Nuuskommentaar: Is daar plek vir soveel strooi?

Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane

Al eeue lank span groot koerantgroepe hul spotprent-tekenaars in om vir oulaas ’n swak president aan die kaak te stel.

’n Spotprent in ’n publikasie uit ’n vorige eeu wys hoeveel woema daar nog in Jacob Zuma se agtersak is. ’n Splinternuwe spotprent wys hoe die nuwe geslag Zumas hardkoppig aan die (t)oue bly kleef.

En wat raak die jonger geslag nou alles kwyt? Zuma balanseer nou sy bogpratery met dit wat hy, Zuma, klaar gesê het.

Hy glo klaarblyklik dat hy ex officio, en by verstek, wilde tale kan gebruik. Die kinders hoor, en boots na.

Daar is nog Zuma-aanhangers wat meen Zuma was ’n aanwins, en dat dit wat hy kwytgeraak het soos ’n kleinood  bewaar moet word. Frustrasies loop hoog omdat besmetlike tale steeds uit Zuma se verbale arsenaal borrel.

Kortom, wanneer Zuma aangehaal word, is die bedoeling dikwels nog suiwer, Maar dan val die jongklomp in, en word dit wat nou kwytgeraak word bloot as kaf beskryf. Zuma moet nou sy ampswonings begin ontruim, en sal binnekort ook onwaardig uit sy staatswonings gesmyt word as hy nie self verkas nie. Na berig word, wil Zuma ’n oorloggie hieroor voer.

As skoonmaak die hoofrede is hoekom Zuma hom nog uitlaat, wag daar ’n enorme klomp werk op die afgetrede president. Dis immers agt jaar se opgegaarde kaf waarmee nou weggedoen moet word.

Pres. Donald Trump bevind hom in ’n baie soortgelyke posisie. Interessant lyk dit of Trump veel makliker met vernuftige voetwerk uit tameletjies kom. Op die oomblik vaar hy in gewildheidsmetinge die beste sedert die middel van verlede jaar. Sy huidige gewildheid kom te midde van vingers wat voortdurend na Trump wys, al behoort die onlangse skoolskietery nie op sy brood gesmeer te word nie. Voorts glo die meeste Amerikaners dat vuurwapenbeheer nou toegepas moet word.

In Suid-Afrika is die Trump-gewildheid oorbekend. Dit lyk of Trump die ergste vlak van droogmakery kan bereik, maar steeds as ’n internasionale held beskou sal word.

Trouens, Trump se gewildheid is so oorweldigend, dit herinner ’n mens aan ’n mannetjieskat wat pas “reggemaak” is, en ingedagte vergeet om nie so onbeskermd op ’n warm sinkplaat te gaan sit nie.

Die indruk wat nou van Zuma gekry word, is dat hy gou vergete sal wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

humor ·

Waarom al die behebtheid met Trump. Hy verdien regtig nie om met die krimineel z se naam saam genoem te word nie.

Jerry ·

Die koning is dood, lank lewe die koning is beslis op Zuma ook van toepassing. Die probleem egter is dat sy idees en manier van dinge doen groot byval gevind het onder die meer radikale element binne die ANC en hulle gaan beslis nie saam met Zuma verdwyn nie. N leier uit die Zuma groep sal reg wees om na CR se termyn te probeer om die politieke mag vanaf die gematiges terug te vat. Sou dit gebeur dan is die kanse vir anargie groter as wat dit met Zuma was en met Zuma het ons bitter naby aan anargie status gekom! Soos hulle tereg se n week in politiek is n lang tyd en dit kan vinnig verander, ten goede of ten slegste. Ek sou baie meer gerus gevoel het as ons al ons volkstaat gehad het. Soveel jare is verby en ons het nog niks nie, hoop regtig nie dat dit net slimpraatjies was nie.

