Nuuskommentaar: Is dit regtig so erg in Suid-Afrika?

Vlag van Suid-Afrika (Foto: Self-photographed, BY-SA 2.5 via Wikimedia Commons)

Die opskrif in ’n studentekoerant die afgelope week trek die aandag: “Is dit regtig so sleg hier in Suid-Afrika?” Ja, die ouer garde weet gewoonlik dat die gras nie altyd groener aan die ander kant van die draad is nie. Maar objektief – kan die smag na ’n stukkie koedoebiltong iewers in die buiteland regtig opweeg teen die feit dat die gesin nou daar anderkant die groot waters waarskynlik baie veiliger is as tuis? Nie net veiligheid is ’n oorweging nie – misdaad soos korrupsie (wat die land van sy toekoms beroof), onewehandigheid met optrede teen rassisme, en ’n grootliks gesloopte moraliteit soos deur staatskaping, asook diskriminasie teen Afrikaans en ander tale in weerwil van grondwetlike bepalings speel almal ’n rol dat so baie Afrikaanssprekendes Doer Onder en elders heen versit.

“Is dit regtig so sleg hier in Suid-Afrika?”

So lui ’n onlangse koerantopskrif, en dit laat ’n rubriekskrywer se gedagtes vir ’n oomblik vasys. Dis mos ’n rubriekskrywer se kos.

Is dit nie hoekom soveel van ons eie mense nou in lande soos Australië, Nieu-Seeland, Kanada, die VSA en soveel ander lande woon nie? Ja, ook elders in Afrika, en doodgelukkig.

En klaarblyklik is planne om te emigreer nog lank nie aan die opdroog nie. Baie Afrikaanssprekende ouers plaas hul kinders sommer uit die staanspoor in Engelse klasse of selfs Engelse skole sodat hulle eendag makliker in die buiteland sal kan aanpas.

Nee, die uwe en sy gesinsmense beplan nie om landuit te skuif nie. Van die nabye familielede dink wel hard daaraan, en sou hulle die kans kry, is dit woerts-warts en hulle is weg.

Die redes waarom so baie mense wil skuif, is legio, maar ’n paar staan uit, soos misdaad en plaasaanvalle, en dit terwyl die land al jare lank kan “spog” met die titel van die wêreld se hoofsetel vir verkragting te wees.

Al stem die statistici nie noodwendig saam nie, het gesaghebbende ontleders soos die gerespekteerde prof. André Duvenhage al voor die Jacob Zuma-era prontuit gesê korrupsie het in Suid-Afrika endemies geword. Dit was nog voor korrupsie ’n bedmaat in die vorm van staatskaping gekry het, en die twee saam die staatskas so begin leegsuig het, soms selfs blatant openlik.

Dis moeilik om te raai wat die mees demoraliserende is – “gewone rassisme” of die wye spektrum, van institusionele rassisme en onder meer in die vorm van blatante onewehandigheid waarmee die owerhede wit en swart heeltemal verskillend beoordeel.

Lees gerus ook dr. Eugene Brink se artikel in Maroela Media hieroor hier. Te lank het politieke korrektheid (ook in Brink se artikel onder die loep geneem) sagkens met die blatante rassediskriminasie omgegaan. En boonop allerlei eufemistiese name gekry. Nog ’n erg politiek inkorrekte woord wat groot ontsteltenis veroorsaak het, was die gebruik van “toe-eiening” wanneer na swart mense verwys is. Die bekende ekonoom en filantroop Chris Hart het gewaag om die woord in te span, en benewens die vragte vitrioel wat hy op homself omgetrek het, is hy sy werk daaroor kwyt.

Onteiening van grond sonder vergoeding is nie net iets wat boere ontstel nie, maar selfs die Nederlandse parlement se Tweede Kamer (vergelykbaar met ons Volksraad). Dit gaan verwoestend op die ekonomie inwerk, en volgens minstens sommige ekonome het slegs die beplanning hiervan reeds die ekonomie hard gestamp en is die komende trefslag se negatiewe uitwerking reeds in die ekonomie verreken. ’n Deel van die skok is darem reeds verwerk.

Prof. Amanda Gouws van die US raak vanoggend in haar rubriek op Netwerk24 aan nog iets wat baie Suid-Afrikaners pla, naamlik (die gebrek aan) moraliteit. Na aanleiding van die jongste hofbevinding oor die Openbare Beskermer skryf Gouws onder meer soos volg: “Wat ons hier sien, is ’n ernstige wanbegrip van wat morele optrede is.” In meer as een berig vanoggend, ook in Gouws se rubriek, word na ’n aanverwante saak verwys, naamlik integriteit.

