Nuuskommentaar: Is ek wit of blank, en jy swart of Afrikaan?

ras-regstellende-aksie-race

Argieffoto.

Suid-Afrikaners word van kleins af attent gemaak om nie die “K”-woord te gebruik nie. In Nederland, volgens ’n Vlaamse publikasie, raak die debat oor aanvaarbare rasterme ook feller namate pluraliteit toeneem.

Teen dié tyd weet elke Suid-Afrikaner dat die “k”-woord taboe is, en namate tyd verloop, word nog meer woorde wat ras-kwetsend kan wees, ook asdrom-woorde wat iemand selfs in die tronk kan laat beland. ’n Reeks op TV, Bantu Hour, het dit nodig gevind om te verduidelik dat in terme van die teikengehoor die woord hier bloot “mens” beteken.

Die woord “naturelle” het skaars bestaan, toe is dit in die ban. Die woord “swart” is op die oomblik nie net hoogs aanvaarbaar nie, maar word gebruik as ’n vrypas om verskeie rasdiskriminerende praktyke te beoefen, en gekoester onder ’n kombers genaamd transformasie, die grootste rassis te wees sonder die gevaar om daarvan beskuldig te word.

In Suid-Afrika het dit ’n pyn geword weens die onewehandigheid waarmee instellings wat rassisme moet aanspreek, juis rasdiskriminerend te werk gaan. ’n Relatief nuwe gebruik in Suid-Afrika is om die woord “blank” in formele geskrifte te vermy en met “wit” te vervang. ’n Halfdosyn van die een, en ses van die ander, sou baie lesers voel, sou hulle die sensitiwiteit daaragter bemerk, of attent daarop gemaak word.

Die Vlaamse dagblad, De Standaard, neem die kwessie op in ’n artikel. Dit word aangebied as ’n Nederlandse debat. Die gevoel is dat die woord “blank” te kru op teenstellings met swart dui, en dan as antoniem staan vir die woord “neger”.

Trouens, in die VSA is reeds hierby verby beweeg om nie kwetsend in identifikasie te wees nie;  “neger” het “swart” geword, en meer onlangs “African American”. In Nederland het “swart” voorlopig die eindbestemming geraak. Die “politiek korrekte” gebruik van die woord “allochtoon” van die afgelope paar dekades haal ook al meer gesaghebbende Nederlandse en Vlaamse publikasies se snippermandjie van onaanvaarbaarhede.

Na bewering het pres. Donald Trump onlangs nog sout op die wonde gegooi deur na Afrikalande en Haïti as “sh*thole countries” verwys, en net om die raskwessie te onderstreep, glo ’n voorkeur vir wit uitgedruk met ’n versugting te hê oor meer immigrante van Noorweë.

Rasterme is gedurig op reis, en dit kry selfs meer woema as dit in ’n ander konteks momentum kry, soos die fel debat oor Zwarte Piet. Destyds, met die Marthinus Choegoe- en Marlene Lehnberg-moordsaak, het die Duitse publikasie nog Choegoe as ’n “Einbeinige Neger” (neger met een been) beskryf.

In ’n stadium was daar selfs taalreëls oor die gebruik van hoofletters wanneer die woord gebruik is om swart mense se ras aan te dui. Trouens, die ou speltoetser wat die uwe gebruik het, ken nie die woorde neger, bantoe en ander as dit nie met hoofletters geskryf is nie. Dieselfde taalreël het egter nie vir woorde soos blank en wit gegeld nie.

’n Interessante verskynsel is dat Suid-Afrika nou meer dikwels in sommige publikasies oorsee nuusdekking kry, en nie altyd noodwendig oor die politieke bedeling hier nie. Wat egter ook opmerklik is, is dat filosowe en politici ook al meer die woord “apartheid” gebruik in hul toekomsvoorspellings oor stede soos Rotterdam en Antwerpen. In laasgenoemde geval het tot die burgemeester en politieke veteraan Bart de Wever hom hieroor uitgelaat. Tegnies is die gebruik heeltemal onvanpas, soos om die verstaan daarvan te beperk tot klein apartheidspraktyke.

Die lyk inderdaad of die Dietse wêreld meer en meer rasbewus word, en krapperighede ontstaan, namate diversiteit toeneem. Afrikaans deel ’n woordeskat, maar as dit by raskwessies kom, nie noodwendig betekenis nie. So het die woord “blank” vir baie Nederlanders ’n (onuitgesproke) betekenis van skoon en rein, teenoor ’n bra ongure assosiasie met die woord “swart”. Dus die poging om die gebruik van “blank” politiek onaanvaarbaar te maak.

In Suid-Afrika is die voorkeur vir “wit” bo blank waarskynlik ’n poging om wit en swart linguisties op dieselfde vlak te plaas, en so beide terme se politieke bagasie af te stroop. Dis moeilik, weens die magdom raswette wat in SA geld. Die vorige regering mag rasseklassifikasie formeel uit die wetboek verwyder het, maar die ANC het dit met ompaadjies met mening teruggebring – en dit maak nou saak omdat dit van die wieg tot die graf ’n invloed op iemand se heilsbestemming het.

 

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

15 Kommentare

Elize Smit ·

My meaning is dat, veral Suid-Afrikaners, hopeloos te kleinserig is oor hierdie terme. Dit is net woorde. Dit kan jou net benadeel as jy dit toelaat.
Daar word te veel tyd spandeer aan kleinighede, terwyl belangrike kwessie kan doen met meer aandag.

