Nuuskommentaar: Is daar plek vir voorvadergeeste in Ramaphosa-administrasie?

Adjunkpres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Uit verskeie berigte blyk dit dat die eindfluitjie vir pres. Jacob Zuma nou haas gaan blaas, dalk selfs môre as dit waar sou wees dat hy voor ’n ultimatum gestel is om teen Dinsdag te bedank … en hy nié gaan vasskop nie.

Verskillende nuusbronne gee verskillende weergawes oor Ramaphosa en lede van sy Top-6 se besoek gister aan die Zoeloe-koning, Goodwill Zwelinthini. Volgens heelwat (veral Afrikaanse) bronne is Ramaphosa en sy geselskap deur die koning genooi. Uit Ramaphosa se toespraak self, waarvan ’n groot deel op SABC 3 gebeeldsaai is, maak dit ’n deel uit van die ANC se program om tradisionele leiers oor die hele land te besoek, en terselfdertyd die geleentheid te benut om by die grafte en huise van vorige leiers van die ANC aan te doen.

Almal gaan oor die onlangse ANC-kongres ingelig word. Daar sal ook aan hulle eer en respek betoon word. Die hele proses gaan hierna in die Oos-Kaap herhaal word, en daarna landwyd.

Heel wys het Ramaphosa nie baie besonderhede bekend gemaak oor die aard wat die seremonies gaan aanneem nie. Dit sal egter niemand verbaas as die organiseerders heelwat ruimte vir voorvader-aanbidding laat nie. Dit sal spoedig blyk.

Hiermee word nie bedoel dat Ramaphosa nie ’n Christen is nie. Toe hy onlangs lede van die Khoi-San-gemeenskap by die Uniegebou ontmoet het, was hy en sy vrou onderweg kerk toe. Dis nie deur Ramaphosa uitgebasuin nie, maar die Khoi-San-lede.

Voorvaderverering en ander tradisionele gebruike is nog onder ’n baie groot deel van die swart gemeenskap ingebed, en ’n leier wat dit kil verontagsaam, kan ’n koue skouer van baie kiesers verwag. So het dr. Mamphela Ramphele ook voordat sy Agang gestig het, voor die TV-kameras besoek aan haar voorvadergeeste gebring en hul seën op die projek gevra.

Ramaphosa tel sy woorde baie versigtig. Terwyl hy nie die ANC se besluit oor grondgryping sonder vergoeding kritiseer nie, benadruk hy telkens dat dit nie so uitgevoer kan word dat dit die ekonomie ontwrig en voedselsekuriteit sal benadeel nie. Dit beteken wesenlik dat kommersiële landbou nie sommer aan getorring sal kan word nie. Die oë het reeds begin draai na die soms reusestukke grond wat tradisionele leiers in “trust” hou vir gemeenskappe, maar dit as hul eie hanteer.

In geheel beskou gaan Ramaphosa egter sukkel om sy stempel behoorlik af te druk solank Zuma nog staatspresident is. As deur die argiewe geblaai word, is daar volop berigte dat die twee nie altyd saamgetrek het nie. Ramaphosa het byvoorbeeld openlik gesê hy is gekant teen die afdanking van Pravin Gordhan as minister van finansies. Zuma, op sy beurt, het volop “hospitaal-aangeë” na Ramaphosa se kant geslinger, soos die Lesotho-krisis. Selfs nou as “afskeidsgeskenk” het hy die warm patat van gratis onderrig vir minder welgesteldes vir Ramaphosa se mense gelos.

Ramaphosa is in te veel opsigte ’n taktikus om self te sê Zuma moet waai, maar hy weet ook goed dat sy milde beklemtoning van ’n verenigde ANC wel Zuma se vertrek impliseer – solank Zuma staatspresident is, is sy invloed steeds groot en bestaan daar twee magsentrums wat nie langs dieselfde vuurtjie sit nie, en ook nie juis ’n geheim daarvan maak nie.

Zuma staan egter nie alleen nie. Met sy stelsel van patronaatskap gaan die beloofde skoonmaakproses teen korrupsie en staatskaping noodwendig baie diep sny. As Ramaphosa ernstig is, sal ’n blote verandering in lojaliteite hierdie keer nie genoeg wees nie.

Zuma se vertrek sal dit vir Ramaphosa veel makliker maak wanneer hy op 13 Januarie die ANC se tradisionele 8 Januarie-toespraak lewer.

