Nuuskommentaar: Is die aarde kwaad?

'n Gebou in Katmandoe wat tydens die aardbewing ineengestort het. Foto: AP Photo/ Niranjan Shrestha

‘n Gebou in Katmandoe wat tydens die aardbewing ineengestort het. Foto: AP Photo/ Niranjan Shrestha

In Nepal, wat deur ʼn sterk aardbewing geskud is, het die dodetal tot meer as 5 000 gestyg. Die premier verwag dit kan tot 10 000 styg. Boonop meen ʼn Belgiese hoogleraar die aardbewing is net ʼn vulletjie vergeleke met die spanning wat in die berge van Nepal opgesluit is en dat ʼn aardbewing van 8,4 op die momentmagnetideskaal (ongeveer sewe keer sterker as die grote wat nou beleef is), gaan kom – hy weet net nie wanneer nie.

In Afganistan is moontlik meer as vyftig mense in ʼn grondstorting dood. In Chili moes meer as 4 000 mense naby ʼn vulkaan wat uitgebars het, ontruim word en lugverkeer oor ʼn baie groot deel is ontwrig.

Wetenskaplikes het onder die Yellowstone-natuurpark, ʼn “rustende” supervulkaan, ʼn tweede magmakamer ontdek. Hierdie “kamer” gevat genoeg magma om die reuse Grand Canyon elf en ʼn half keer te vul.

Terwyl die pous ʼn groot beraad oor klimaatsverwarming hou ter ondersteuning van die groot aardeberaad wat aan die einde van vanjaar in Parys, Frankryk, gehou word, het Venezuela ʼn verkorte werksdag ingestel weens ʼn versengende hittegolf.

Namate die wetenskaplikes hul vermoë verbeter om betyds asteroïdes te identifiseer wat ʼn bedreiging vir die aarde inhou, hoe meer liggame word ontdek wat ʼn kosmiese haarbreedte van die aarde af verbytrek.

Tog, in ons sonnestelsel is die aarde die enigste planeet wat lewe soos ons dit ken, kan onderhou. Twee ander planete, Mars en Venus, val tegnies in die Goue Lokkiessone, maar as hulle lewe sou kon onderhou, was dit baie, baie lank gelede. Die temperatuur op Venus se oppervlak is sowat 400 grade celsius en die atmosferiese druk op die oppervlak is sowat 90 keer as dié op aarde. Boonop is ʼn dag op Venus langer as ʼn jaar. Mars is ysig koud met ʼn baie dun atmosfeer, en kosmiese bestraling wat so sterk is dat dit lewe soos ons dit ken tot ongeveer ʼn meter onder die grondoppervlak sou kon vernietig.

Hoe meer van die twee planete te wete gekom word, hoe meer aanduidings is daar dat toestande daar eens baie anders was. Venus kon byvoorbeeld ʼn vlak see gehad het en op Mars is volop tekens gevind van groot oppervlaktes wat eens onder water was en die spore van watererosie is gevind. Die Marstuig, Curiosity, het selfs beelde van die loop van ʼn droë waterstroom gevind waar water eens sowat ʼn meter diep geloop het.

Die groot verskil tussen die aarde en sy mens-onvriendelike bure is dat die aarde steeds oor ʼn magneetveld beskik. By Mars kon die kleiner planeet met sy geringer swaartekrag nie sy eens dikker atmosfeer voor die aanslag van sonwinde behou nie. Ook Venus is sonder ʼn magneetveld.

Die aarde se magneetveld word deur konveksiestrome onder die aardoppervlak veroorsaak. Hierdie konveksiestrome werk soos rusperbande wat die kontinente oor die aardbol versprei. Waar hierdie plate teen mekaar bots of skuur, veroorsaak dit aardbewings en dikwels ook vulkane. Die faktore wat die aarde lewensvatbaar maak, kan dus ook dood en verwoesting saai.

