Nuuskommentaar: Is die rasseskeiding permanent?

hande kultureel diversiteit rasse

Argieffoto (Foto: maxlkt, Pixabay)

Suid-Afrika is beslis nie uniek as dit kom by die manifestasie van hoe verskillende rasse mekaar beleef nie. Ook die VSA beleef die verskynsel dat rassisme wat deur wit teenoor swart gepleeg word, veel groter aandag geniet as andersom.

 “Is die VSA se rasseskeiding permanent?”

So lui die opskrif van ’n artikel deur die Amerikaanse skrywer en meningsvormer, Patrick J. Buchanan. Hy lys ’n hele aantal rassevoorvalle in die VSA waar swart die slagoffer van wit rassisme of minstens vooroordeel was.

Hy verwys na voorvalle soos die Roseanne Barr-insident op ABC, en die Starbucks-insident waar ’n takbestuurder twee swart mans laat arresteer het omdat hulle in die winkel “rondgehang” het en skynbaar ’n misdaad wou pleeg, en boonop nie die winkel wou verlaat toe hulle gevra is om te gaan nie. Altesaam 8 000 Starbucks-winkels is tydelik gesluit sodat die 175 000 werknemers kursusse in die hantering van raskwessies kon deurloop.

Die interessantheid is dat ’n mens in die Amerikaanse voorbeelde wat Buchanan lys, spookbeelde sien van soortgelyke situasies wat hulle in Suid-Afrika afgespeel het. Onlangs was daar die Ashwin Willemse-insident wat ook Naas Botha en Nick Mallet betrek het, die Vicky Momberg-geval waar Momberg effektief twee jaar tronkstraf vir haatspraak opgelê is en nog talle voorbeelde waar die indruk versterk word dat rassisme van swart teenoor wit as nietig (en as vryheid van uitdrukking) beskou word teenoor wit haatspraak teenoor swart.

Trouens, in die onlangse diskoers tussen AfriForum en andere het ’n akademikus wat AfriForum bygedam het, baie duidelik rassisme as iets beskou wat wit teenoor swart pleeg.

Buchanan vra die vraag of daar so ’n ophef van elkeen van die situasies sou wees as die slagoffer wit, en die een wat hom aan rassisme skuldig gemaak het, swart was. Hy beskuldig onder meer die media van die skeeftrekkery.

Hy stel die probleem sonder om werklik ’n oplossing aan die hand te doen. Sy slotsin kon net sowel op Suid-Afrika van toepassing gemaak gewees het: “Is white America really black America’s biggest problem?”

Die ontleding van die Amerikaanse rassesituasie het ’n enorme bedryf geword, en enige artikel hieroor sal noodwendig net aan die oppervlak raak. Elke studie van ’n aspek daarvan lewer egter minstens ’n paar elemente op wat op Suid-Afrika van toepassing gemaak kan word.

Arjen van Veelen, die Nederlandse skrywer wat in St. Louis woon, skryf in ’n essay in Trouw oor hoe dinge anders vir ’n vroeëre wit skrywer, Jack Kerouac, sou wees as hy swart sou wees soos hy graag wou wees. Hy skryf onder meer dat voor ’n reisgids vir swart mense, het swart mense dit moeilik gevind om akkommodasie tydens reise te vind.

Kerouac se idealisering van die soort vryheid wat swart mense geniet, soos rondrits in ’n gesteelde voertuig, die rook van dagga, die klanke van hul musiek (wat as veel beter as dié van wit mense beskryf word) sou vandag as erg beledigend teenoor swart mense beskou word.

Bedoeld of onbedoeld skets Van Veelen die verskille tussen wit en swart veel komplekser as die politiek-korrekte pogings wat nou so alledaags is.

Jacob Rooi, senior assistentredakteur by Rapport, skryf in ’n baie gebalanseerde artikel oor rassisme soos dit nou in Suid-Afrika ervaar word onder meer soos volg: “Rassiste moet teen dié tyd die skrif teen die muur begin sien, want die afgelope jare is veral wit rassiste sterk gestraf”.  Hy gebruik dan die Vicky Momberg, en doodskis-twee as voorbeelde.

Voorts skryf hy: “Diegene wat meen hulle is van meer waarde oor hul velkleur, bevind hulle nog op ’n dwaalspoor – en kan die lewe in die toekomstige Suid-Afrika vir hul kinders baie moeilik maak”.

Hy looi ook Julius Malema se rassisme.

Rooi se artikel bring balans in ’n debat waar Johann Maarman, eindredakteur van Die Burger, ou koeie uit die sloot gegrawe het.