Maar Zuma het die reputasie van ’n neet wat sonder weerga kan klou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Werner ·

As jy deel neem aan voorvader aanbidding is jy nie die naam christen werd nie en ken jy defnitief nie die Bybel nie jy kan nie God en Satan saam aanbid nie

Hermann ·

Stem saam. Een voet in die kerk en die ander een in ‘n sangoma hut.

JdV ·

Oom Herrie, dit voel vir my of die artikel nie by ‘n antwoord uitkom oor die vraag wat in die opskrif gestel word nie.

Loeis ·

Volgens ‘n artikel op News24 het Ramaphosa tydens sy besoek aan die Zulu koning gese dat grondonteiening Suid-Afrika na die “Garden of Eden” sal lei. Moet hom nie onderskat nie. Hy is dalk nog ‘n baie grootter vyand as die Zuma kamp.

Adam ·

Dit was hoeka in die “Garden of Eden” waar die slang heelwat moeilikheid veroorsaak het. Bang Cyril is weliswaar ‘n beter opsie as Zuma, maar sy kanse om die ANC uit die spreekwoordelike woestyn te lei, is maar skraal. Dit geld ook vir SA.

Nico K ·

Ek verstaan heeltemal dat Ramaphosa ‘n politikus is, en hy moet almal gelukkig hou. Dit is maar deel van die spel. Alle politici doen dit. Wat die ANC sal moet verander is dat hulle verkiesing van leier en die ampstermyn van die president nie saamval nie. Die leier van die party en die president kan nie twee verskillende persone wees nie. (P W Botha het dit al agtergekom.)

Jacques venter ·

Om een of ander rede is slegte nuus, nuus.
Goeie nuus gaan ongesiens verby. Die feit dat ons in SA alle godsdienste die reg op bestaan eerbiedig. Skep in daardie opsig vrede. Tewyl elders daar bloed vloei oor geloofs verskille.
Ons moet waak om nie af te kyk of af te praat na enige geloof nie. Dit kwets net en versteur verhoudings

Vermeende ·

As jy nie vir jou God en geloof kan opstaan nie, waarvoor sal jy dan kan opstaan, jy is n gevaarlike mens wat vannig kan verraad pleeg om te probeer vrede bewaar, jy kon moontlik ook JA gestem het in 92 vir hierdie rede en kyk nou waar sit ons vandag………sak en as!

Alida ·

Wanneer sal hulle tog leer dat voorvadergeeste nie bestaan nie. Genade ons leef in ‘n beskaafde wereld. Ek glo Ramaphosa is ‘n geleerde man en sal hom nie aan sulke bog steur nie.

jean ·

Geleerd….maar dit maak geen verskil met die betrokke kultuur waar die bog ‘n werklikheid is

John ·

Afrikaners sal moet besluit wie hulle dien. Dan is daar ook ou Mammon, die ou slang sigself. Dit is hartseer dat die Franse Hugenote vir hul geloof gevlug het en hier in die mooiste gebied beland het, maar bereid was/is om dit aan beeldaanbidders te verkoop teen rekordpryse… en nou wonder hulle hoekom dit so sleg met hulle elders gaan. Amper almal is kinderlik opgewonde oor Cyril, Meyer veral… Hoekom voel mens dan so kriewelrig… so deijavu-rig… Hier kom slegte nuus… So terloops ons baie konings… hoeveel laat die grondwet toe en hoeveel grond, geld en mag mag sulke verhewe nobody’s eintlik he en opeis?

LR ·

Nongoma – South Africa could turn into the ultimate paradise with the implementation of the policy of expropriation of land without compensation, ANC president Cyril Ramaphosa said in Nongoma, Kwazulu-Natal on Sunday.
Hulle moet net sorg dat hierdie ook ‘n “paradise” van kennis, harde werk, genoeg toerusting, kapitaal, beplanning, ondernemingsgees en nog baie ander waardes sal wees, anders gaan ons sonder kos in hierdie land sit. (En natuurlik die wittes sonder grond)
Vir die naïwes wat hulle nie aan hierdie uitsprake steur nie en maar net dink alles gaan op die ou einde reg kom net dit. Onthou net hierdie is , al lankal, amptelike ANC beleid en as Ramaposa sy kredietwaardigheid wil behou sal hy moet uitvoering gee hieraan anders is hy geskiedenis. Hy sal eenvoudig net vervang word met ‘n groter radikaal wat op die ou einde van hierdie land ‘n Simbabwe sal maak.
Ramaposa is amper vir my meer spraaksaam oor hierdie beleid as wat Zuma was. Dus maak maar die gordels vas die pad gaan rof wees.