Suid-Afrika se probleme is nie tot ’n vakuum beperk nie. Baie ander lande het ook probleme, en baie daarvan kom met Suid-Afrika s’n ooreen, soos ontsteltenis oor korrupsie. In België wil die hoof van die teenkorrupsie-eenheid die getal teenkorrupsiespeurders van 22 tot 66 vermeerder omdat die eenheid nie meer kan byhou nie. (Lees hier)

Ja, ons hoor gereeld hoe gelukkig Suid-Afrikaners is om in Suid-Afrika te kan woon. Ja, daar word veel gedoen om die Afrikaner en Afrikaanssprekende tuis in sy eie land te laat voel. Die positiewe sake vind onder meer neerslag in Afrikaanse liedere, gedigte, verhale en vele meer. Sportlui vaar soms baie goed.

Vir baie mense het hul huise nie net letterlik forte geword met traliedikte stawe voor die vensters nie, en gewapende reaksiemagte nie, maar huise het ook by wyse van spreke geestelike bastions geword waar die inwoners hul kulturele lewe kan leef. Die braaivleisvuurtjie is nou dikwels onder bespreking asof dit aan die land se inwoners ’n soort verskanste hartland bied. Hier kan Afrikaans onverskimmeld en openlik gepraat word. Daar kan in Afrikaans grappe gemaak word en saam gelag word. Daar word die hartseer van geliefdes wat misdaadslagoffers was tot diep in die hart gedeel. Daar kan die huismense, as hulle gelukkig is, aan koedoebiltong knaag. Dit hang van elke huishouding self af of Steve Hofmeyr welkom daar sou wees – en indien daar nie ’n dwarstrekker is nie, sou Steve ’n ware eregas wees.

Met ’n spesiale dag van verootmoediging wat gesamentlik deur die NG Kerk, die Gereformeerde Kerke en die Hervormde Kerk gehou is, was een van die gebedsonderwerpe wat die Hervormde Kerk spesifiek gelys het, die ervaring van baie lidmate om soos vreemdelinge in hul eie land te voel.

Om soos ’n vreemdeling in jou eie land te voel, bykomend tot ongelukkig te wees oor die veiligheid en sekuriteit van die gesin en ander geliefdes is soos om dit twee keer ongelukkig te tref.

Om die e-tydskrif, Brokkies, vir Afrikaanssprekendes in Nieu-Seeland te lees is ’n openbaring, en beslis nie die produk van dislojale papbroeke nie.

Om ses nuuskommentare per week (vyf vir Maroela Media en een vir Pretoria FM) te skryf, kan wanneer die onderwerpe demoraliserend is, emosionele swaarmoedigheid in die hand werk. ’n Manier om die gemoed te lig is die rubriek, “Oom Herrie se kerrie”. Oor die jare het dit in verskillende publikasies verskyn, maar word nou nog net weekliks in Brokkies geplaas, waar die lesers na verneem word die humor saam met die nostalgiese aard van die rubriek baie geniet.

Opvallend is die aantal Afrikaanse kerkdienste wat weekliks in Brokkies geadverteer word. Soos daar oor die wêreld heen “China Towns” en Little Switzerlands” voorkom, neem die “Klein Suid-Afrikas” oor die wêreld heen ook toe. Ons mag dalk nie meer die grond deel nie (die regering wil in weerwil van periodieke versekerings tot die teendeel dit nog afvat), maar ons deel oor die wêreld heen ons harte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

84 Kommentare

Stephan ·

Baie goeie artikel en goed geskryf, dankie.
Laat mens dink aan die padda in die pot water…

Netso ·

Hang af wie en wat jy vra en watse nuus jy volg ? As julle vra om SA te ” rate ” sou ek dit langs Zimbabwe sit

Johan Swart ·

Watter ander land het 20805 moorde tussen 1 Jan – 31 Des. ? ….dis 57 moorde per dag …elke dag …volgende jaar is dit meer per dag.

Grassie ·

Ek sal maar my eie biltong maak, my kind se toekoms en veiligheid beteken die meeste! Sodra ek kans kry is ek weg. Ek werk in die slegste dele van Afrika en ongelukkig sal jy as wit mens nêrens in Afrika welkom wees. Ons noem dit hier skin tax, alles kos duurder omdat jy wit is.