Casper Labuschagne ·

My liewe Elize, as jy dink Suid-Afrikaners is kleinserig oor terme wat ras aandui, neem ‘n 6:00 trein vanaf Parkstasie en klim af op Dunswart in Boksburg. Jy sal ondervind dat jy helder uitstaan tussen die tweeduisend ander op die stasie en elke bedelaar, straatsmous en rower sal reguit op jou afpeil. Sterkte!

In die land is ras alles, dit bepaal waar jy woon, skoolgaan, werk, vakansie hou, vir wie jy gaan stem, waar jou kinders en kleinkinders sal werk en woon, of jy ooit jou eie bed gaan opmaak, waar jy begrawe word, doodgemaak gaan word of jy dalk daarin sal slaag om tot ‘n ou ouderdom te oorleef.

Verduidelik asseblief nou weer vir my hoekom beheptheid oor terme wat ras beskryf kleinserig is?

christa ·

van alles sal n raskwessie ontaard. Dit het al verooksaak dat plekname, plante, potte en wat ook nog moet verander omrede mense “a small mind” het en in alles ‘n bedreiging sien. Dit pla my glad nie hoe mense my sien nie, wit, blank, boer of wat ookal. Ek is trots om ‘n Suid Afrikaner te wees hoe, wie my ook al sien pla my geensins nie, God het my geskape na Sy beeld en daarop is ek trots.

John ·

G.P.-S.17529-1973-74-250 000 8 (M-S) B-I 5

16 Verduideliking van identiteitsnommer:
Die identiteitsnommer van 13 syfers wat op bladsy 1 van die identiteitsdokument verskyn, is soos volg saamgestel:
Die eerste ses syfers verteenwoordig die geboortedatum van die houer, naamlik die eerste twee syfers die jaar, die volgende twee syfers die maand en die vyfde en sesde syfers die dag van geboorte.
Die volgende groep (vier syfers) is ‘n volgnommer en dui die geslag van die persoon aan. As die 7de tot 10de syfers 0001 tot 4999 is, is die persoon vroulik en as hulle bo 5000 is, dui dit ‘n manlike persoon aan.
Die derde groep syfers (die 11de en 12de) dui aan die bevolkingsgroep waartoe die persoon behoort asook sy burgerskap, as volg:
sa burger blank 00
rhebobaster 08
Ek is n wit blanke

Johnn ·

Saffas is kleinserig en fyngevoeilig oor alles. Dankbaar ek leef al 9+jaar nie in daai land nie, Trump se stelling is 100% reg. As jy offended is, is dit oor dit waar is.

Werner ·

Noem my gerus net wat jy wil, met my toestemming. Wat jy my noem, verander niks aan my karakter nie, en as jy oorsensitief is vir benaminge, wys dit iets van jou karakter.

fm ·

Of is Afrika vir Afrikane en Europa vir Europiërs? ‘ Mense het in die verlede weggetrek van waar hulle oorsprong is en hulle elders gaan vestig met gemengde resultate, konflik en langdurige selfs blywende gevolge. Hierdie is ‘n mensgemaakte pyn in die sy wat geimplementeer is deur mense en steeds instand gehou word deur mense vir verskeie redes en ook menslike motiewe. Mens kan egter nie hierdie komplekse kwessie selektief aanspreek en die ongemaklike verlede van hoe hierdie rasseklassifikasie en alles wat daarmee saamgaan ontstaan het, geimplementeer en instand gehou is gerieflik vergeet of ignoreer nie.

’n Meer volwasse en ontwikkelde benadering sal wees om na alle mense wat in Suid Afrika woonagtig is en burgers van die land is te verwys as Suid-Afrikaners. Miskien eendag.

Pieter ·

Kleintyd was die “K” woord vir my uit huis uit onbekend, ek het eers later jare dit by ander mense gehoor.

Rieks ·

Wil net weet waarom die K woord verbied is, maar as ons wittes op ‘n neerhalende manier as “boer” uitgejou word, is dit nie rassisties nie? Vra maar net. Ek is wit en trots daarop want dit is soos God my op hierdie aarde wil he. Boer is ek nie regtig nie – my vyf boontjie plante, twee tamatie stoele en vier spinasie plante maak my nie regtig ‘n boer nie, maar as ek so geskel word bloot net omdat ek wit is, dan pla dit. Ek dink van ons swart landgenote moet aanvaar dis soos God hulle wil he en ophou om swart-wees ‘n “issue” te maak.

Cherokee ·

Haai Rieks, somtyds brei ek kommentare uit met ‘n laaaang relaas maar vir jòu antwoord ek in enkele woorde (met klemtekens waar nodig:-) Ék is geseënd en gekomplimenteerd wanneer ek ‘n Boer (let op die hoofletter) genoem word want dìt is presiès wat ek is en ek is tròts om so genoem te word.

Cherokee ·

Interessant wat jy hier vertel Herman. Jy kon dit aangevul het met kommentaar oor Maroela Media se belaglike vreesagtigheid in woordgebruik. Hul ooreenkoms met Media 24. By hulle skiet verdagtes mense dood en wanneer ‘n kommentaar net effens blyk na ras te verwys, raak hulle nie daaraan nie.

Cherokee ·

Hehehaaheee Maroela, julle het vir 3 ure gespekuleer voor julle hierdie kommentaar geplaas het:-) Ek is ernstig oor wat ek gesê het maar somehow bly julle gunstelinge:-)

m.d.r. ·

Ek deel jou mening Cherokee. Enige kommentaar wat iets verbind met Nazisme is taboe–behalwe as Flip Buys dit skryf……en enigiets wat terug verwys na die vroee jare van die ANC -soos die Rivonia verhoor, is ook uit.
Miskien weet MM se “modireerders” nie veel van 20 ste eeu se geskiedenis nie……

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.