Oorhoofs beskou gaan rassespanning moeilik onder beheer gebring word as swart rassisme teenoor wit nie met dieselfde ewehandigheid hanteer word as wit rassisme teenoor swart nie. Maar dis maar een element van ’n wye kwessie met skerp dorings wat na alle kante uitsteek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Bou brue ·

Die brue wat ons hier probeer bou het is afgebreek. Ons moet brue na ons onderdrukte wit Amerikaners bou om saam vir ons regte op te kom.

Sw ·

Ek glo ñ ewewigtige balans sal geskep word indien swart rassiste onder dieselfde strawwe maatreëls as wit rassiste onderwerp word. Gelykheid voor die hof moet geskied. Dan sal ons land beter vaar as tans.

Terugstaan ·

‘Rassisme’ sal vir ewig wereldwyd voorkom. Dit gaan ook oor geloof en kultuur.
Kyk hoe gaan dit in Europa met die immigrante – kyk hoe gaan dit Amerika.
Die blankes moet alewig terugstaan – want baie mense van kleur voel altyd of hulle ingedoen was met iets?
Al was hulle nie deel van apartheid nie – nou waarom sal dit wees?
Dit omdat mense vir een of ander rede geen vertroue in hulself het nie.
Dit is normaal dat mense hulle met hulle eie mense/eie kultuur/en eie geloof wil vereenselwig en dit is nie rassisme nie.

Liberaal ·

…as jy n probleem het daarmee hou op om te val vir die massamedia en groot maatskappye wat rassisme aanblaas.

Wesley ·

Daar sal altyd n wan-balans wees tussen wit en swart rassisme. Dit, voel ek, volg n kwessie van meer gerieflikheid bo ideologie. Dit is gerieflik om ander te blameer vir die probleme in die samelewing, pleks van na binne te reflekteer. Nes die ou NP gewen het op die “swartgevaar” kaartjie, het die ANC nou houvas op die gerief van apartheid en witmense te blameer. Dit hang net af wie is in beheer van die land / gesprek. Tot in die werksplek en om braaivleis vure gebeur dit so, een blaam die ander, en so gaan dit maar aan. Gerieflikheid van die individu styg bo alles uit.

Oom Kalahari ·

@ Liberaal, verduidelik asb vir wat moet blanke mense terugstaan.
Die hoofstroom media en groot maatskappye waarna jy verwys is ‘n klein deel, maar die werklikheid is wel te bespeur op grondvlak. Gaan se jy persoonlik vir Malema en BLF /ANC om hul tipes van uitsprake en aanhitsinge te staak tot volle samewekinge en plaas/kleinhoewe moorde tot prioriteit te verklaar en onteieninge sonder vergoeding te staak, dan sal daar meer vrede na albei kante aanvaar word. Dit gaan net altyd oor jy is wit, staan terug sodat ek jou kan pakslae gee, verneder, verkleineer en uitmoor asook mishandel en verkrag.
Om vir 25jr net ‘n slaansak te wil wees en aanhoudend uitreik, maar word vertrap, dan kom jou eie besluite in gedrang.
@ Terugstaan, stem heelhartig met jou saam.

Liberaal ·

Want die groot mediahuise, Castle en Hollywood se mos ons moet terugstaan. Liberales mag nie vra hoekom nie.

Afrikaanse Knaap ·

Ja, dit is.
Die regering het gekry wat hulle wou he, ‘n volk geskei gebasseer op ras.
Vol punte vir hulle.

Al ·

Liberaal is reg – die groot mediahuise blaas rassisme aan deur hul aanhoudende vervelige getokkel op wit oortreders.

Gerhard ·

Die vervlakste Nuwe Suid-Afrika wil net nie werk nie, dit moet iemand se skuld wees! Dit kan nie wees dat dit net ‘n simpel idee was nie.

Josua Keys ·

Solank swartmense nie wegbreek van sekere kultuur gewoontes nie sal SA nooit reg kom nie veral nie vir hulle nie, Ons as witmense het afstand gedoen van baie van ons kultuur gewoontes by ander kulture geleer aangepas en dit tot ons voordeel bevorder maar as jy nie bereid is om te verander nie sal jy in die verlede bly delf en jouself daardeur verwoes en dan ook die verlede daarvoor wil blameer. Ons ry lankal nie meer ossewas nie, ons gebruik nie meer beeste om te ploeg nie en gebruik sement om te bou nie modder nie, om drie eenvoudige voorbeelde te noem, ons het aanbeweeg, duidelik die ander rasse nog nie en die wat dit wel reggekry het word beskou as te wittes se slawe of boeties van witmense, jammer maar as jy kripeer gaan jy wel op een of ander tyd in jou eie gat val!!!!! Doen iets kreatief en verbeter jou omstandighede deur te leer nie te plunder of verbrand nie.