marco polo ·

Ek het in Mei Junie SA besoek om ‘n blaaskansie te vat van my werk in China, en het uitgesien na ‘n paar dae kamp, selfs om vir Jan aan die Weskus te gaan kuier en te gaan kyk hoe lyk die beoogde volkstaatgebied. Maar dit het nie lank gevat om my geesdrif gedemp te kry deur ongelooflike swak diens, red tape wat my dae lank besig gehou het om beuselagtighede uit te sorteer, en die moorde van mense wat saam met my op skool was. Teen die tyd dat ek by kamp uitgekom het, het ek ook verneem van mense wat geroof is in dieselfde omgewing waar ek gekamp het en dat dit nou gevaarlik is as jy van die pad af wil trek en piekniek hou. En dan die ongelooflike swartgalligheid en negatiwiteit van almal met wie ek te doen gekry het en die gevoel dat jy nie eintlik welkom is nie, maar net geduld word omdat jy geld spandeer. Dis net my kinders en vriende wat maak dat ek nog SA toe sal gaan, in die toekoms sal ek maar in Namibia gaan kuier wanneer ek almal gegroet het, maar die almal raak al hoe minder, soos meer en meer emigreer en dit is seker net ‘n kwessie van tyd voordat al my geliefdes oorsee is of uitgemoor is. Ek hoop dit beantwoord die vraag of SA regtig so sleg is.

Gert ·

Absoluut, deesdae draai jou lewe hier net rondom sekuriteit, bekommernis oor die agteruitgang, en ontsteltenis oor die anti-wit sentimente.

Magda ·

Ek was vir 31 dae in n ander land .. toe ek terug kom kon ek nie weer aanpas in SA nie … ek het angs aanvalle gekry …as jy nog NOOIT uit SA was nie, weet jy nie hoe dit voel om 24/7 veilig te voel nie … ek haat SA en wens immigrasie was maklik anders was my hele familie na n ander land

Anita ·

Ek stem saam met jou! Ek was egter veel korter elders (omtrent ‘n week). Sjoe! Wat vir ons ‘normaal’ is, is totaal abnormaal elders.

Elize Erasmus ·

Ek stem saam! Ek was in 2017 op die eiland Cyprus vir amper twee weke en die trauma toe ons weer moes terugkom na hierdie land, was baie, baie erg.

Tanya ·

Neee ons wat agter bly is nie gelukig nie. Ons moet hier bly ons het nie geld om sodim te verlaat nie. Ons wag maar om te sien wat gebeur ons weet nie waneer ons ou dag aan breek nie. Due wat daar buite is help ons om ook uit te kom

Piet ·

Baie dankie vir nog ‘n nugter onopgedolliede stukkie skrywe.
Wat jy sê is in ‘n mate waar. Maar wat mens ‘n bietjie laat wonder oor jou “getransformeerde” brein, is jou blydskap wanneer die lokale munisipaliteit op die regte dag die vullis verwyder (waarvoor jy reeds betaal het). Wanneer jy jou kraan oopdraai en daar kom water uit (nou wel deur ‘n filtreerstelsel sodat jy dit kan drink). Dat jy na jou buurdorp kan ry en al die “potholes” vermy het . En so kan mens aangaan.
Wonder soms of mens sinies of net afgestomp raak.

Pieter ·

Nee pieta mense is moeg vir die anc regering hulle het die land deer hulle gat gertrek ons blankes se belasting geld is maar net goed genoeg dit is al daar is geen staats departement wat reg funksioneer nie waar het jy gesien jy kan nie eers net rustig sit en braai nie dit is n skande laat ons oorlog maak en klaar kry die gepraat help ons niks hulle lag vir ons

Gerrit ·

Ons het so ‘gewoond’ geraak aan die agteruitgang dat ons nie meer weet van ‘beter'(minder erg) nie. Maar ek stem… dit is nie meer erg nie… dit is “erg” se ouboet… eksponensieël versnel “erg” na iets wat nog nie hier gesien is nie…

Werner ·

Beter in oorlogsone opwatter planneet bly die persoon wat die vraag vra

daniel ·

Die oorsaak van die uittog is die miskenning van die wittes en die diskrimerende wetgewing soos bv bbbee en AA nou ook “EWC” en boonop die plaasmoorde? Korrupsie ens ens ens.

Sarel ·

Die vyand gebruik die Kommunistiese model van Sielkundige Oorlogvoering en as mens so om jou kyk dan behaal hulle baie groot sukses terwyl ons besig is om ons self te vernietig

Johan ·

Erg? Neeeee, dit is ERGER AS ERG!!! Maar ongelukkig is ek op n ouderdom waar ek nie kan padgee nie!! Ook nie finansieel sterk genoeg nie.

Die wat buite is, bly daar!! Dis julle enigste toekoms.

rg ·

Vir my persoonlik het alles verander met OSV en die feit dat mens skynbaar belasting betaal om ander te verryk. Daarom vertrek ek nou na n land waar die kerkklokke nog Sondae lui in stede van kommissies wat op Sondae hul wraaksugtige haat draende en selfvernietigende verslae publiseer.

