Mercs kan ry en in dubbelverdiepinghuise bly.. hulle is nou nie eers meer tevrede met die RDP huise nie .. AL wat hulle nie in ag neem nie ons is maar 4 miljoen, hulle is 50 milj.

hendrik ·

Dit moenie bespreek word nie want jy kan nie met die mense redeneer nie en sodoende gaan n landbou organisasie of liggaam ingee of toegee. Die hele grondkwessie is nie onderhandelbaar nie en dit is tyd dat ons op ons twee voete staan. Daar moet nou gewys word dat ons n ruggraat het.

Kleintjie ·

Deur om die buiteland betrokke te kry, want alleen gaan ons nie onsself kan beskerm nie. Die ANC het lelike planne met die gewone burgers van die land wat volksmoord insluit, daarom wil hulle onttrek van die internasionale strafhof en daarom maak hulle van ons n scapegoat en vuur haatspraak aan. Dit gaan n internasionale kwessie inelkgeval word wanneer hulle met volksmoord begin, daarom moet ons nou al voor dit so ver gaan internasionale hulp vir vrede aanvra. Voorkoming is beter as genesing.

Ella ·

Die buiteland gaan, dink ek, net so min omgee as wat hulle omgegee het oor Rwanda en al die plekke waar volksmoord gebeur het of nog.gebeur. Ons is op ons eie .

Kleintjie ·

Nee, buitelanders skenk groot aan verskeie projekte en vir verskeie doeleindes regoor die wereld. AfriForum moet net n fondsinsamelingsinisiatief begin om van die regte buitelanders ook geld in te samel om die land te probeer red.

Jerry ·

Die proses kan net inplof as die werklikheidaanhangers hulle aan die EFF en ANC anargiste steur. Ignoreer doelbewuste provokasie en handig geskrewe voorleggings in en berei voor om die anargiste se argumente by die konstitusionele hof asook internasionaal te weerle. Moet glad nie in die openbaar betrokke raak in bekgevegte of handgemeen raak nie. Konflik sal moet wag tot tyd en wyl alle gesonde verstand pogings uitgedien is. Deur die EFF te vermy en te ignoreer word die anargiste gestriem in hulle pogings om wit en swart teen mekaar af te speel en word die kanse vir konflik tussen die Suid Afrikaners van alle rassegroepe wat het en die massas wat nie het nie n groter moontlikheid en bied dit n beter konflik situasie aan wit Suid Afrikaners wat verskans is in die breer SA gemeenskap en verskans is binne woonareas en woongebiede waar alle groepe Suid Afrikaners teenwoordig is en wie eiendom besit of bewoon. Indien die massas ooit besluit om woongebiede waarin alle Suid Afrikaanse rassegroepe teenwoordig is te probeer plunder sal die massas te staan kom teen goed georganiseerde, gewapende en gedetermineerde teenstand van Suid Afrikaners van alle rassegroepe en wat volgens die konstitusie ondersteun sal word deur die SAPD en SANW. Wit Suid Afrikaners wat na n gebied toe trek waar net witmense woon speel onbewustelik in die hande van die EFF en ANC anargiste. Wit Suid Afrikaners moet nie hulle heil net bymekaar soek nie, soek dit ook by ander gematigde en reeds bemagtigde groepe.

hendrik ·

“…wat volgens die konstitusie ondersteun sal word deur die SAPD en SANW.” Wat jy waarvandaan gaan kry. Kyk net hoe lyk die stemgetalle vir die ANC EFF PAC ens. hierdie stemvee is almal ons vyand.

John ·

Die New World Unorderliness-pessiekte het reg rondom die aardbol versprei. Daar is geen kuur vir die siekte nie wat daagliks, uurliks sy genetiese samestelling hervorm en daar is geen keer aan sy gruwelike variasies nie, selfs die sneeuvlokkies staan verstom want die bloudruk kom reg uit die hel. Deur gedurigdeur ‘n sluwe standpunt te herhaal wil dit gevestig word soos rekenkundige tafels in die koppe van gierige onkundiges. Net in SA stap ‘ n president uit sy godgegewe pos en hang die ereketting om die nek van ‘n terrorisleier om daarna deur ‘n vrolike koningin in haar goue koets getrakteer te word…. En nou trek ons hier. Weer moet daar vredevol boedel oorgegee word van die laaste wettige eiendom…. sommer so… want ‘we are the darling of the world’. Afrika is beskermde wild, wat inteenstellng met ander natuurlewe, eerder astronomies aanwas en uitwyk na waar alles ontwikkeld is; die tafels gedek staan, gereed vir aansit. Sodra die skottelgoed gewas moet word, gryp hulle gou die Bybel en lees die verhaal van die barmhartige Samaritaan hardop voor. Ons Nederlandse vriende gaan oor10 jaar beter ingelig wees weens eie ervaring.