Oom Kalahari ·

@Josua Keys, goeie samestelling en stem saam.
@ Liberaal, asb dit was nie ‘n persoonlike aanval op jou nie en hoir wat jy se, maar die blanke probeer al lank terugstaan en onderhandel asook hand van vrienskap uitgesteek tot ander groepe se voordeel en tog word ons nog gestenig. Die verlede is soos ‘n nagmerrie wat nie afgeskud kan word en aanbeweeg nie. Julius stook die massas op en mense word uitgemoor. Is dit die toekoms wat mens na uitsien …… nee ek glo sekerlik in vele se harte nie. Eers as mens geliefdes deur al hierdie dade verloor het, gaan dit jou bybly al bid jy aanhoudend en vir vergifnis, bly daai sweer groei soos andere wat dieselfde droefheid en geweld moet deurmaak. Oplossings tot goeie veranderinge was telkemale op die tafel geplaas deur vele organisasies, groepe en instansies, maar van die hand gewys en die minderheid het nie inspraak nie. “Nou wat nou verder op die doodloop straat”?

JC ·

Herman, gaan lees asb daai voormalige “hoofregter” (verloopte Afrikanerboer) van der Westhuizen se aaklige beledigings ook bekend as ‘n “rubriek” in die Beeld teenoor jou goedhartige volksgenote, en dan vra jy wat ons as Boere daarvan dink, en hoe ons enigsins van so ‘n afskuwelik beledigende en stereotiperende aanval kan herstel. (self prof. Christoff Heyns het hewige kritiek daarteenoor gehad-en dit se BAIE)

Ek vir een weier om te gaan le voor die aanval van hierdie klas van verstikkende Marxisme onder dekking van “Liberalisme”.

Ek dink so ‘n artikel sal baie meer aktueel en relevant to ons bestaanskrisis en sluipende selfmoord as Afrikanervolk wees.

JC ·

Die situasie waarin die trotse,patriotiese,arm en verdrukte Afrikanerboer-jan-alleman op-die-straat; wat lief is vir sy volk, sy God en sy Taal, hom vandag bevind – , synde die wat nie spesialiseer in oikofobie, haat, verkramptheid, selfontkenning, historiese revisionismesindroom nie;endie wat nie die elite kommerlose nuwe establishment uitmaak of daarstel nie,of die “intelligentsia”/s. nie;die wat niebereid is om kulturele en taalselfmoord te pleeg vir die gawes van Mammon nie -herinner baie aan wat in die VSA aan die gang was naamlik ie onderdrukking van VRYE en konserwatiewe gedagtes,die onderdrukking van vrye en ongebreidelde spraak deur die verstiktheid van liberaal politiese korrekte en Kommunisties-prysgewende mega super establishment doktrine- en kyk wat het daar gebeur?
Die gewone man op straat het opgestaan en gese: genoeg is genoeg: ek as eerbare, gelowige en opregte konserwatis EN REALIS,gaan opstaan en ‘n teendruk uitvoer.
Wanneer gaan dit hier gebeur?Hoeveel pyn moet ons nog verduur?Wanneer staan die plethora van digters, skrywers en intelligentsia op VIR ONS,en se ook genoeg is genoeg, ons is moeg vir manteldraaiery, EN LIEF VIR DIE WAARHEID EN OPLOSSINGS,EN LIEF VIR ONS VOLK- WAT ONS TOT ONLANGS TOE IN VERGETELHEID IN GEWURG HET -?
“Knegte van die Allerhoogste” ?

Wel ek het nuus: baie “intelligentsia” en akademici het ook al genoeg gehad van die siekte wat polities korrekte kultuur is,en wag net om uit te breek, BAIE “intelligentsia” is ook KONSERWATISTE EN REALISTE,#onssaldiefakkeldravironsmense

Gert ·

Die groot mediahuise/massamedie en maatskappye se voet – in SA word rassisme deur die regering van die dag gedryf wat tot die howe verpolitiseer, En rassisme van weeskante van die draad is ewe onaanvaarbaar maar as dit as politiese/ekonomiese/kulturele slaanstokke teen een kant gebruik word stur dit op ‘n ramp af.

Liberaal ·

Ek weet nie, moet nie vir my liberale kop sulke vrae vra nie, ons hou nie van strikvrae nie. Die swart stamme het baie erger uitwissings van hul eie mense gedoen voor en tydens die groot trek maar ons mag nie dit noem nie, net ons moet skuldig voel en terugstaan, ek is nie seker hoekom nie maar ek sal my liberale vriende vra? rollie?