Jimmy ·

Vraag is, hoe gaan dit oor 10 of 20 jaar hier lyk? Waarskynlik meer derde wêrelds.

Johnny ·

Dis waar, alle lande het probleme, almal het tronke. Die verskil is dat kriminele gevang en opgesluit word. Nog n verskil is dat hierdie probleme irriterend is en nie my lewe bedreig nie. Hier word n kar gekaap deur iemand met n skroewedraaier, niemand word geskiet vir sy telefoon. Ek maak my eie biltong en droeewors en braai wors op kameel doring hout en eet putu pap in Perth.

Johhnie ·

Baie erger as wat ons dink. Dit gaan nog net vererger. Ons is afgelope week binne ons huis met alle sekuruteit aangeval deur opgeleide moordmasjiene. Daar sal niks van kom . Gelukkig on te oorleef.

Jerry ·

Dit is nie so erg in SA nie, totdat jy n slagoffer van korrupsie of misdaad in enige van sy vorme raak, totdat jou grond beset word, totdat die wetstoepassers met jou bots en jou onregmatig toesluit, totdat jou werkgewer nie meer jou salaris kan betaal nie, totdat jou honde vergiftig word en jy uit noodweer optree teen inbrekers en jy van moord aangekla word, totdat jou motor onklaar raak langs die snelweg, totdat jy valslik van rassisme of iets dergliks beskuldig word, totdat jy gesmash en grab word, totdat jy gekaap word, totdat jou water en ligte rekening per ongeluk n paar nulle bykry, totdat jy met n warm struikyster gemartel word of in n bad kookwater beland, totdat jy van die lughawe af agtervolg word, totdat jy deur n bakkie gestamp word en die mense in die bakkie jou gruwelooslik aanrand tot in n koma in, totdat jy per ongeluk in n diensleweringsbetoging vas ry en jou Toyota RAV stukkend gegooi word, totdat daar op jou DSTV skottel gebraai word ens!

John ·

SA staan voor in die koor wat veranderinge betref, wat mettertyd oor die hele wèreld sal spoel… nl utopiese sosialisme. Die volmaakte pannekoek in ‘n globale stat. Rusland het dit probeer en Frankryk glo sy het dit uitgedink. Baie mense se baie wense vir ‘n eie paradys, gaan een mega-gevolg hè, moord en doodslag, haat en nyd. Ons klop aan die deur wat aan geroeste drade hang. Om elders te gaan woon is aaanvanklik lekker en… dan begin die besef deurskemer: Hierdie spul kan baie by SA leer om te keer want ‘dit kom nog’. Nèrens in die Bybel word gesè ons gaan hier die ware paradys bewerk nie. Openbaring te lees, is nie vir sussies nie. Sad but true.

KrokodilBotha ·

So eintlik was daar nog nooit n pot goud op die einde van die kleurvolle reenboog nie. Dis jammer. Feit is , ons kort ons eie grond, eie land , eie regering, eie mense. Die res kan saam n Een Suid Afrika maak, en daar verder droom.

Petrus ·

Gaan besoek United Liberty Alliace se webbladsy. Die weste van die land is vir mense wat hulle eie ding wil doen.

honourable member ·

Mense word gejag oor hulle velkleur, die president het beheer verloor oor die land en weet nie watter kant toe nie , crime is buite beheer, politieke moorde vind daagliks plaas, die handjievol belastingbelaters word getap om miljoene te onderhou. die massas brand af en verwoes wat tot niks bydra in hierdie land so ja wat julle nog weet. Dis flippen chaos in hierdie land.

Tallas ·

As mens net die Here se stem duidelik kan hoor oor of ons moet bly of ry…

Ag tog ·

Tallas, jy hoef nie te hoor om te sien nie. Dit was al lankal tyd om te waai, hopelik is dit nie nou te laat nie.

Trojaanse Donkie ·

Ons gaan gereeld Aus toe om vir oudste dogter en familie te kuier.
As ons op Lughawe aankom voel jy dit direk soos ‘n donkergat waar jy moet gaan wegkruip vir jou veiligheid en bestaan met ‘net nog ‘n donkergat van wag vir die dood.

Hartseer ·

ERG!!! Nee, dis ERG VERBY!!! Geen toekoms meer in SA nie, SA is in die grond in, as ek die finansies gehad het so ek al lankal uitland gewees het natuur met my kinders en kleinkinders ook.

