Nuuskommentaar: Is demokrasie onder druk?

Argieffoto

Argieffoto

Pres. Jacob Zuma se 8 Januarie-toespraak toon min begrip vir die aspirasies van minderhede, anders as wat van ’n president verwag word waar sy ampseed vereis dat hy in belang van al die mense van die land moet optree. Maar ook in van die mees gevestigde demokrasieë van die wêreld word nou hare gekloof oor hoe gesond demokrasie is.

Pres. Jacob Zuma het pas, met die aflees van die ANC se tradisionele 8 Januarie-toespraak, aangedui dat grondhervorming versnel gaan word, en dat swart deelname en eienaarskap in die ekonomie daadwerklik kunsmatig vergroot gaan word. Sy rasbenepenheid het diep wortel geskiet en dit is ’n gegewe dat hy sekere minderhede moeiteloos sal benadeel op sterkte van sy persepsie van feite eerder as feite self. Reghelp maak geen duit ’n indruk op hom nie.

In die proses word demokrasie onder groot druk geplaas.

Maar Suid-Afrika is nie die enigste land waar ernstige vrae oor die stand van die demokrasie gevra word nie. Dit sal nog ’n ruk broei oor Donald Trump wat in die Amerikaanse presidentsverkiesing drie miljoen stemme minder as Hillary Clinton gekry het, maar danksy die stelsel van kieskolleges tog oortuigend gewen het.

Of die Skotte en Noord-Iere wat merendeels teen Brexit gestem het, maar tog deur Brittanje ingebind word in ’n stap wat duidelik tot hul nadeel is.

Voeg hierby die Katalane wat op allerlei maniere aandui dat hulle onafhanklikheid van Spanje voorstaan, maar telkemale struikel omdat die Spaanse grondwet vereis dat die meerderheid van die Spaanse parlement daartoe moet instem. Kan dit demokrasie genoem word as die meerderheid van ’n groter volk benodig word om oor die demokraties-uitgesproke lot van ’n minderheidsvolk te beslis?

Artikel 235 van die Suid-Afrikaanse Grondwet maak wel ook vir geografiese of korporatiewe selfbeskikking voorsiening, maar onderhewig aan nasionale wetgewing – dit wil sê daar waar die volk wat hom op selfbeskikking beroep ’n parlementêre minderheid en selfs nietigheid kan wees.

Daar het pas ’n openbare diskoers in Nederland oor die begrip “demokrasie” losgebars. Die agtergrond is ’n raadplegende referendum wat gehou is oor die inbind van Nederland in ’n verdrag tussen die Europese Unie en die Oekraïne.

Voor die referendum is ’n verbete veldtog gevoer om Nederland van die verdrag uit te sluit. Die meerderheid kiesers wat gaan stem het, het teen die verdrag gestem.

Nou is die Christen-Demokratiese Appèl (CCDA) onder skoot omdat dié party steeds Nederland by die verdrag wil inbind. Kritici meen dat die “D” in CDA dan nie meer daar hoort nie. (Die stempersentasie was baie laag.) Die bekende akademiese filosoof, Ger Groot, het selfs in ’n omvattende artikel in Trouw die woord demokrasie ontleed. Hy krap veral kop oor die kwessie of ’n verkose politikus bloot die spreekbuis vir sy kiesers is, en of hy as leier ook leierskap aan die dag moet lê.

In nog ’n artikel skryf Armand Schins en Herbert ter Beek onder die opskrif “Oekraïne word lakmoesproef voor democratie”.

Ton Zwaan, ’n gewese politieke navorser, se opskrif van sy artikel in De Volkskrant, is allesverduidelikend. “Referenda zijn in strijd met die demokratie.” Hy beskou dit as ’n manier waarop despote ’n skyn van volkswil oor besluite verkry.

In homogene lande is die onderskeid tussen ’n parlementêre en ’n grondwetlike demokrasie kwalik merkbaar. Die algemene persepsie is dat die meerderheidstem sy sin kry. ’n Raadgewende referendum word dus wyd net so bindend as ’n bindende referendum beskou. Dit beteken nie dat die rol van ander instellings wat as integrale deel van die demokrasie beskou word, soos die media, se rol minder belangrik geag word nie.

In ’n heterogene grondwetlike demokrasie wat nié soos België, Indië en ander as etniese federasies saamgestel is nie, beteken dit dat minderhede die net wyd moet gooi om inhoud aan hul legitieme minderheidsregte te gee. Dit beteken die media se rol is wyer as net waghond wees, maar ook katvoet moet loop vir politieke korrektheid. Akademici wat hulself laat inslurp in ’n soort akademiese konsensus oor minderheidsregte, waar minderheidsregte as struikelblok vir nasiebou beskou word, help mee om die demokrasie te verniel. Dis op dieselfde vlak as “ontleders” wat ’n opstapeling van hedendaagse politieke gebeure wêreldwyd simplisties aan mekaar las en dan sommer ’n nuwe wêreldorde met ’n bepaalde karakter voorsien.