Selfs al sou mens redeneer dat die magneetveld om die aarde nie so belangrik is dat dit opweeg teen die skade van aardbewings en vulkane nie (die magneetveld skakel immers elke paar duisend jaar “af” en vorm dan in ʼn teenoorgestelde rigting – ʼn kompas sal dan suid wys – en sulke periodes waar die magneetveld goed deurmekaargeklits is, is goed deur die mensdom oorleef), moet na buurplanete gekyk word om te sien wat gebeur as die planeet of hemelliggaam soveel afkoel dat die planeet stol en die konveksiestrome nie moontlik is nie. (Die afwesigheid van Venus se magneetveld het ʼn ander oorsaak wat moontlik verband hou daarmee dat dit te stadig om sy as wentel en boonop in die “verkeerde” rigting).

Op Mercurius, wat die afgelope vier jaar deur Nasa se Messenger-tuig bestudeer is, is vasgestel dat groot segmente van die planeet weggesak het omdat die afkoeling van die planeet se kern inkrimping veroorsaak. Daar word dan groot leegtes onder die soliede oppervlak gevorm, wat mettertyd onder druk kan insak. Dit is selfs moontlik dat Messenger, waarvan die brandstof nou na vier jaar opgeraak het, môre teen een van die hoë “kranswande” wat so gevorm is, kan bots.

Ook op die maan kan sulke ingesakte areas waargeneem word. Op Venus is ook beelde van moontlike omvangryke natuurlike verwoesting. ʼn Mens sou jou kwalik die rampspoed kon indink as groot dele van die aardoppervlak skielik honderde meter sou moes insak, gevolg deur ongekende vulkaniese uitbarstings.

Uiteindelik het net die aarde oorgebly as die enigste planeet in ons sonnestelsel wat gevorderde lewe kan onderhou.

Die balans tussen lewensvatbaarheid en algehele rampspoed is ragfyn. Die aarde se atmosfeer is slegs ʼn papierdun lagie om die planeet en byna alle lewe word weer slegs in die dun onderste lagie daarvan aangetref.

En nou het die mens die vermoë ontwikkel om daardie dun lagie goed op te koffie.

Die mens se skeppingsopdrag om oor die aarde en die skepping te heers en dit op te pas, was sekerlik nooit so relevant soos nou nie. Dis ook met hierdie opdrag aan die mens in gedagte dat die pous sy beraad gehou het. Met die opening van die beraad het hy gesê die bekamping van aardverwarming is ʼn godsdienstige noodsaak.

Die trefferliedjie “Don’t kill the world” is goed bekend. Die woorde van Boney M se liedjie “We kill the world” vat dit treffend saam:

I see mushrooms, atomic mushrooms.
I see rockets, missiles in the sky.
Day by day, more and more,
Where will this lead to
and what is this good for?
Poor World, Poor World.
Concrete’s rising up,
where yeasterday was park
you heard the Robin’s Song
Heavy tractor runs
where air was clean and cool
make money, bringing fuel.
Where will this lead to
and what is this good for?
A Poor World, Poor World.
Fishes doomed to die
as people live close by
and oaktree falls with moon
Parking lots will come
with flowerfields were bright
as junkyard covers sight!
Where will this lead to
and what is this good for?
Poor world, is hurting bad,
Poor world, is doomed to die.
We kill the world
kill the world
We surely do
In peace we do!
We kill the world
kill the world
’cause we don’t know
what we are doing!
We kill it
One by one
Don’t realize!
And nuclear piles stand like monuments
of destruction throughout over the country
Promenades must go
so cars can drive in row
New Fact’ry towers tall
Farmhouse had to fall
No flowers in the air
pollution everywhere.
Where will this lead to
and what is this good for?
A Poor world, Poor World.
Oceans in despair
There’s rubbish everywhere
The seaweed chokes in mud
Nature’s had her lot
With nuclear waste and rot
And mushrooms bloom as clouds.
Where will this lead to
and what is this good for?
Poor world, is hurting bad,
poor world, is doomed to die.
We kill the world…
Don’t kill the world
don’t let her down.
Do not destroy basic ground.
Don’t kill the world
our means of life.
Lend ear to nature’s cry.
Don’t kill the world
She’s all we have,
And surely is worth to save.
Don’t let her die,
fight for her trees,
Pollution robs air to breathe.
Don’t kill the world
help her survive
And she’ll reward you with life
And don’t just talk,
Go on and do the one, who wins is you.
Cherish the world,
A present from God
On behalf of all creatures,
made by the Lord
Care for the earth,
Foundation of life
Slow progress down help her survive