Jacques venter ·

Alida
Glo jy in lewe na die dood?
As jou antwoord ja is. Waarom glo jy dan nie in die bestaan van voorvaderlike .greeste nie?

Jacques venter ·

LR
Ek sien nie so n donkerpaadjie nie. Cyril is slim. EFF en BLF skreeu land land land.
So Cyril skreeu ook land land land. Dit ontneem die EFF BLF van hulle wapens.
As hy hulle ontwapen het, kan hy doen wat goed is vir die land. Maar eers moet hy steun wen

Jacques venter ·

Wat de drommel maak dit saak wie wat glo?
In ons wonderlike land werk mense in vrede kollegiaal saam. Al aanbid hulle verskillende gode
So waarom n issue maak van wie wat glo?

Piet ·

Want ons Vader is n jaloese God en duld geen ander gode nie. Ons respekteer dit. Jy duidelik nie.

Adam ·

Piet, net so stukkie trivia. Daar is meer as 3500 “godsdienste” in die wereld. Talle denominasies aanbid dieselfde God, alhoewel daar beduidende verskille in hulle benadering is. Georganiseerde Godsdiens is deur mense geskep, vandaar die verskille,

Jacques venter ·

Hallo Piet
Ek is nie seker watter deel van my betoog jy bevraagteken het toe gevra het. Rerig. Wees asb spesifiek.

Jou god is n jaloerse god.

My god is n god van liefde.

Piet ·

My laaste kommentaar op die skrywe. My God is ‘n God met baie emosies net soos die mens wat Hy na Sy beeld geskape het. Hy is liefdevol maar kan ook jaloers wees. Ondersoek gerus maar weer die 10 gebooie wat volgens Jesus nie weg geval het nie.

Want voorwaar Ek sê vir julle, totdat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie (Matteus 5:18)

Lekker dag.

Hans ·

Dit is al voorheen gesê, hier word gepraat van grond onteining en wat hule dradiesie behels. Nou sal ons onder mekaar baklei sodat elkeen net sy stempel afdruk op als, pleks van saam staan. Dit is en gaan moeilike tye wees wat ons ingaan. Al wat ek kan doen is om te glo en te hoop vir die beste. Dit is wat ons val van te vore mee gebring het.

rassie ·

Laat my dink aan die liedjie De la Rey, De la Rey. So bietjie van onbewuste diepgesetelde geloof in die voorvaders of wat?

Jacques venter ·

Hallo Piet
My antwoord kom nie deur nie. Ek weet nie hoekom nie.

Cornelia ·

Ramaphosa sal die ANC se ideologiese stryd voortsit met die klem op die uitbreiding van swart mag en monopolisasie. ‘n Taktikus is hy beslis en slim, so slim soos die houtjie van die galg! En die wat so roem op hul god met ‘n kleinlettertjie – God deel Sy Eer met NIEMAND! Sy LIEFDE verskoon GEEN ander “godsdiens” nie. (Lev 19: 26, 31) (Jes 8:19) (Deut 18 : 10 – 14)

Stephan de S ·

Vorige kommentaar onder my naam was nie myne nie. Hier my kommentaar: As dit nie saak maak in watter god jy glo nie soos Jacques beweer,waarom was die voorvaderaanbidders in Afrika nie in staat om deur hul primitiwiteit en onkunde te breek totdat die christendom beskawing hier gebring het. Terloops n onbeskaafde gemeenskap aanbid die natuur en n beskaafde gemeenskap span dit in in gehoorsaamheid aan die opdrag om die aarde te vul en te onderwerp. Ons europese voorouers was ook beskou as onbeskaafbare barbare totdat die evangelie hul omvorm het. Laat ons nie meer soos blindes na die wêreld kyk nie.

Jacques venter ·

Stephan de S
Jacob Zuma is n ingeweide Christelike pastoor.
Pravin Gordan is muslim.
Sal jy eerder wil hê Pravin moet president wees of eerder Zuma?

Stephan de S ·

Jacques n kerk en inwyding in pastoorskap maak jou nie n christen nie. Gordan ry op die vrug vd resultaat vd beskawing in RSA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.