Liberaal ·

Nee John, asseblief, moet dit nie se nie. Ons is hier om die superrykes te dien, ons mag nie so praat soos jy nie. Ons moet ons grense oopmaak, ons huise en werk afgee, ons eie klein besighede toemaak en net by globale besighede koop om die superrykes meer en meer te gee want hulle verdien dit. Hulle is ons heersers en ons moet dit net aanvaar.

John ·

…. selde gewerk het. Waar presies het dit gewerk? Presies daar waar dood verwoesting gesaai het en niemand oor was om die lyke te begrawe nie en aasvoels praat nooit uit nie en skryf nie twak in pers nie en niemand kom naby hulle nie want hulle ruik en lyk soos die dood vanself. Daar!

Willem ·

Die probleem is die wat nie die kennis en kundigheid het nie, soos dit hul kultuur geraak het, skree die ander dood. Dit is soos ‘n kleintjie wat die ore toedruk vir die waarheid. Ek betwyfel dit of mens daardie mense se ingesteldheid ooit sal kan verander, want om oor die jare in hul massas te betoog en ander wat nie hul sienswyse huldig nie, te verskree, het hulle agtergekom daar word uiteindelik aan hul eise en druk toegegee, waarom moet hulle dan nou anders oor grond glo?

marous ·

Dit gaan nie oor grond nie . Dit gaan daaroor om die witman en veral die Afrikaner te verguis . Daar was en sal ook nooit ‘n beleid van ‘n reenboognasie wees nie . Anargie is reeds aan die orde van die dag en die regering se planne loop voor die wind.

Liberaal ·

Dit gaan oor meer as net die Afrikaner, dit gaan oor om die hele westerse samelewing ten gronde te gaan, daarom moet ons almal in Amerika en Europa nou plek maak vir ander kulture en ons kultuur prysgee, want dit is die regte ding om te doen, dis die liberale ding om te doen. Die wat dit teenstaan is verkrompte konserwatiewes.

Willem ·

Grond as instrument of verskuilde agenda, kom op dieselfde neer.

Reguit ·

Daar word net geplunder en dan word daar weer bakhandjie gestaan, en so herhaal die proses homself. Al verskil is dat die bakhandjie elke keer al hoe minder ontvang. Maar steeds sien sekere witmense nie hierdie patroon raak nie – en met súlke mense kan mens nie saam leef nie. Beste opsie is om die hool te verlaat en te emigreer.

Liberaal ·

Ons sal bly gee vir die honger mense van Afrika, selfs al maak hulle foute met verkiesingsbeluite, al breek hulle af, al is hulle regerings korrup, want ons moet vergewe en anderkant kyk. Ons sal hulle met ope arms as vlugtelinge in Europa ontvang, want die westerse kultuur en waardes moet verander. Ons moet plek maak vir ander kulture nou.

humor ·

Staan nou voor n hoenderhaan en prbeer oortuig hom hy moet hom meer sedelik in die hok gedra.

Liberaal ·

Dit gaan oor meer as net die Afrikaner, dit gaan oor om die hele westerse samelewing ten gronde te gaan, daarom moet ons almal in Amerika en Europa nou plek maak vir ander kulture en ons kultuur prysgee, want dit is die regte ding om te doen, dis die liberale ding om te doen. Die wat dit teenstaan is verkrompte konserwatiewes.

AJ ·

Pravin Gordhan het gesê ” you join the dots” Daar is 300000 geregistreerde jagters in die land. Dit sluit Skietkuns Klubs en privaat vuurwapen eienaars uit. Van die 300000 jag daar ‘n geskatte 120000 elke jaar en is ge- oefen om op 200m plus, met enkel skoot dood te skiet. ‘N gerame 25000 kan kopskote skiet op 500 tot 800m met ‘n knaldemper..WIL JY REGTIG HUL VAN HUL GROND AF KOM JAAG?

Boerseun ·

Maroela, julle sensor die waarheid, maar in opsomming: Diefstal is diefstal is diefstal! Al verpak jy dit ook in watter mooi-klinkende omslag!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.