Hanna Hoekom ·

Ek woon en werk al 4 jaar in die buiteland. Het ook Europa en VSA onlangs besoek. En ek is kwaad. Baie kwaad! My geliefde vaderland is nou n ashoop. Agv my velkleur is ek nie meer welkom nie (skaars vaardigheid ten spyt). Moord, verkragtig en korrupsie is nou deel van die alledaagse lewe. Rep mens n woord daaroor is jy n “rassis”. Nou vat ek my kinders land uit. Vir goed.

Mike ·

Duisende moorde per jaar, inbrake in jou huis, diskriminasie teen jou wit vel, vervalle instellings, swak dienste, geen inspraak in jou eie toekoms, misdaad, swak regering is seker nie so erg nie dis beter as apartheid sal die linkses natuurlik wil voorgee.

Al ·

Ek is geneig om met jou saam te stem. Ons land het baie probleme, ja maar ons het ñ beeldskone land. Daar gebeur tragedies van SA burgers in die buiteland. As jy vlug vir jou lewe, kan jy dit op enige plek verloor.
Ek bid en vertrou en glo dat die Here hierdie land se morele kompas weer sal regdraai.
Ek steur my nie aan galbraakpraatjies nie – ek stem en ek neem aktief deel om veranderings teweeg te bring.
SA se probleme kan dalk onoorkombaar klink, maar elke verset soos ñ hamerhou teen ñ klipharde muur laat die muur uiteindelik val. Figuurlik gesproke.

JG ·

Ek stem 100% met hoe jy dit stel, oud aanklaer. Hierdie is my land en met my vertroue in die Heerser van alle dinge sal ek die uitdagings storm-loop.

Johan ·

Suid-Afrika doen steeds ekonomies beter as die meeste lande in die wêreld. Ons mense word meer betaal ten spyte van die Rand se swakheid – dit plaas ons onder die top 30 lande wat koopkrag betref (ons kry meer vir wat ons betaal, met ander woorde). As dit so maklik is vir mense om Suid-Afrika in die stof te laat en te veroordeel, dan het hulle nie ons land LIEF genoeg om self ‘n verskil te probeer maak nie. Dis die mense wat die plek maak… Daar is nog soveel dinge waarvoor ons dankbaar kan wees. Soveel mooi plekke en mense. Asseblief, mense, ons het mekaar nou nodiger as ooit. Moenie julle mense hier alleen laat terwyl julle nog ‘n verskil, hoe klein ook al, kan maak nie. En vir die wat verlang en bekommerd is oor ons in die buiteland – die beste ding wat julle vir ons kan doen, is om terug te kom en hande te vat. Dan so iets uit die verlede, ‘n boodskap van Totius:

“Laat dan mense en diere, droogte en vure,
met al wat hul kwaad wil versin,
maar kom om te kap, te brand en te trap –
ek leef en sal lewe; my dood kry is min!”

oud aanklaer ·

Mooi gestel Johan. Besoek enige ouetehuis en jou hart sal breek. Soveel oumense net so gelos deur hulle kinders wat oorsee nuwe weivelde gaan soek het. Ons het almal net een lewe, en dit is maar ‘n reis na die ewige wat werklik saakmaak. So wat as dit die elke dag maansyn en rose is nie, ek sal nie dat enige persoon of persone my lewe oorheers in so ‘n mate dat ek alles wat vir my dierbaar is net so los nie. Miskien is ‘n goot aantal van die wat so maklik tou opgooi ook die wat nooit militere diensplig gedoen het nie? Wat kan erger gewees het om 2 jaar van jou lewe so op te gee? ten minste het die seuntjies manne wat kan opoffer geword.

Petrus ·

Perfekte land indien jy ‘n werk het. Maar hoe gemaak indien jy jou werk verloor om plek te maak vir ienand ter wille van transformasie? Dan word die werklikheid ‘n nagmerrie.

Jimmy ·

Die laaste wit mans wat diensplig gedoen het is nou al op pad na vyftig. Hulle raak nou te oud vir emgrasie. Die jong emigrante het nie diensplig gedoen nie.

Hendrik ·

Johan, wat jy nie verstaan nie is dat die swart oormag nooit tevrede sal wees dat wittes beter as hulle lewe nie. Hulle sal aanhou vat tot die wittes niks oor het nie, en daarna kom hulle vir jou. Kyk maar hoe gaan dit in die VSA – daar is bitter min vrede en harmonie tussen swart en wit. Slagofferskap bly aan die orde van die dag. Slawerny word steeds vir alles blameer.