Reguit ·

Liberalisme en al sy konsep-uitvloeisels en vertakkings (Teosofie, Marxisme, Kommunisme, Sosialisme, Gelykheid, Multi-kulturalisme, Vermenging, Gedwonge Integrasie, ens.) is vals, boos en onwerkbaar. Wêreldwyd het die linkses se bose drome ineengestort en is hulle leuens ontbloot. Linkse ideologie (in al sy vorme) word deur baie met minagting verwerp.

John ·

Maroela deur feite in die geskiedenis te ontken is ook maar net wat deur die nuwerwetse geskiedskrywers gedoen word en so verdwyn waarhede in die vergetelheid. Van die destydse sendelinge van die Londense en Franse Sendinggenootskappe het leuenagtige briewe na oorsese publikasies gestuur (waarvan baie steeds daar in biblioteke gehou word) om die boere se trek na die noorde te kortwiek deur aan te voer dat dit swart gebied is waar die boere glo oortree en wat later ook meegehelp het om die Anglo-Boereooloe te begin en fondse vandaar te kry vir die ‘goeie saak’. Lees die geskiedenisboeke. Om nou juis die sendelinge, soos dr Philps wat die boere met passie gehaat het, as hoogheilig te verklaar omdat hulle glo Christene was. Hulle was prospekteerders en het in die Vrystaat groot stukke grond van die vroeere trekkerboere op slinkse wyse afgeneem en baie opstalle laat afbrand om die mense te verdryf en selfs groot boerdery cum sendingplase te begin, bv eerw Roland naby Smithfield. Wapens en perde is aan meehelpers uit Mosjesh se geledere verskaf en geindoktrineer om die Boere as vyand te eien. En so word Maroela ook bekeer tot die nuwe en ‘ware’ geskiedenis wat leerders (ook jul kinders) sal moet inadem. Ons eie geskiedskrywers uit daardie era word so tot leuenaars afgemaak (ek jok dus). Sjoe! Mnr Buys lees asb Karel Schoeman se eensydige roman oor Roland en Prinsloo ea se geskiedskrywing oor die destydse (Oos-)Vrystaat gou voor dit in die gereelde biblioteekbrande beland.

JC ·

Na aanleiding van my kommentaar hierbo – ons is moeg om gese te werk op verstikkend-voorskriftelike wyse HOE, WAT EN WAARAAN ons moet dink; deur die “geleerde”, ultra snobistiese, oneerlike en bedrieglike media establishment en hoofstroom Liberale elite.

Die liberale elite het dalk die memo gemis: en dit is dat “liberale demokrasie” wereldwyd aan’t taan is, en dat dit sy bruikbaarheid verloor het: kortliks dat mense deur DIT gesien het- DAT DIT EINTLIK DIE GROOTSTE GEVAAR OOIT SKEP VIR DIE VRYE VOORTBESTAAN VAN DIE WESTERSE WERELD; VRYE DENKE, EN ONS VRYHEID, DEUR DIE VERSTIKKENDE PC KULTUUR; “and Boy, are we ready to fight!”

Dank die Here vir die Amerikaners wat vir DJ Trump gestem het, en in die proses vir hulle self gedink en doen het, en hulle self VRY gemaak het!

Die wereld sou verlore gewees het sonder “die beste VSA President van all tye”, werklikwaar. Bravo Vryheid!

JC ·

Na aanleiding van my kommentaar hierbo – ons is moeg om gese te werk op verstikkend-voorskriftelike wyse HOE, WAT EN WAARAAN ons moet dink; deur die “geleerde”, ultra snobistiese, oneerlike en bedrieglike media establishment en hoofstroom Liberale elite.

Die liberale elite het dalk die memo gemis: en dit is dat “liberale demokrasie” wereldwyd aan’t taan is, en dat dit sy bruikbaarheid verloor het: kortliks dat mense deur DIT gesien het- DAT DIT EINTLIK DIE GROOTSTE GEVAAR OOIT SKEP VIR DIE VRYE VOORTBESTAAN VAN DIE WESTERSE WERELD; VRYE DENKE, EN ONS VRYHEID, DEUR DIE VERSTIKKENDE PC KULTUUR; “and Boy, are we ready to fight!”

Dank die Here vir die Amerikaners wat vir DJ Trump gestem het, en in die proses vir hulle self gedink en doen het, en hulle self VRY gemaak het!

Die wereld sou verlore gewees het sonder “die beste VSA President van all tye”, werklikwaar. Bravo Vryheid!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.