Boney M. – We Kill The World (don’t Kill The World) Lyrics | MetroLyrics

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

5 Kommentare

jaycee ·

Die bekende wetenskaplike Stephan Hawking het ‘n klompie dae gelede gesê die mens sal oor minder as 1000 jaar ‘n tuiste op ‘n ander planeet moet vind want die aarde sal nie onbepaald kan voortgaan om mense-bestaan te verseker nie. Dit klink na ‘n lang tyd maar in terme van “kosmos”-tyd is dit oogwink.

Mel ·

Wel, Boney M se liedjie is 34 jaar oud, en lyk nie of iemand hulle daaraan gesteur het nie…

Grassie ·

Ek het al baie gewonder – die enorme hoeveelhede olie wat die mensdom al vir meer as 100 jaar onverpoos, dag en nag, onder die boonste deel van die aardkors uitpomp, Dit moet mos groot ruimtes, of gebiede met ‘n baie lae digtheid onder die oppervlakte los. Die Skepper het alles met ‘n doel geskape, wat was die doel van die olie? Miskien ‘n isolator of buffer, of dalk vir die mens as brandstof. Ek weet nie. Wat ek wel weet is dat elke liter wat uitgepomp word, verbrand en die koolstof en ander besoedelingstowwe in die aarde se dun atmosfeer vrygelaat word. Dit lyk of die mens ‘n sefvernietigende drang het, soos walvisse wat op ‘n strand uitswem.

Rupert Ashford ·

Goeie nuus en slegte nuus. Kom ons begin met die slegte: Die mens het ‘n opdrag van die Here gekry: Bewerk en bewoon die aarde. Dit is wat die mens besig is om te doen, en dit is as gevolg van die olie en steenkool en ander goedjies wat daar amper 6 miljard van ons hier rond is. As dit nie vir die industriele rewolusie was nie, en vir die feit dat die aarde bewerk word om meer kos te produseer nie, was nie eers helfte van ons nou hier nie en sou jy “keyboard warrior” nie nou hier jou se kon se nie. Verder, die aarde gaan minder vriendelik word, want ons is besig om onsself te vernietig omdat ons nie lewe soos dit oorspronklik bedoel was nie (sondeval en so-aan). MAAR ons gaan dit nie kan stop met al ons histerie oor “climate change” nie. Gaan lees die Bybel en kyk wat in die laaste dae gaan gebeur. Die huidige Pous is redelik sleg van die pad af en baie humanisties. Ons voorland is verdure vernietiging en swaarkry en ons sal dit nie kan stop nie – ons gaan ook nie ‘n plaasvervanger planeet vind nie.
Goeie nuus: Dit sal uiteindelik nuutgemaak word, maar eers wanneer dit redelik sleg gegaan het. En nie almal van ons gaan daar wees om dit te ervaar nie. As die Pous regtig ‘n Man van God was sou hy hierdie dinge gepredik het en nie ‘n klomp humanistiese social justice snert dat ons ons eie potjie kan krap en onsself kan red nie. Daar is net Een uitweg en dit is om ons te onderwerp aan die Lewende God en te lewe soos Hy dit van ons vra. Dan sal ons ook die wereld en die mense rondom ons beter behandel as wat dit tans op baie plekke gebeur.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.