Corné ·

Ek was ook bevoorreg om vir 4 weke oorsee te wees. Ons besef nie hoe agteruit die land gegaan het nie! Dit is baie stressvol om die hele tyd bewus te wees van moontlike geweld teen jou. Oorsee kan mens ontspan en jy hoef nie die hele tyd uit te kyk vir moontlike aanvalle nie! Hier in SA as mense mekaar help kom dit omtrent op die voorblad. Oorsee het soveel mense ons hulp aangebied en dit is die norm. In SA kan jy omtrent nie hulp van enige iemand aanvaar nie want jy weet nie wat die motiewe is nie. Dit is tragies verby! Geen toekoms vir ons jong mense nie! ????

Vlakvark ·

Die menselewe is uiters kortstondig. Elke mens moet vir homself vroegtydig uitmaak wat sy Skepper se Visie met Sy Skepping is en Sy Raadsplan om Sy Visie ten uitvoer te bring. Ook wat sy Skepper van hom as mens verlang. Dan moet die mens voortdurend besluit waar en hoe hy verder op sy lewenspad moet lewe om sy godgegewe talente ten beste te probeer benut in lyn met Sy Raadsplan.

Alle ander onderwerpe soos Afrikanerskap, liefde vir Afrikaans en liefde vir Suid-Afrika, koedoebiltong, Kruger Wildtuin en vele meer verskyn laer op die lewenslys. Op die einde van jou lewe is dit net jy en jou God.

Pieter ·

Dit is waar jimmy ek is een van daai ouens wat 50 is maar ek belowe jou as ons manne weer almal kan by mekaar kom dink ek hulle gaan dans

Kobus ·

Nee wat, jy is nou by die punt van brille en pille. Moeilik om teen 18 jariges te baklei wat vinnig beweeg.

AJ ·

Ek dink nie dit is so erg nie. Stem saam met oud aanklaer. Ek het baie gereis, doer onder en elders. Gruwelike goed gebeur oral, maar ek is dankbaar dat ek nie op die Kaapse vlakte woon nie.
Op n ander golflengte: Het “skuif” nou die Afrikaanse woord vir “trek” of “emigreer” geword, of is my Afrikaans nie op datum nie?

Ryno ·

Ek bly lekker in SA. My vriende ook. Ons gesels nooit oor emigrasie nie. Eerder oor waar ons volgende naweek gaan kamp of waar die volgende motorfietstoer of staproete gaan wees. Bygesê, ons is amper almal kinderloos, so ons het dalk n onder-ontwikkelde sin vir verantwoordelikheid. Party mense sal sê ons is naïef. Sê gerus so, jou opinie oor my lewe laat my koud. Ander lande is lekker vir vakansie, maar dis dit.

KaterinaKat ·

Ja ek dink dis omdat julle nie kinders en kleinkinders het nie, dat julle nie so erg bekommerd is oor hoe dit hier gaan nie. Ek het, en ons kan nie bekostig om te ontsnap nie. Dis n bitter beker om van te drink. Ek voel eintlik soms skuldig dat ek kinders gehad het in hierdie land. Maar destyds was dinge darem nog nie so erg soos nou nie. In 2 dekades het dit erg afdraend gegaan. Ek kyk so na my 2 lieflike kleinseuns en wonder wat de joos gaan van hulle word..

Kobus ·

Lekker in lalaland. Leef maar soos setlaars. Maar die heersers gaan hul pond vleis kom opeis.

rg ·

Indien die huidige SA met marteling en moord, korrupsie, dienste wat ineen stort, 18 uit 257 skoon munisipale oudits en OSV goed genoeg is, beteken dit laer standaarde is aanvaarbaar? Mense het verskillende lewens standaarde en in my opinie bepaal dit hoe erg mens die situasie in SA ervaar en of mens daarmee wil saamleef of nie. Daarom trek ek huis toe na ‘n land waar die kerk klokke nog op Sondae lui, waar almal bydrae tot belasting en aangewend word tot almal se voordeel, waar my gesin veilig is want dit is my minimum lewens standaarde en my reg. Ek hoort nie hier nie.

JC ·

Inderdaad, SA is verlore, die wat dink hulle is nog “OK” hier is maar redelik oningelig. Die moment as die Braaivleis , brandewyn en kampe weg op naweke en die strandhuisies in die Kaap ophou bestaan, sal hulle die eerste wees wat wil trek. Ek se vir daai mense – Kom tot jou sinne , man! Leef eerder as ‘n huurder in ‘n ander land en lewe voluit as wat jy in stilte daar waar niemand is en jou nie kan hoor nie, sit en huil vir ‘n dag van more wat nooit kom nie. Bou ‘n ander volk uit menigte en eendag mag jy dalk weer kan terugkom, waneer die sinnelose wetsbrekers wat tans hier regeer, weer bakhand staan en smeek vir kos! Mens kies jou konflik, jy het tog ‘n brein – neem die nommers in ag, as ‘n wetsgehoorsame burger het jy geen kans hier nie, dit is reeds bewys. Maak ‘n plan, maak ‘n besluit, hou daarby – goed of sleg. Dit is die een ding wat Suid Afrikaners kan doen, aanpas waneer hulle moet – pas dan aan iewers anders, vir ‘n toekoms wat vir ons reeds verby is sodat ons kinders eendag weer kan kom bou.