Paul ·

Wel, al was Zuma een van die swakker, indien nie een van die swakste presidente wat Afrika nog opgelewer het nie, was ek nooit angstig oor hom nie, hy het mens nie kans gegee nie. maar ek is nou wel baie angstig oor die ACE in die ANC se pakkie en natuurlik ook oor die gerugte wat sterk loop dat nommer twee van die ANC ook nommer twee van die land gaan raak. As dit moet gebeur maak Ramaphosa 80% van sy goeie bedoelinge ongedaan.

Jig en dan die moontlikheid dat die terwille-kannieandersnie-ANC-kader en eenogige Mbete die adjunk pres kan raak. En sy het die opposisiepartye dan in die parlement so frustreer omdat sy net ANC raaksien, behoede die land deurdat sy na alle sake en oplossings as sy Adjunk moet raak deur ‘n ANC bril bekyk.

Denise ·

Nou wat het Trump gedoen dat hy so verneder moet word??????

Hein ·

Hou op die man ‘n afgetrede president noem. Hy het nie afgetree nie maar was gedwing om te bedank. Noem hom uitgeskopte president asb want dit is wat dit is. As ek ge dwing word om te bedank is ek net mooi ontslaan man.

Zumie ·

Herman
Verduidelik asb vir ons hoe Trump die ergste vlak van droogmakery bereik ……
Die VSA belastings is af en die ekonomie op.
Mens moenie alles glo wat jy in die VSA pers lees nie – en jy behoort dit te weet.

Johann Marx ·

Die laaste sin van die artikel verwys: Dis die grootste probleem van die mensdom…..vergeetagtigheid. By die 2019 verkiesing sal almal reeds vergeet het wat die A&C se president aan die land, sy mense en die ekonomie gedoen het….en sal almal WEER stem om verder te “struggle”…

Theresa ·

Hierdie land se ex-president is afgedank. Al was dit met ‘n paadjie van kamstige keuse.
‘n Swak persoon met min waardigheid en beslis een wat nie geskroom het om himself te verryk uit ‘n nasie nie.
Natuurlik sien die nasie uit na ‘n nuwe, beter leier.
Wat my hinder is dat elke volksgroep seker sy eie definisie van “beter” het.
Dis steeds ‘n raaisel wat gaan volg. Maar beslis vir meeste ‘n blye dag dat die man met al 700+ klagtes teen hom, nou uit die stoel is.

PJC ·

Ek dink dit is ń reuse belediging vir enigiemand om met JZ vergelyk te word. Wat Donald Trump betref is sy onvermoë om ń wag voor sy mond te sit seker sy grootste swakpunt maar ten minste praat hy die waarheid. Ongelukkig vir hom het die hoofstroom media in Amerika net soos hier by ons hulle eie agenda en was hy lank voor sy verkiesing nie hulle keuse nie.

Koos ·

Ek lees graag Herman Toerien se artikels maar hierdie los vraagtekens. Om Mnr Zuma saam met die Amerikaanse President, Mnr Trump, te bespreek is verregaande. Na bewering het ons vorige president die staatskas leeggemaak. Daarvoor moet hy nog skuldig gevind word. Van die Amerikaanse President het ek nerens van soortgelyke optrede gelees nie. Sou ons verskillende presidente in artikels wou bespreek sou Mnr R Mugabe en Mnr Zuma meer van pas gewees het.
Die euforie loop steeds hoog oor die nuwe President. Dit bly dieselfde regering, dieselfde ministers en daarmee dan steeds dieselfde begeertes.
Plek vir nog baie stooi gaan dalk te min wees!

Waarheid ·

PJC jy slat daai spyker OP DIE KOP!
En raai gewoonlik wil mense daai nié HOOR.

bgj van der westhuizen ·

kla aan en gooi in die tronk en gooi die sleutel weg en hy sal beken staan dat hy die slegste te president was van die nuwe suid afrika net soos fw de klerk sal beken staan as die slegtste presetend van die ou suid afrika wat sy mense verraai het en belieg het

PJC ·

Dankie Waarheid. Dit is my eerlike mening. Gelukkig stem koos ook saam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.