Ongeveer met die eenvoud van die redenasie dat die maan geel is, en kaas is geel, en daarom volg dit logies dat die maan van kaas is. Die wêreldpolitiek is te kompleks en neig om in siklusse te beweeg.

Burgerlike organisasies word as ’n belangrike bousteen van ’n grondwetlike demokrasie beskryf, en ons sien dit al meer soos wat Freedom Under Law, Solidariteit en AfriForum die howe nader, maar laasgenoemde twee ook omvattende projekte loods, soos Helpende Hand.

Vanoggend stel Moneyweb dit dat die ANC se lot in 2017 ook Suid-Afrika se lot is. In ’n homogene demokrasie kry die kiesers die regering wat hulle verdien, maar in ’n heterogene grondwetlike demokrasie verdien minderhede darem beter as dit.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jakalas ·

Ek kan sonder twyfel sê dat dit onder baie stress is op die oomblik. Swarte mense dink hulle word onderdruk deur wit mense en wit mense dink hulle word onderdruk deur swart mense. Op die ou einde haat almal mekaar omdat hulle dink die een is vir die ander se swaar kry verantwoordelik. Dit sal veraltyd ‘n kring loop wees.

Die regering sal niks daar aan doen nie, want op daai manier bly hulle in beheer. As hulle vout maak, kan hulle enige tyd ou iets rasisties uit grou en dit voor mense se gesigte gooi, sodat die aandag van hulle af gehou kan word. ‘n Goeie voorbeeld van dit was toe almal saam gepotes het vir #ZumaMustFall. Toe iewelik skielik was al die aandag wag gewys toe die Penny Sparrow dilema gebeur het.

Die ANC weet, as ons almal saam staan, het hulle nie meer beheer in die land nie. Ek sê hulle sit agter alles.

Johann ·

Ek glo na die vieringe van die ANC en die roekelose stellings wat gemaak is, het die emigrasie agente vanoggend seker weer ‘n groot toename in navrae.

Grassie ·

Die Westerlinge en die mense van Afrika se begrippe van demokrasie verskil hemelsbreed en dit sal nooit verander nie. In die eerstewêreldlande neem die meerderheidsparty beheer oor die land en stel dan ‘n regering saam wat die landsburgers moet dien en na almal se belange moet omsien. In Afrika is demokrasie bloot ‘n westerse konsep wat misbruik word om aan bewind te kom en dan ‘n regering saam te stel wat oor die landsburgers heers en dan deur die landsburgers gedien moet word. Hul leiers sien ‘n verkiesing as ‘n soort oorlog en die wenner vat alles. Die oorwinnaar is dan die baas en moet gedien word. Hul volgelinge is skynbaar gediend daarmee want dit is al duisende jare so in Afrika. Demokrasie is inderdaad ‘n westerse konsep wat deur witmense in Afrika ingevoer is.

al ·

Waarom die meerderheid altyd bedreig voel deur die minderheid gaan my verstand te bowe. Minderheidsgroepe in Suid- Afrika is nie afgunstig wanneer die meerderheid suksesse behaal en wil daadwerklik help om Suid-Afrika n voorspoedige land te maak. Dit is inherent almal se wens, selfs die immigrant wat sy straatware smous.
Ons moet ons beywer vir nasiebou, wanneer op voetsoolvlak verhoudinge gesond is, maak ons dit vir die regering moeilik om effektief verdeeldheid te saai.
Die Regering sit met n moeilike tameletjie – Die EFF wat radikale uisprake maak oor grondhervorming en ekonomiese vryheid. Die 2 partye is in geweldige stryd om swart kiesers te werf vir hul onderskeie partye.
Die minderheidsgroep kla luidkeels al jare oor hoe swak die huidige regering is – met gevolge want Zuma kap terug.

KP ·

Grassie dit is net soos jy daar se, dit gaan net al slegter gaan dit gaan nooit verander nie.

Alida ·

Dit sal verander as die bollie prater uit die weggeruim word. Dwase spreek dwaashede.

Grassie ·

Alida – Dit sal nooit verander nie, al gebeur die onwaarskynlike en jou groot held, Moesie, kom aan bewind. Afrika bly Afrika en ‘n paar duisend jaar se tradisie en kultuur (as ‘n mens dit kultuur kan noem) gaan nie deur ons paar wit siele verander word nie.