Lou ·

Ja dit is regtig erg in SA maar wat my die meeste bekommer is dat die blankes en spesifiek Afrikaners baie mismoedig en moedeloos voorkom en defnitief met goeie rede.
Maar dit maak my bang want dan sê dit ons het reeds oorgegee en die stryd verloor en dit mag nie so wees nie. Solank as wat ons nog lewe is daar hoop. Ons moet aanhou bid en geloof hê dat die Here vir ons op ‘n wonderbaarlike wyse sal uitkoms gee. Verder dink ek moet ons die organisasies soos Afriforum en Solidariteit wat veg vir ons regte as ‘n minderheidsgroep ondersteun en mekaar help en ondersteun in plaas daarvan om te kritiseer en mekaar sleg te sê oor kleinighede.

Ja nee ·

Die waarheid is dit. Ons het hier in SA het gewoond geraak aan n normaal wat in die buiteland geklasifiseer word as heeltemal abnormaal. SA is n siek plek!

jaco ·

nog steeds so baie kerke onder ons mense – in Orania is daar glo AGT vir net 1200 mense. Verblydend dat die NG Kerk, Hervormde Kerk en Gereformeerde Kerk darem al saam bid. Maar ook vreemd dat hulle nou bid: hulle was dan in die ou SA so vinnig om die regerende Nasionale Party na te praat. Al die mooi politieke “hervorming” is goedgepraat en die NG Kerk net selfs apartheid tot sonde verklaar. So eintlik moet hulle dan nou bly wees oor hoe SA na die “sonde” van apartheid lyk.

Cherokee ·

jaco, verstaan asseblief dat mense verskil. Daar is die wat sonder ‘n glimlag en met ‘n stem wat byna dieselfde toonhoogte hou, vertel dat hulle bly is en daar is die wat daaroor juig met die klap van hande en die musiek van kitare. Ons is verskillende individue wat dieselfde boodskap op verskillende maniere vertel.

Derick ·

As n X Suid Afrikaner is ek bang om na SA te gaan vir n vakansie. Van my familie bly ongelukkig nog daar.
Almal weet dat SA die hoogste misdaad in die wereld het.
Gelukkig is ons in Namibia nog nie daar nie.
Ons polisie hier in Namibia is nog op die “ball” en is goed in wat hulle moet doen.
Hoop en bid dat die Here ons sal beskerm.

jennefer ·

Wereldwyd is daar morele verval, Regerings wat hul eie mense uitverkoop. Gister is n duitse vrou en kind voor n sneltrein ingestamp. Die kind is dood. Die dader n onwettige immigrant uit Afrika.

JMC ·

Twee mense staar na buite, die een sien sterre en die ander kluite.

‘n Skoenvervaardiger stuur twee verteenwoordigers na ‘n afgeleë eiland. Albei skakel hoofkantoor. Die een sê, “Goeie nuus, niemand hier dra skoene nie!” Die ander een sê, “Slegte nuus, niemand hier dra skoene nie!”

Kallie ·

Rerig? Wat van die wat nie voete het nie? Dis waar ons nou is.

Eerlik ·

Is dit erg in SA? Ja, dit gaan rof, en ek stem saam met baie kommentaar, maar verskil ook in ‘n mate…

Ek was ook al oorsee en moet sê ek was verbaas hoe gemaklik ek gevoel het in Europa – ek het vir die eerste keer in my lewe heeltemal in gepas. Ek voel maar soos ‘n outcast in my eie land. Dit was ook vreemd om terug te kom. Amper meer hier soos ‘n toeris gevoel as oorsee!

MAAR ek weet nie wat dit is nie, maar iets hou my hier. Ek voel in my wese dat ek hier hoort en baklei hard teen negatiwiteit. Ek ontken geen probleem nie, maar voel tog gelukkig. Miskien is dit die mense? My familie en vriende? My geloof? Of miskien is ek bang vir die vreemde sonder my mense… Ek kan saamleef met verval, of die swartsakke nou opgelaai word en of daar slaggate in die pad is pla my nie, maar die rassehaat, misdaad en toekoms van my eie seuns kwel my wel.

Noem my mal, ek kan emigreer, maar wil nie. Iets hou my hier. Ek probeer dit self verstaan, maar ek is tog gelukkig en geseënd hier. As ek nie was nie was ek verseker oppad!

Petrus ·

Dit is nie maklik om te emigreer. Jy verruil die bekende vir die onbekende. Emigrante is dapper.

Drikus Kotze ·

Ek het 2 weke terug in ‘n erediens die volgende moes leer van die Here: Josua 14 : 6-14 Tema: Gee my dié berg. Die kloof tussen geloof en gemak. ‘n Vraag tydens die erediens: Was die afgelope 367 jaar verniet?

Kobus ·

My twee jaar in die army was verniet. En om te dink ek het geglo aan die regering se bogstories wat hulle uit die Bybel regverdig het.

Catherine ·

Ons het kinders in Dubai , Saudi Arabia, Denemarke en Switzerland. Hulle loop rond en lewe sonder vrees. Ons kuier graag daar en voel so veilig. Wens ons kon emigreer maar hopeloos te oud .. Lewe maar met wapens en agter slot en grendel

Papito ·

Ag nee wat mense kan so oordryf ek geniet my land ongeag die uitdagings ek pas net aan… Die Springbokke speel weer goeie rugby, Tafelberg bly mooi, die Groot Vyf triomfeer steeds, ons Protea blom bly steeds uniek Namakwaland se veld sal altyd nuwejaar vier, biltong,braaivleis en bier bly my gunsteling so ek is trots Afrikaans!

Standaarde en Prioriteite ·

Almal het nie dieselfde prioriteite en standaarde in die lewe nie. Dinge soos rugby, groot vyf, proteas en blommetjies is nie prioriteite op sommiges se lys nie; en dinge soos bier, biltong, boerewors en braaivleis kan hulle op enige ander plek ook maak/geniet. Daarom verkies sommiges om te bly, en sommiges verkies om eerder te skuif.

Mario ·

18 jaar gelede ge-emigreer. Ek het simpatie met die mede witmense. As die groot besluit geneem is om wel te emigreer moenie eers wag dat die kinders skool klaarmaak nie as hulle tienerjarigers is. Gee hulle die kans om in die nuweland skool te gaan en nuwe vriende kring op te bou. Baie eensame depressiewe kinders van ouers wat die fout gemaak het in my omgewing. Huwelike gaan ook deur swaar tye baie stres met emigrasie.
Ek en my vrou 3 dogters persoonlik nog nooit jammer dat dit gedoen is nie. Baie expats van SA in my omgewing

Adam ·

Ek erken ruiterlik dat ek die wyse waarop die regering SA regeer verafsku, maar elke munt het twee kante. Indien ek my persoonlike situasie in SA sou opweeg teen dit wat ek in ‘n ander land sou beleef moet ek myself ‘n paar vrae afrvra:
Sou ek, my vrou en kinders die voorreg gehad het om almal met grade te kon afstudeer?
Sou ons almal goed betaalde werk kon gehad het?
Sou ons almal eiendom kon besit het?
Sou ons almal dieselde kwaliteit motors besit het?
Sou ons dieselfde aftredevoorsiening kon gemaak het?
Sou ons algemene lewensstandaard dieselfde kon wees?
Ek dink die antwoord op die vrae sou waarskynlik nee gewees het. Ek verafsku dalk die regering, maar op die grond ervaar ek welwillendheid van mense van alle groeperings. Dit gebeur ten spyte van die moedswillige pogings van derduisende mense wat veel eerder onmin sal saai as om in vrede met hulle mede landgenote te bly. Niemand is naief genoeg om te verwag dat wesenlike verandering oor ‘n kort periode plaasvind nie, net so min as wat ons glo dat dit elders net maanskyn en rose is. Ten spyte van groot kommer en twyfel glo ek tog dat ek nie elders iets sal kry wat beter is as waar ek nou het nie. Ek begryp dat in ander dele van die land mense anders mag voel.

Kallie ·

Jy plaas jouself terug in ‘n tydstip toe dit nog goed gegaan het. Waarskynlik 1970s en 1980s? Maar dit is nou 2019. Die situasie het drasties verander en nou moet jy aan jou kleinkinders en hul kinders dink. Jy en jou vrou moet maar vasbyt. Julle moet hier oorleef.

Deon ·

Ja Adam, die ouer garde is gedoem. Julle moet maar die beste van die saak maak. Sterkte.

Deon ·

Waarom is Afrikaners so fyngevoelig wanneer oor emigrasie gepraat word? Elke jaar migreer derduisende mense wettig tussen lande. Afrikaners is nie die enigste wat migreer nie.

Jimmy ·

Gee ou Adam ‘n digitale drukkie. Hy het dit nodig want die nostalgie raak nou te veel vir die gemoed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.