Jane ·

Daar is geen demokrasie vir minderhede in SA nie. Hulle word onderdruk en verdryf en die regering knip nie ‘n oog nie. Zuma sal die haas uit die hoed moet ruk soos Mugabe om aan bewind te bly, dis hoekom hy hierdie naweek van ernstige ekonomiese bemagtiging van swartmense gepraat het .. dis presies wat Mugabe gedoen het na 20 jaar toe niemand hom meer glo nie. Hyt alle blankes se plase onteien, alle besighede gevat en vir swartes gegee, die probleem is, hyt dit vir vriende en familie gegee, en die hoopvolles wat vir hom gestem het en gehelp het om die boere van die plase te verwyder kry nou almal voedselhulp of kom om van die honger. As die anderskleuriges in SA nie daar ‘n duidelike voorbeeld gesien het wat hier gaan gebeur nie, gaan hulle dieselfde hier probeer.

Jan maak n plan ·

Herman, weereens n baie goeie berig. Die publiek moet net een ding onthou. Die ANC grootkoppe gee nie n duiwel om vir demokrasie of kommunisme of die grondwet nie. By hulle is daar net een ding en dit is – self verrykking. In n kommentaar hierbo, meld Jakalas dit dat rasse teen mekaar afgespeel word. Dis maar net nog n manier om die publiek besig te hou, terwyl die ANC grootkoppe hulle self besig hou. As daar eendag dalk net ń tipe Nurenburg verhore vir die knape is, sal die mense stom geslaan wees oor die vergrype. Nkandla sal soos n fee verhaal wees.

Peet J ·

Die ANC regering beskik oor meer as genoeg redes om nie ooreenkomstig Artikel 235 van die Grondwet , selfbeskikking aan minderheidsgroepe, toe te staan nie alword nasionale wetgewing ook betrek. ( dink maar aan die vloekwoord apartheid).
Die politieke partye wat teen die regering gekant is en hulle aanhangers aanspoor om grond te beset bereik niks en bemoeilik net die situasie en op die manier word ons blankes op plase en kleinhoewes deur kriminele geteiken wat selfs ‘n rewolusionêre opstand kan veroorsaak.
Indien grondverdeling tydens die opstel van die Grondwet gefinaliseer was sou die omstandighede in die NSA meer draagliker gewees het.

John ·

Volgens die liberales en die Nuwe Orde-beweging staan demokrasie gelyk aan menseregte. Die NO het reeds die hele wereld in verwarring gebring. Die gebeure in die VSA waar Clinton nou die onderspit gedelf het is ‘n duidelike voorbeeld. Die sisteem word nou bevraagteken en die verloorders bevraagteken die demokrasie. Met ‘n houding van geen-respek-vir-Trump word die geveg verder voortgesit. Clinton, Obama en Streep gebruik nou die podium om almal wat ongelukkig voel in te trek onder die dekmantel genaamd: ‘n Miskenning van demokratiese regte.

Rynhardt ·

Die Afrikaner leef in permanente ontkenning! Hy weier om sy oe oop te maak vir die werklikheid wat besig is om voor hom af te speel! Die demokrasie wat vir 23jaar duur, is demokrasie van onderdrukking deur die nuwe werekdorde en sy geliefde Anc! Vir jare het ek in hoofstroommedia uitgespel dat die Anc die blankes se grond gaan vat en hom van alles gaan stroop! Blankes glo dit nie, ook nie die hoofstroommedia nie.Het dit ook uitgespel in 2015/2016 vir Maroela media.Vamdag se die DA se gunsteling liberale koerant, Die Burger die volgende:”Ons gaan alle grond vat!” Daar het jy dit.DA-ondersteuners moenie dit glo nie, glo in jou DA wat n paradys vir jou belowe nes sy ouboet, die Anc! Solank Helen Zille in die DA is, sal die blanke die DA aanbid.Afrikaners, julle gaan van alles gestroop word in SA in die naam van demokrasie= roofwetgewing!

TDW ·

Ek dink demokrasie is verkeerd. Dis wanneer die meerderheid stem vir dit wat moet gebeur. Daar is nie demokrasie in die klaskamer nie, anders het die kinders al lankal gestem vir geen skool, en daar is nie demokrasie in die huis nie, anders het ons kinders al lankal besluit lekkergoed vir ontbyt.
Net so kan oningeligtes nie stem vir wie die beste kandidaat is nie. Ek weet niks van Trump of Hillary (behalwe wat die betaalde media wil hê ek moet weet) nie. Dus kan ek nie kies watse kandidaat die beste is nie, ek sal my stemreg eerder gee vir die persoon wat die 2 ken en in dieselfde sirkels as hulle loop . Daai persoon is meer gekwalifiseerd om die regte besluit te neem. Net so kan die oningeligtes nie die regte besluit maak van wie Suid Afrika moet regeer nie. Ek sal my stemreg oorgee aan ingeligtes wat verstaan wat daar aangaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.